NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ‘n ingenieur ‘n brug bou, moet dit voertuie kan dra; sy drakrag kan bewys.  Dis presies wat God met ons doen.  As God ons sterk maak, kan Hy mos elke gram van ons krag beproef, nie waar nie?  Ons lewe moet met die hemelse Bouer se ontwerp ooreenstem!

13 JAAR MET DR HF VERWOERD (6)

Fred Barnard

(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)

DR VERWOERD WORD EERSTE MINISTER

"Die kleurbeleid binne die Unie word nog steeds misverstaan. Veral diegene wat nie uit ervaring kan meepraat nie, begryp nog steeds nie dat apartheid of aparte ontwikkeling op die besef berus dat alleen langs dié weg die swakkere teen die sterkere beskerm kan word, en die andersoortige en getalmindere teenoor die getalmeerdere veilig kan voel nie. Met ander woorde, dat botsing alleen vermy kan word indien daar soveel moontlik skeiding kom. Skeiding – of dit woongebied of landgebied of lewensterrein betref – beoog nie verdrukking nie. Dit beoog volle kanse vir almal wat weliswaar net benut kan word in die mate waarin die persoon of groep in verskillende stadiums daartoe opgewasse is. So iets kan net vir elkeen binne sy eie rassegemeenskap beplan en bewerkstellig word. "

Sedert dr HF Verwoerd in 1937 op die politieke toneel verskyn het, het hy ongetwyfeld 'n meteoriese loopbaan gehad en reeds toe hy in 1950 tot die Kabinet toegetree het, het baie hom as 'n toekomstige Eerste Minister geag.

In daardie dae was hy egter ook, vir baie, een van die "wilde manne" van Transvaal. Mense het òf bewondering vir hom gekoester òf hom gehaat. Selfs getroue nasionaliste het sy doen en late met 'n mate van agterdog bejeën.

As Minister van Bantoesake moes hy baie jare lank die heftigste aanvalle van politieke teenstanders verduur. Vir hom het die Engelstalige pers geen greintjie genade gehad nie en selfs in ons geskiedenis was daar nooit meer haat en venyn op een persoon gekonsentreer as op hom nie.

Hierdie hewige aanvalle het hom hoegenaamd nie van stryk gebring nie maar hom inteendeel tot groter vasberadenheid aangespoor in die uitvoering van sy Party se beginsels en beleid. Hy het inderdaad daaraan geglo dat die beste manier van verdediging is om aan te val.

So genadeloos en so heftig was die aanvalle teen hom dat sy eie ondersteuners met verloop van tyd die vraag begin stel het of daar nie miskien iets met hierdie man se benadering van sake skeel nie. So erg het dit egter later geword dat dr Verwoerd teen die einde van 1957 daaraan begin dink het om die destydse Eerste Minister, JG Strydom te versoek om hom van sy pligte as Minister van Bantoesake te onthef. As gevolg van die algemene verkiesing vroeg in 1958 en vanweë adv Strijdom se siekte daardie jaar, is daar egter geen veranderinge in die Kabinet na afloop van daardie verkiesing aangebring nie.

Vir dr Verwoerd was mnr Strijdom se siekte 'n saak van groot kommer, want lank voordat enigeen van hulle nog in die Kabinet was, was hulle boesemvriende. Saam het hulle in die moeilike jare in die Transvaal vir die Nasionale Party geswoeg; saam het hulle in die direksie van Voortrekkerpers gedien en saam het hulle met die Nasionale Party se oorwinning in 1948 gejuig. Groot en intieme vriende was hulle inderdaad.

Toe mnr Strijdom se siekte 'n ernstige wending begin neem, en Nasionaliste aan 'n nuwe hoofleier en Eerste Minister begin dink, was dr Verwoerd se naam hoog op die lys van moontlike kandidate. Hyself het egter konsekwent geweier om die saak selfs met goeie vriende te bespreek.

Dr Verwoerd en adv Strijdom was onafskeidbare vriende; geesgenote wat dieselfde ideale vir hul volk gekoester het; broers wie se hartklop identies was; Staatsmanne gekap uit dieselfde graniet. Advokaat Strijdom se siening was dr Verwoerd se siening. Oor en weer is daar voordurend beraadslaag. Selde het mnr Strijdom 'n belangrike toespraak gelewer alvorens hy nie eers sy kollega en vriend vooraf oor een of ander punt geraadpleeg het nie. Nagte deur is landsake beredeneer, strategie bespreek en oplossings vir probleme gesoek. Beter samewerking en 'n beter verstandhouding as wat daar tussen hierdie twee leiers bestaan het is haas ondenkbaar.

Ná die heengaan van adv Strijdom wat vir dr Verwoerd 'n persoonlike verlies was, het vriende en ondersteuners van alle kante op hom toegesak met die oog daarop om hom vir die premierskap beskikbaar te stel.

Daar was toe reeds twee kandidate in die veld, te wete adv CR Swart, Minister van Justisie, en dr TE Dönges, Minister van Finansies.

Aanvanklik was dr Verwoerd hoegenaamd nie gretig om gunstig te reageer nie, dog later het hy ingewillig om hom as kandidaat te laat nomineer. Met die bevordering van sy kandidatuur wou hy egter niks te doen hê nie en van slim politieke sette –iets wat waarskynlik onvermydelik in 'n demokratiese land is – wou hy nie hoor nie. Trouens, hy het geweier om deel te hê aan die stryd wat daar in verband met die kandidatuur agter die skerms aan die gang was. Veral het dit hom gepla dat hy die stryd teen die veel ouer Minister Swart moes voer.

'n Paar dae voordat die verkiesing van 'n Eerste Minister sou plaasvind, was ons een aand oppad na Pretoria vanaf sy kiesafdeling, Heidelberg, en ek probeer hom toe uitlok om oor hierdie aktuele saak te praat.

"Doktor", het ek gesê, "by my is daar geen twyfel nie dat hulle u sal kies."

"Jong, die politiek is 'n onvoorspelbare ding en jou politieke vriende nog erger", was al wat ek oor sy eie persoon by daardie geleentheid uit hom kon kry.

"Wie ook al gekies moet word, sal sonder versuim meer praktiese aandag aan Republiekwording moet gee", het hy onmiddellik bygevoeg en toe voortgegaan om te verduidelik wat volgens sy mening gedoen moes word om hierdie lewensideaal te verwesenlik.

Elke dag het hy met sy werk voortgegaan asof hy baie jare lank nog Minister van Bantoesake gaan bly.

"Dit is swak insig, Doktor," het ek eendag toe hy in 'n goeie luim was, skertsend opgemerk, dog ek kon nie daarin slaag om hom openlik oor hierdie saak opgewonde te maak nie.

Op Maandag 1 September 1958, die dag voordat die parlentêre koukus van die Nasionale Party die hoofleier en daarmee die sesde Eerste Minister van Suid-Afrika sou aanwys, het dr Verwoerd my na sy kantoor ontbied.

"Wat môre gaan gebeur weet ek nie", het hy verduidelik, "maar as ek gekies sou word, sal ek bly wees as jy saamgaan. Jy moet sorg dat alle uitstaande werk teen vanaand afgehandel is."

Vir my was hierdie uitnodiging 'n besondere eer want in daardie stadium het ek hom reeds ses jaar onafgebroke as privaatsekretaris bedien en niks sou ek na daardie spanningsvolle jare meer verwelkom as juis so 'n verandering nie.

Nie alleen was ek dankbaar vir die moontlikhede wat so 'n verandering sou meebring nie maar ook was ek dankbaar dat die 'baas' uit eie beweging besluit het om my 'saam te neem' want hier het hy 'n gulde geleentheid gehad om van my ontslae te raak!

Uiteindelik het Dinsdag 2 September 1958 aangebreek, een van die lang ry van spanningsvolle dae wat ek in die skaduwee van hierdie dinamiese mens belewe het.

Dae lank was die hele Suid-Afrika in rep en roer. 'n Beminde volksleier, in die fleur van sy lewe, het pas in die tuig heengegaan en daar was in die Kabinet niemand so aanvaarbaar dat hy 'n outomatiese keuse sou wees nie. Oor en weer is daar gegis, geraai en gespekuleer, want elkeen van die drie kandidate wat beskikbaar was, het sy persoonlike aanhang, nie alleen onder lede van die koukus nie, maar ook onder lede van die Nasionale Party oor die hele land gehad.

In Kaapstad, waar die Parlement in sitting was, het daar groot opgewondenheid geheers. Organiseerders van die verskillende kandidate was almal ewe seker van sukses. Een van my kollegas het 'n 'geheime' dokument bekom waarvolgens adv Swart met 'n meerderheid van dertien verkies sou word, terwyl dr Dönges en dr Verwoerd tweede en derde plekke onderskeidelik sou behaal.

Aan die ander kant het een van dr Verwoerd se organiseerders my verseker dat hy by die finale stemming 'n meerderheid van vyftig sou hê.

Daar is oor niks anders gepraat nie en die opgewondenheid het met elke tik van die horlosie toegeneem. 'n Vooraanstaande lid van die koukus wat later 'n prominente figuur in die politiek geword het, het in my teenwoordigheid gesê dat indien dr Verwoerd verkies sou word, dit die begin van die einde van die Nasionale Party sou wees. Later het hierdie persoon een van dr Verwoerd se grootste vertrouelinge geword.

Dit was die eerste keer dat 'n Eerste Minister op hierdie wyse aangewys sou word en die feit dat daar drie kandidate was, het dan ook terselfdertyd gedien as 'n toets vir die samehorigheid en solidariteit van die Nasionale Party.

Van vroeg daardie Dinsdagoggend van 2 September was Parlementstraat, voor die Parlementsgebou, die ene lewe. Nuuskieriges het oral in groepies gestaan en wag vir wat ongetwyfeld een van die mees dramatiese episodes in die politieke geskiedenis van Suid-Afrika sou wees.

Nadat die 176 lede van die parlementêre koukus van die Nasionale Party die ruim koukuskamer om 10:30 vm binnegegaan het, is die swaar dubbeldeur toegemaak terwyl die vensters aan die wandelgang se kant met kartonplank toegemaak is sodat niemand van daardie kant kon sien wat binne gebeur nie.

Die eerste taak van die koukus was om die prosedure goed te keur wat gevolg sou word. Dit was naamlik dat die benoeming van die kandidaat vir die hoofleierskap mondelings sou geskied en nie per brief nie. Die stemming sou per geheime stembrief opgeneem word en spesiale stembriewe met die name van die drie kandidate is vooraf deur die hoofsweep, mnr JE Potgieters, laat druk. Verdere stembriewe, met kombinasies van name vir die tweede stemming, was ook gereed want indien daar by die eerste stemming nie 'n volstrekte meerderheid sou wees nie, sou daar 'n tweede keer gestem moes word, iets wat later inderdaad gebeur het.

Elke stembrief het 'n inkstempel gedra wat vooraf nie aan die koukuslede bekend was nie. Die stempel was die letters 'N.P.' met 'n kring daarom. Van elke koukuslid is net verwag dat hy 'n kruisie agter die naam van sy keuse sou maak.

In die wandelgang en op die galery van die wandelgang het dit soos 'n krioelende miernes gelyk want amptenare, persmanne, bodes, lede van die opposisie, ja almal wat daarop geregtig was om binne die Parlementsgebou te wees, het van nuuskierigheid gebrand. Wie sou die wees...

Vir ons wat naby die drie kandidate gestaan het was hierdie lang wag in die wandelgang 'n ware marteling. Beide my kollegas was oortuig daarvan dat hul ministers die paal sou haal, net so oortuig as wat ek was daarvan dat my minister die louere sou wegdra. Vir ons was dit 'n moeilike situasie en ons het verkies om liewer nie oor die saak te gesels nie.

Almal se oë was gevestig op daardie deur van die koukuskamer, want almal het geweet dat die eerste persoon wat daar verskyn, die nuwe Eerste Minister sou wees. Maar daardie deur het ten ene male verseg om oop te gaan.

Die lang minute het een vir een verby getik; die doodse stilte in die koukuskamer was vir ons 'n saak van groot kommer; die wemelende nuuskieriges in die gange het ongeduldig begin word maar nog was daar geen teken by die deur van daardie vertrek wat oor die jare heen soveel geheime so goed bewaar het nie.

Intussen het alles daarbinne spieëlglad verloop. Toe benoemings gevra is, is adv CR Swart deur Minister Ben Schoeman voorgestel en deur Sen Jan de Klerk gesekondeer.

Dr TE Dönges is deur Minister FC Erasmus voorgestel en deur mnr A Webster van Suidwes-Afrika gesekondeer.

Dr HF Verwoerd is deur Minister MDC de W Nel voorgestel en deur Sen Vermeulen van die OVS gesekondeer.

Hierna het die eerste stemming 'n aanvang geneem. Die voorsitter, mnr P Luttig van Ceres, het eers die name van die Senatore in alfabetiese volgorde in groepe van vier uitgelees, waarna die groepe hul stembriewe by die swepe in ontvangs geneem het. Nadat hulle dan op konvensionele wyse die kruisies gemaak en die stembrief in 'n houer geplaas het, het hulle hul plekke gaan inneem om te wag – soos ons in die wandelgange en soos die hele wêreld daarbuite gewag het op die uitslag.

Nadat die Senatore gestem het, het die Volksraadslede dieselfde prosedure gevolg.

Minister JJ Serfontein se kantoor was destyds langs die koukuskamer en om kwart oor elf het die swepe en die voorsitter uit die koukuskamer gekom, Minister Serfontein se kantoor binnegegaan om die stemme te tel.

Hierdie verposing is deur lede van die koukus gebruik om 'n bietjie asem te skep en te ontspan, want selfs hulle kon teen hierdie tyd nie meer die spanning verduur nie.

Hierdie eerste tellery het glad verloop want skaars tien minute nadat die swepe Minister Serfontein se kantoor binnegegaan het, het die deur weer oopgegaan en kon die voorsitter die uitslag aan die koukus bekend maak.

Ons het later verneem dat die uitslag soos volg was:
Dr HF Verwoerd          80 stemme
Dr TE Dönges              52 stemme
Adv CR Swart              41 stemme

Die drie kandidate asook Senator Pettersen van Natal het nie aan die stemming deelgeneem nie.

Hier buite het ons 'n geweldige toejuiging verwag, dog steeds was dit so stil soos die graf. Toe weet ons dat daar geen volstrekte meerderheid was nie en dat daar weer gestem sou moes word.

Die tweede stemming, naamlik tussen dr Verwoerd en dr Dönges, het op dieselfde wyse as die eerste geskied.

'n Rapsie na twaalfuur het die swepe weer eens Minister Serfontein se kantoor binnegegaan om weer na ongeveer tien minute terug te kom.

Weer het die voorsitter die uitslag bekend gemaak.

Uiteindelik word die spookagtige stilte verbreek deur 'n geesdriftige toejuiging. Dan weer stilte totdat iemand daarbinne weer eens toegejuig word. Dan weer die tergende stilte totdat daar hande geklap word.

Almal se oë was nou onafwendbaar gerig op daardie deur. Teen hierdie tyd was alles daarbinne reeds afgehandel en was adv Swart besig om sy ondersteuners te bedank en om die nuwe pasverkose hoofleier van die Nasionale Party geluk te wens. Onder luide toejuiging het hy onder meer gesê:
"Ek lê my nie honderd persent neer by die beslissing van die koukus nie maar wel een honderd en drie persent."

Hy het ook die toekomstige optrede van die Nasionale Party met die optrede van die polisie, met wie hy as Minister van Justisie soveel jare lank so intiem saamgewerk het, vergelyk en gesê:
"Wanneer die vyand dreig, dan word daar 'n ketting gevorm om daardie vyand terug te hou maar as dit nodig word, word daar met die knuppels onder die vyand ingevlie. As dit dus vir ons nodig sou word, sal ook ons met die knuppels onder die vyand invlie.
"Ofskoon daar vandag miskien seerplekke is, stel ons die beginsels van ons Party voorop. In die jare wat daar nog vir my mag voorlê sal ek alles in my vermoë doen om ons Party se saak te dien".

Dr Dönges het eweneens sy ondersteuners en adv Swart bedank en dr Verwoerd gelukgewens met sy verkiesing en so voortgegaan:
"Vandag het die Nasionale Party weer een gewys hoe demokraties hy inderdaad is. Sulke dinge is nie noodlottig nie. Oor kandidate kan ons verskille hê, dog as die beslissing gemaak is, dan staan ons weer soos een man omdat die saak groter as die persoon is.
"Leiers kom en leiers gaan, maar Suid-Afrika bly. Dit is ons almal se taak om die nuwe leier te steun, want die beleid en beginsels bly soos wat dit onder al die leiers van ons Party was.
"Ons taak is die voltooiing van onvoltooide werk want al ons vorige leiers het nog altyd 'n nalatenskap van onvoltooide werk gehad.
"Wat vandag hier gebeur het word deur ons aanvaar. Die beste het gebeur want ons glo dat daar 'n Beskikker is oor volkere en oor partye".

Nadat dr Dönges weer sy plek ingeneem het, het dr Verwoerd onder luide toejuiging aan die woord gekom en almal teenwoordig bedank.

"Vandat ek genader is my verkiesbaar te stel, het ek baie slapelose nagte gehad maar ek het geglo dat niemand in sulke omstandighede mag weier nie. Ek glo dat die Wil van God deur hierdie stemming geopenbaar is.
"Ek aanvaar my verkiesing as 'n roeping om my plig te doen. Ek sal elke dag my krag soek in die Woord en nie in myself nie.
"Die eenheid van die Nasionale Party is vandag weer eens bewys en ek ag dit my taak om hierdie eenheid te handhaaf en uit te bou. Met 'n vrye hart sal ek met alle partygenote, of hulle my vandag gesteun het of nie, saamwerk, want ek is daarvan oortuig dat dit wat vandag hier gesê is, bewys daarvan is dat daar van vandag, soos nog nooit, saamgestaan sal word.
"Dikwels is daar gesê dat ek onbuigsaam is, dat ek 'n diktator is. Daar is niks van waar nie. Al wat ek nou beoog is: Vorentoe!"

Toe hoor ons: "Laat Heer u seën op hom daal".

Die drama is afgesluit maar wie is die Eerste Minister?

Dis weer stil – 'n gebed.

Die swaar deur swaai oop. Dis dr Verwoerd!

Ek voel trots en knik vir hom. Hy kyk halfverleë terug. Hy lyk bleek en aangedaan.

Saam met die voorsitter, hoofsweep, ministers en ander lede van die koukus beweeg die stoet nou langsaam die trappe af en met die wandelgang na die trappe voor die ingang van die Senaat waar daar van vroeg reeds honderde nuuskieriges staan en wag op hierdie groot oomblik.

Mnr JE Potgieter het hierna 'n klein stukkie papier te voorskyn gehaal, voor die mikrofoon plaasgeneem en plegtig en duidelik gelees, eers in Afrikaans, en daarna in Engels:
"In my hoedanigheid as hoofsweep van die Nasionale Party het ek die eer om aan te kondig dat die koukus van die Party vanoggend op hierdie tweede dag van September 1958 op 'n behoorlik saamgestelde koukusvergadering en by 'n behoorlike stemming as hoofleier van die Nasionale Party aangewys het Sy Edele dr HF Verwoerd.
"Hierdie feit sal aan Sy Eksellensie die Goewerneur-Generaal meegedeel word."

Daar was 'n langdurige toejuiging voordat dr Verwoerd, nog steeds bleek en gespanne, aan die woord gekom het:
"Ek dank u almal vir die vriendelike belangstelling en welwillendheid. Ek belowe om my aan die saak van land en volk met al die krag tot my beskikking toe te wy.
"Ek is dankbaar en bly vir die steun wat daar deur die Party aan my belowe is. Soos een man sal ons voortgaan op die pad wat my voorganger gevolg het en ons sal saamstaan vir die vervulling van ons volk se ideale.
"Wat vandag hier gebeur het, bewys weer eens hoe demokraties die Nasionale Party is."

Hierna het hy voortgegaan om ook in Engels sy dank en waardering teenoor sy ondersteuners uit te spreek en om al sy kragte tot die beskikking van sy volk te stel.

Toe is die nuwe hoofleier van die Nasionale Party terug na sy kantoor, kamer 50, Marksgebou, die kantoor van die Minister van Bantoesake.

Ek het hom dadelik gaan gelukwens. Lank en stewig het hy my hand vasgehou terwyl hy die hoop uitgespreek het dat "ons nog lank so lekker sal saamwerk".

Ek het nie gereageer nie – ek kon nie!

Onmiddellik hierna is ons Highstead, sy ampswoning in Rondebosch waar sy voorganger adv JG Strijdom ook gewoon het voordat hy Premier geword het, en waar mev Verwoerd die heel voormiddag met die brei van 'n blou trui besig was... totdat my vrou wat toe in die vorige Eerste Minister se kantoor werksaam was, die nuus aan haar oorgedra het. Van daardie oomblik af het die telefoon onophoudelik gelui.

Nadat middagete genuttig is, het dr Verwoerd onmiddellik terug kantoor toe vertrek want nou was daar meer verpligtinge as wat behartig kon word.

Met sy terugkeer het die Sekretaris van die Goewerneur-Generaal geskakel en meegedeel dat dr Verwoerd sy opwagting om 3 uur in Goewermentswoning op Stalplein moet maak, want ofskoon dr Verwoerd nou tot hoofleier van die Nasionale Party gekies is, was hy nog nie Eerste Minister nie en daarom moes hy eers besoek by die Goewerneur-Generaal aflê dat dié hom as Eerste Minister kon aanwys.

Nadat hy 'n kort rukkie by dr Jansen vertoef het, is ons weer terug na Marksgebou om finaal vaarwel te sê aan ons ou kantoor en om te verhuis na die kantoor van die Eerste Minister.

Die nuwe Eerste Minister het sy eerste opdrag aan my om 3:30 nm gegee en dit was om al die Ministers een vir een, in orde van senioriteit, na sy kantoor te ontbied.

In daardie stadium het die Kabinet uit veertien lede bestaan en dr Verwoerd het besluit om almal weer in die portefeuljes wat hulle onder adv JG Strijdom se bewind gehou het, aan te stel. Terwyl hy ook besluit het om die portefeulje Bantoe-sake voorlopig saam met die pligte van Eerste Minister te behartig, het hy aangekondig dat hy voornemens is om die Kabinet van veertien na sestien lede uit te brei.

Daardie  namiddag was vir die nuwe Eerste Minister een van die bedrywigste wat hy ooit belewe het want afgesien van die honderd en een dinge wat in sy nuwe kantoor aandag moes geniet, het vriende en belangstellendes in hul tientalle opgedaag om hom sterkte toe te wens.

Intussen was dit mev Verwoerd se taak om by die huis in te pak en sake vir die groot trek na Groote Schuur in orde te kry. Die verskuiwing van Highstead na Groote Schuur het aan die Verwoerds as mense hoegenaamd geen verskil gemaak nie, eenvoudig omdat dit nie vir die egpaar moontlik was om hulself van hul spontane menslikheid en mensliewendheid los te maak nie. Steeds het hulle dieselfde beskeie mense gebly.

"'n Leier is maar net die boonste puntjie van 'n piramide", het hy gesê. "Die mate waarin daardie punt styg, hang af, nie soseer van homself nie maar van die sterkte van die voetstuk waarop hy rus."

Hierdie oortuiging het hy deur sy hele lewe gehuldig en dit was die grondslag waarop hy uit die staanspoor sy loopbaan as Eerste Minister ingerig het.

In weerwil van die opregtheid en diepe erns waarmee hy sy nuwe taak aanvaar het, het die fanatieke en genadelose aanvalle van die voorafgaande jare in felheid toegeneem. Die blote naam Verwoerd het by baie duisende hier en in die buiteland 'n ongevoelige, wrede tiran opgetower; 'n koue mens wat met blinde onverbiddelikheid sy land op rampspoed en bloed afstuur.

'n Skrikbeeld was hy, nie alleen van Suid-Afrika se baie vyande in die buitgeland nie maar selfs een van ons eie dagblaaie het die nuwe Eerste Minister gesien as "'n persoon wie se beginsels skrikwekkend en wie se deugde 'n bedreiging is". 'n Ander middagblad het iets veel erger in die toekoms onder Verwoerd gesien en voorspel dat "Suid-Afrika kan verwag om regeer te word deur 'n arbitrêre regering wat geen ag slaan op die sienswyse van die buitewêreld nie of wat geen aandag sal gee aan die wense en gevoelens van enige Unie-burger nie behalwe diegene in sy eie Party". (Klink of hulle die ANC ingedagte gehad het – webmeester).

Die magtige skrikpropaganda wat in die voorafgaande jare so genadeloos teen hom gevoer is, is nou met hernieude ywer voortgesit. Selfs die feit dat hy in Nederland gebore is en nie in Suid-Afrika nie, is opnuut en herhaaldelik teen sy hoof geslinger want blykbaar was alleen diegene wat in Suid-Afrika gebore is, goed genoeg om hierdie land as Eerste Minister te dien. "Ja, immigrante is welkom, dog mag nie presteer nie", was dr Verwoerd se raak antwoord op hierdie argument.

Oor hierdie volgehoue aanvalle het dr Verwoerd hom min bekommer. Met onverbiddelike doelgerigtheid en intense toewyding het hy voortgegaan om te doen wat hy geglo het is in die beste belang van almal in sy vaderland.

Hy het besef dat die taak wat daar op 2 September 1958 aan hom toevertrou is, onsettend groot was, maar agt jaar lank was dit hy aan wie die uitvoering van die regering se Bantoebeleid toevertrou was; agt jaar lank was dit hy wat in die gesig van die hewigste botsings, die heftigste agitasies en die bitterste omstrede maatreëls, onwrikbaar koers gehou het totdat sy meedoënlose stryd uiteindelik met merkwaardige sukses bekroon is.

Gewapen met hierdie agtergrond en sy geweldige en ontwyfelbare intellektuele vermoëns het hy die uitdaging met sy kenmerkende geesdrif, ywer en geloof aanvaar soos blyk uit die eerste boodskap wat hy as Eerste Minister om 8 uur die aand van Woensdag, 3 September 1958, aan sy volk gerig het:
"Te midde van 'n treurende volk het dit my roeping geword om die pligte as Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika op my te neem. 'n Geliefde en bekwame voorganger het in die tuig heengegaan. Sy taak moet ander nou verder voer. Dit is my vaste voorneme om sy voetspore en ook dié van sy geëerde voorganger te volg. Die doelstellings waarop hulle handelinge gerig was, is ook my doelstellings want dit is die koers wat die kiesers van Suid-Afrika ons opgedra het om te volg.
"As gelowige regeerders van 'n godsdienstige land moet ons beklemtoon dat ons ons krag en leiding in die toekoms, soos in die verlede, sal soek by Hom wat die lotgevalle van nasies beheer. Deur Hom is die smart beskik wat geheel ons land in rou gedompel het. Maar die lewe van 'n volk duur altyd voort. Volgens se Wil is aangewys wie in die nuwe tydperk van die lewe van die volk van Suid-Afrika die leiding van die regering op hom moet neem. Dat dit met ons land en met ons nasie wel sal wees, glo ons vas, want God regeer.
"Niemand hoef vir 'n enkele oomblik daaraan te twyfel nie dat dit steeds my strewe sal wees om die demokratiese instellings van ons land in die nodige ere te hou. Dit is een van die kosbaarste besittings van die Westerse beskawing. Die volkswil, daarin geopenbaar, mag nie ondermyn word nie.
"Goeie samewerking tussen enersdenkendes ter bereiding van die gesamentlike ideale op staatkundige gebied is noodsaaklik en gelukkig weer eens verseker. Die krag wat van hierdie eenheid uitgaan moet blywende waarde hê. Terselfdertyd sal andersdenkendes se reg om uiting te gee aan hul oortuigings steeds beskerm word. Dit is immers die plig van die Regering om almal se belange te behartig.
"Vriendelikheid en regskapenheid mag 'n volk ook steeds met reg van sy leiers vereis. Dit sal, dit glo ek vas, altyd hier te lande verkry word.
"Ten opsigte van die buiteland koester die Unieregering die vreedsaamste bedoelings en die grootste welwillendheid. Hy sal steeds daarna strewe om vriendskapsbande met sy stam- en buurlande te onderhou. In Afrika soek hy slegs goedgesindheid, en sal hy aanhou om bystand te verleen aan onderontwikkelde state, veral deur die beskikbaarstelling van sy wetenskaplike kennis, gepaard met sy unieke ervaring op hierdie vasteland.
"In die reëling van verhoudings tussen die Unie en state en gebiede van Afrika, sal alle leiers as verstandige en verantwoordelike mense besef dat daar groot verskille tussen hulle lande bestaan, onder meer wat ras en lewenswyse betref. Dit sal die Regering se strewe wees om middels tot samewerking te vind wat rekening sal hou met die omstandighede en moeilikhede van die verskillende gebiede.
"Die kleurbeleid binne die Unie word nog steeds misverstaan. Veral diegene wat nie uit ervaring kan meepraat nie, begryp nog steeds nie dat apartheid of aparte ontwikkeling op die besef berus dat alleen langs dié weg die swakkere teen die sterkere beskerm kan word, en die andersoortige en getalmindere teenoor die getalmeerdere veilig kan voel nie. Met ander woorde, dat botsing alleen vermy kan word indien daar soveel moontlik skeiding kom.
"Skeiding – of dit woongebied of landgebied of lewensterrein betref – beoog nie verdrukking nie. Dit beoog volle kanse vir almal wat weliswaar net benut kan word in die mate waarin die persoon of groep in verskillende stadiums daartoe opgewasse is. So iets kan net vir elkeen binne sy eie rassegemeenskap beplan en bewerkstellig word. Die basiese doel en oogmerk moet op die mees onomwonde wyse gestel word. Met die beleid van aparte ontwikkeling word geluk, veiligheid en die vastheid van 'n eie woon-, taal- en bestuursgebied aan die Bantoe sowel as die blanke gegun en nagestreef. Daar word soms uit die oog verloor dat die Regering en elkeen wat 'n gesonde toekoms op morele grondslag wil bou, nie so moet dink aan die voorspoed, tevredenheid en vrymaking van die Bantoe dat hy die blanke se reg op beskerming van alles wat hy oor geslagte opgebou het, uit die oog verloor nie. Sy goed, sy vryheid en sy regte kan, weens die getalleverhoudings, alleen vir hom behoue bly deur 'n beleid van skeiding.
"Die verhoudinge tussen Afrikaans- en Engelssprekendes in Suid-Afrika verbeter gelukkig steeds. Die spontane gesamentlike waardering van en rou oor 'n groot volksman met sterk oortuigings het dit weer eens bewys. Dit sal steeds my strewe bly om reg aan almal te laat geskied. Bo alles sien ek vooruit na die blye dag wanneer almal so deur een vaderlandsliefde tot een volk met sy twee tale saamgesnoer sal wees dat die politieke verskille wat dan sal bestaan, nie meer sal berus op sentiment nie maar op blote meningsverskille oor maatskaplike en ekonomiese vraagstukke.
"Hierdie eenwording as volk sal na my mening alleen in 'n republiek van Suid-Afrika werklik tot stand kan kom. Daarom sal ek my beste kragte aan die vervulling van hierdie ideaal wil wy en wel op so 'n wyse en tyd dat dit standhoudend sal wees. Met ander lande, veral ons stamlande, en Westerse geesgenote, moet en kan die vriendskap en samewerking steeds hegter word, want so 'n republiek sal vry wees van alle sweem van gedwonge of eensydige gebondenheid.
"Die voortdurende ekonomiese ontwikkeling van die land op alle terreine – landbou, mynwese, nywerheid, handel – is van die uiterste belang. Die welsyn van die werker, die sekerheid van sy daaglikse brood, is 'n eerste vereiste vir 'n gelukkige land. Die opbouwerk aan die kultuurfront, die bevordering van die kunste, die groter moderne behoefte aan die wetenskap en aan wetenskaplikes, verg die liefde en steun van regeringsweë. My begeerte is om ook hiertoe te mag bydra.
"Niemand is méér bewus as ek van die swaar veranwoordelikheid wat op my skouers geplaas is nie. Die tydsgewrig is ernstig; die roeringe onder die nasies is groot. Die vraagstukke van ons land raak meer ingewikkeld en word vertroebel deur onkunde, inmenging en belangebotsings. Daar is ideale wat om vervulling roep. Wêreldstromings – ekonomies en andersins – moet in ag geneem word. En tog aanvaar ek my taak blymoedig en met vaste geloof. Want ook in ons land word ons voortgedra deur die geweldige sterk stroom van 'n besielde nasionalisme wat ons volk beetgepak het soos byna nooit tevore nie. Daar is kragte wat onoorwinlik is. Hierdie is een daarvan. Solank daardie steun en stukrag – uit die volk gebore – ons bly dra, sal kan, sal moet, verrig word wat Suid-Afrika van ons eis.
"Onderskraag met die seën van die Allerhoogste, en die vertroue van sy volk, kan 'n leier sy beste gee, sy werkkrag, sy geesteskrag, elke oomblik van sy lewe. Dit stel ek ook tot diens van my land, Suid-Afrika."

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1207 gaste aanlyn