Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Want die HERE sal aan sy volk reg doen en medelye hê met sy knegte – Ps 135:14
RENTE ‘N SONDE?
Dr Pieter Swart
Psalm 15:
Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here?
... hy wat sy geld nie op rente uitleen nie.
Daar word beweer dat hierdie voorskrif, soos baie ander voorskrifte in die Ou Testament, nie meer geldig is nie. Of dan dat dit bloot na die ideale persoon verwys.
Tog vind mens dieselfde verbod in Esegiël 5:8:
...hy sal nie op rente uitleen nie en nie woekerwins vat nie.
Geld is ‘n ruilmiddel en indien geld self gebruik word om geld te maak, in teenstelling met geld wat verdien is deur werk, word geld uit niks gemaak nie.
Die persoon wat rente vra het dus nie daarvoor gewerk nie. Dit word dus ten koste van iemand anders gemaak.
When asked: ‘What is to be said of making profit by ursury?’ Cato replied: ‘What is to be said of making profit by murder?’
Cicero (44 vC)
AS monarg het St Edward, die laaste Saksiese koning van Engeland, almal wat rente gevra het verban. Diegene wat agtergebly het se huise is gekonfiskeer en hulle is as “outlaws” geklassifiseer. In sy tyd was Engeland gelukkig en ‘n ryk land.
Pous Innocent IV (1200 – 1254) het die volgende daaroor gesê:
“Ursury is generally prohibited because if it were allowed all types of evils would exult. It is clear that practically every evil follows from ursury”.
Wat ookal by die aanvanklike bedrag wat uitgeleen word, gevoeg word, is woekery (urusy), al gee mense voor dit is nie die geval nie.
In 1234 het pous Gregory IX die Decretales uitgevaardig wat gelas het dat almal wat geld uitgeleen het verban en hulle testamente tot niet verklaar moes word as hulle nie berou toon nie.
Thomas Nashe skryf in 1593 in Christ’s Tears over Jerusalem:
Ursury cries to the children in the streets. ‘All you that will take up money or commodities as your land or possibilities so as to banquiet, riot and be drunk, came unto us and you shall be furnished; for gain we will help to damn both your souls and our own.’
George Downame het gesê dat diegene wat woekery bedryf ‘live in idleness... seeking gain by trade of sin, even as the common thief’.
George Wither het in 1613 in Abuses Stript and Whipt geskryf dat ‘ursury’ van die duiwel self is. En verder:
“There is no shame for rich men in these times. For wealth will never to cover any crimes.”
Albert Bones skryf in sy Commentary as John na aanleiding van die gebeure waar Jesus die geldwisselaars uit die tempel met ‘n sweep verjaag (Johannes 2:15 en Matt 21:12-13):
“We see here how strong is the law of gain – the passion of mankind. Not even the sacredmen of the temple... deterred them from the traffic. So wicked men will always turn religion if possible, into gain.”
Vir sowat 1500 jaar het die kerk geen kompromieë oor die voorskrifte in die Bybel geduld nie. Maar soos Michael Hoffman dit stel in Ursury: The Sin that was and now is not:
“Sinse then it has, in certain respects, cut a deal with the spirit of the world and the god of this world.”
Hoe is dit moontlik dat wat eens as diefstal beskou is, nou nie meer, volgens dieselfde Bybelse riglyn, diefstal is nie. Hoe ernstig is dit nie om ‘n duidelike verbod deur God ingestel, te relativeer nie?
Watter ander uitdruklike verbiedings mag dan ook deur ‘n proses van geleidelikheid of relativering verander word? Die Tien Gebooie?
Die skuld hiervoor moet natuurlik primêr voor die deur van die kerkleiers gelê word. Die gewone Christen se skuld is minder, maar soos Hoffman dit stel:
“The laity are only culpable in so far as they submitted to the revolutionary charges, due to their exaggerated and inordinate concefit of ‘obedience’ to the hierarcy”.
Hierdie gehoorsaamheid het gemaak dat die gewone Christen vergeet het van Johannes 14:15, naamlik om Jesus so lief te hê dat hy die integriteit van die Evangelie sal bewaar!
Die skuld vir hierdie verskuiwing lê natuurlik in die eerste plek voor die deur van die Rooms Katolieke Kerk. Maar soos al genoem is, het Protestantse kerkleiers hulle nagevolg.
Ja, dit is voorwaar ‘n onderwerp wat verdere bespreking verg. In ‘n volgende artikel sal verder na die saak gekyk word.