Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hemelse Heer, dankie dat ek kan hoop omdat ek in U glo. Dankie dat die vlam van hoop helder brand in my ongeag my uiterlike omstandighede omdat ek met groot sekerheid kan staatmaak op u liefde en elke belofte in u Woord. Dankie dat U self my hoop is.
ONS VOLK HET HULP NODIG (2)
Dr H.F. Verwoerd as Welsynsbeplanner
Lees reeks by Dr Verwoerd as Welsynsbeplanner
HOOF VAN DIE NUWE DEPARTEMENT
Na ’n skitterende akademiese loopbaan word dr. Hendrik Verwoerd in 1926 aan sy alma mater, die Universiteit van Stellenbosch, as lektor in die Departement van Sielkunde aangestel. In 1928, na ’n tydperk van studie in Europa en die Verenigde State, is hy op 26-jarige leeftyd tot professor in Toegepaste Sielkunde en Psigotegniek bevorder en in 1932 is hy gevra om die nuwe professoraat in Sosiologie en Maatskaplike Werk aan die Universiteit te aanvaar. Hierdie betrekkings het hy bly beklee totdat hy in Desember 1936 die Universiteit verlaat het om die eerste hoofredakteur van Die Transvaler te word.
Die nuwe departement het onder hom sterk ontwikkel.
Vanaf die staanspoor is aangevoel dat die hoof, sy assistente en studente bewus was van die feit dat hulle nie net studeerkamer-akademici kan wees nie, maar ook dat ’n dure verpligting op hulle rus. Juis met hulle vakkundige kennis moes hulle aandag gee aan die aktuele vraagstukke op die gebied van die maatskaplike sorg in ons land.Hoe die jong professor sy taak as dosent en sy departement se bydrae aan die universiteit gesien het, is duidelik uit die openingrede wat hy in 1929 aan die begin van die akademiese jaar gelewer het. By die geleentheid het hy gepraat oor Die Universiteit en die Lewe. Toe hy dertig jaar later weer die openingsrede hou, het hy sy toespraak van destyds soos volg opgesom:
“Die grondgedagte wat ek toe verkondig het, was dat die universiteit met sy kloosteroorsprong, sy afgesonderdheid van die daaglikse lewe, nie meer in die moderne tyd dieselfde rol beklee nie. As in die universiteit die student nie nader gebring word aan dit wat dwarsdeur sy lewe vir hom belangrik is nie, dan het die moderne universiteit gefaal in sy plig; maar ek het toe juis beklemtoon dat die universiteit wel so geword het.”
Die universiteit moet die student vir ’n beroep voorberei:
“ ‘n Beroep beteken veel meer as ’n middel om vir eie belange te sorg. Dit skep in die eerste plek die geleentheid om vir iemand anders iets te doen, en op die ou end om vir jou volk iets te doen, al kan elke mens maar een steentjie lê in die muur wat gebou word deur die generasie waarvan jy deel is. Daarom het ek toe beklemtoon dat voorbereiding vir ’n beroep, wat die universiteit se een verband met die lewe van die student is, tegelykertyd ook die verband vorm van die universiteit met die volk en die volk se groei. Sodoende sou dit nie net ’n voorbereiding vir die selfsug wees nie, maar ’n voorbereiding vir die offerdaad.”
Voorts beklemtoon hy dat die universiteit die liggaam by uitstek in die gemeenskap is wat nie net moet sorg vir die weergawe van kennis nie, maar ook vir die uitbreiding daarvan. Die universiteit besef dat hy nie net teoretiese kennis moet soek nie, maar ook wat vir die gemeenskap tot nut is. Verder is die vorming van die studente self van die grootste belang, omdat hulle die leiers van die toekoms is.
“Dus (en ek het geëindig met hierdie woorde as ek reg onthou): as ’n universiteit in ’n volk se lewe groot is, dan word die hele volk groot. Die maatstaf van die sukses van die universiteit, is die sukses van die hele volk in wie se lewe hy sy rol speel. As die universiteit nie kan slaag om groots te dink, groot te wees en groot manne te vorm nie; as die universiteit nie diep wortel skiet in die bodem van die eie volk nie; as hy nie eiesoortig soos sy eie volksgemeenskap dit is, kan wees nie - dan sal van daardie volk ook niks kan word nie.”
Die Nuwe Departement
As hoof van die nuwe Departement van Sosiologie en Maatskaplike Werk het dr. Verwoerd ’n goeie fondament gelê en die taak vir die wat hom sou opvolg, makliker gemaak.
Die huidige twee Departemente van Sosiologie en Maatskaplike
Werk spog vandag met besonder omvattende versamelings van boeke en vaktydskrifte. Dat dit so is, is onder andere te danke aan die deeglike aanvoorwerk van die eerste hoof. Goed ’n twintigtal van die tydskrifte dateer selfs vanuit die twintigerjare en is almal destyds deur dr. Verwoerd aangekoop.
Vanuit die staanspoor het dr. Verwoerd ’n leidende aandeel geneem op verskeie terreine van welsynswerk in Kaapland en die res van die Unie. Gedurig is hy deur welsynsinstansies geraadpleeg en sy weldeurdagte advies is altyd hoog gewaardeer. Hy was ook, ten spyte van ’n baie vol program, steeds gewillig om as spreker by kleiner en groter byeenkomste van welsynsinstansies op te tree. Verskeie liggame het hom verder genader om in hulle besture te dien. So was hy onder andere ondervoorsitter van die Proefbeamptevereniging van die Westelike Provinsie en direkteur van die Utiliteitsmaatskappy van die Stedelike Behuisingsbond. As direkteur van laasgenoemde liggaam het dr. Verwoerd veral ’n belangrike aandeel gehad nie net om te voorkom dat hierdie maatskappy die Octavia Hill-behuisingsbestuurders van Engeland invoer nie, maar ook om ’n gewone welsynsafdeling te begin en maatskaplike werkers aan te stel, wat in Suid-Afrika opgelei is. Gerugsteun deur veral mev. Zerilda Steyn, het hy die ander direkteure van die Maatskappy oortuig dat dit vir ons land ’n verstandiger beleid sou wees.
Van tyd tot tyd het dr. Verwoerd waardevolle getuienis voor verskillende kommissies afgelê, soos onder andere voor die Provinsiale Kommissie van Ondersoek insake Liefdadigheid van 1932, die Werkloosheidskommissie van 1933 en die Kleurlingkommissie van 1936. Onder die memoranda wat in hierdie tyd opgestel is en bewaar gebly het, vind ons die volgende:
Voorstelle in Verband met Armoede en Werkloosheid te Stellenbosch;
Behuisingstoestande van Blankes te Stellenbosch; en Memorandum voorgelê aan die Kommissie van Ondersoek insake Maatskaplike Toestande in die George/Knysna/Tsitsikamma Streke.
Verskeie ander belangrike ondersoeke is ook onder leiding van dr. Verwoerd deur sy nagraadse studente gedoen. Twee hiervan het veral destyds die aandag getrek en die bevindinge het as basis gedien in verband met beleidsbepaling en -verandering deur die betrokke instansies.
Die een ondersoek het gegaan oor die destydse “armkoshuise” in Kaapland. Vir die ondersoek is finansiële steun van die Provinsiale Administrasie ontvang. Hierdie koshuise was in daardie jare as gevolg van ongunstige verslae, onder andere van ’n senior amptenaar van die destydse Departement van Volksgesondheid, onder die soeklig. Die omvattende ondersoek wat ’n M.A.-student, naamlik mej. Anna Robinson, in 1934-1935 onder dr. Verwoerd se leiding aangepak het, was broodnodig.[1] Vir die Provinsiale Administrasie moes die verslag, sowel as die 38 aanbevelings, ’n belangrike dokument gewees het vir beplanning vorentoe. Heel treffend, ook vir die huidige tyd, lees die paragraaf waarmee die laaste hoofstuk afsluit:
“Die hele ondersoek, en bogenoemde aanbevelings, lei tot een duidelike gevolgtrekking naamlik dat die tyd aangebreek het dat die koshuise moet beskou word as opvoedingsinrigtings en nie blote losieshuise nie. Hulle moontlikhede as sulks moet deur die betrokke outoriteite besef en verwerklik word. As dit nie gedoen word nie, teen ’n betreklik gesproke geringe uitgawe, word die bestaande taamlik groot uitgawe aan die koshuisstelsel in hoofsaak verkwis.”
Die tweede ondersoek wat hier gemeld moet word, gaan oor die werk van die Kaapstadse Onderstandsraad (Cape Town Board of Aid). Twee studente, naamlik mejj. Erika V. Perold en H. J. L. Verwoerd (’n suster), het onder leiding van dr. Verwoerd navorsingswerk gedoen, wat hulle later as skripsies ingedien het ter verkryging van die M.A.-graad. Mej. Perold se tesis is ook in Engels vertaal, blykbaar ter wille van lede van die Onderstandsraad, van wie verskeie Engelstalig was. Oor hierdie deurtastende navorsingswerk skryf The Cape Times op 28 Junie 1934 in ’n inleidingsartikel soos volg:
“The reproach has long been heard against charitable bodies in the Union that the relief which they have administered in money or food has been dispensed with a deplorable lack of scientific method. . . . The Board of Aid has not been free of such criticism. Nothing, therefore, could be more valuable than the report of a minute investigation into the working of that Board, of which we published a summary yesterday, upon its presentation to a special meeting of the Board. The initiative for the investigation is to be warmly commended, and the Board of Aid is to be congratulated upon having the services of Miss Erika Perold who is primarily responsible for the work, and of Dr. H. F. Verwoerd and his students of the Department of Sociology at Stellenbosch, who gave her unstinted voluntary assistance. What was imperatively needed was not a hurried analysis of the administration of the Board, but a detailed and expert investigation into the nature of the past work accomplished and of its effects, as far as facts and figures can convey them, upon the individuals and families assisted. The investigators, therefore, worked continuously for ten months last year examining the history of 1,251 ‘cases’, some individuals, others families, who had been in receipt of relief, and their conclusions are of the highest possible importance, not only to the Board itself but to the general public.”
Welsynbeplanning
Vanuit die staanspoor het dr. Verwoerd aandag gegee aan welsynbeplanning en het hy metodes ondersoek en met voorstelle gekom om welsynswerk doeltreffender te koördineer en op ’n meer wetenskaplike basis te plaas. In Die Burger van 22 September 1932 verskyn ’n berig - oor twee kolomme geplaas - met onder andere die volgende opskrifte:
Liefdadigheidswerk nie Wetenskaplik nie;
Universitêre Plan aanbeveel; en
Sentralisasie van Inligting en Grondige Ondersoek.
In die berig wat dan volg, word gemeld dat dr. Verwoerd ’n plan aan die Administrates se Kommissie van Ondersoek insake Liefdadigheid in Kaapstad voorgelê het, waarin hy aan die hand doen dat die werk van sentralisasie van inligting en wetenskaplike ondersoek deur ’n instituut vir sosiologiese navorsing onder toesig van sy departement, in Kaapstad gedoen word. Die betrokke dokument wat negentien foliobladsye beslaan, is in Engels geskryf en is getitel: The Situation with Regard to Social Work and Poor Relief in Cape Town from the Sociological Point of View.
Dr. Verwoerd begin die memorandum met die volgende inleidende paragraaf:
“The discussion in the following memorandum leads to a definite constructive proposal. For the sake of clarity two separate lines or arguments are followed. In the first instance the situation existing in Cape Town and vicinity (as we see it) is described in order to emphasize weaknesses and possible improvements. Secondly a very brief description is given of methods or organisation and resulting conditions in the United States. The proposals made . . . are based on a careful consideration of the presented findings.”
In die eerste afdeling (The Conditions existing in Cape Town) verklaar hy onder andere:
“The type of charitable work at present carried out is one of mere relief and the alleviation of misery. The material wants are chiefly provided for. There are very few systematic and purposeful attempts at real social rehabilitation.”
Hierdie stellings word dan gestaaf deur illustrasies. In die eerste deel maak hy ook die volgende verklarings:
“Charitable enterprise in Cape Town has chiefly aimed at actual relief to the exclusion of the ultimate aims of real charity - rehabilitation and prevention.”
“For the development of rehabilitation and preventive work research in family case work by some separate body, and the training of social workers is necessary. Provision for the systematic undertaking of general social research is desirable in Cape Town.”
“Co-operation and co-ordination between all charitable enterprises, large and small, should be organised including a central information bureau not existing on a voluntary basis.”
In die tweede deel van die memorandum, wat gaan oor The Organisation of Charity in the U.S.A., kom dr. Verwoerd tot die volgende gevolgtrekkings:
“The fundamental deduction is that when developing a system to obtain co-ordination of activities emphasis must not be laid on administrative reorganisation but on obtaining a medium for investigation, supervision and counsel.”
“The co-ordination of charity on the broadest plane, i.e. throughout the country and both public and private, is of great importance for the value of all local reorganisation and improvement of method. No change need be made in the system of administration but either a board of investigators or some other organisation with powers of investigation and supervision of all types of charitable enterprise throughout the country is necessary.”
“The fundamental point one can deduce from the U.S. situation with regard to local co-ordination of public welfare bodies seems not to be administrative centralisation in the city but just as in the case of co-ordination in the state: the institution of some form of centralised supervision, planning and investigation of the social work in the city and vicinity.”
In die laaste deel van die memorandum word die voordele van hierdie skema, wat Die Burger ook uitvoerig in sy beriggewing vermeld en in ’n inleidingsartikel op 21 September 1932 as ’n “belangwekkende memorandum” beskryf, uiteengesit. Uit ’n Afrikaanse opsomming wat destyds gemaak is, word die voorgestelde skema en die voordele vervolgens volledig aangehaal. Die onkoste daaraan verbonde, wat met die grootste noukeurigheid uitgewerk is, word egter weggelaat.
Die Skema
“a) Aan die Universiteit van Stellenbosch bestaan op die oomblik ’n Afdeling vir Sosiologie, waarvan die tweede- en derdejaar B.A.-studente een dag per week dwarsdeur die akademiese jaar praktiese sosiale werk moet doen as deel van hulle opleiding, en MA.- en D.Phil.-studente sosiologiese navorsing. Die normale toestand sal waarskynlik wees dat ongeveer 25 tweedejaarstudente, 15 derdejaarstudente, 3-6 M.A.-studente en oor ’n paar jaar 1-3 D.Phil.-studente vir sosiale werk en navorsing jaarliks beskikbaar sal wees.
“b) Die instelling van ’n Instituut vir Sosiologiese Navorsing in Kaapstad onder die Afdeling vir Sosiologie van die Universiteit van Stellenbosch met die doel om die werk te verrig . .. ,sou beteken dat die werkkrag van hierdie studente plus die van die dosente in Sosiologie plus waar wenslik die medewerking vir ondersoekingswerk van studente en dosente in Sielkunde en Ekonomie aan die Universiteit sou verkry word.
“c) i) Die organisasie van die Instituut sou beteken ’n kantoor in Kaapstad waarheen elke vereniging weekliks, of op geskikter tydperke, net die name en adresse stuur van persone deur hom gedurende dié tydperk gehelp. Sodra enige liggaam met ’n nuwe geval in aanraking kom, kan dit by die Instituut navraag doen of die geval op die oomblik deur ’n ander liggaam gehelp word, of dat dit in die verlede al gehelp was. As laasgenoemde die geval is, word een van die tweedejaarstudente gestuur na die liggaam of liggame wat al in die verlede informasie omtrent die betrokke geval versamel het om ’n uittreksel uit die leers te maak vir die vereniging wat navraag doen. M.a.w. die bydrae van die verenigings tot die verkryging van ’n metode tot algemene gebruik van beskikbare informasie en ’n vermyding van duplikasie van werk is net die gereelde instuur van name en adresse van persone gehelp - en as ’n vereniging selfs hiermee in gebreke bly kan dit deur ’n student persoonlik genader word om die informasie. Wanneer dit self egter informasie nodig het wat verkrygbaar is, sorg die Instituut daarvoor.
“ii) Sodra dit blyk uit bogenoemde informasie of andersins dat ’n probleemfamilie met ’n komplekse probleem voorkom waarmee verskillende liggame moet werk, dan word ’n derdejaarstudent aangestel om die geval deeglik te ondersoek en tree die Instituut in verbinding met die betrokke liggaam.
“iii) Algemene maatskaplike probleme wat deur enige belanghebbende liggaam onder die aandag van die Instituut gebring word vir ondersoeking of raad, word deur die dosente met behulp van M.A.- of D.Phil.-studente aangepak.
Voordele van die Voorstel
“1) ’n Medium tot sentralisering van informasie en koördinasie van werksaamhede, en tot navorsing van sosiologiese probleme word ingestel.
“2) Die beste kans vir sukses van sentralisering van informasie word so geskep, want dit is nie net afhanklik van die verenigings nie, dog ’n minimum van administrasiewerk word van hulle verwag, en selfs wanneer dit agterweë bly, is daar persone wat die informasie kan aanwerf.
“3) Geen super-organisasie word geskep wat volkome beheer uitoefen oor die diverse liefdadigheidsorganisasies om koördinasie te bewerk nie waardeur ’n gevaar vir meganisasie sou ontstaan. So iets sou private inisiatief in liefdadigheid bedreig. In plaas hiervan word ’n Instituut opgerig wat deur versameling van informasie en navorsing medewerking aan bestaande liefdadigheidsinstellings verleen en langs die weg koördinasie bewerkstellig waar dit nodig is. Die bestaande liggame beoog hulpverlening aan en behandeling van verdienstelikes, wat ’n navorsingsinstituut weer nie kan doen nie deurdat dit ondersoekend en raadgewend is. Daar ontstaan dus geen ingryping in die werksaamhede van bestaande liggame nie. So ’n voorgestelde Instituut is m.a.w. die mees simpatieke weg om koördinasie en samewerking te verkry sonder gevaar vir meganisering.
“4) Die geleenthede vir die deeglike praktiese sosiologiese opleiding van toekomstige predikante en sosiale werkers, waarby alle liefdadigheidsondernemings belang het, word sodoende geskep.
“5) As die Instituut reg ontwikkel, d.w.s. hom aanpas by die Kaapse toestande en tegelykertyd ’n diens lewer soortgelyk aan die van dergelike Institute van Universiteite in die Verenigde State, kan ’n voorbeeld ontwikkel word vir koördinasie van liefdadigheid in ander sentra van die land, en kan navorsingswerk gedoen word met die doel om te sien hoe liefdadigheidswerk oor die land kan georganiseer en gekoördineer word.
“6) Die onkoste verbonde is minstens een vyfde van wat dit sal wees as ’n organisasie apart van die Universiteit dieselfde werk sou moet verrig met behulp van volbetaalde opgeleide werkkragte in plaas van met in hoofsaak onbetaalde studentehulp en die vrywillige beheer deur die hoof van die Sosiologiese Afdeling van die Universiteit.”
Skema vir die Organisasie van Welsynswerk
Bogenoemde was egter maar net ’n voorloper van voorstelle in verband met welsynsbeplanning en koördinasie wat van hierdie oorspronklike denker gekom het. ’n Jaar daarna word deur horn ’n verslag (in albei landstale) aan die Provinsiale Finansieskommissie voorgelê. Die verslag is getitel: Skema vir Organisasie van Welvaartswerk in die Land (Plan for the Organisation of Social Work throughout the Union). Die verslag begin deur as Uitgangspunt (Fundamental Principles) die volgende agt beginsels neer te lê:
“1. Dat die liefdadigheidswerk van die verlede in ons land in hoofsaak blote noodleniging was, onsistematies en ondoeltreffend;
“2. Dat dergelike werk in die toekoms op deskundige wyse moet onderneem word - veral met die oog op die opheffing van onnatuurlike afhanklikes. (Dit bring mee die koördinasie van alle bestaande werkkragte, voortdurende ondersoek, die ontwikkeling van doeltreffende voorbehoed- en behandelingsmetodes en ’n sentrale beleid);
“3. Dat so ’n deskundige diens en leiding beide op die platteland en in die stad nodig is;
“4. Dat privaat inisiatief nie die diens sal kan skep nie maar dat ’n staatsorganisasie nodig is om die voile waarde te laat put uit die kragte nou deur publieke en privaat liggame in die verband bestee;
“5. Dat ’n vorm van te verregaande staatsinmenging wat die private ondernemingsgees kan smoor en die ontwikkelde verenigings sal verswak, moet vermy word ten gunste van ’n vorm van staatsinmenging wat private onderneming lei;
“6. Dat ’n algemene bestuursherorganisasie met die oog op die ontwikkeling van ’n Uniale Departement van Publieke Welvaart, wat sy funksie ontleen aan dergelike werksaamhede van bestaande synsliggame sou geskied deur bemiddeling van twee liggame,
Uniale Departemente en Provinciale Administrasies, vandag prakties onmoontlik is;
“7. Dat met die oog op die organisasie hier ter sprake welvaart- werk nie in die breedste sin moet opgeneem word nie, maar in die engere sin van bekamping van armoede en afhanklikheid;
“8. Dat prakties uitvoerbaar is ’n centralisasie van ondersoek, raadgewing, leiding en beleid met decentralisasie van administrasie.”
Daarna word ’n Staatsdiens vir Maatskaplike Werkers voorgestel met ’n uitvoerige aangawe in verband met die finansiele, administratiewe e.d. aspekte. Hierdie skema, in ’n effens gewysigde vorm, bepleit dr. Verwoerd weer by die Volkskongres in 1934.
Dit is interessant dat dr. Verwoerd, na aanleiding van punt 6 hierbo, nog nie op hierdie stadium die instelling van ’n Uniale Departement van Volkswelsyn as prakties uitvoerbaar beskou het nie. In hierdie memorandum word ook nog aanbeveel dat die hele skema vir die organisasie van die welsynswerk in die land provinsiaal beheer moet word. Hy besef egter die noodsaaklikheid van landswye koördinasie en stel verder voor:
“Vir die koördinasie van die welvaartswerksaamhede van die verskillende Unie-Regeringsdepartemente en van die Provinciale Administrasie kan ’n Komitee van Hoof Amptenare benoem word wat die liggame verteenwoordig.”
“Vir die versameling en vergelyking van gegewens . . . versamel in die verskillende Provinsies en van die gegewens beskikbaar by elkeen van die Unie-departemente wat welvaartswerk doen, behoort ’n Uniale Navorsingsburo (Een Hoof) onder die Minister van Onderwys en Volksgesondheid te ontstaan. (Vergelyk die Onderwysburo.)”
Konsep-ordonnansie vir Liefdadigheid
In 1935-1936 het die Kaaplandse Provinsiale Administrasie ’n konsep-ordonnansie oorweeg, getitel Konsep-Ordonnansie om Maatskaplike Liefdadigheidswerk in Munisipaliteite, Afdelingsrade of ander Plaaslike Bestuursgebiede in die Kaap-Provinsie te koördineer. Hierdie konsep-ordonnansie het sy oorsprong gehad by ’n Kaapstadse Burgermeesterskomitee. Dr. Verwoerd het ’n belangrike bydrae gelewer in verband met die opstel van die konsepordonnansie. Sy hand kan dan ook baie duidelik daarin gesien word. Die hoofgedagtes was dat die koordinasie van wel- synsbygawe sou geskied deur bemiddeling van twee liggame naamlik ’n Federale Raad van Maatskaplike Welsynsorganisasies en ’n Raad vir Maatskaplike Diens. Laasgenoemde liggaam sou bestaan uit ’n klein groepie deskundiges en een van sy belangrikste take sou wees die instelling van ’n Sentrale Ondersoekburo wat veel meer om die lyf sou hê as wat later by ons bekend was as die Sentrale Gevalleregister. Met hierdie planne het dit egter nooit verder gekom as die konsepstadium nie, omdat, toe die Departement van Volkswelsyn in 1937 gestig is, die beginsel aanvaar is dat alle staatswelsynswerk deur hierdie departement behartig sou word.
Tydskrif vir Maatskaplike Werk
In 1935-1936 het dr. Verwoerd begin met die beplanning van ’n tydskrif vir maatskaplike werk wat in beide landstale in aparte uitgawes sou verskyn. Net die Engelse kopie van die memorandum van sewe bladsye wat hy in albei tale opgestel het, was later beskikbaar. In hierdie memorandum, getitel Memorandum on the Need and Possibilities of Commencing a Journal of Social Service, wys dr. Verwoerd eers hoe die aard en die omvang van welsynwerk verander het en gaan dan verder om die behoefte, juis op die tydstip, van so ’n publikasie te motiveer. In die verband noem hy drie redes, naamlik:
“The first reason for the commencement of such a journal is, therefore: the awakening interest in real social service must be fed, social workers guided and a medium for the interchange of experiences and results made available.
“The second reason for founding the journal is: the availability of much information from overseas and from investigations carried out in this country which is at present only at the disposal of very few, but could fructify the social work throughout the country. The educative value of such a publication would be very great.
“The third reason for the founding of the journal would be: to obtain an independent non-political means of publication which would be able to make propaganda for a solution of the problems of Poverty and Dependency . . .
Elkeen van hierdie redes word uitvoerig bespreek. Onder die subhoof, The Character of the Journal, verklaar hy vervolgens:
“It must be non-political, and non-denominational, and non- racial. For the latter reason it is suggested to issue separately an English and an Afrikaans edition with the same contents. The journal must appeal to the ordinary intelligent person interested in the social field, and not be a scientific publication for the specialist only. In fact, if it is to exert any influence on the course of social work in the country by being both educative and propagandist, it must be able to obtain a circulation amongst the rank and file of social workers and even beyond this sphere.”
Voorts bespreek hy die inhoud van die voorgestelde tydskrif en dui aan wat elke uitgawe behoort te bevat. Die wenke in verband met die aard en inhoud van die tydskrif kan nog steeds met voordeel nagevolg word:
“1. A number of articles on phases of social life and social service.
“2. Descriptions of actual cases of dependency, unemployment, delinquency, etc. with information on the treatment and degree of success.
“3. News in connection with social legislation, methods of work, institutions, and organizations, the activities of men and women engaged in social service, etc.
”4. Short synopses and reviews of literature published overseas to assist readers to keep in touch with what is happening in connection with similar problems overseas.
“5. Illustrations which give a graphic representation of social conditions.”
Die laaste deel van die memorandum gaan oor die moontlike intekenaars en die finansiering van die blad - alles haarfyn uitgewerk.
Hierdie tydskrif het egter weens die vertrek van dr. Verwoerd van Stellenbosch nooit die lig gesien nie. Toe sy ou departement dertig jaar later met ’n tydskrif vir maatskaplike werk begin het, was hierdie memorandum nog steeds ’n waardevolle dokument om te raadpleeg. Interessant is dit ook dat dit intussen - danksy onder andere die goeie bouwerk van dr. Verwoerd as staatsman - nie meer nodig was om aparte Afrikaanse en Engelse uitgawes te publiseer nie. ’n Tweetalige tydskrif, Maatskaplike Werk/Social Work, is later ruimskoots deur albei taalgroepe ondersteun.
Die Opleiding van Maatskaplike Werkers
Dr. Verwoerd het as hoof van die Departement van Sosiologie en Maatskaplike Werk baie gou aansien verwerf as outoriteit wat die opleiding en opleidingsbehoeftes van maatskaplike werkers betref. Die B.A.- en die Diploma-kursusse in die Maatskaplike Werk (en nie in die Sosiale Wetenskappe nie) wat hy aan die Universiteit ingestel het, was, gesien die karige hulpkragte en die afwesigheid van organisasies waar die studente geskikte praktiese ervaring kon opdoen wat enigsins by die akademiese opleiding sou aansluit, van die beste wat in die omstandighede aangebied kon word. Daarbenewens het sy studente die unieke ervaring gehad om aan die voete van ’n buitengewone leermeester te sit. Sy oud-studente praat later nog met bewondering van die inspirasie wat van sy klasse uitgegaan het, die inhoudrykheid van sy lesings en die wonderlike logiese aanbieding van die materiaal.
Wat verder ook die jong studente beïndruk het, was hulle professor se fenomenale geheue. Nooit het hy aantekeninge voor hom gehad nie. Dit was in die dae toe lesings nog gedikteer is - ’n proses wat maar baie vervelig vir dosente en studente kon wees. Maar in dr. Verwoerd se klasse was dit anders. Een van sy oudstudente, ds. Charles Hopkins, sê hieroor:4
“Met sy kenmerkende flinke stap het die professor die saal binnegekom en nog voordat hy agter die kateder was, die laaste punt van sy vorige lesing herhaal en dadelik begin dikteer. Meesterlik het hy daarin geslaag om vir ons die volle lesuur aantekeninge te laat afneem sonder dat dit ons verveel of vermoei het. Dit was sy gebruik om elke sin tweekeer oor te sê, en ofskoon dit vinnig gegaan het, kon die student wat vaardig met die pen was, die hele lesing feitlik letterlik neerskryf.”
Alhoewel dr. Verwoerd sonder aantekeninge klas toe gekom het, het hy hom besonder deeglik vir sy klasse voorberei. Sy eggenote het in haar besit ’n paar stelle voorlesings, netjies getik op 10x15-sentimeterpapier. Hierdie aantekeninge het hy voor klasse gewoonlik vlugtig deurgegaan. Sy openbare lesings, hoewel deeglik beplan en deurdink, het hy egter selde op skrif gestel. Gevolglik het ons uit hierdie periode van sy lewe net twee referate wat hy vir publikasiedoeleindes volledig moes uitskryf. Die een was sy rede by the Volkskongres in 1934, wat in die volgende aflewering bespreek sal word. Die ander was sy lesing by die Nasionale Konferensie oor Maatskaplike Werk, gereël deur die destydse Buro van Opvoedkundige en Maatskaplike Navorsing van die Unie- onderwysdepartement, wat te Johannesburg in September- Oktober 1936 gehou is. Sy onderwerp was Maatskaplike Werkers in Suid-Afrika en hulle Opleiding.
Hierdie referaat het by die konferensie besondere indruk gemaak en is later dikwels na verwys wanneer by byeenkomste oor die opleiding van maatskaplike werkers gepraat is. Ook vandag nog word dit nie bloot as ’n historiese stuk in die ontwikkeling van die opleiding van maatskaplike werkers in ons land beskou nie, maar word soms die vraag gevra of sekere voorstelle van dr. Verwoerd, in ’n effens gewysigde vorm om by die veranderende tye aan te pas, nie beproef kan word nie. Alhoewel genoemde referaat in sy geheel as bylaag A in hierdie publikasie opgeneem word, word die hoofgedagtes kortliks hier saamgevat.
In die referaat wys dr. Verwoerd eerstens op die behoefte aan opgeleide maatskaplike werkers, alhoewel hy die waarde en belangrikheid van die vrywillige werker beklemtoon.
Tweedens vra hy watter soort opleiding verlang word. Hy waarsku daarteen dat in Suid-Afrika geen spesialiste gekweek moet word nie. In daardie tyd is die universiteite deur sekere welsynsinstansies genader om, volgens die Britse patroon, studente vir spesifieke welsynswerk op te lei alvorens hulle generies goed onderlê is. Hy sê hieroor: “Die aantal werkkringe is in Suid-Afrika nog so gering dat niemand aan die begin van haar (of sy) kursus kan vooruitsien in presies watter rigting van maatskaplike diens sy (hy) later werksaam sal wees nie. Dit maak die opleiding nie makliker nie, maar stel die eise juis hoër. Die opgeleide persoon moet hier so ’n breë fondament van kennis opdoen, dat hy bevoeg sal wees om hom in enige spesiale rigting in te werk. Dit is te meer waar omdat van so ’n persoon leiding en navorsingswerk verwag word deur die organisasies wat hom (haar) aanstel. Die maatskaplike werker is, in elk geval, vir eers nie by ons ’n ondergeskikte wat werk onder ’n ander opgeleide persoon nie, maar is ’n persoon wat al dadelik as deskundige geld.”
Verder word teen korttermynopleiding gewaarsku, want “geen jong maatskaplike werksters mag deur vakansie-kursusse gevorm word nie”. Dr. Verwoerd spreek hom ook sterk ten gunste daarvan uit dat die opleiding aan universiteite moet plaasvind:
“Dit kan nie sterk genoeg beklemtoon word nie dat die opleidingseise aan die begin van hierdie nuwe professie redelik hoog gestel moet word en dat ’n driejarige universitêre opleiding die minste is. Mettertyd sal die eise eerder moet styg as daal. Hierin sal net die voorbeeld van die onderwysersberoep gevolg word. As afgewyk word van hoë eise sal die beroep van maatskaplike werker gou oorstroom word met minderwaardige kragte. . . . Die hele beroep van opgeleide maatskaplike werkers kan gemaklik in diskrediet kom tot oneindige skade van die werk as die opleidingseise in party plekke te laag gestel word.”
Derdens bespreek dr. Verwoerd die inhoud van die kursus soos dit destyds aan sommige universiteite ingestel is.
In die vierde afdeling wat getitel is Planne tot nog Verder Verdieping van die Opleiding, begin hy deur daarop te wys dat daar sekere gebreke in die opleiding van ons maatskaplike werkers is. Een daarvan is dat sommige voel dat die studente te jonk met die werk begin. Hy meen egter dat dit nie ’n ernstige beswaar is nie:
“Diegene wat al met die jong opgeleide werkster te doen gehad het, weet dat sy gou ’n status verwerf onder haar kliente, net soos die jong onderwyseres by die ouers van haar skoolkinders.”
’n Tweede gebrek is volgens hom dat “hoewel studente gedurende so ’n kursus praktiese ervaring kry, dit uiteraard beperk is in omvang en geaardheid”. Hy verklaar dan verder:
“Die oplossing van altwee besware bestaan in die toevoeg van ’n verdere tweejarige praktiese opleiding na voltooiing van die graad- of diplomakursus. Dit sou kan verkry word, soos oorsee, deur voortgesette, vernaamlik praktiese, studie aan ’n spesiale skool vir Maatskaplike Werk. Soiets is egter onuitvoerbaar in Suid-Afrika weens te hoë koste vir min studente, weens gevaar van te veel nadruk op administratiewe tegniek wat hier bysaak is, en weens die feit dat op sy beste slegs een skool sou kan ingerig word sodat, waar dit ookal sou gevestig word, die land eensydig sou bedien wees, ’n Ander moontlikheid is die invoer van ’n stelsel van leerlingskap by bestaande organisasies. Dit is egter ook onuitvoerbaar want soiets kan net waarde hê as die leerlinge onder opgeleide sowel as ervare hoofde kan ingeskryf wees, en dit is feitlik onverkrygbaar hier.”
Voorts vermeld dr. Verwoerd dan die skema wat sy departement saam met die Kaapstadse A.C.V.V. sou onderneem. Die gedagte was dat daar ’n “model-organisasie” uitgebou sou word deur ’n gemeenskapsentrum waar studente na voltooiing van hulle driejarige opleiding kon tuis gaan en verder verdiepende praktiese onderrig kon ontvang. Aan die hoof van hierdie gemeenskapsentrum sou staan ’n gekwalifiseerde persoon wat deur die Universiteit aangestel en besoldig word. Met die vertrek van dr. Verwoerd van Stellenbosch is hierdie ideaal egter nooit verwesenlik nie.
In hierdie afdeling van die referaat wys hy ook op ander feite wat in verband met die gebruik van maatskaplike werkers onder die oë gesien moet word. Net sommige word hier opgesom:
a) Dit is nutteloos om na opgeleide werkers te soek as ’n verandering in die geaardheid en einddoel van maatskaplike dienste op die verskillende probleemgebiede nie tegelykertyd beoog word nie. ’n Werklike bestryding van die oorsake van maatskaplike wantoestande moet die plek inneem van skynbare bestryding.
- Die geskoolde werkers moet nie net gebruik word vir die behandeling van individuele gevalle nie, maar ook vir die wetenskaplike ondersoek van breër vraagstukke, kennis waarvan die eintlike maatskaplike dienste verbeter.
Daar is geen finale reeks reëls vir ’n roetinebehandeling van menslike of maatskaplike vraagstukke nie. Voortdurende sistematiese vergelyking van gevalle en hulle behandeling is noodsaaklik vir sukses. Buitendien probeer die meeste organisasies iets bydra tot die algemene maatskaplike beleid, en sal hulle van hulle deskundige werkkragte feite en raad verlang wat kan bydra tot die ontwikkeling van die beleid van die organisasie, en tot ’n verstandige deelname daarvan in die formulering van ’n maatskaplike beleid vir die land.
- Die reg van die opgeleide werker op 'n redelike salaris en die erkenning van sy (haar) professionele status moet ook nagestreef word.
Sulke persone kan nie van toewyding lewe nie en daar is ook ander beroepe waar hulle maatskaplike dienste kan lewer en hulle idealisme kan bevredig. ’n Salarisskaal ongeveer gelykstaande aan dié van die onderwyseres van gelyke skoling, is wenslik. Dan sal die beste kragte getrek word. Maatskaplike sorg is self veeleisend en opofferend genoeg om die onbelangstellende salarisjagter af te skrik of gou uit te stoot.
Daar moet besef word dat die opgeleide maatskaplike werker, ewe goed as die regsgeleerde, die mediese dokter of die onderwyser, ’n professionele status het. Hierdie professionele status behoort gehandhaaf te word deur hoe eise van opleiding, en deur die stigting van ’n vereniging van maatskaplike werkers wat sy lidmaatskap beperk tot die opgeleides. Hulle kan ook lede wees van ’n ander organisasie wat veel breër van opset is en wat alle soorte maatskaplike werkers (d.w.s. vrywilligers en onopgeleide sowel as geskoolde werkers) saamvat. Dis egter baie belangrik dat die opgeleide werkers as groep leer saamstaan, mekaar help ontwikkel deur gereelde uitruiling van ervaring en kennis, en saam die waardigheid van hulle beroep handhaaf.
- Die gemiddelde lid van die publiek, en selfs van openbare en private welsynsorganisasies, het eintlik weinig gevoel vir moderne maatskaplike diens. In dié verband sê hy: “die openbare mening van die gewers van liefdadigheid moet nog opgevoed word tot vertroue in sulke werk”.
In die laaste afdeling van die referaat bespreek dr. Verwoerd Verdere Vraagstukke in Verband met Opgeleide Werkers en bepleit onder andere die noodsaaklikheid vir die aanstelling van maatskaplike werkers in inrigtings en skole.
Vervolg...