NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Solank daar nog hoop is, is dit net 'n lafaard wat moed opgee; hoop is 'n droom wat altyd aanhou al is ons wakker want dit word gebore daar waar mens bo jou eie wanhoop uitstyg.

BETSIE VERWOERD...

... bring nuwe roem oor die naam van die Afrikaanse vrou

Susan du Plessis

Sy was sterk met ’n krag wat verstom en beskaam en besiel het. Sy het ’n onvergeetlike voorbeeld van selfbeheersing en waardigheid gestel. En van bedagsaamheid. Sy, wat bo alle andere behoefte aan troos en bystand moes gehad het, sy het andere getroos en bygestaan. En deur al die smartlike dae heen het sy telkemale na andere omgesien, die hand na andere uitgesteek.

Op 6 September en in die sombere dae wat gevolg het op die moord op dr Verwoerd, het Betsie Verwoerd bo alle andere uitgestyg wat in die woorde van Die Burger, nuwe roem oor die naam van die Afrikanervrou gebring het. So klein van gestalte soos sy is, het die figuur Betsie Verwoerd gegroei totdat dit op die dag van die begrafnis die hele toneel oorheers het.

 

Op 6 September het sy en mev Vorster mekaar die middag, terwyl die Volksraad se klokkies nog gelui het, op die galery wat om die Wandelgang loop, ontmoet - by die deur wat toegang verleen tot die galery waar die bank van die ministersvroue staan.

Hulle sou net na die deur beweeg, toe sien mev. Vorster uit die hoek van haar oog ’n paar manne, wat sy as lede van die Veiligheidspolisie geëien het, deur die Wandelgang hardloop op pad na die hoofingang van die Volksraadsaal. Dadelik het die gedagte by haar opgekom dat iets met dr. Ver­woerd moes gebeur het, anders sou die manne nie die Raadsaal binnegegaan het nie.

By nadere navraag aan die manne was die antwoord: “Dis dr. Verwoerd.” Net dit. Blykbaar het mev. Verwoerd gehoor wat die man aan mev. Vorster gesê het, want sy het opgestaan. Mev. Vorster het haar aan die skouer geneem en gese: “Mevrou, kom ons loop liefs en gaan kyk self wat gebeur het.”

Hulle het by die trap afgestap en deur die voorportaal aan die straatkant van die Wandelgang tot by die kantoor van mnr. Willie Olivier, private sekretaris van dr. Verwoerd.

Net toe hulle daar kom, sleep die polisie en die manne wat hulle gehelp het Tsafendas daar verby na die kantoor van dr. Verwoerd se lyfwag, tussen die kantoor van die Eerste Minister en die van sy private sekretaris.

Toe daag mnr. Olivier ook daar op. Hy het in die Volksraad se bank vir amptenare gesit toe die aanval op dr. Verwoerd plaasgevind het, en het uitgehardloop om ’n geneesheer te ontbied. In die verwarring het dit hom ontgaan dat daar geneeshere onder die Volksraadslede is. Hy het die twee vroue genooi om solank in sy kantoor te gaan sit.

In die kantoor het ’n skinkbord met gebruikte teegoed gestaan. Mev. Vorster het die suikerpot geneem, ’n hoeveelheid suiker in ’n glas water gegooi en aan mev. Verwoerd, wat nog volkome kalm en beheers was, gegee met die woorde: “Mevrou, drink dit. U het dit nodig.”

Mnr. Olivier is intussen weg na die Raadsaal, waar hy vir die eerste maal na die aanslag by dr. Verwoerd uitgekom het en gesien het hoe ernstig sy toestand is.

Voordat hy na sy kantoor kon terugkeer, het dr. Willie Venter, die Volksraadslid vir Kimberley-Suid, daar aangekom. Mev. Verwoerd het haar tot hom gewend.

“Wat het hulle met my man gemaak?” het sy hom gevra.

“Hy is met ’n mes gesteek,” het dr. Venter geantwoord.

“Sal hy lewe?” het sy gevra.

“Ons hoop so,” het dr. Venter geantwoord. “Ons bid almal dat hy sal lewe.”

Net toe het mnr. Olivier teruggekeer. Sonder om sy vermoede dat dr. Verwoerd reeds oorlede is uit te spreek, het hy aan mev. Verêoerd gese: “Mevrou, ek reken u moet asseblief maar dadelik na Doktor kom.”

Sy wou baie graag gaan. “Ek wil graag by hom wees,” het sy gesê. “Ek wil niemand ontrief nie, maar ek wil my man sien.” Herhaaldelik het sy daardie middag die voorbehoud uitgespreek: “As dit niemand sal ontrief nie.”

Dr. Venter en mev. Vorster is saam met haar na die Raadsaal. Daar het nog groot verwarring en ontsteltenis geheers. Die vroue was bewus daarvan sonder om raak te sien presies wat om hulle gebeur. Al hul aandag was op die figuur in die bank van die Eerste Minister toegespits.

Mev. Verwoerd het in die bank agter haar man s’n gaan sit terwyl die geneeshere hul vergeefse pogings voortgesit het. “Ag, hoe vreeslik!” het dr. Nak van der Merwe, wat met die mond-tot-mond-asemhaling besig was, haar hoor sê. Sy het haar gesig met haar hande bedek, maar daar was geen gejammer nie.

Mev. Vorster en dr. Venter het op ’n afstand gebly. Na ’n rukkie het dr. Venter na haar gegaan en gesê dat sy liewer weer saam met hulle moet kom en in dr. Verwoerd se kantoor moet wag.

“Ek wil so graag by hom bly,” het mev. Verwoerd gesê.

“Hy sou verkies dat u nie hier bly nie,” het dr. Venter sag aan haar gesê.

Mev. Verwoerd het opgestaan, dr. Verwoerd se kop tussen haar hande geneem en hom op die voorhoof gesoen.

Toe is sy en mev. Vorster na dr. Verwoerd se kantoor. Toe hulle daar kom, sê sy aan mev. Vorster: “Tini, kom ons bid.”

Sy het aan die Here gesê dat Hy haar vantevore al op die pad gelei het, dat Hy haar man se lewe toe gespaar het en dat sy glo dat dit weer sal gebeur.

Net daarna het dr. Willie Vosloo, die lid vir Brentwood, die kan­toor binnegekom. Hy het haar gevra of hy haar nie ’n kalmeermiddel kan gee nie, maar sy het die aanbod vriendelik van die hand gewys. Nog steeds was sy rustig en beheers. Sy het vertel dat haar man meermale gesê het: As dit moet gebeur, sal dit gebeur; niks kan dit belet nie.

Die volgende wat opgedaag het, was mnr. Koos Potgieter, hoof- sweep van die Nasionale Party. “Mevrou,” het hy aan mev. Verwoerd gesê, “alles is God se beskikking. Ons moet maar daarin berus.” Vir mev. Vorster was dit duidelik dat hy daarmee, sonder om dit in soveel woorde te se, te kenne gegee het dat alles verby is. Maar dit het gelyk of mev. Verwoerd nog hoop het. Of miskien was dit maar net ’n geval van weet, maar nie wil weet nie.

Drie ander ministersvroue het na die kantoor gekom: mew. Nita Muller, Hobbie le Roux en Ellen Uys. In die stadium het mev. Verwoerd gesê dat sy graag met haar kinders wil praat. “Ek wil die nuus aan hulle oordra voordat hulle dit van andere hoor,” het sy gesê.

’n Telefoonoproep is na een van die kinders in die noorde deurgesit. Rustig en kalm het sy met hom gepraat, hom vertel wat ge­beur het en gevra om die ander kinders in Pretoria en Johannesburg te laat weet. Later het sy met haar ander kinders, ook mev. Du Bois, in Duitsland, in verbinding gekom.

Intussen het sy haar sekretaresse, mej. Annatjie Boshoff, wat die middag in Groote Schuur agtergebly het, opgebel. “Jy weet, Anna­tjie sit alleen in Groote Schuur,” het sy gesê. “Sy sal nie weet wat gebeur het nie.” Aan haar het sy oor die telefoon gesê dat sy sterk moet wees en saam met haar moet bid. “Ons glo mos,” het sy haar bemoedig.

Net daarna het die groepie in die kantoor die sirene van die ambulans gehoor, en mev. Verwoerd het gesê dat sy na die hospitaal wil gaan na haar man toe. Weer het sy daaraan toegevoeg: “As dit niemand sal ontrief nie.”

Maar toe wis niemand waarheen die ambulans met dr. Ver­woerd is nie. Mev. Vorster het die bestuurder van dr. Verwoerd se motor gevra om gou na die Volkshospitaal te ry en te kyk of daar iets aan die gang is. “Jy hoef nie af te klim en te vra nie,” het sy gesê. “Jy sal sommer kan sien of iets aan die gang is.”

Na ’n rukkie het hy teruggekom en gesê dat dit doodstil is by die Volkhospitaal. Hulle het besluit dat die ambulans dan na die Groote Schuurhospitaal moes gegaan het, en mew. Verwoerd en Vorster het in die motor geklim om daarheen te ry. Mnr. Brand Fourie, Sekretaris van Buitelandse Sake, het hulle na die motor vergesel en aangebied om saam te ry. Mev. Verwoerd het die aanbod dankbaar aanvaar.

Op pad na die hospitaal was mev. Verwoerd nog altyd doodkalm. In die ry het sy aan mev. Vorster gesê: “Jy weet, oumatjie Stoffberg (eggenote van wyle sen. T. C. Stoffberg) het so dikwels gesê: ‘Die Here sorg vir stopstrate om ons ’n bietjie tot stilstand te laat kom, sodat ons kan dink.’ Hier het ek nou weer by ’n stopstraat uitgekom.”

Weer het sy gesê dat sy “die pad vantevore al geloop het” en nog glo dat dr. Verwoerd weer sal herstel.

By die hospitaal het ’n baie vriendelike vroulike dokter hulle ontmoet en na ’n klein kantoortjie waar ’n aantal verpleegsters gestaan het, gebring. Kort daarna het dr. C. de W. Vivier, adjunk-superintendent van die hospitaal, opgedaag. Hy het die nuus van die aanslag op dr. Verwoerd per telefoon verneem en net daarna uit sy kantoor op die eerste verdieping die motor van die Eerste Minister voor die hospitaal sien stilhou. Hy het die twee vroue na sy kantoor gebring.

Op die trap het hulle ds. H. C. Kinghorn van Malmesbury teengekom, wat die middag toevallig ’n gemeentelid in die hospitaal opgesoek het. Hy was by dr. Vivier in sy kantoor toe die nuus van die sluipmoord deurgekom het. Nog oorstelp van die skok het hy daar op die trap sy hand na mev. Verwoerd uitgesteek. Hy is ds. Kinghorn, sê hy, en hy wens haar sterkte toe.

Vir die soveelste maal daardie middag, en miskien nog treffender as by enige ander geleentheid, het mev. Verwoerd daar op die hospitaaltrap bewys gelewer van haar selfbeheersing en diepe menslikheid, wat deurgaans haar smart oorheers het. Op pad om te ver­neem hoe dit met haar man gesteld is, het sy nog die tyd gevind om vriendelik op te merk:

“0 ja, u was mos my kinders se predikant in Pinelands.” (Elsabet du Bois en haar man het voor hul vertrek na die buiteland in Pine­lands gewoon.)

Mevv. Verwoerd en Vorster het verder gestap na dr. Vivier se kantoor. Ds. Kinghorn is die trap af; maar toe mev. Verwoerd in die kantoor sit, spring mev. Vorster uit en roep ds. Kinghorn terug. “Dominee,” sê sy, “jy moet my nou nie los nie. Doktor is reeds oorlede en Mevrou weet dit nog nie.”

Juis toe kom dr. Vivier, wat intussen gaan navraag doen het, met die nuus dat dr. Verwoerd by sy aankoms in die hospitaal reeds dood was.

Ds. Kinghorn het die kantoor binnegegaan en langs mev. Ver­woerd se stoel gekniel.

“Dominee, wat wil u vir my sê?” het sy gevra.

Sy woorde het moeilik gekom. “Wat dink u wil ek vir u sê?” het hy teruggevra.

“Is hy weg?” het sy aarselend gevra.

Ds. Kinghorn kon net bevestigend knik.

“Die Here maak nooit ’n fout nie,” het mev. Verwoerd gesê.

Net daarna het dr. J. G. Burger, mediese superintendent van die hospitaal, ook opgedaag.

Daar in die kantoor het ds. Kinghorn ’n kort gebed gedoen. Daar­na het hy en dr. Vivier met mew. Verwoerd en Vorster saamgery na Groote Schuur. Op pad daarheen het mev. Verwoerd na die berg gekyk waaroor ’n wolkie aangerol het en aan mev. Vorster gesê: “Doktor het altyd gesê as daar so ’n wolkie oor die berg kom, bring dit ’n doodstyding. Hier kom my doodstyding nou.”

Toe hulle by Groote Schuur kom, was di. J. N. F. O’Kennedy en W. P. de Vos van die gemeente Rondebosch, waarin Groote Schuur val, reeds daar. Rustig en kalm het sy uit die motor gestap en die twee dominees gegroet. In die huis het ds. O’Kennedy weer ’n gebed gedoen.

Ds. Kinghorn het ook met haar gepraat. “Dit is nou nie die tyd om vir mekaar te preek nie,” het hy gesê, “maar ek wil u net daaraan herinner dat op die dag toe Abraham Lincoln vermoor is, iemand gesê het: ‘Alles is wel, God regeer.’ ”

“Dominee,” het sy met stil, vaste stem gese, “dit is my krag en my sterkte.”

Al hoe meer mense het opgedaag: mew. Hobbie le Roux, Joyce Waring, dr. Hilgard Muller en ander ministers.

Iemand het aan die hand gedoen dat reëlings getref word om haar kinders uit Pretoria te laat kom. Vanselfsprekend wou mev. Ver­woerd hulle bitter graag by haar he, maar sy het teen die omstand opgesien. “Ag, laat hulle maar bly,” het sy gesê. “Ons moet tog Pretoria toe gaan. Dan sal ek hulle sien. Moet geen moeite doen nie.”

Maar dr. Muller het min. P. W. Botha opgebel en laasgenoemde het gesorg dat ’n militêre vliegtuig die kinders Kaapstad toe bring.

Intussen het iemand ’n geneesheer uit Kaapstad ontbied om te kyk of hy iets vir mev. Verwoerd kan doen. By sy aankoms daar het die hele groep in die sitkamer gesit. Droefheid was groot op almal se gesigte geskryf en die vroue se oê was betraan. Mev. Verwoerd het rustig en kalm gesit. Sy het die geneesheer vriendelik verwelkom en ’n koppie tee aangebied. Hy het haar gevra of hy haar nie ’n inspuiting of ander kalmeermiddel kan toedien nie, maar sy het geantwoord: “As u nie omgee nie, liefs nie.”

In plaas van iets vir haar te doen, het die geneesheer ’n oorstelpte lid van die personeel ’n inspuiting gegee.

Soos op daardie eerste dag, so het mev. Verwoerd haar die ganse week te midde van stygende bewondering gedra. Haar hoogtepunt het sy bereik op die dag van die begrafnis.

Haar eie begeerte was dat dit ’n private begrafnis moes wees en die Donderdag reeds moes plaasvind. Met die begeerte is vir sover moontlik rekening gehou. Uiteraard moes daar ’n staatsplegtigheid wees, en dit kon nie voor die Saterdag gehou word nie. Die staats­plegtigheid sou egter net tot by die hekke van die begraafplaas strek. Daar sou dit ’n private plegtigheid word, deur die familie self waargeneem.

Daardie Saterdag was mev. Verwoerd “manjifiek”, soos ’n verslaggewer in die Natal Mercury dit gestel het - sowel by die roudiens in die amfiteater van die Uniegebou as by die teraardebestelling self. Ook daar het sy nog woorde van troos en bemoediging tot andere gerig.

“In haar oomblik van leed,” aldus die verslag in die Natal Mer­cury, “het sy aan die volk ’n voorbeeld gestel op ’n wyse waaroor almal wat haar gesien het hulle slegs kon verwonder.

“Suid-Afrika het met geboë hoof gestaan om vaarwel te sê aan een van sy mees geliefde leiers. Betsie Verwoerd het haar hoof hoog gehou en die droewige geleentheid vir ons almal soveel makliker gemaak.”

In ’n verslag in die Cape Times is gesê: “Die stille waardigheid van mev. Betsie Verwoerd was miskien die treffendste van alle huldeblyke wat Saterdag aan die vermoorde Eerste Minister b toon is.”

En die Maandag na die begrafnis het Die Burger sy hoofartikel aan haar gewy.

“Met die gewelddadige einde van dr. Verwoerd se loopbaan as Eerste Minister,” het die blad geskryf, “eindig ook ’n ander: dié van mev. Betsie Verwoerd as premiersvrou.

Die teraardebestelling Saterdag in Pretoria kan beskou word as die skrynende afsluiting van daardie hoofstuk in haar lewe wat sy geskrywe het met ’n onderskeiding wat hand aan hand gegaan het met die wat die staatsmanslewe aan haar sy gekenmerk het. Dit was ’n vroulike onderskeiding wat uiteraard minder opvallend was as die van die man, maar nie daarom minder waardevol vir ons openbare lewe nie.

Die vrou van ’n leier moet selfs in rustige omstandighede haar eie toetse van toereikendheid deurmaak, subtieler en daarom selfs moeiliker as die wat aan die man gestel word. Dr. Verwoerd se premierskap was nie rustig nie. Golwe van haat en bitterheid het daarteen gebreek, en ’n byna geslaagde moordaanslag het dit ’n blywende element van fisieke gevaar gegee ook nadat daardie beproewing te bowe gekom was.

Geen vorige premiersvrou moes so iets deurmaak nie, en nie­mand sou verbaas gewees het as ’n vrou onder so ’n las nie haar beste kon lewer nie. Mev. Verwoerd het dit nogtans gedra asof dit ’n deel was van haar normale pligte, en dapperheid van die hoogste graad ’n doodnatuurlike hoedanigheid vir ’n Afrikanervrou.

Daardeur het sy ’n voorbeeld gestel, kalm en sonder vertoon, wat weldadig deurgewerk het in die lewe van ons land. Trouens, haar diens as premiersvrou was maar net die hoogtepunt van die veel langer pragverhaal van ’n huwelik wat kan dien tot algemene inspirasie. In dr. Verwoerd se studentedae was sy reeds aan sy sy, en deur die lange worsteljare op pad na die opperste leierskap was sy steeds veel meer as die vrou wat sake tuis reg gehou het terwyl hy hom in sy werk gewerp het. Sy was vrou en moeder, ja, maar ook vertroueling en medewerkster wat haar in sy loopbaan ingelewe het met insig en begrip.

In haar bitterste uur gee almal wat hom huldig, eer ook aan haar. Sy het nuwe roem gebring oor die naam van die Afrikaanse vrou.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1731 gaste aanlyn