Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Is dit nie selfsugtig om op regte aanspraak te maak gesien in die lig dat gelowiges hulself eerder moet verloën nie? “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” (Mt.16:24).
HIER STAAN ONS NOU
Elke dag is ‘n dag nader aan daardie groot dag dat ons onsself hand en tand sal moet verdedig teen ons volksvyande wat ons as Afrikanervolk wil uitwis. Ons sien elke dag dinge gebeur wat ons op daardie pad te wagte is. Tans is die ANC en sy misdade, korrupsie en bedrog besig om aan die kaak gestel te word deur sy eie kaders, iets wat Siener van Rensburg ook voorspel het. Om te sien waar ons tans in hierdie voorspelling staan, kyk ons vlugtig terug na vorige voorspellings van Siener.
Siener van Rensburg het 'n visioen gehad waarin vir hom gesê is dat Suid-Afrika eendag 'n swart regering sal hê. Siener het reeds in 1916 aan Boy Mussmann gesê:
Daar kom 'n tyd dat ek weer baie in die nuus sal wees. In daardie tyd sien ek baklei ons nog onder mekaar, toe is als meteens verby, en sit ons met 'n swart regering. Dan eers begin die Afrikaner se laaste, maar ook sy felste stryd.
So, sê Siener, sal ons sien die Heer se weë is nie ons s'n nie. Ons sal weer aan die bewind kom, want ek sien 'n Boere-velskoen (Boereregering). Ek sien 'n grasdakhuis (Boere-kabinet).
Maar Siener van Rensburg het ook gesê:
Voordat ons 'n Boererepubliek gaan kry, wag daar 'n bitter tyd op ons. In 1914 met die Rebellie, het ons (die Boere wat hulle nie met die Regeringsbeleid kon vereenselwig nie) deur 'n sif gegaan. Dié keer gaan ons deur 'n smeltkroes. Ek het toe ook vir julle gesê ek sien die tyd is donker, want as ek op my perd sit, kan ek nie sy maanhare sien nie, maar in die moeilike tyd wat kom, sal dit so donker wees dat ek nie my hand voor my oë kan sien nie. Maar vir ons wat weet, sal dit nie so 'n donker tyd wees nie.
Dinge sal ook eers verander wanneer die volk se geloof en vertroue in God herstel word. Dit sal in daardie tyd wees dat die Boerevolk met sy rug teen die muur veg en dit sal lyk of daar geen hoop meer vir hom is nie:
Die Afrikanervolk gaan weer gesuiwer word, niks kan ons nou meer stuit nie. En hoewel die verraad en broedertwis verskriklik onder ons mense is, sien ek dat ons nogtans voortworstel op die pad wat God vir ons bepaal het.
Hierdie smeltkoers waarvan oom Nicolaas gepraat het, sal die einde van neutrale onbetrokkenheid wees. Elke Suid-Afrikaner en Boer sal gedwing word om te kies vir die saak van God, of broederskap met sy vyande.
As deel van die suiweringsproses sien die Siener:
Alle verborge en twyfelagtige bedrywighede in Suid-Afrika sal stelselmatig omgekeer word. Korrupsie en kullery, leuens en geheime van alle politieke partye en privaat instansies word genadeloos opgegrawe en openbaar.
Is ons nie tans daar waar die ANC se korrupsie en misdade deur sy eie kaders onthul word nie? Elke dag is daar nuwe onthullings van ongelooflike transaksies met buitensporige bedrae en bedrog sonder einde.
So 'n suiwering impliseer veral dat die ongewenste elemente onder die Boerevolk uitgehaal sal moet word. Deur al die dekades is die Boerevolk herhaalde kere in die rug gesteek deur verraaiers in sy midde. Daar kan geen hoop op vrede wees tensy hierdie verraaiers finaal verwyder is nie maar hierdie proses wag nog vorentoe op ons.
Die Boere verlaat ook die kerk maar gaan soek wel sy heil in die Hoër Hand. Hierdie toestand het ons ook reeds waargeneem: groot getalle het reeds hul rug op die dwaalleringe van die kerke gedraai maar het God nie in die proses afgeskryf nie. Eindelik keer hulle nie hulle rug op God nie, want die Siener het inderdaad op 16 Maart 1914 'n gesig gesien waarin die Boerenasie weer op God sal vertrou:
Dan kom daar 'n tyd wat die volk weer op sy knieë in verootmoediging voor God sal gaan staan — politieke en ander geskille word vergeet omdat dit nie meer saakmaak nie. In die aangesig van die vernietigende aanslag op die Afrikaner keer hy terug na God aan wie hy 'n Gelofte afgelê het en nou bid hy dat sy son nie moet ondergaan nie.
“Die vrees van die Here is die beginsel van wysheid; almal wat dit beoefen het goeie verstand. Sy lof bestaan tot in ewigheid.” – Ps 111:10