Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons wil almal tog so graag 'n goeie selfbeeld hê sodat ons goeie verhoudinge kan handhaaf en sommer oor die algemeen meer selfvertroue kan hê om meer produktief te wees. Maar min mense weet egter hoe om by daardie punt in sy lewe te kom. Die enigste antwoord is om realistiese selfkennis op Godskennis te bou. En dít kan ons wel regkry wanneer ons ons oë op Christus gevestig hou. Daar is geen ander standhoudende fondament nie.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (7)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
NAG, MATEWIS
Arme Matewis. In hierdie verhoogstuk rig hy nie veel uit nie. Alhoewel hy die stoere, koppige eggenoot is, kom daar nie veel sukses uit sy loopbaan nie. Uiteindelik verdwyn hy in 'n stofwolk en is daar nie meer nie. Soos die Bybel sê, sy plek ken hom nie meer nie.
Hierdie tragiese verhaal laat my dink aan 'n ander tragiese verhaal van 'n generaal wat sê sy soldate is te bang om te veg, toe gaan hy maar onderhandel . Nag Matewis! Kom ons kyk hoe vorder die onderhandelinge.
Die generaal en sy meelopers gaan sit toe saam met die kommuniste in die regering van "nasionale eenheid" sodat hy naby hulle kan wees, om goed te kan onderhandel. Maar, die ge-onderhandel laat my sommer dink aan 'n koddige voorval op 'n sypaadjie in Pretoria, 'n klompie jare gelede. Dit was die sypaadjie in Bosmanstraat, reg onderkant 'n bekende toringblok waarin kantore gehuisves was.
Hier skuins nadat die koerant klaar gelees was, hoor die klerkie 'n doenigheid in die straat onder sy venster. Hy loer uit. Jou werklikwaar, na al die geploeg deur die modder in reëntyd, het die munisipaliteit begin om plaveistene op die sypaadjie te lê. Dit is 'n stap in die regte rigting.
Teetyd. Ons klerkie loer weer oor die vensterbank. Die plaveisel het reeds 'n goeie paar meter gevorder in die rigting van die stasie. Hy maak 'n skatting en kom tot die gevolgtrekking dat, as die span teen hierdie pas vorder, hulie teen sluitingstyd by die hoek van die gebou verby behoort te wees. Hy hou hulle gretig dop, kyk na sy horlosie en meet met die oog.
Kort na middagete gebeur 'n snaakse ding. Nog 'n werkspan daag op . Maar hulle kom nie help bou nie. Hulle begin om die plaveistene wat pas met sorg gelê is, op te tel en op 'n vragmotor te laai. So vinnig as die voorste ouens lê, so vinnig vorder die optelwerk.
Ons klerkie kyk na die lêers. Hy kyk na die optellers. Hulle sien mekaar blykbaar nie raak nie. Dit lê en tel op, lê en tel op. Elke span het 'n opdrag en hy voer dit met mening uit. Die twee voormanne is ewe min bekommerd. Elkeen doen maar net sy werk.
Toe die helfte van die plaveistene reeds weer terug op die vragmotor is en ons klerkie se senuwees op en sy naels afgekou is, kry hy 'n plan. Hy skakel die stadsklerk. En wat sal almal uitvind? Span B het wel 'n optel-opdrag ontvang; hulle het egter net 'n ou foutjie met die adres gemaak.
Ek kyk na die onderhandelende generaal en ek kyk na sy resultate. “Onderhandel” sê hy. "Dit is die enigste oplossing. Die Afrikanervolk het nie die wil en die moed om sy vryheid met dwang te vat nie."
Maar terwyl die generaal voor met sy 9 uit 400 lede in die kommunistiese parlement "onderhandel", breek die kommuniste die plaveisel agter hom op. Die opbrekery vorder duidelik vinniger as die lêery.
Judi sit op die kant van die bed. Sy is vanaand in 'n filosofiese bui. Sy begin soek na resultate op die onderhandelinge van die generaals. Sy kry niks! Sy ontdek die teenoorgestelde.
Terwyl die generaals in die kussings sit, verskyn die witskrif oor die Hop. Dit is 'n saak van vat en gee. Jy vat van A en gee vir B. Wat is 'n 5% ekstra belasting tog nou vir mense wat reeds die swaarste in die wêreld belas word? Die generaal sê goed, hulle sal die Hop maar ondersteun. Hoekom, sal hulle nog moet verduidelik. Glo strategie!
Terwyl die generaals onderhandel, verskyn die witskrif oor die onderwys: 'n dokument wat gerig is op die algehele vernietiging van Christelikvolkseie onderwys, onderwysstandaarde, moedertaalonderwys, eie volksgeskiedenis en eie skole vir ons eie kinders. Die generaals is tevrede. Hulle dien dan saam in die parlement van nasionale eenheid wat hierdie beleid maak.
Terwyl die generaals in die kussings sit, styg munisipale rekeninge vir blankes tot oor die dak. Hulle krag word summier afgesny, terwyl hulle swart bure toi-toi en steeds weier om selfs die "flat rates" te betaal. Maar krag het hulle.
Terwyl die generaals nog steeds onderhandel en treur oor die lafhartige Boere, neem die civics die stadsrade oor en verskyn swart burgemeesters in tradisioneel blanke gebiede. Blankes verloor totaal die seggenskap oor hulle eie sake. Trouens, die generaal se mense gee die seggenskap sommer pasella weg. Ai, die dapper generaals tog!
Terwyl die generaal en sy agt kollegas in die parlement sit, soos hulle glo dringend ingestem moes word, verloor die Boerevolk sy taalregte op die radio, televisie, in sy skole en waar nie nog nie!
Nee, die dapper onderhandelings vorder goed. Net jammer van hierdie opbrekers wat hulle vinnig van agter af begin inhaal. Voor die pylvak gaan die opbrekers hulle verbysteek. Dit gaan 'n groot dilemma veroorsaak.
In een of ander tydskrif was daar enkele jare gelede die tekenverhaaltjie van die generaal wat niks meer van sy hoofkantoor verneem het nie. Hy het gelukkig nog 'n maer luitenant en 'n oorgewig, vraatsugtige sersant gehad wat geluister het. Snaaks, nou het die verhaaltjie verdwyn. Die generaal het ook verdwyn. Ek wonder hoekom!
Nag Meraai!