NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Want die HERE sal aan sy volk reg doen en medelye hê met sy knegte – Ps 135:14

HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (3)

Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd

Fanie Botha

" Mense wat nie weet waarvan hulle praat nie, beweer soms dat dr. Verwoerd 'n soort diktator was wat sy wil op ander afgedwing het. Daar is 'n aansienlike verskil tussen 'n diktator en 'n man soos dr. Verwoerd. Hy was 'n sterk leier en hy het 'n oorredingsvermoë gehad wat ek nog nooit by enigiemand anders gesien het nie. 'n Man moes goed gewees het as jy met hom wou redeneer en jy het gewoonlik die argument verloor as jy nie baie seker van jou saak was nie; nie omdat hy die leier was nie maar omdat hy so logies en korrek was."

Dr. S.P Botha is op 5 Mei 1922 te Lusaka gebore, het op Stellenbosch studeer en was LV vir Soutpansberg (1958-1983), leier van die Volksraad (1979-1983), Minister van Waterwese en Bosbou (1968- 1976), Minister van Arbeid (later Mannekrag) en Mynwese (1976-1979) en Minister van Mannekrag (1979-1983). Hy het eredoktorsgrade ontvang van die Universiteite van die Oranje-Vrystaat en Stellenbosch, asook die Dekorasie vir Voortreflike Diens van die RSA en die Hoogste Orde van die Briljante Ster van die Republiek van China.

Fanie aan die woord:

My eerste ontmoeting met dr. Verwoerd was nogal 'n interessante ondervinding. Hy was toe Minister van Naturellesake en lid van die Senaat, hier in die vroeë jare vyftig. Ek was op Stellenbosch in diens van Rembrandt, en het op die een of ander manier op die dagbestuur van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede (SABRA) beland.

Prof. G.B.A. Gerdener was die voorsitter en die ander lede was omtrent ook almal akademici; Barney van Eeden, Piet Coertze, Nic Olivier en Jan Sadie. Daar is destyds veral geredeneer oor die noodsaaklikheid van die versnelde ontwikkeling van die tuislande. SABRA het sy standpunt in fyn besonderhede uitgespel en 'n memorandum van so nege bladsye aan die Eerste Minister, dr. Malan, gestuur. Dr. Malan het dit na die betrokke minister verwys. Daar is toe 'n onderhoud met dr. Verwoerd gereël.

In die Kaap aangekom, is ons na sy kantoor. Hy het agter die lessenaar opgestaan, almal met 'n glimlag verwelkom en gevra: "Wie van u neem die woord?" Nic het begin en dr. Verwoerd het so 'n rukkie sit en luister, toe sê hy: "Ek het die dokument gelees. Kom laat ek vir u sê wat u vir my wou sê maar wat u eintlik vir my moes gesê het, en dan sê ek vir u wat die antwoord is." Met sy logika het dr. Verwoerd die hele saakbreedvoerig verduidelik, beter as wat in die dokument gestaan het, en toe uitgewei oor wat die regering graag wil doen en kan doen en besig is om te doen. Toe hy klaar is, vra hy of daar nog iemand is wat iets wil byvoeg, maar dis tjoepstil. Hy sê toe hy is bly dat ons almal saamstem en bedank ons dat ons gekom het.

Op pad terug in die motor was Nic billik ontstoke. Hy voel dr. Verwoerd het hom in die gesig gevat. Ek het egter gesit en lekkerkry en sê vir hom: "Wag 'n bietjie, hy het mos niks verkeerds gedoen nie? Hy het eintlik vir ons 'n fantastiese opsomming gegee." Later, veral na sy terugkeer uit die VSA, het Nic Olivier al meer na links geneig tot hy uiteindelik op die opposisiebanke in die parlement gesit het.

Met die verkiesing van April 1958 het dr. Verwoerd sy plek in die Senaat ontruim om LV vir Heidelberg, Transvaal, te word, terwyl ek een van die 23 nuwelinge van die Nasionale Party in die Volksraad was. Ons het 'n klub onder die naam "Here 23" gestig, in navolging van Here 17, met dr. Verwoerd as erepresident. Dit het 'n soort band tussen ons teweeggebring. Kort daarna, op 2 Sep­tember 1958, is dr. Verwoerd tot partyleier en tot Eerste Minister verkies. Vir die volgende agt jaar het ek hom in die parlement en in die vertroulike vergaderings van die koukus sien optree. Van die grootste momente in die politieke geskiedenis van Suid-Afrika het ek onder sy leiding beleef. Ons het mekaar ook persoonlik leer ken. Sommer van die eerste dag af het ek die grootste bewondering vir hom gehad.

Die eerste gedenkwaardige gebeurtenis was juis die aanwysing van 'n nuwe leier na die oorlye van adv. J.G. Strijdom. Dr. Verwoerd het niemand voor die tyd gevra om vir hom 'n werwingskomitee te stig of om sy kandidatuur te bevorder nie. Hy het gesê die senatore en Volksraadslede moet uit vrye wil besluit. Ek het egter my gewig agter hom ingegooi en ons, sy ondersteuners, het met senatore en Volksraadslede gepraat. Ons was naderhand oortuig dat dr. Verwoerd gaan wen; om die waarheid te sê, ons het op die man af geweet hoe die stemming gaan verloop. Toe die finale aankondiging kom, het die lede van die koukus outomaties opgestaan en hom lank, lank toegejuig. Toe doen hy 'n mooi ding. Hy reik die een hand na dr. Dönges en die ander na adv. Swart, en hy se: "Vrinde, ons gaan die pad vorentoe saam loop. Laat ek vir u sê, dis my vriende die, hulle gaan my steunpilare wees." Hierop het die koukus spontaan op die been gekom en dr. Verwoerd weer lank geesdriftig toegejuig. So het hy hulle saamgebind. Hy kon dit doen omdat hy absoluut korrek was deur hom uit die gekoukus oor kandidate te hou. Hulle twee het ook gereageer deur onmiddellik hulle volle steun aan hom toe te sê. Daar was geen gevoelens toe of in die jare daarna nie.

Die tweede groot moment wat ek wil noem, is die aankondiging van 'n volkstemming oor republiekwording op 20 Januarie 1960. Dit was volkome onverwags. Dr. Verwoerd het beslis 'n aanvoeling vir die dramatiese gehad. Hy sou in die Volksraad antwoord op sir De Villiers Graaff se wantrouemosie in die regering en almal het verwag dat die debat sou gaan oor brandende vraagstukke van die dag. Sprekers aan regeringskant het hul voorberei om, soos gewoonlik, aspekte van die beleid van aparte ontwikkeling te verdedig. Oudergewoonte het die koukus in die oggend gesit en die Volksraad in die middag na twee. Die koukus het reëls. Een van die reëls is dat daar 'n streng tydbeperking is. As 'n saak na 'n sekere tyd nie deurgepraat is nie dan staan dit oor tot die volgende sitting; 'n Minister kry net sowat 20 minute om wetgewing voor te lê. Daardie dag staan dr. Verwoerd op en vra 'n beslissing dat die tydsbeperking tydelik opgeskort word, want hy wil graag die koukus vooraf inlig oor 'n belangrike saak wat hy in die wantrouedebat gaan opper en dit kan meebring dat die vergadering nie om twaalfuur sal kan verdaag nie. Natuurlik gee die koukus toe sy toestemming. Hy begin, en nadat hy oor allerlei sake gepraat het, sê hy ewe kalm dat hy dink die tyd het aangebreek dat die kiesers in 'n referendum moet besluit of Suid-Afrika 'n republiek moet word of nie. Og, jy kon sien die koukus snak na asem. Hy gaan toe voort, skets die agtergrond, gee 'n deeglike motivering en hou aan tot eenuur. Toe sê hy: "Vrinde," die aanspreekvorm wat hy altyd gebruik het, "vrinde, ek weet baie van u het afsprake vir ete, maar nou is u in die moeilikheid, want ek wil vir u vra om met niemand te praat oor wat ek nou gesê het nie, nie eers met u vrou nie, en om versigtig te wees wie naby u staan of u dophou om 'n afleiding te maak as u hier uitgaan. Kom ons werk saam, ek vertrou u, moenie hieroor praat voor die namiddag se parlementsitting nie." Hy wou verhoed dat die Engelse middagkoerante die storie in die hande kry en die hele ding uitblaker, en dit het geslaag.

Die middag in die Volksraad het dr. Verwoerd eers punt vir punt op die opposisieleier se mosie geantwoord en toe hy nou dink daar het genoeg tyd verloop, het hy sy aankondiging van die oggend herhaal. Dit het 'n paar minute gevat om in te sink. Jy kon 'n speld hoor val. Die Verenigde Party-manne het gesit en frons. Hulle het nie geweet wat om te sê nie. Ek sal dit nooit vergeet nie. Graaff leun later gedurende die toespraak oor en vra: "Wat sal die meerderheid wees?"

Dr. Verwoerd het 'n paar oomblikke stil gestaan, asof hy die belangrikheid van die moment besef het, asof hy wou hê almal moet luister, en toe steek hy een vinger in die lug. "Een," sê hy "'n meerderheid van een stem sal die deurslag gee."

Mens moet natuurlik by sê, dit was 'n drastiese afwyking van vorige uitsprake deur partyleiers. Aanvanklik was daar sprake van 'n "genoegsame" meerderheid, soos adv. Strijdom dit uitgedruk het; sommige wou dit interpreteer as 'n 75% meerderheid en later het die meeste NP-lede gepraat van twee-derdes. Dr. Verwoerd was egter 'n leier wat nie geskroom het om af te wyk van rigiede standpunte as hy self oortuig was dat hy reg is nie. Hy het reeds 'n jaar tevore, in antwoord op Graaff se wantrouemosie, gesê dat hy ten gunste van 'n blote meerderheid is, maar daar was nog groot meningsverskil in die kabinet hieroor. Dit moes moed van sy kant gekos het om daardie besluit te neem. Hy het gevoel dat mens nie van 'n tweederdemeerderheid seker kan wees nie en as die poging misluk, is die ideaal vir altyd verby.

Die debat het ook vir my 'n nadraai gehad. Oor so 'n belangrike aangeleentheid sou mens verwag dat lede van die kabinet en ander groot kanonne tot die debat sou toetree. Die sweep, Koos Potgieter, skarrel heen en weer tussen die voorbankers om sprekers te kry maar almal sê nee. Hy kom by Hans Abraham, Hans kyk vir Pottie, en skeur sy toespraak op. Niemand was voorberei om oor die republiek te praat nie. Vir 'n junior lid is dit nie so maklik om 'n spreekbeurt te kry nie. Toe kom Pottie na my kant toe. "Man, ek soek jou, waar was jy? Ek het vir jou 'n kans gemaak."

Ek sê: "Ag asseblief, oom Pottie. Moet nou nie laf wees nie."

"Luister," sê hy, "as jy nie gaan praat nie, sal jy nooit weer 'n spreekbeurt by my kry nie."

Al wat ek nou kon doen, was om 'n Geloftedagtoespraak te probeer onthou. Toe gaan die opposisiespreker sit en die Speaker kondig aan: "Die lid vir Soutpansberg." Marais Steyn lag, dr. Dönges kyk skeef en minister Serfontein draai om asof hy foeitog wil sê. Maar dr. Verwoerd draai sy gesig na my asof hy wil luister. Ek onthou net dat ek gesê het ek praat namens Jong Suid-Afrika. So 'n ent weg het dieselfde mininster Serfontein gesê: "Hoor, Hoor!" Toe breek die ys. En dr. Verwoerd het een keer geglimlag. Hy wou my 'n billike kans gee. So gebeur die dinge in 'n mens se lewe.

Jare later, toe ons mekaar al beter geken het, vra dr. Verwoerd my eendag hoe gaan dit daar bo in die Soutpansberg. Ek sê toe vir hom: "Doktor, ek het ook nou die dag 'n toespraak van twee en 'n half uur gehou, soos u."

Hy sê: "Man, ek probeer dan altyd korter praat. As jy my voorbeeld volg, doen jy die verkeerde ding."

Die derde epogmakende geleentheid wat ek saam met dr. Verwoerd beleef het, was die Britse Eerste Minister se besoek aan die parlement op 3 Februarie 1960, minder as twee weke na die aankondiging oor 'n republiek. Die feit dat mnr. Macmillan nie die hoflikheid gehad het om sy gasheer vooraf insae te gee in die "Winds of change"-toespraak waarop dr. Verwoerd moes antwoord nie, is algemeen bekend. Wat baie mense nie weet nie, is dat dr. Verwoerd geweier het om mnr. Macmillan toe te laat om albei huise van die parlement in die Raadsaal toe te spreek. In die Britse parlementêre tradisie is daar 'n reël dat niemand behalwe verkose verteenwoordigers "op die vloer van die huis" toegelaat word nie, met die uitsondering van bodes. Selfs die sekretaris van die Raad en sy amptenare sit in so 'n afskorting reg voor die Speaker, waarvan die vloer laer as die res van die Raadsaal is. Hierdie reël word nie meer streng toegepas nie, maar in 1960 was dr. Verwoerd daarop gesteld dat die gelyke status van die Britse en Suid-Afrikaanse parlemente in geen opsig aangetas mag word nie. Mnr. Macmillan was nie 'n lid van die Suid-Afrikaanse parlement nie en sou dus soos enige ander besoekende regeringshoof behandel word. Hy het wel al die lede toegespreek, maar dit was in die eetsaal wat tydelik ingerig is as 'n vergadersaal, soos dit was in die tyd van die ou Kaapse parlement.

Met sy beroemde bedankingstoespraak vir Macmillan wat hy uit die vuis gelewer het, het dr. Verwoerd een van sy kenmerkende eienskappe gedemonstreer, naamlik dat hy feitlik enige situasie kon hanteer. Toe Macmillan die saal binnegekom het, was alle oë op hom. Met die uitstap was dit net Hendrik Verwoerd. Ek het dr. Verwoerd nooit sien optree in die parlement, of by kongresse of waar ook al, dat hy nie volkome in beheer was nie. Ek was natuurlik nie by toe hy ons aansoek om voortgesette lidmaatskap by die Statebondskonferensie van 1961 teruggetrek het nie, maar ek het later by mnr. Eric Louw, onder andere, verneem dat dr. Verwoerd ook daar meester van die situasie was. Dit was sy besluit, nie hulle s'n nie. Hy was altyd hoflik en waardig. As hy klaar gepraat het, kon mense nog van hom verskil, selfs nadat hy hulle argumente uitmekaar getrek het, maar hulle kon hom nooit van koers dwing nie.

Mense wat nie weet waarvan hulle praat nie, beweer soms dat dr. Verwoerd 'n soort diktator was wat sy wil op ander afgedwing het. Daar is 'n aansienlike verskil tussen 'n diktator en 'n man soos dr. Verwoerd. Hy was 'n sterk leier en hy het 'n oorredingsvermoë gehad wat ek nog nooit by enigiemand anders gesien het nie. 'n Man moes goed gewees het as jy met hom wou redeneer en jy het gewoonlik die argument verloor as jy nie baie seker van jou saak was nie; nie omdat hy die leier was nie maar omdat hy so logies en korrek was. Maar hy was altyd bereid om na ander te luister en het sy eie standpunt altyd vriendelik gestel. Daar was 'n merkwaardige verhouding tussen hom en sy mense. Dr. Verwoerd het nooit in die koukus opgestaan om te praat nie, of daardie koukus het soos een man opgestaan en hom toegejuig. Ek weet nie hoe dit in dr. Malan se tyd was nie, maar so iets het ek nie sien gebeur toe adv. Strijdom, of mnr. Vorster of mnr. PW Botha Eerste Minister was nie.

Ek wil verder beweer dat dr. Verwoerd as leier die grootste gehore in die geskiedenis van ons land getrek het, al was hy nie 'n demagoog en al het hy nie die stem van 'n orator gehad nie. Daar was natuurlik 'n kwartmiljoen Afrikaners byeen by Monumentkoppie in 1949, maar dit was iets anders; 'n volksaamtrek. Ek weet van geen ander geval waar 80 000 mense, soos by Meyerton op 26 Maart 1960 en 50 000 by Jan Smutslughawe op 20 Maart 1961, spontaan van alle kante toegestroom het om na 'n politieke leier te kom luister nie. Ek dink dit was omdat die mense geweet het hier is 'n man aan die woord wat geskiedenis maak. Hy kon sy gehoor besiel. Dit was ook die geval wanneer hy ander bevolkingsgroepe as die Afrikaners toegespreek het. Die Federated Chamber of Industries, die Engelse tak van die sakewêreld in Suid-Afrika, het hom by geleentheid genooi om 'n toespraak by hul jaarvergadering te hou. Ek was nie daar nie maar het agterna verneem dat daardie aand nie plek vir 'n muis was nie. Hy het Engels gepraat, sonder 'n nota in sy hand, en toe hy gaan sit, het daardie gehoor hom drie minute lank staande toegejuig. Dit was mense wat normaalweg teen hom gestem het. Ook hulle het die grootste agting vir hom gehad.

Ook onder die swart mense was daar 'n verering vir dr. Ver­woerd. Onder die volke van Noord-Transvaal; die Sothos, Sjangaans, Venda en Tsonga het hy reusagtige gehore toegespreek. Hulle kon nie "Verwoerd" sê nie. Die nuus het versprei: "Velvoet kom!" Dan het hulle van heinde en verre opgeruk om na hom te luister. Hy het eenvoudige taal gebruik, in hul eie idioom, wat maklik getolk kon word.

So het hy onder andere gesê ons moet saamstaan in hierdie wêreld, want as jy die tier met die asgaai steek en jy steek die swart kol raak dan gaan hy dood, maar as jy die wit kol raaksteek gaan hy ook dood. 'n Ander eienskap van dr. Verwoerd as politieke leier was sy onfeilbare vermoë om afwykende opinies binne sy eie party te hanteer. Hy kon ferme partydissipline handhaaf maar tog die demokratiese reg om te verskil, erken. Dit word miskien die beste geïllustreer deur die geval van mnr. Japie Basson. Hy was 'n man wat geneig was om sy eie kop te volg en het verskeie kere van party verwissel, maar hy was 'n bekwame politikus. Gedurende die wantrouedebat in 1959 het dr. Verwoerd aangekondig dat wetgewing voorberei word om die naturelleverteenwoordiging in die parlement af te skaf met die oog daarop dat die tuislande volle selfbestuur sal ontvang. Mnr. Basson, die LV vir Namib, het in die koukus opgestaan en gesê dat hy gewetensbeswaar daarteen het. Dr. Verwoerd het hom nie probeer teregwys nie. Die manier waarop hy iemand met 'n ernstige beswaar gerespekteer het, al is hy 'n agterbanker, was vir my die toonbeeld van hoe 'n leier moet optree. Na 'n lang bespreking het die koukus besluit dat Basson vir die tweede en derde lesings moes stem maar dat hy in die komiteestadium oor die betrokke artikel buite stemming mag bly. Basson het hom nie daarby gehou nie en is 'n paar maande later uit die party geskors. Vroeg in 1960 het hy sy sogenaamde "Nasionale Unie", 'n buiteparlementere drukgroep, gestig.

Ook die geval van dr. Albert Hertzog is hier ter sake. Ek kan persoonlik getuig dat dr. Hertzog in die geheim met verdagmakery teen dr. Verwoerd besig was. Dr. Verwoerd het hom goed geken uit die tyd toe hy hoofredakteur van Die Transvaler was, en dr. Hertzog by die Mynwerkersunie betrokke was. Dr. Hertzog se reaksionêre gesindhede was welbekend. Dit was nogal verbasend toe hy as minister in dr. Verwoerd se kabinet aangestel is. Volgens senior kabinetslede met wie ek gepraat het, het dr. Verwoerd gesê hy wil liewer vir Albert in die kabinet hê waar hy 'n ogie oor hom kan hou as daar buite. 'n Rasionele verklaring sou wees dat dr. Verwoerd onder geen omstandighede die konserwatiewe Afrikaners wou vervreem nie. In die lig van wat later gebeur het, is dit beslis merkwaardig hoe goed hy daarin geslaag het om die Nasionale Party bymekaar te hou en terselfdertyd toenadering met Engelssprekende politici soos mnre. Trollip en Waring te bewerkstellig.

Nou wil ek twee voorbeelde noem om aan te toon dat dr. Ver­woerd, ten spyte van sy beeld as "man van graniet", ook vatbaar was vir oortuiging. Hy was nie 'n diktator nie. Hy kon en het van standpunt verander as hy oortuig was dat dit reg en nodig was.

Die eerste episode sal min mense van weet want dit het in die koukus plaasgevind. Daar was 'n wet wat swart mense verbied het om brandewyn en ander sterk drank te koop. Dit was 'n wet om hulle te beskerm en het gepaard gegaan met die voorsiening van biersale in die stedelike gebiede waar die swart werkers hul eie tradisionele drank, sorghumbier, goedkoop kon bekom. Die polisie het egter hulle hande vol gehad om die prohibisie af te dwing. Daar was glo 6000 sjebiens net op die Oos Rand waar skokiaan en allerlei onwettige brousels verkoop is, met gruwelike nagevolge soos gevegte, moord en vergiftiging. 'n Aantal Volksraadslede, veral Gert Bezuidenhout van Brakpan en Johan Jurgens van Springs, het sterk gevoel dat die wet verander moet word sodat goedgekeurde kommersiële sterk drank vryelikbeskikbaar sou wees in plaas van die brousels.

Dit was 'n geval wat nie uitgepraat kon raak met een sitting van die koukus nie. Dr. Verwoerd as Eerste Minister het die debat oor etlike weke gevolg. Hy het altyd regs van die voorsitter, die eerbiedwaardige oom Piet Luttig, gesit. Toe die voorsitter nou oordeel dat die debat uiteindelik verby is, gee hy die Minister van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling, oom Daan de Wet Nel, die geleentheid om te antwoord. Hy bedank toe al die sprekers in sy ou fyn stemmetjie en hy verduidelik die redes vir die wet en waarom dit nie gewysig kan word nie. Toe gaan oom Daan sit. Die tradisie was, as daar nie sterk reaksie is nadat die minister gepraat het nie, dat die saak as afgehandel beskou word. Die voorsitter was nogbesig om te sê: "Die volgende punt op die agenda ..." toe druk dr. Verwoerd op sy skouer en staan hier langs hom op.

Dis toe dat dr. Verwoerd iets van homself geopenbaar het en woorde gebruik het wat ek nooit sal vergeet nie. Hy het eers grappenderwys na oom Daan verwys, want hulle was goeie vriende, hom gekomplimenteer en gesê hy is 'n goeie leerling. "U sal onthou," sê dr. Verwoerd toe, "dat dit ek was wat hierdie wet by die Senaat ingedien het as Minister van Naturellesake. Ons wou onder die omstandighede wat toe geheers het, net die beste doen en om die volgende redes is die wet toe aangeneem." Op kenmerkende wyse tel hy die redes een vir een af op die vingers van sy oop linkerhand met 'n kort motivering vir elk. Dit was so logies dat niemand daarvan kon verskil nie. Hy doen dit toe beter as wat oom Daan dit kon doen! Toe sê hy: "Dit was die beleid tot gister." En hy bly 'n oomblik stil. Die volgende woorde van die staatsman Verwoerd hoor ek nog so helder soos op daardie môre: "Vrinde, ’n volk wat op pad na sy bestemming groot obstruksies teenkom en nie kan sien as hy verkeerde keuses gemaak het nie, en nie in staat is om daardie foute reg te stel nie, sal nooit sy einddoel bereik nie." Die Volksraadslede spits hulle ore. "Om die volgende redes sal ons die beleid moet verander." Weereens tel hy die redes af en gee 'n duidelike motivering daarby. Weereens so logies dat niemand daarvan kon verskil nie. Onder andere sê hy: "Hier is 'n geval waar ons opgetree het na die beste van ons vermoë, maar omstandighede het verander, ander faktore moet nou in berekening gebring word. Die drankverbod lei nou tot vyandigheid teenoor die polisie en dit begin 'n gevaarlike rassekonnotasie kry. Ons sal moet omdraai op die pad wat ons gekom het, ook al bly ons koers dieselfde."

Kort daarna is die wet dan ook verander. Dit is vir my 'n pragtige voorbeeld van die oop gemoed waarmee dr. Verwoerd groot probleme benader het.

Die tweede geval wat ek wil noem, was nie so opspraakwekkend nie, maar een waarby ek persoonlik betrokke was. In 1958 het die pad deur Wylliespoort naby Louis Trichardt weggespoel en is daar besluit om twee tonnels vir die pad na die noorde deur die Soutpansberg te bou. By voltooiing in 1961 is die tonnels na dr. Verwoerd vernoem. Hy is gevra om die opening waar te neem. Die Sekretaris van Vervoer, Danie Joubert, en sy departement sou die hele funksie vanuit Pretoria organiseer. Teen die tyd wat ek daarvan hoor, het hulle 'n lang lys uitnodigings aan hoogwaardigheidsbekleërs opgestel en gesê hulle maak reg vir 500 gaste. Dit sou beteken dat die publiek van Noord-Transvaal, insluitende my kiesafdeling, glad nie by die heuglike geleentheid betrek word nie. Ek gaan toe na dr. Verwoerd en sê vir hom daar moet nie 500 mense wees nie, maar duisende. Ek noem al my argumente en vra of die Noord-Transvalers nie die geleentheid kan kry om self die openingsfunksie te reël nie. Hy het so 'n rukkie geluister en gesê hy dink ek is reg. Hy roep toe vir Fred Barnard. "Kry vir my minister Ben Schoeman op die lyn." In my teenwoordigheid sê hy: "Fanie Botha, die LV is hier by my en hy het my oortuig dat ons nie die tonnels daar bo kan gaan open sonder om die breë massa mense te laat deelneem nie. Ek ondersteun hom en wil graag vra dat u 'n ontmoeting reël tussen hom en mnr. Joubert."

Danie was natuurlik hoog die duiwel in dat ek my neus in sy sake kom steek. Nietemin, op 18 November was daar toe nie minder nie as 13 000 mense en 'n pragtige koor van by die 3000 kinders van al die skole in die noorde. Onder die geskenke wat dr. en mev. Verwoerd van die kinders ontvang het was twee huilboerboon-kandelare, en 'n simboliese staf van Lebombo-ysterhout wat ek spesiaal laat maak het uit een van die hoekpale uit die tyd van die Voortrekkers, op Ernest Fogwell se plaas. Dit bevat 'n aardbol met die klou van 'n visarend wat in Afrika vasslaan, net nie in Suid- Afrika nie. By dieselfde geleentheid het die plaaslike Indiërgemeenskap dr. en mev. Verwoerd met blommekranse behang en 'n silwerskinkbord geskenk.

By afloop van die funksie by die tonnels het dr. en mev. Verwoerd by ons op Louis Trichardt oorgebly. Hy was geïnteresseerd in my vertelling oor die geskiedenis van die dorp se Geloftekerk en oor Magato se vervloë stat bo teen Hanglip. "Kan ons daar uitkom?" wou hy weet. Die enigste geskikte voertuig wat ons kon kry, was die polisie se vangwa. En ons ry by 'n paar huise verby, die mense herken hom en hy waai vir hulle. Toe ons terugkom, was daar heelwat meer wat wou sien hoe ry dr. Verwoerd in die vangwa. Hy was nie 'n man met fieterjasies nie.

Die aand gesels ons en hy vertel van sy kinderdae in Bulawayo. Sy vader was destyds in 'n tydelike pos in die bediening. Sy gemeente het gestrek tot by Lusaka. Daar het hy 'n sekere Botha op sy plaas besoek en elke keer 'n slopie biltong huis toe gebring. Dit was so om en by 1915. "Maar Doktor," sê ek, "dit was my oupa. Hy het baie swaar gekry na die Anglo-Boereoorlog en was een van die eerste vyf boere wat daar ingetrek het in April 1909. My pa was 'n jong man en hy was die een wat gesorg het vir die biltong. Ek weet uit vertellings van die familie van die slope biltong wat besoekers uit die suide gekry het."

My vrou en ek het dr. en mev. Verwoerd later op die kleinhoewe langs die Vaalrivier, Stokkiesdraai, besoek. 'n Episode wat ek goed onthou, was die jong polisieman se gesukkel om die buiteboordmotor van die boot aan die gang te kry. Ons wou oorkant toe, na die Vrystaatse kant. Dr. Verwoerd vra toe, wat is dan fout en wat moet mens doen in so 'n geval. Die outjie staan en peuter, maar die enjin sluk-sluk. Toe sê dr. Verwoerd vir hom: "Kyk, jy het nou net so en so gesê, maar dit doen jy mos nie nou nie." Met ander woorde, bly kalm en volg die logiese prosedure. Dit was tipies van hom. By 'n ander geleentheid, vertel die polisiemanne my, wou dr. Verwoerd ook oorkant toe met sy plaasklere aan, en hulle moes natuurlik saam om hom te beskerm. Daar gekom, het hy pik en graaf gaan haal en begin gat grawe om 'n wilgerstomp te plant. Toe hulle hulle kom kry toe staan hulle almal en gate maak en dr. Verwoerd gaan aan en maak ook gate.

Doktor het 'n groot belangstelling in die landbou gehad, en 'n goeie begrip vir die probleme van die boer. Oom Jim Fouche het my self vertel wat gebeur het die dag toe dr. Verwoerd hom inroep en vra om Minister van Landbou te word. Hy was toe Minister van Verdediging, maar het eintlik gevoel hy is maar 'n boer. Daar het in daardie tyd 'n gruwelike droogte geheers, veral in Noord- Transvaal. Hy sê toe: "Maar Doktor, op my ouderdom?"

Dr. Verwoerd antwoord: "Jim, doen vir my net een ding, troos die boere. Ry net rond van die oggend tot die aand, troos hulle en vind uit wat nodig is. Jy is die man wat dit kan doen. Ek sal sorg dat die administratiewe werk in jou departement afgehandel word en ons sal planne maak om die boere te help. Maar in hierdie tyd moet die mense van moedeloosheid gered word."

Oom Jim was Minister van Landbou vir net 19 maande. Ek was self betrokke by 'n droogtekomitee en ons het vir oom Jim 'n boeresaamtrek op Tshipise gereël. Die hele wêreld was daar en oom Jim se gemoed het die aand vol geskiet want die toestand was ellendig. Sy boodskap was dat daar dinge is wat 'n regering nie kan doen nie, net die Vader in die hemel kan dit doen. "Maar vriende," sê hy, "daar is 'n man, sy naam is Hendrik Verwoerd, julle Eerste Minister, wie se hart bloei vir julle. Ek is hier in opdrag van hom om julle moed in te praat. Van sy kant af sal hy alles wat moontlik is, doen." Die blote gedagte dat die regering hom oor die boere ontferm, was vir baie van hulle genoeg. Oom Jim het meermale teenoor my van sy eerlike bewondering vir dr. Verwoerd getuig.

Dr. Verwoerd se wye belangstelling in boerderyaangeleenthede het ook op ander maniere tot uiting gekom. Wie weet vandag nog dat die lietsjie-inmaakbedryf eintlik aan hom te danke is? In die Wolkberg-gebied was daar baie lietsjiebome maar niemand het nog lietsjies probeer inmaak nie, want daar was nie masjiene wat die dop en die pit effektief kon verwyder nie. Dr. Verwoerd het die Politsi-inmaakfabriek besoek en by sy terugkeer in Kaapstad vir mnr. Sidney Waterson wat voorsitter van die direksie was, gesê dat hulle dit gerus kan probeer. Wat hy wel seker in gedagte gehad het, was om werkverskaffing en ontwikkeling van die oorwegend swart gebiede te stimuleer. Nie lank daarna nie is die eerste Suid-Afrikaanse geblikte lietsjies by Groote Schuur afgelewer.

Dr. Verwoerd het my dikwels uitgevra oor ander subtropiese vrugte soos avokado's en papajas. Ek het hom probeer oortuig dat die misgordel van die Laeveld geskik is vir die verbouing van allerlei eksotiese produkte wat ons moet invoer, soos tee, koffie, naeltjies, peper en pypkaneel. P K. le Roux was toe Minister van Landbou. Hy en ek het gesorg dat behoorlik ondersoek ingestel word en die resultaat was dat daar begin is met grootskaalse aanplanting van tee. Later is die Sapekoe-tee met 'n gesellige funksie by Groote Schuur bekend gestel en ek onthou dat dr. Verwoerd onderneem het dat die huishouding voortaan altyd ons eie Suid- Afrikaanse tee sal bedien.

Dit help nie om te spekuleer oor wat kon gebeur het as dr. Ver­woerd nie op 6 September 1966 wreed vermoor is nie. Daarna het almal gewonder of hy nie van plan was om die dag 'n belangrike aankondiging te maak na aanleiding van sy pas afgelope samesprekings met Leabua Jonathan nie. Dit was die eerste direkte ontmoeting tussen 'n Suid-Afrikaanse regeringshoof en die hoof van 'n swart Afrika-staat op pad na onafhanklikheid. Tog is dit interessant om daarop te let dat dr. Verwoerd ook daarmee 'n deurbraak gemaak het wat, miskien onbewus, verreikende gevolge op die Suid-Afrikaanse samelewing gehad het. Daardie foto waarop dr. Verwoerd en Jonathan mekaar die hand gee, het gewys dat dit die korrekte ding is om te doen. Wie sal weet hoe groot die gesindheidsverandering is wat deur daardie eenvoudige daad by baie mense, wit en swart, teweeg gebring is.

Die verslaenheid wat onder parlementslede en op straat geheers het toe dr. Verwoerd vermoor is, was onbeskryflik. Suid-Afrika was leierloos. 'n Gevoel van magteloosheid het die mense beetgepak. Hy het op almal 'n impak gehad en sy dood het 'n leemte gelaat wat skaars gevul kon word. As daar teenstanders van apartheid was wat wou juig, het hulle dit in stilte gedoen. Selfs diegene wat nie met hom wou saamstem nie, het in die skadu van sy krag en leierskap geleef.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1365 gaste aanlyn