NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet – daarin is ons slawe – Neh 39:6

JBM HERTZOG

ONS EIE HELDE

Lees reeks by Ons eie helde

Dr JP Botha

Die verhaal van Barry Hertzog

Voordat ek in 'n relaas van my herkoms en vroeë jare begin vertel, wil ek sonder om my eie beuel te blaas en met dankbaarheid in 'n kort aanhaling sê wat een van ons medestryders in die politiek in 'n sekere stadium nadat my volkstaak afgehandel was, van my gesê het:

"Generaal Hertzog se karakter was, in watter opsig ook al, nie vol kinkels en knope nie.  Hy het by uitnemendheid beskik oor die deug van die eenvoud.  Hy was Afrikaner, gebore uit 'n Afrikaanstalige, Christelike huis, net soos sy vrou ook was.  Sy huishouding was in geen opsig anders as dié wat ons as die tradisionele Afrikaanse huishouding ken nie.   Generaal Hertzog en sy vrou was mense met  'n innerlike aangebore waardigheid en dit was die stempel wat op hul huishouding en gesinslewe afgedruk was.  Hy, sowel as sy, het 'n afkeer gehad aan tierlantyntjies en uitspattighede van watter aard ook al.  Hulle was mense wat die draers was van 'n tradisie en dit was hulle s'n by wyse van erfenis en nie omdat dit aangekweek of gekunstel was nie.

Generaal Hertzog was akademikus aan die eenkant en het gestudeer aan twee groot universiteite, dié van Stellenbosch en dié van Leiden waar hy 'n doktorsgraad in die regte behaal het.  Daarby was hy politikus, daartoe gedwing deur die harde noodsaak.  Hy was ook volksman en volksleier, daartoe aangewys deur die noodlot, maar ook deur sy ingebore geestelike aanleg en krag.  Hy  was 'n fynbesnede mens fisies, maar ook geestelik.  Opregtheid was iets natuurliks by hom en valsheid, óf in die politiek óf in enigiets anders, is deur hom verafsku."

Ek was dankbaar om so getipeer te word,  maar gedurende my lewe en werk was dit nie altyd die geval nie.  Maar laat ons voor begin.  Ek, James Barry Munnik Hertzog is op 3 April 1866 te Wellington gebore, as die vyfde seun en agste kind in 'n gesin van sewe broers en vyf susters.  Pa Albertus het later met ons Malmesbury toe getrek en nog later na Kimberley en gedurende 1879 finaal op Jagersfontein gevestig.  My pa het naas 'n paar delwerkleims ook 'n slaghuis bedryf.  My moeder het, afgesien van wat ons in die skole geleer het, vir ons opvoeding gesorg.  Ek het baie gelees, veral geskiedenisboeke.

In 1881 is vier van ons Hertzogbroers, Jacobus, Munnik, Barry en Jan, Stellenbosch toe.  Daar het ek matriek afgelê, toe intermediër en my BA in 1889. Ek het my plan om predikant te word, laat vaar en in die regte begin studeer.  Daarna is ek in Augustus 1889 na Amsterdam.  Daar in die vreemde het ek baie verlang na my liewe ou verloofdetjie, die stil, godsdienstige Jacoba Wilhelmina Neethling van Stellenbosch.  Ek het in Mei 1892 my doktorale eksamen voltooi en is op 12 November tot doktor in die regsgeleerdheid gepromoveer.

Nadat ek in Suid-Afrika terug was, was ek 'n tyd lank by die hooggeregshof in Pretoria werksaam.  Ek en Mynie Neethling is op 9 Oktober 1893 getroud, toe ons lang en geseënde huwelikslewe aangebreek het.  Twee jaar later is ek op 29-jarige leeftyd as regter in die Vrystaat aangestel.

Gedurende die eersvolgende paar jaar het gebeurtenisse en verwikkelinge in ons twee Boererepublieke my belangstelling en aandag al hoe meer vasgevang en bepaal.  Faktore soos my vriendskap met die groot Afrikaner, president Steyn, en gebeurtenisse soos die Jameson-inval in Transvaal in 1896, en oproepe van volksgenote, het my as Afrikaner vasgevang in die verwikkelinge en praktiese politiek van die tyd en toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek, is ek dadelik as regsadviseur by die Vrystaatse burgers aangestel.  Op 17 Junie 1900 is ek tot generaal bevorder.  Ek het in hierdie hoedanigheid die hele oorlog deur in die Vrystaat geveg, onder die besieling en leiding van ons merkwaardige hoofkommandant, generaal Christiaan de Wet.  Om die Engelse magte uit die Vrystaat weg te lok, het ek in Oktober 1900 met 'n kommando die vol Oranje oorgesteek en deurgedring tot aan die Atlantiese kus by Lambertsbaai.

Die latere ellende van die oorlog, die wreedhede, die moorde teen ons vroue en kinders, het my diep ontstel.  My vrou moes die ontberings van die konsentrasiekamp in Port Elizabeth deurmaak.  Ons oudste seun Albert, is vier maande voor die aanvang van die oorlog gebore.  Die genadige en bewarende  hand van die Here het hulle na die oorlog albei lewend aan my teruggegee.

Toe die onvermydelike, noodlottige einde van  die oorlog aanbreek, het ek die twyfelagtige voorreg gesmaak om namens ons afgevaardigdes by Vereeniging en Pretoria, as regsgeleerde saam met generaal Smuts die stukke op te stel waarvolgens ons gewillig was om vrede te sluit.

My hart het vir my diepbeproefde Afrikanervolk gebloei en ek het my voorgeneem om onder die nuwe landsomstandighede na die Vrede van Vereeniging my beste kragte te wy aan die opheffing en herstel van ons verarmde, verslane en verslae volksgenote.  Oud-president Steyn en generaal De Wet was saam met my aan die spits van Afrikaner-gebeure in die Vrystaat na 1902.  Ons stryd het die toekenning van selfregering aan die Vrystaat verhaas.  In 1907 het ek lid geword vir Smithfield in die parlement van die nuwe jong staat.  Met Abraham Fischer as premier, word ek toe Minister van Onderwys en ook Prokureur-Generaal.  Ek het my beywer vir Christelik-nasionale opvoeding (CNO) en vir handhawing van ons Hollandse taal.  Dit het ons vyande al meer en meer ontstel, veral toe ek in 1908 met my onderwyswet vir die Vrystaat die moedertaal van die Afrikanerkind beskerm het.

In Mei 1909 het ek dit nodig gevind om drie skoolinspekteurs te ontslaan.  Daar het 'n hofgeding gevolg waarin ek skuldig bevind is, maar ons Vrystaatse burgers het spontaan soveel geld vir bestryding van die saak ingesamel dat ek die oorblywende fondse beskikbaar gestel het vir 'n letterkundige prys.  So het die Hertzogprys ontstaan.

Ek was in 1909 lid van die Nasionale Konvensie wat die grondwet opgetrek het vir die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika.  Nadat ek daar onwrikbaar vas gestaan het vir my eis dat in die skole van die nuwe staat, moedertaalonderrig toegepas sou word, is dit in die Suid-Afrika-wet ingeskryf tot wrewel van sommige afgevaardigdes wat blykbaar ons Afrikanerkinders wou verengels.  Tydens die samesprekings by die Nasionale Konvensie het ek geleentheid gehad om my toekomstige vriende en vyande te identifiseer.  Die optrede van Louis Botha en Jan Smuts het my toe al laat vermoed dat hulle besig was om van lewensbeskouing en politieke standpunt te verander en dat Afrikanernasionalisme nie meer die dryfveer in hul optredes en uitsprake was nie.  Dit was ook duidelik dat Botha my half teen sy sin in sy eerste kabinet na Uniewording opgeneem het as Minister van Justisie.  Hy was gevoelig vir kritiek van veral die Unioniste, onder aanvoering van Jameson, wat in 1877 die vermetelheid gehad het om Transvaal te gaan annekseer.  Hy en die ander Engelse het gevrees dat ek as lid van die regering daarin gaan slaag om die Afrikaner weer in 'n magsposisie te plaas.  Nou ja, dit is presies waarna ek gestreef het.  Ek wou nie die Engelse verdruk nie.  Ek het aan hulle alles gegun wat ek vir my Afrikanervolk opgeëis het.

Ek het met verloop van tyd al hoe meer ontuis gevoel in hierdie eerste Unieregering.  My kollegas het uit hul pad gegaan om die guns van die Engelssprekendes te wen en so is die regte van Afrikaners verwaarloos.  Die Hollandse taal en kultuur het  gevaar geloop om te gronde te gaan indien daar nie op algehele gelyke regte aangedring word nie.  Gelukkig het ek groot steun van buite die parlement ontvang.  Die beweging Jong Suid-Afrika het in Mei 1911 my in Pretoria gehuldig as "die onverskrokke kampvegter vir die heilige regte van ons moedertaal," en in September 1911 is in Bloemfontein 'n adres aan my oorhandig wat deur 12 000 Vrystaters onderteken is en waarin ek gehuldig word as "die nasionale held by uitnemendheid."

Almal wou hê ek moes 'n nuwe party stig, want Louis Botha het in 1911 verskeie ondersteunende partye saamgesnoer in sy Suid-Afrikaanse Party en toe het hy met sy konsiliasiebeleid met mening voortgegaan om die guns en ondersteuning van die Engelse te wen.  Toe hy in Oktober 1912 vir hierdie doel Natal besoek, het 'n kolonel Byron op Stanger gesê dat ek daarna streef om die Afrikaner oor Suid-Afrika te laat baasspeel.  Ek het toe in 'n vergadering op Nylstroom geantwoord dat dit inderdaad my strewe is en ook om te verhinder dat vreemde fortuinsoekers soos Byron en andere Suid-Afrika se belange langer behartig.  Hulle is nie Afrikaners nie en hoort nie hier nie.  Dit het groot beroering in die kosmopolitiese hoenderhok veroorsaak, want hulle was baie bang om deur Afrikaners oorheers te word.  Die leier van die opposisie, sir Thomas Smartt het gesê dat hy 'n imperialis is en eers daarna 'n Afrikaner.

Die Unioniste en die ondersteuners van Louis Botha was nog besig om aan my uitlatings by Nylstroom te herkou, toe ek op 7 Desember 1912 by De Wildt my "Suid-Afrika Eerste"-toespraak gehou het en waar ek ook gesê het dat Thomas Smartt deur sy uitlating self erken dat hy geen Afrikaner was nie en dat Botha se konsiliasie 'n woord is waarvan ek die betekenis nie ken nie.  Ek het aan niemand iets gedoen waarvoor ek my moet versoen nie.

Oor my neerhalende aanmerkings oor Louis Botha se konsiliasiebeleid, wou hy hê dat ek uit die regering moes bedank, maar ek het geweier.  Botha het daarop op 14 Desember 1912 sy eie bedanking ingedien, maar die goewerneur-generaal het hom nog dieselfde dag versoek om weer 'n nuwe kabinet saam te stel.  Hy het dit gedoen en my naam weggelaat.  So is ek toe uit die regering.

Dit het 'n skokgolf deur ons Afrikanergeledere gestuur en vérreikende gevolge gehad.  'n Paar dae later het Tielman Roos, voorsitter van die beweging Jong Suid-Afrika, in 'n artikel geskryf:  "Generaal Hertzog, onse Afrikaanse taalvechter die bereid is geweest om alles op te offeren voor land, volk en taal, is een man tegen wie de Jingo pers geraasd en geskreeuwd heeft voor jaren, en die vandag opgeofferd is om de Natallers te paai - een slachtoffer op  het altaar van Imperialisme."  Roos en ander het daarna 'n vergadering byeengeroep wat in Prinsepark, Pretoria deur 5 000 Afrikaners bygewoon is.  Die sprekers het die skare vanaf 'n hoë mishoop toegespreek en generaal De Wet wat ook een van die sprekers was, het gesê hy bevind hom liewers op 'n mishoop onder sy volk, as op 'n skitterende verhoog onder vreemdelinge.

Die tyd was in Julie 1914 ryp vir die stigting van die Nasionale Party, wat in Bloemfontein plaasgevind het.  Nou kon ek Louis Botha en sy SAP-party se konsiliasie- of versoeningsbeleid langs  party-politieke weë aanval.  Ek het gesê hy is 'n papbroek wat voortdurend na die pype van die opposisie dans.  Hy laat oogluikend toe dat die regte van die Afrikaner vertrap word.  Hy het nie die moed om 'n standpunt wat hy privaat onderskryf in die openbaar te stel nie.  Hy is nie langer 'n nasionalis nie, maar het 'n aanhanger van die imperialisme en jingoïsme geword, "en dat is voldoende reden waarom hy niet langer op het kussen behoort te zitten."

Ek het my nog steeds vir die herstel van Afrikaner-onafhanklikheid beywer.  Nadat my groot strydmakker hierin, president Steyn, in 1916 oorlede is, is ek ondersteun deur jong, bekwame manne soos NC Havenga en DF Malan.  In 1919 is ek met 'n vryheidsdeputasie na Europa om oor die herstel van ons Boererepublieke se vryheid te onderhandel.  Dit was tevergeefs.

Generaal Louis Botha is in 1919 oorlede en generaal Smuts het in sy plek die regering as Eerste Minister oorgeneem.  Ons het vanaf hierdie datum nog harder gewerk om die Nasionale Party as 'n kragtige instrument uit te bou waarmee ons die swak regering van Smuts wou verslaan.  Voor die 1920-verkiesing is ek en DF Malan in Johannesburg met tamaties gegooi en is ons motor deur die gepeupel aan die brand gesteek.  Maar ons het volhard en na die verkiesing het ons al sterk gestaan.  Daarna het ek met kolonel Creswell, leier van die Arbeidersparty 'n pakt-ooreenkoms gesluit, sodat ons Smuts in 1924 verslaan het.  Ek het Eerste Minister geword en gedurende die jare 1924 tot 1933 geleentheid gehad om die dinge wat ek graag vir my volk tot stand wou bring, te verwesenlik.

Die aard van my regeringstydperk as premier van Suid-Afrika word in die geskied-skrywing as volg getipeer:  "Hertzog het oor karaktertrekke beskik wat hom laat uitstaan as een van die grootste Suid-Afrikaanse staatsmanne van die twintigste eeu.  Hy was iemand met 'n sterk sin vir geregtigheid. As  Afrikaner het hy steeds die belange van sy volk voorop gestel, maar hy het nooit die belange van die ander bevolkingsgroepe uit die oog verloor nie.  Hy was iemand met 'n diepe pligsbesef wat nooit teruggedeins het om te doen wat hy geglo het reg was nie - ongeag politieke wenslikheid, ongeag persoonlike gewildheid.  So het hy by tye nie geaarsel om vir die regte van die Engelssprekendes in die bresse te tree nie.  Hy was onkreukbaar eerlik en opreg en het elke vorm van agterbaksheid verfoei.  Hierdie karaktertrek het ook meegebring dat hy soms ontaktvolle uitlatings gemaak het.  Hy was ten slotte iemand wat onversetlik was in die koers wat hy ingeslaan het.  Sommige het hom van hardkoppigheid beskuldig.  Andere het hom as 'n outokraat bestempel.  Hy het egter nooit teruggedeins van dit  wat hy as sy plig beskou het nie.  Hy het gewik en geweeg, en as hy eenmaal besluit het, onwrikbaar by sy standpunt gebly."

Ek aanvaar dat my Afrikanervolk hierdie uitspraak van die historici oor my onderskryf, wat my tot groot dankbaarheid stem.  My oorwinning as hoofleier van die jong Nasionale Party in 1924 by die stembus, het my eweneens tot dankbaarheid gestem in die wete dat die Afrikanervolk in sy ontwaking weer 'n krag geword het wat doelbewus op pad was na sy eindbestemming en waarmee sy vyande noodgedwonge in die toekoms sou moes rekening hou.

Ek kon nou met volle aandag daarna streef om ons land weer volkome onafhanklik te maak.  Die eerste tree daarheen is in 1926 geneem met my leidende aandeel aan die Imperiale Konferensie, waar die Balfour-verklaring uitgereik is wat die onderhorigheid van die verskillende gebiede aan die Britse kroon beëindig het.  Dit is verder opgevolg met die Statuut van Westminster wat die laaste verbintenisse met Brittanje verwyder het.  Ek het met verdere wetgewing deur ons eie parlement, soos die Statuswet van 1934, die Unie-parlement geheel en al losgemaak van die Engelse parlement.

Binne- en buitelands was daar noodsaaklike dinge waarna my regerring moes  omsien.  Ons het in 1927 'n Departement Buitelandse Sake in die lewe geroep en twee jaar later gesantskappe in Den Haag, Washington en Rome ingestel.  Ons het 'n eie burgerskap vir die Unie ingestel en na 'n vlagstryd in 1927 'n eie landsvlag gehys.

Maar daar was 'n landsprobleem wat besig was om stadig maar seker kommerwekkende afmetings aan te neem, naamlik die snelle getalsvermeerdering van die swart stamme in gebiede reg oor ons land.  Om latere algehele verswelging van ons blankes te verhoed, was daar vir my net een werkbare oplossing, naamlik segregasie of  algehele gebiedskeiding ten einde vreedsame naasbestaan te verseker.  Ek kon egter hierdie saak nie met die nodige wetgewing deurgevoer kry voor 1936 nie.  Die parlement het toe my wetsontwerp oor Naturelletrust en -grond goedgekeur,  waarna ons dadelik begin het met die aankoop van grond vir die swartes.  Maar die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het die proses vertraag, sodat dit na my tyd in 1956 eers voltooi is.

In 1924 het ek 'n beleid van "Beskaafde Arbeid" ingevoer wat verseker het dat nywerhede en staatsinstellings voorkeur moes gee by werkverskaffing aan verarmde, werklose blankes.  Duisende van my geteisterde volksgenote het deur hierdie maatreëls weer 'n nuwe heenkome gevind.  My regering het ook uit die staanspoor besondere aandag geskenk aan die ekonomiese ontwikkeling van ons land deur die landboubedryf en die nywerheidsontwikkeling te bevorder.  Die nuwe fabrieke wat opgerig is, het werk aan 'n groot aantal armblankes verskaf.  Ons het 'n yster- en staalnywerheid met die stigting van Yskor in 1928 gevestig wat enorm gegroei het en vir die nywerheidsontwikkeling van Suid-Afrika van die allergrootste betekenis is.

Die Afrikanervolk het in 1929 soveel vertroue in ons regering gehad dat ons by die algemene verkiesing van dié jaar weer aan bewind gestel is met 78 setels teenoor 61 van die SA Party.  Daarna het ernstige probleme ons land begin teister, waarvan die groot depressie van die jare 1930 tot 1933 en die kwaai droogte van 1932 tot 33 die land se ekonomie erg  afgetakel het en aan ons regering hoofbrekens besorg het.  Engeland het skielik in 1931 van die goudstandaard afgestap en geld het die land uitgestroom.  Na baie sterk druk uit alle rigtings het ons besluit om dieselfde te doen.  Die goudprys het toe weer begin styg, goudaandele het geklim en geld het uit die buiteland na Suid-Afrika teruggestroom.

Intussen het die idee van 'n koalisieregering, wat dan in staat sou wees om die land se groeiende probleme op te los, almal se verbeelding aangegryp.  Smuts het dit ook in 1933 in die parlement voorgestel.  Alhoewel ek die idee eers verwerp het, het ek daaraan gedink dat ons moontlik deur samewerking in staat sou wees om  die land se haglike ekonomiese toestand die hoof te bied en dat ons Nasionale Party by die volgende verkiesing moontlik nie weer die paal gaan haal nie.  Na oorweging het ek besluit dat dit die aangewese weg was waarlangs ek verder in staat gestel kon word om diens aan my volk te verrig, wat nie die geval sou wees indien ek in die opposisiebanke moes sit nie.  Dit het toe tot die sluiting van 'n koalisieregering tussen my en Smuts se partye aanleiding gegee, wat die volgende jaar op samesmelting uitgeloop het.

Ons was nou die Verenigde Party, wat natuurlik deur die grootste deel van my Afrikaner-volksgenote en Smuts se Engelse volgelinge ondersteun is.  Maar daar was 'n groep van ons mense wat nie hiermee wou saamgaan nie en onder leiding van doktor DF Malan weggebreek het as die "Gesuiwerde Nasionale Party."  Ek het as premier van ons nuwe regering voortgegaan en generaal Smuts het adjunk-premier geword.

Ek weet ek het met hierdie stap in my politieke lewe 'n fout begaan en dat baie van die kritiek wat gedurende die jare 1934 tot 1939 op my van Afrikanerkant gereën het, geregverdig was en dat ek uit die aard van die saak die Engelse deel van ons land se bevolking meer as tevore ter wille moes wees, maar ek troos myself met die wete dat ek gedurende hierdie ses jaar nie gebuig het voor die towerstaf van Britse liberalisme en imperialisme, soos dit die geval met Smuts en ander was nie.  Daarom het ek in September 1939, toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek, op grond van die feit dat ons 'n volkome onafhanklike land is, die parlement versoek om te besluit dat ons in die komende Europese stryd neutraal sou bly, maar Smuts wat my teengestaan het, het met 80 stemme teen 67 gewen.  Die Verenigde Party het in twee geskeur.  Ek het dieselfde aand die Goewerneur-generaal versoek om die volksraad te ontbind en 'n verkiesing uit te skryf.  Hy het geweier en daarop het ek as Eerste Minister bedank.  Sir Patrick Duncan het toe vir Smuts gevra om 'n kabinet saam te stel waaraan hy voldoen het en my as Eerste Minister opgevolg het.

Smuts het nie gras onder sy voete laat groei nie en dadelik saam met Engeland teen Duitsland tot die oorlog toegetree.  Net soos in 1915 is Suid-Afrika 'n tweede keer in 'n uitputtende oorlog gedompel wat geheel en al onnodig was.

Skielik het die Engelse in Suid-Afrika, wie se regte ek gedurende al die jare van my bewind gehandhaaf het, my as hulle vyand ontdek en begin slegmaak, terwyl Afrikanerleiers soos dr Malan my weer verseker het van hul algehele ondersteuning op die donker pad vorentoe.  Ons het 'n paar dae na hierdie parlementêre krisis in duisendtalle op Monumentkoppie saamgestroom waar ek en hy die volk toegespreek het.  Daarna het ons saam ernstig begin besin om weer politieke eenheid onder ons Afrikanervolk te bewerkstellig, wat uiteindelik plaasgevind het met die stigting van die Herenigde Nasionale of Volksparty.  Maar ek was aan die einde van die samesprekings wat daartoe gelei het, nie meer daarby betrokke nie, want ons kon oor baie punte wat bespreek is nie eenstemmigheid bereik nie.  Daarom het ek besluit om my aan die openbare lewe te onttrek en rustig op my plaas Waterval te gaan woon.

Soos in my jong dae het ek nou weer geleentheid gehad om my in leeswerk en studie te verdiep, maar die vernedering wat die Smutsseksie my aangedoen het, het soms bly knaag.  Ek onthou dat ek 'n paar dae voor ek Kaap toe sou afreis vir die spesiale sitting van die parlement en oorlogswolke in Europa aan die opstapel was, my seun Charles op Waterval aan my gesê het:  "Vader, ek sê vir Vader, generaal Smuts gaan ons verneuk."  Ek het toe geantwoord:  "Nee Charles, ek ken vir generaal Smuts.  Hy sal by my staan."  En nou het ek baie tyd gehad om daaraan te dink dat ek hom na al die jare werklik nog nie geken het nie, want 'n jaar vantevore het ek 'n stuk opgestel oor neutraliteit in geval van oorlog, wat deur hom goedgekeur is en ek kon dus nie dink dat hy my op die keper in die steek sou laat nie.

Ek moet erken dat ek by tye eenkant gestoot gevoel het, maar dan het ek besef dat die almagtige God my van voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog af, deur al die jare heen gebruik het om 'n unieke taak op ons Afrikaanse volksakker te verrig, en dat ten spyte van terugslae op hierdie pad, groot sukses en seën nie uitgebly het nie.  Dit het my gemoed rustig gestem in die wete dat my taak afgehandel was en in vertroue dat Hy, wat oor die lotgevalle van nasies besluit, altyd 'n voorganger vir hierdie Boerevolk op die pad van Suid-Afrika sal voorsien.

Genl Hertzog se vrou Mynie is op 4 April 1942 oorlede.  Hy het in September 1942 'n operasie in Pretoria ondergaan, maar daarna het sy gesondheid bly kwyn tot hy Saterdagoggend, 21 November 1942 op 76-jarige ouderdom gesterf het.  Baie mense het die eenvoudige begrafnis op 24 November aan die voet van die Gousberg op sy plaas Waterval bygewoon, waar hy in die familiekerkhof langs sy vrou begrawe is.

Intussen was Smuts besig om Suid-Afrika meedoënloos in te slinger in die chaos en vlamme van die groot wêreldoorlog, terwyl die Afrikanervolk in sy verwarring tevergeefs na uitkoms gesmag het.  Maar die Here sou hulle nie in die steek laat nie.



Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 35305 gaste aanlyn