Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Voel jy swak teen al die aanslae van die mense en gebeure rondom jou? Gee jouself aan die lewende Christus oor en versterk jouself met sy Heilige Gees. Dan sal jy sy beskerming ondervind teen alles wat jou lewe kan skaad en aftakel. Leef sy vergifnis prakties uit, dan kan niks wat enigiemand sê jou permanent verwond nie. Onthou, liefde en vergiffenis is die geheim om alle wonde te genees.
WOEKERY: VERDERE BETOOG
Dr Pieter Swart
Woekery is in effek ‘n oorlog wat teen die individue en teen die mense van ‘n land gevoer word. Die hef van rente deur banke op geld wat hulle uit niks geskep het nie deur bloot ‘n bankinskrywing te maak, verplig die lener om na daardie geld te gaan “soek” in die “vryer markte”.
Baie Christene sal vandag geskok wees as hulle moet hoor dat hulle ‘n heilige oorlog moet voer teen sonde of vyande van ons geloof. Waarom is hulle nie geskok oor die oorlog wat die woekeraars teen ons voer nie?
Om rente op ‘n lening te hef maak almal vreemdelinge van mekaar, soos vandag die geval is en wat Thomas Hobbes genoem het Bellum omnium contra omnes, of te wel, ‘n oorlog van almal teen almal.
Die gelykenis van die talente in Lukas 19:12-24 is al deur baie teoloë verkeerd geïnterpreteer, selfs ten gunste van die hef van rente! Word egter gekyk na die reaksie van die slaaf wat een muntstuk ontvang het, dan is die gelykenis nie so onduidelik soos wat sommige wil voorgee nie.
Daardie slaaf het aan sy heer gesê dat hy geweet het hy is ‘n harde man en daarom die muntstuk in ‘n veilige plek gebêre het. Hy was bang vir sy heer.
“U eis op wat u nie belê het nie en oes wat u nie gesaai het nie.”
Die heer se antwoord aan hom is baie belangrik:
“In jou eie woorde sal ek jou veroordeel. Jy is ‘n slegte slaaf.
As jy geweet het ek is ‘n harde man wat opeis wat ek nie belê het nie, en oes wat ek nie gesaai het nie, waarom het jy dan nie my geld in die bank gesit nie? Dan sou ek dit by my terugkoms minstens met rente kon getrek het.
Die man verkies om sy heer aan te val en so agter sy luiheid te skuil. Die gelykenis beveel nie woekery aan nie maar dui daarop hoe jy gevange gehou kan word deur jou eie denke. Die kern van die gedeelte is dat die slaaf homself veroordeel (“In jou eie woorde sal ek jou veroordeel”). Die slaaf beskuldig eintlik sy meester daarvan dat hy ‘n dief is (“U eis op wat u nie belê het nie en oes wat u nie gesaai het nie”). As die slaaf van ‘n dief, moes hy dan mos eerder die geld rente laat verdien het. Die slaaf is lui en lieg en verloën sy eie optrede en maak beskuldigings. As dit dan waar is wat hy oor sy meester gesê het, moes hy mos sommer rente ook op die geld gekry het, en kon hy nog ‘n beskuldiging maak dat sy meester ‘n woekeraar is.
Wat Jesus dus deur hierdie gelykenis doen is om woekery as diefstal te bestempel. Dit volgens die uitleg wat die Geneva Bible Notes van 1599 daaraan gee. As duidelike Bybelse voorskrifte dan verontagsaam word is 2 Thessalonisense 2:11-12 van toepassing:
Dit is ook waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgee, sodat hulle die leuens sal glo.
En sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die ongeregtigheid verkies het, veroordeel word.
Soos Michael Hoffman dit in sy reeds gemelde boek stel:
Most would be appalled by a whorehouse in their midst, but live placidly among the banks and the houses of thievery which rob the people of their future through parasitic gain.
Die liefde vir geld is inderdaad die wortel van alle kwaad. Want uit hierdie liefde spruit die ander kwaad voort.
In die New International Version van die Bybel word die Woord van God soos volg verdraai:
He does not lend at ursury or take excessive interest
(Esegiël 18:8)
In die ‘33/’53-vertaling lees dit:
as iemand... nie leen op *rente en geen *woeker neem nie; sy hand terughou
van onreg... hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE.
Dit is sulke verdraaiings van die Woord van God wat deur kerklui daargestel is. Sg “Vertalers.”
Woekery en rente is een en dieselfde ding – dit is diefstal. Dit skep geld uit niks. Maar vandag het selfs die woordeboeke die teoloë nagepraat en word woekery (ursury) as die hef van uitermatige rente beskou ipv geen rente. Wie besluit dis uitermatig?
Wanneer het die Here hierdie verbod afgewater?
WOEKERY: VERDERE BETOOG (96)