NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Niemand sal verskil oor die feit dat elke gelowige op aarde steeds 'n daaglikse stryd voer nie. Hierdie oorlog woed omdat Satan onverpoosd veg om kinders van God te verslind. Elke gelowige is egter 'n soldaat van die Here en ons veg teen die duiwel en sy bose magte, maar ons voer nie 'n hopelose stryd nie, wel 'n oorwinnaarstryd want: Christus het reeds die oorwinning vir ons aan die kruis behaal!

ONS VOLK HET HULP NODIG (3)

Dr H.F. Verwoerd as Welsynsbeplanner

Lees reeks by Dr Verwoerd as Welsynsbeplanner

DIE CARNEGIE-VERSLAG EN DIE VOLKSKONGRES VAN 1934

Die Carnegie-verslag

Die dertigerjare was ’n belangrike tydperk in die geskiedenis van die maatskaplike sorg in ons land. In 1932 het die verslag van die Carnegie-kommissie oor die armblankevraagstuk in vyf boekdele verskyn. Met groot verwagtings is die driejarige ondersoek dopgehou, wat deur ons land se vooraanstaande wetenskaplikes en ervare welsynswerkers gedoen is. En met gretigheid is die verslag ontvang en deur almal gelees, wat destyds met welsynswerk en welsynsbeplanning iets te doen gehad het.

 

In ’n reeks van vyf artikels in Die Burger, almal onder die titel Die Armblanke-vraagstuk in Suid-Afrika, het dr. Verwoerd vier van hierdie verslae noukeurig opgesom en krities ontleed. Aan die einde van elke artikel het hy ook die bevindinge van die betrokke verslag onder bespreking saamgevat, geëvalueer en hier en daar riglyne vir die toekoms aangedui. So vestig hy onder andere die aandag op prof. J. F. W. Grosskopf se bevinding in Deel 1 “dat die vlug van die platteland na die stad nie noodwendig ’n euwel is nie, maar dat die beste kanse vir die rehabilitasie van die armblanke dikwels in die stede is”. Dr. Verwoerd verklaar dan verder:

“Die ervaring op ’n paar nedersettings het gewys dat party armblankes in die boerdery rehabiliteerbaar is. Daar moet egter die eis van ’n meer doeltreffende seleksie gestel word. Aan die ander kant het die ervaring op die spoorweë en in die fabriekstede ook gewys dat party armblankes daar rehabiliteerbaarder is.

  1. Die artikels het soos volg verskyn: Deel 1 op 28 Desember 1932; Deel 2 op 30 Desember 1932; Deel 4 op 3 Januarie 1933; Deel 5(b) op 7 Januarie 1933; Deel 5(a) op 11 Januarie 1933. Deel 3, oor die Onderwys en die Arm-- blanke deur dr. E. G. Malherbe, het dr. Verwoerd nie bespreek nie. Die verslag het ’n bietjie later as die ander verskyn en word op 8 April 1933 deur dr. Malherbe self in Die Burger

Op bostaande standpunt, gerugsteun deur verdere bevindinge van die betrokke kommissie, het dr. Verwoerd later uitgebrei in ’n openbare voorlesing wat destyds op Stellenbosch gelewer is oor Die Plattelandse Afrikaner het te laat na die Stad getrek. Dat dit die mense aan die praat gesit het, was verstaanbaar, want voor die verskyning van hierdie verslag is dit nog deur die meeste mense aanvaar dat die Afrikaner “na die land moet teruggaan”.

Hierdie artikels van dr. Verwoerd, sowel as ander openbare lesings wat hy destyds gehou het, het beslis veel bygedra om die inhoud van die waardevolle verslag by die publiek as geheel bekend te maak en hulle aan te wakker tot verdere aksie.

Die Volkskongres van 1934

Die gunstige ontvangs van die verslag van die Carnegie-kommissie het gelei tot ’n agitasie in die pers dat ’n kongres gereël moet word om die Kommissie se voorstelle te oorweeg en daarop ’n program van aksie te formuleer.

Die destydse Armesorgraad van die Ned. Geref. Kerke van Suid-Afrika, waarvan die Uitvoerende Bestuur bestaan het uit ds. J. R. Albertyn (voorsitter), ds. A. D. Liickhoff, ds. P. J. Pienaar en ds. P. du Toit (sekretaris), het die organisasie van so ’n byeenkoms onderneem en die kongres vir 2-5 Oktober 1934 te Kimber­ley belê.

Die voorbereiding van hierdie Volkskongres (National Con­ference) het anders verloop as wat destyds die gebruik was. Ook vandag vind ons selde of ooit sulke deeglike voorbereiding en beplanning. Op 11 Januarie 1934 is, na ’n tweedaagse sitting van ’n groot voorlopige komitee te Kaapstad, veertig klein subkomitees benoem, elk waarvan in die daaropvolgende ses maande die Carnegie-verslag sou bestudeer om dan in Julie en Augustus met rapporte en beredeneerde voorstelle te kom.

Die Carnegie-kommissie het wel ook in die verslag sy Gesamentlike Bevindinge en Aanbevelinge gepubliseer. Die aanbevelinge, kursief gedruk tussen die bevindinge in, was 46 in getal. Die navorsers het egter net in breë trekke oplossings aangedui en dit is algemeen gevoel dat die studiekomitees van die Volkskongres met veel meer konkrete voorstelle moes kom, van hoe die probleem aangepak moes word.

Die groot aantal voorstelle wat deur die veertig komitees ingestuur is, is weer verwys na drie studiekomitees wie se taak dit was om die voorstelle logies te formuleer en sover moontlik tot een geheel saam te smelt. Aan die hoof van die drie komitees het gestaan: prof. R. W. Wilcocks (sielkundig-opvoedkundige komitee), ds. J. R. Albertyn (maatskaplik-godsdienstige komitee), en prof. H. F. Verwoerd (sosiologies-ekonomiese komitee).

Hierdie drie studiekomitees het uiteindelik met ’n totaal van 99 voorstelle gekom om voor die kongres te lê. Maar ’n verdere pro­bleem het toe ontstaan, naamlik hoe om binne die bestek van 3 dae die breë veld te dek. Uiteindelik het die hoofde van die studie­komitees ooreengekom om al die voorstelle ter tafel te lê, maar, ten einde deur die werk te kom en ook tyd vir bespreking te laat, is besluit dat elkeen van die sprekers ’n groep voorstelle wat bymekaarpas, tegelyk sou behandel en so aan die vergadering voorle.

Dr. Verwoerd het ’n belangrike rol gespeel in verband met bogenoemde voorbereidende werk. Hy was veral begerig dat die aanbevelings wetenskaplik bewoord en gefundeer moes wees. Telkens moes hy keer wanneer “gevolge” vir “oorsake” aangesien word, ondergeskikte faktore buite verhouding aandag geniet of die goed bedoelende entoesiaste “in hulle bepaalde skema die grondslag vir die verwydering van alle armoede sien”, soos hy dit in sy referaat voor die kongres uitgedruk het. Op sy kenmerkende vriendelike manier en met groot geduld het hy verduidelik, geredeneer en gepleit. Nogtans was hy nie tevrede met die finale produk nie. By die bestudering van die voorstelle soos dit later in die kongresverslag verskyn het, is dit ook duidelik waarom die formulering van sommige voorstelle vir ’n wetenskaplike van sy formaat hinderlik moes gewees het. Wanneer hy die kongres toe- spreek, se hy onder andere oor die voorstelle:

Verslag van die Volkskongres oor die Armblankevraagstuk gehou te Kimberley, 2-5 Okt. 1934./Report of the National Conference on the Poor White Problem held at Kimberley, 2nd-5th Oct., 1934. Pp. 1-3, “Dit was egter moontlik om met voorstelle te kom wat op ’n baie afgeronder, en teoreties tenminste diepergaande, wyse die bestryding van armoede voorstaan, maar wat ’n hele omwenteling van ons landsorganisasie sou beteken, bv. van ons land ’n sosialistiese staat sou maak. Vanselfsprekend egter is aan die praktiese eis gehou om maatreëls te vind wat in die land met sy teenswoordige organisasie dadelik kan toegepas word sonder veel verstoring.         

Waar nou erken word dat uit praktiese oorwegings geen maksimum-plan voorgestel word nie, maar eerder ’n deurvoerbare minimum-plan, daar is dit ook die minste waarmee ons ons tevrede kan stel.”

Ongeveer vyfhonderd Afrikaans- en Engelssprekendes het die Volkskongres van 1934 bygewoon. Sover bekend, is dit die eerste keer dat die benaming volkskongres vir ’n byeenkoms van hierdie aard gebruik is - ’n benaming wat ongelukkig daarna dikwels by ander byeenkomste misbruik is. Die kongres, sowel as die voorafbeplanning, het besondere gunstige publisiteit dwarsoor die land in die Afrikaanse en Engelse pers ontvang.

Dr. Verwoerd het die eerste referaat gelewer. Sy onderwerp was Die Bestryding van Armoede en die Herorganisasie van Welvaartswerk. Hy moes die eerste agt besluite wat onder andere belangrike beleidspunte bevat het, bepleit. Op meesterlike wyse het hy eers ’n bree oorsig gegee van die huidige stand van sake en ’n algemene raamwerk uiteengesit van al die voorstelle waaroor die kongres moes besin, voordat hy oorgegaan het om die eerste agt voorstelle te verdedig. Die referaat word in sy geheel as bylaag B vir die leser gegee om noukeurig te bestudeer. Wat hier volg, is ’n kort samevatting van die vernaamste gedagtes van hierdie inhoudryke stuk werk.

Dr. Verwoerd begin sy referaat deur daarop te wys dat sommige smalend verklaar het dat hierdie kongres maar weer net “nog ’n gepraat” gaan wees:

“Dis egter ons doel en plig hier om die masjinerie te skep waardeur in die komende jare sal gestry word om die program van aksie, wat u aanvaar, in teorie en werklikheid deurgevoer te kry. Met die oog op die feit dat ons ernstig probeer om ’n doeltreffende beleid aan te gee, is dit gepas dat ons, sonder skroom en sonder oorwegings van wat diplomaties is, sekere feite in die gesig sien.”

Verder is hy van mening dat dit meer geskik sou wees om hierdie kongres ’n “Kongres oor die Vraagstuk van Blanke Armoede” te noem, omdat “dit nutteloos sou wees om aparte bestryding van armblankedom in die enger sin te beoog”. Hy beklemtoon:

“Die weg van bestryding van blanke armoede in enige vorm, en selfs van oorsake wat bestaan waar geen armoede nog gevolg het nie, moet aangewys word, soos die voorstelle probeer doen.”

Voorts vestig dr. Verwoerd die aandag daarop dat baie blanke Afrikaanssprekende armes na die stede getrek het, “maar dat met uitsondering van die vier vroueverenigings, verreweg die meeste vrywillige organisasies wat hulle met die verarmdes bemoei, Engels geörienteer is”. Verwysend na die aanwesigheid van Bantoes en Kleurlinge in ons land, meen hy dat dit onmoontlik is om met voorstelle te kom “tot die meerdere ekonomiese welvaart van die blanke arme sonder om op een of ander manier hierdie ander groepe aan te tas”. Hy meld die probleme wat geskep word deurdat Bantoe die Kleurlinge uit sekere werksgebiede uitdruk en praat van die moontlikheid van die versorging van die Bantoe elders, onder andere deur beter ekonomiese ontwikkeling van die reserwes. Ten slotte se hy hieroor:

“Dit is ’n beleidsverklaring, as u wil, van op simpatieke wyse rekening te hou met die regte en belange van blankes en nie- blankes, en van dan beslis te kies wat die belang van die gemeenskap as geheel dien, selfs al dra dit oppervlakkig die skyn van bevoorregting.”

Na aanleiding van die destydse “terug-na-die-land”-beleid verklaar dr. Verwoerd:

“Tog mag geen geleentheid, geen hulpmiddel erens, oor die hoof gesien word nie, en is ’n keuse van of die platteland of die stad as die reddingsmiddel kortsigtig.”

Hy wys ook daarop dat ons nie aan armoede mag dink as ’n “suiwer kwessie van werkloosheid” nie en dat dit nodig is “om groot nadruk te lê op die noue onderlinge betekenis vir mekaar van die voorsiening van middels tot ekonomiese selfstandigheid en die werk van maatskaplike opheffing”.

Na hierdie inleiding gaan dr. Verwoerd oor tot die tweede deel van sy betoog, naamlik om die raamwerk te gee, waarin al die voorstelle wat voor die kongres dien, inpas, en hulle dan kortliks te bespreek. Die voorstelle het in vyf hoofrigtings gegaan en dit is duidelik dat die hele nadruk op voorbehoeding en opheffing gelê is:

  1. maatreëls tot voorbehoeding van die ekonomiese agteruitgang van die gewone gemiddelde burger;
  2. maatreëls tot voorbehoeding van die makliker voorkomende ekonomiese agteruitgang van diegene wat net bo die armoede- grens lewe;
  3. maatreels tot voorbehoeding van die maatskaplike agteruitgang van die wat nie kan beskerm word teen tydelike ekonomiese ver- drukking nie;
  4. maatreëls tot ekonomiese opheffing van die reeds verarmdes; en
  5. maatreëls tot maatskaplike opheffing van die reeds verarmdes. In die derde afdeling van die referaat verdedig dr. Verwoerd die eerste agt voorstelle. Voorstelle nommers 1 en 2 het gegaan oor: “’n Definitiewe Staatsorganisasie vir Maatskaplike Welvaart” en “’n Staatsdiens van Opgeleide Maatskaplike Werkers(ters)”. Hierdie twee uiters belangrike voorstelle en dr. Verwoerd se aandeel, ook om hulle uitgevoer te kry, word in die volgende aflewering bespreek.

Die ander voorstelle wat deur die spreker bepleit is, kan net kortliks genoem word:

  1. Die noodsaaklikheid van groter indiensname van opgeleide maatskaplike werkers.
  2. Waarskuwing teen te vlugtige opleiding wat die “professionele status en bruikbaarheid” van die maatskaplike werker in Suid- Afrika sal beskadig.
  3. Die wenslikheid van ’n sekere mate van eenheid in die op­leiding van maatskaplike werkers.
  4. Die skep, in samewerking met partikuliere welsynsorganisasies.

van “modelinrigtings” waar studente in die Maatskaplike Werk goeie praktiese ervaring kan opdoen.

  1. Opknappingskursusse vir maatskaplike werkers wat destyds in die veld was en vir vrywilligers.
  2. Beter koördinasie van welsynswerk.

“Op grond van ervaring hier en in die buiteland is dit ongetwyfeld dat sonder ’n mate van dwang - nie te verregaand nie, dog tog doelmatig - voldoende koördinasie nie verkry word nie.”

  1. Stigting en finansiering van gemeenskapshuise.

“Daarvan kan groot voordele uitgaan: vir die praktiese opleiding van sosiale werkers(ters); vir die aanraking van die meer gegoede met die minder gegoede lede van die samelewing; vir die reëling van vermaaklikheids- en ontspanningsgeleenthede; vir die ontwikkeling van diensklubs vir werkloses, vrouens en kinders; en vir soveel meer waarop hier nie kan ingegaan word nie.”

Hierdie referaat wat eintlik in ’n groot mate die bloudruk was, waarop die Voortsettingskomitee van die Volkskongres sou werk, kan ook vandag met vrug bestudeer word. Dit is nie net van historiese waarde as een van die boustene van die maatskaplike sorg in ons land nie, maar ook nog steeds van praktiese waarde by die welsynsbeplanning in die huidige tyd.

Dat hierdie kongres beslis nie “nog ’n gepraat” was nie, maar dat daar ’n gevoel by die kongresgangers was dat daadkragtig opgetree moes word om die voorstelle uitgevoer te kry, word uitvoerig in die volgende aflewering aangetoon.


Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1380 gaste aanlyn