Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die "Onregverdige Mammon" is 'n term wat Jesus in Lukas 16 self aan geld gegee het omdat mense op oneerlike maniere probeer om meer en meer daarvan te kry. Daarby sê Jesus dat dié mens wat getrou is met klein dingetjies soos geld, ook getrou sal wees in die groot dinge; en Hy voeg daarby: "En hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig". Glo u dat die belangrikste saak vir die Afrikanervolk naamlik sy voortbestaan en lewe, veilig is in die hande van 'n regime wat nie eers met die klein dingetjies getrou is nie?
WAAROM WORD BLANKES VERMOOR?
Terwyl die vyandige media chronies ‘n eier oor die sg. onreg van die verlede wil lê, word volksgenote daagliks op barbaarse wyses afgemaai waarvan plaasmoorde ‘n groot deel uitmaak. Katie Hopkins, ‘n Britse joernalis het Suid-Afrika ‘n tyd gelede besoek en ‘n dokumentêr gemaak oor die barbaarse metodes wat swart bendes gebruik om blankes af te maai. Sy het so hard en seer op die regte tone getrap dat sy letterlik landuit gehelp en verbied is om ooit weer hiernatoe te kom. Haar dokumentêr het in September op YouTube verskyn maar sal waarskynlik ook verban word wanneer die regte persone dit te wete kom. Gaan kyk voordat dit afgehaal word by https://www.youtube.com/watch?v=kUtis6VQgS8
Een van die groot dinge wat die moorde op blankes laat toeneem is die klaarblyke goedkeuring daarvan deur die ANC. Praatjies oor versoening hoor mens baie maar van ware versoening is daar aan die suidpunt van Afrika hoegenaamd geen sprake nie. Ons beleef eerder ‘n smadelike veragting daarvan. Swartes sien versoening as ‘n swakheid wat om slae vra. Gevolglik het die Boerevolk nou slagoffers van rassehaat geword. Dis die gevolg van ‘n verkeerde ideologie wat in die hande van die verkeerde mense beland het!
Om blankes aanhoudend van rassehaat te beskuldig, is 'n gerieflike bos waaragter die ANC sy onvermoë om sinvol te kan regeer, verskuil. Swartes het ook geleer dat aanval die beste manier van verdediging is. Waar blankes altyd probeer om rassewrywing te vermy, gryp swartes weer elke geleentheid aan om dit aan te vuur.
As blankes dit waag om swartes op hulle flaters te wys, word hulle vir rassehaters uitgekryt. Swartes het al 'n refleksreaksie ontwikkel om kritiek teen hul onbevoegdheid met die teerkwas van rassehaat by te kom. Maak jy ‘n opmerking oor hulle roofkultuur en misdaad-geneigdheid, is dit glo 'n hatige opmerking. Is jy oor hulle oproerige optredes en ontwrigting van skole en tersiêre inrigtings in opstand, is jy 'n rassehater! Die enigste rassehaat wat in Suid-Afrika geduld, geregverdig, gewettig en aangemoedig word, is dié van swartes teenoor blankes.
Hulle kan sê net wat hulle wil, daar word niks aan hulle gedoen nie, self nie aan ‘n slagspreuk soos: Kill, a Boer, kill a farmer” nie! In werklikheid neem swart rassehaat epidemiese afmetinge in ons land aan en is die duidelikste in die werksituasie te sien. Vir swartes is meriete 'n vloekwoord. Gevolglik is bekwaamheid, werkywer en arbeidstrots is vir die swart septerswaaiers onbelangrik.
Velkleur en partypolitieke lojaliteite weeg verreweg die swaarste. Vir die ANC-regime is daar skynbaar geen groter oortreding as rassisme nie en skyn selfs erger as moord, roof of verkragting te wees. Gevolglik neem baie blankes 'n apologetiese houding in van: Noem my enigiets anders, maar asseblief net nie 'n rassis nie! In 'n land wat volgens die ANC se grondwet kleurloos geword het, sien swartes nog steeds alles deur 'n kleurbril. Daar word onbeskaamd met twee maatstawwe gemeet. Daar is ‘n begunstigde een vir swartes en 'n strafbare een vir blankes. Sedert die bewindsprysgawe gaan alles om 'n skaamtelose bevoordeling van swartes in die algemeen; in besonder vir die swart élite wat glo dat daar ‘n swaar verpligting op hulle rus om hulself te verryk.
Indien blankes nie van rassehaat beskuldig wil word nie, moet hulle swyg as swartes hulle Christelike norme aanval en probeer vernietig. Blankes moet swyg as swartes hul beproefde Eerstewêreld-standaarde goedsmoeds aftakel. Blankes moet swyg as swartes vrouens en skoolmeisies aanval, molesteer en verkrag. Blankes moet swyg as swartes hulle besittings roof. Blankes moet swyg as voedselvoorsieners sonder enige provokasie op hul plase vermoor word. Blankes moet swyg wanneer weerlose bejaardes gemartel en wreed vermoor word. Blankes durf ook niks sê wanneer onbevoegde swartes op kundiges se werk beslag lê nie. Want as jy iets sê, is jy ‘n rassehater!
Dit is hierdie houding wat die aantal moorde op blankes aanhits. Solank die ANC-regime hierdie dinge sienderoë goedkeur, kan mens nie anders as om Katie se bevinding te glo dat die ANC self agter hierdie moorde sit nie.