NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

Ouderdom maak jou of slim of dom.  As jy slim is, weet jy hoe om reg oud te word.  As jy dom is, sien jy die ouderdom as ‘n straf.

APOKRIEWE BOEKE

WAT IS APOKRIEWE BOEKE EN WAAROM HET DIT ONSTAAN?

Op hierdie webblad het ons al gepraat oor die apokriewe boeke van die Bybel. Nou gaan ons meer breedvoerig daaroor gesels omdat talle mense nie weet wat dit is, waar dit vandaan kom en hoe om hierdie geskrifte te plaas nie. Daarby is dit 'n baie interessante onderwerp wat veral Christene sal verryk as hulle die boeke self lees.

Die betekenis van die woord 'apokrief' wat natuurlik 'n Griekse woord is, is 'om iets weg te steek." Dit beteken nie noodwendig om iets fisies te verberg nie maar eerder dat hierdie boeke nie bedoel was vir almal om te lees nie, moontlik net vir 'n klein groepie gelowiges wat die amper verborge waarhede daarin sou raaksien en verstaan. Heel moontlik is dit ook fisies weggehou van diegene wat tot verkeerde gevolgtrekkinge hieruit sou raak – veral die Nuwe-Testamentiese apokriewe blyk in hierdie kategorie te val.

Maar laat ons eers kyk na wat apokriewe eintlik is en waar dit vandaan kom.
Die heel eerste Christene het net soos ons vandag, ook lus gehad om te skryf en daar is talle verhale geskryf met 'n Christelike boodskap, briewe van bemoediging aan mekaar, en dokumentasie ter uitruil van inligting. Tesame met die Bybel het ons dus 'n redelike oorsig oor boeke wat in daardie tyd geskryf is alhoewel die apokriewe skrywers nie op dieselfde vlak as die Bybelskrywers gestel kan word nie. Martin Luther het gesê: "Die Skrif alleen!", menende slegs die Bybel is die Boek van God wat as gesaghebbend beskou en volkome geglo moet word, maar dit beteken nie dat ons nie die ander boeke mag lees nie; ons kan daaruit 'n beter begrip vorm van waarmee die eerste apostels en die vroeë kerkvaders te doen gekry het en selfs die Bybel beter verstaan hieruit. Maar dit is nie deel van die Bybel nie en ons mag dit nie so beskou nie. Dit mag nie as mededinging vir die idees van die Bybelboeke verstaan word nie; ons moet dit slegs lees om die mense in die Bybelse tyd beter te verstaan, asook ons plek as Christene hier op aarde, wat hieruit vir ons duideliker word in perspektief met die Bybel.

Ons moet ook onderskeid tref tussen apokriewe van die Ou Testament, en apokriewe van die Nuwe Testament omdat dit op totaal verskillende wyses tot stand gekom het.

Hoe die Ou Testamentiese apokriewe tot stand gekom het
Sonder om in te veel besonderhede in te gaan kan ons die bestaande Ou Testament se 39 boeke wat natuurlik eers in Hebreeus geskryf is, in drie kategorieë plaas naamlik die wet, die profete, en die geskrifte.

Die Wet
Hier is vyf boeke naamlik Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuternonomium. Hierdie boeke is teen ongeveer 450 vC as gesaghebbend aanvaar.

Die Profete
Dit sluit in boeke soos Josua,Rigters, Jesaja, Jeremia, Hosea, Joël en Amos. Hierdie boeke is teen ongeveer 200 vC as gesaghebbend aanvaar.

Die Geskrifte
Dit is boeke soos Psalms, Spreuke, Job, Prediker, Daniël en Ester. Hierdie boeke is teen ongeveer 100 nC as gesaghebbend aanvaar.

Baie mense het egter ná die ballingskap van Jode buite Palestina gebly en hulle kon later nie meer Hebreeus verstaan nie. Daarom is daar in die derde eeu begin om die Hebreeuse Bybel in Grieks te vertaal, 'n boek wat genoem is die Septuagint. Natuurlik het daar ook baie verskille ontstaan tydens die vertaling, en so ook 'n hele klomp byvoegings van boeke wat nie in die Hebreeuse Bybel bestaan nie.

Latyn het later egter al belangriker in die kerk geword en Latynse vertalings het die lig gesien. Hieronimus is die man wat toe die Ou Testament vertaal het en hy het eers na 'n hele ruk besef dat hy eerder die Hebreeuse Bybel moet gebruik en nie die Septuagint nie. Nog het die Rooms-Katolieke Kerk by die Sinode van Trente beveel dat die ekstra Ou Testamentiese boeke wat nie deel van die Hebreeuse Bybel was nie ook gesagvol aanvaar word. Om hulle saak te versterk het hulle die terme gebruik:
Proto-kanoniek ("eerste aanvaar as gesagvol");
Deutero-kanoniek ("tweede aanvaar as gesagvol").

Martin Luther en die ander Hervormers het egter nie hieroor saamgestem nie en het net die 39 boeke in die Hebreeuse Bybel as gesaghebbend erken. Daarom het hulle die ekstra boeke 'apokriewe' (verskuild) genoem.

In die Nederlandse Geloofsbelydenis verskyn hierdie lys van apokriewe boeke alhoewel hulle dus vir die Protestante slegs inligtingswaarde maar geen goddelike gesag het nie:
Esra 3 & 4
Tobit
Judit
Die Wysheid van Salomo
Die Wysheid van Ben Sirag
Barug
Toevoegings tot Ester
Toevoegings tot Daniël
Gebed van Manasse
Makkabeërs 1 & 2

Hoe die Nuwe Testamentiese apokriewe tot stand gekom het
Dit het in totaal ander omstandighede as die Ou Testamentiese apokriewe tot stand gekom. Christen-skrywers het nie sommer dadelik geweet dat net die 27 boeke wat ons nou in ons Nuwe Testament het, die gesaghebbende boeke van die Bybel sou word nie en daar is 'n hele klomp geskryf, maar uiteindelik is daar op 'n natuurlike wyse deur Christene self onderskeid getref tussen wat gesagvol is en wat nie. Baie van hierdie boeke is ook heelwat later geskryf as die Nuwe Testament soos ons dit ken, en bevat duidelike verbeeldingsvlugte van die latere skrywers, maar selfs vandag is daar sommige geleerdes wat verskil oor waarom sekere boeke as Nuwe Testamentiese apokriewe beskou word alhoewel die meeste eenstemmig hieroor is.
Baie van die Nuwe Testamentiese apokriewe is nie volledig beskikbaar nie.

'n Lys van die Nuwe Testamentiese apokriewe:
EVANGELIES
Die Evangelie van Ebioniete
Die Evangelie van die Hebreërs
Die Evangelie van Nikodemus
Die Evangelie van Petrus
Die Kindheidsevangelie van Tomas
Die Proto-Evangelie van Jakobus
Die Evangelie van Maria
Die Evangelie van Filippus
Die Evangelie van Tomas

HANDELINGE
Die Handelinge van Andreas
Die Handlinge van Johannes
Die Handelinge van Paulus
Die Handelinge van Filippus
Die Handelinge van Petrus
Die Handelinge van Tomas

BRIEWE
Die Abgarlegende
Die Briefwisseling tussen Paulus en Seneka
Pseudo-Titus
Paulus se Brief aan die Laodisense
Derde Brief aan die Korinthiërs

OPENBARINGS
Die Openbaring van Petrus
Die Openbaring van Paulus
Die Openbaring van Tomas

Behalwe die apokriewe boeke is daar ook baie ander briewe en dokumente wat deur Christene in die eerste eeue geskryf is om inligting met mekaar uit te ruil. Veral van die belangrike kerkvaders het destyds hierdie briewe geskryf en word daarom genoem die Apostoliese Vaders. Hulle is gelys as:

Klemens 1 & 2
Ignatius
Polikarpus
Die Didagé
Barnabas
Die Pastor van Hermas
Die Martelaarskap van Polikarpus
Die Brief aan Diognetus

Ons moenie hierdie boeke as geskiedkundig korrek beskou nie maar dit leer ons baie van gebeure en oor gelowiges se denkwyses in daardie tyd.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1450 gaste aanlyn