NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Al weet ons nie wat in die nuwe jaar vir ons wag nie, weet ons vir seker dat wat ookal gaan gebeur, deur God bepaal is en deel vorm van sy raadsplan en heilsplan – ook vir jou.

WAT HET VORSTER OOR VERWOERD SE MOORD GESÊ?

Joernalis

Net na die moord op dr Hendrik Verwoerd, het daar uit elke moontlike oord woorde van erkenning vir hierdie groot staatsman gekom – selfs vanaf anderkleuriges asook verskeie opposisie politieke partye.  Maar van twee persone is daar nie veel aantekeninge te vinde nie. ‘n Mens sou dink dat die opvolger vir dr Verwoerd, John Vorster, in so ‘n mate sou reageer dat die media daaroor sou berig. Waarom het hy verkies om hiertydens in die skadu te staan?

Ook van koningin Elizabeth het geen boodskap gekom nie, waarvoor sy selfs in Engelssprekende kringe in Suid-Afrika kwalik geneem is.

In Londen is die versuim aan sogenaamde protokol-oorweginge toegeskryf. Maar wat het Suid-Afrika verwag – dat die koningin van Engeland wat tot vandag toe nog nie verskoning gevra het nie vir die moord op 27 000 vroue en kinders in ‘n oorlog wat hulle uit roofsug hier op ons boerebodem kom voer het, die blanke en by name die Afrikaner wou uitwis, simpatie met die moord op dr Verwoerd sou toon?

Die Britse eerste minister, mnr. Harold Wilson, het darem ’n telegram gestuur wat lui: “Ek was geskok om van die sluipmoord op dr. Ver­woerd te hoor. Ontvang asseblief deelneming namens die lede van die Britse regering en myself en dra ons meegevoel aan dr. Verwoerd se gesin oor.”

In Argentinië, waar die Gasel-rugbyspan op besoek was, is die dag van dr. Verwoerd se begrafnis tot nasionale roudag verklaar.

“Die omstandighede is genoeg om die verstand te laat duisel,” het die Rand Daily Mail geskryf.

Soos Die Burger op die oggend van 7 September 1966 berig het: “Verstand en gevoel wil dit haas nie vat nie: dat Suid-Afrika se leier en Eerste Minister in sy bank in die Volksraad moes val voor die mes van ’n sluipmoordenaar.”

“Die patroon van die treurspel,” aldus die Daily Despatch van Oos-Londen, “was so makaber, so onwerklik, so ongelooflik dat dit selfs nou nog onmoontlik is om die enormiteit van die wandaad te snap.”

“In Suid-Afrika se reaksie op die sluipmoord op sy Eerste Minis­ter,” het die Johannesburgse Star geskryf, “kom mooi en groot hoedanighede na vore . . . Dit is goed om daarna te kyk en vir altyd te onthou dat dit daar is agter die spanninge, wrywinge en botsings van ons bestaan in hierdie land. Suid-Afrika word deur baie, selfs deur sommige van sy eie kinders, voorgehou as ’n land van siedende vyandskap en haat; en in die middelpunt van sulke voorstellinge het meestal gestaan die figuur van Hendrik Verwoerd . . . Wat in die afgelope paar dae te sien was, is iets heel anders. Die skok en ontsetting, die bedruktheid en kommer, selfs die gevoel van onherstelbare verlies het geen grense van party of klas of ras geken nie... Suid-Afrika het sy naam met nuwe eer en waardigheid beklee deur die manier waarop hy hom onder die slag van hierdie wrange week gedra het.”

Maar die land het kalm en rustig gebly. Die Sunday Express van Johannesburg het later opgemerk dat ook dit getuig het van wat dr. Verwoerd tot stand gebring het. Hy het die land so gesond agtergelaat, so sterk in politieke en ekonomiese sin en so stabiel dat selfs die moord op hom nie Suid-Afrika se fondamente kon skud nie.

Dat dit in die Volksraad van alle plekke moes gebeur! – “the very cockpit of power,” soos die Rand Daily Mail dit gestel het, die plek wat, soos die Van Wyk-kommissie in sy verslag noem, met soveel eerbied deur die publiek bejeën word dat so iets vir baie mense byna ondenkbaar moet wees. Tog het almal kalm gebly, selfs te midde van die skok en ontnugtering.

In die Parlementsgebou reeds, onmiddellik na die moord, kon ’n mens sien hoe kollegas en intieme vriende by mekaar verby staar asof die een die ander nie raaksien nie. Hulle het geen woorde vir hulself gehad nie, laat staan nog vir andere. Daar was trane in party se oë, maar die meeste se gesig was strak met die strakheid van gevoel wat te diep is om uiting aan te gee. Dat so iets met dr. Verwoerd moes gebeur! - nadat hy ses jaar tevore so wonderbaarlik aan die eerste aanslag op sy lewe ontkom het. En dat dit juis op hierdie dag van alle dae moes gebeur! - die dag waarop hy, in die volheid van sy mag, nuwe toekomsweë vir sy land sou aandui.

Duisende mense het daardie middag koerantkantore oor die hele land heen, die Parlementsgebou en ander bronne van inligtinge opgebel. Geruime tyd kon van die plekke glad nie na buite opgebel word nie. Die meeste mense wat die koerant opgebel het, het die nuus van die Eerste Minister se dood in verslae stilte aangehoor, hoewel heelparty mans en vroue hoorbaar aangedaan was.

Op Hopetown het die 59-jarige mnr. J. du Plessis aan ’n hartaanval beswyk nadat hy van die moord verneem het. Op Keetmanshoop het ’n bejaarde man ook ’n ernstige hartaanval gekry.

Baie dorpe het feitlik tot stilstand gekom nadat die nuus bekend gev/ord het. Verslae groepies mense het op straat rondgestaan om die gebeure te bespreek. Op Stellenbosch het die voorsitter van die distriksraad van die Nasionale Party gesê: “Ons dink ons verstaan vandag hoe die Voortrekkers gevoel het toe hul leier Piet Retief vermoor is.”

Op Heidelberg, wat deur dr. Verwoerd in die Volksraad verteenwoordig is, is die eeufeesligte afgeskakel en die res van die dorp se eeufeesviering opgeskort . In die stede was daar nie so ’n sigbare afname in die gewone bedrywighede nie. Maar die aand was dit stiller as op ander aande. Bioskoopvertonings is oor die hele land heen afgelas en talle ander byeenkomste gekanselleer.

Aan die weskus het meer as duisend vissers hul nette neergeê en die aand tuis gebly. Dit was ’n groot opoffering, veral aangesien die visseisoen aan die einde van die maand sou sluit en almal graag soveel vis as moontlik wou inhaal. Die polisie het gereed gestaan vir gebeurlikhede, maar daar was min werk vir hulle. Net aan die Rand was die aand ’n klompie insidente. Mense wat die verkeerde afleiding uit Tsafendas se Grieks klinkende naam gemaak het, het hulle teen Griekse kafee-eienaars en andere gerig. Verskeie kafee-eienaars het na die moord die ondervinding gehad dat hulle deur ou klante beledig is. In Germiston moes een vlug toe ’n klomp mense sy kafee binnestorm, en elders is die seilafdak voor ’n Griekse vrugtewinkel aan die brand gesteek. ’n Leier van die Griekse gemeenskap is oor die telefoon met die dood gedreig en talle mense het die Griekse ambassade opgebel om te eis dat die ambassadeur die land verlaat.

Die Woensdag het twee leiers van die Griekse gemeenskap aan die Rand na Kaapstad gevlieg om die polisie-owerheid te spreek, en die aand het die polisiehoof, genl. J. M. Keevy, die publiek gewaarsku om geen wraak teen die Griekse gemeenskap te neem nie. Hy het verduidelik dat Tsafendas nie tot die bevolkingsgroep behoort nie.

Diplomate en ander buitelandse waarnemers het hul bewondering vir die waardige gedrag van die Suid-Afrikaanse bevolking uitgespreek; en die koerantmanne en beelradiospanne wat hulle uit ander lande hierheen gehaas het in die stellige verwagting dat die moord op dr. Verwoerd deur onluste of selfs ’n opstand gevolg sou word, het spoedig agtergekom dat hulle verniet gekom het.

Die dag na die moord reeds het die Johannesburgse Star geskryf: “Alle Suid-Afrikaners - Engelssprekendes, Afrikaners, Bantoes, Kleurlinge, Indiërs - is in hul droefheid en skok verenig soos hulle nooit vantevore oor enigiets was nie.” Dié woorde is bewaarheid deur die verklarings en boodskappe van alle bevolkingsdele in die land - almal wat deur die Star genoem is, en nog meer - en deur die roubetoon van individuele lede van elke groep. Daar was enkele uitsonderinge, maar as geheel ge­nome was daar, in die woorde van Die Burger, ’n eenheid van gevoel wat ons ergste vyande ongelooflik sou vind as hulle dit van naby sou aanskou.

Uit die aangrensende Rhodesië het berigte gekom oor die diepe gevoel van verlies wat daar ontstaan het. Die mense van die land, so is berig, het aan dr. Verwoerd gaan dink as ’n wyse ou oom op wie se simpatie en steun hulle kan reken.

In Salisbury, hoofstad van Rhodesië, het ’n groepie Bantoes wat vroeer in Suid-Afrika gewoon of gewerk het, hulle gevoeg by die mense wat tou gestaan het om die rouboek in die kantoor van die Suid-Afrikaanse diplomatieke sending te teken.

Enkele wanklanke het uit die verre vreemde gekom. Een insident wat wye publisiteit geniet het, was die kommentaar van ’n onge- noemde nie-blanke in Brittanje in ’n verfilmde onderhoud wat oor die beeldradiodiens van die B.B.C. uitgesend is. Hy het gese dat die dag van die moord op dr. Verwoerd die heuglikste dag in sy lewe was en dat hy net wens dat hy die moord self kon gepleeg het. ’n Konserwatiewe Britse groep, The Monday Club, het die B.B.C. daaroor skerp tereggewys.

In Brittanje het, soos ook in ander lande, die reaksie ewenwel ’n wye veld gedek. Aan die een kant was daar droefheid, geskokte simpatie en bewyse van diepe eerbied, selfs van manne wat dr. Ver­woerd in sy lewe fel teengestaan het, en by die Suid-Afrikaanse ambassade in Londen het telegramme, kranse en ander blyke van deelneming ingestroom. In ’n ander B.B.C.-program is ook hulde aan dr. Verwoerd gebring deur prof. Charles Manning, voorsitter van die South Africa Society in Brittanje.

Die Wit Huis het ’n verklaring uitgereik waarin gesê is dat pres. Johnson die sluipmoord as ” ’n laakbare daad” beskou. Die President het ook ’n private boodskap van deelneming aan mev. Verwoerd en haar kinders gestuur.

Die Suid-Afrikaanse perskommentaar het treffend, selfs oorweldi- gend, getuig van die hoe agting waarin dr. Verwoerd in alle lae van die Suid-Afrikaanse samelewing gehou was - ofskoon hy, in die woorde van die Star, ,,’n kind van die storm” was wat „stryd aan- gelok het soos die berge onweer aanlok.”

Dit het ook getuig van die nuwe saamhorigheid wat in die voor- afgaande jare in Suid-Afrika gegroei het. Deur baie is dr. Verwoerd se bydrae daartoe juis as een van sy grootste dienste aan Suid- Afrika beskou. Soos die Natal Mercury dit gestel het: „Dr. Ver­woerd was bo alle ander Suid-Afrikaanse Nasionaliste die instru­ment van akkoord tussen mense van alle rasse.”

Hoeseer daardie gevoel van gemeenskaplikheid deur sy dood versterk is, het geblyk uit die kommentaar van ’n blad soos die Eastern Province Herald van Port Elizabeth, wat geskryf het: ,,’n Gevoel van . . . vernietigende verlies het hom oor die hele land verbrei . . . Die mense van Suid-Afrika beweeg nou nog nader na mekaar - nie omdat hulle as geheel genoee geneem het met alles wat dr. Ver­woerd namens hulle gese en gedoen het nie, maar vanwee die na- tuurlike saamklewing wat verlies en droefheid te voorskyn roep.” Die Daily News van Durban het in dieselfde trant geskryf: „Alle beskaafde mense ... sal die heengaan van die Eerste Minister net so spontaan betreur as wat Suid-Afrika oor hom rou met daardie diepere, byna persoonlike droefheid wat alle openbare onenigheid en politieke stryd te bowe gaan.”

Koerante van alle politieke oortuiginge het die grootheid van dr. Verwoerd geroem. ,,’n Kolos het geval,” het die Natal Witness van Pietermaritzburg geskryf. „Die beskrywing sal niemand, hetsy bond- genoot of vyand, hom misgun nie.”

Die Oosterlig van Port Elizabeth het hom ook as kolos bestempel.

“Soos Paul Kruger voor hom was hy die kolos onder sy mense,” het die blad geskryf, en die Friend van Bloemfontein : “Min Suid- Afrikaanse leiers voor hom het so ’n algemene eerbied en verering in sy eie land geniet. Geeneen het soveel politieke mag gehad nie.” Die Burger het geskryf: “Die invloed van sy enorme wils- en dryfkrag is tot in die uithoeke van die landsadministrasie en die openbare lewe ervaar, en in die buiteland oral waar Afrika ter sprake gekom het. Soms het dit gevoel of hy die Suid-Afrikaanse toneel so volkome oorheers, of die meevoerende krag van sy persoonlikheid en gesag so oorweldigend is, dat inisiatief ondertoe noodwendig moes ly en dat vryburgerskap verdring kon raak deur blote volgelingskap.

“Tog was die Verwoerd-tydperk gekenmerk deur bruisende ontwikkeling op talryke lewensgebiede wat dikwels uitgebars het in vernuwende gedagtegisting en -botsing, allermins kenmerkend vir die vermeende gesagsorde waarheen hy volgens sy kritici op pad was.

“Wat wel waar is, is dat sy dood ’n groot leegheid laat in die Suid-Afrikaanse bestel. Soveel het om sy figuur gedraai, soveel drade was in sy hande, soveel bree denke sowel as gedetailleerde beslissing was aan hom toevertrou, dat die land sonder hom nood­wendig ’n ander Suid-Afrika moet wees.”

Die Transvaler (waarvan hy die eerste redakteur was): “Die Republiek Suid-Afrika treur . . . want een van die grootste denkbare rampe wat hom in hierdie stadium kon tref, het hom werklik oorval . . . Dr. Verwoerd was ’n man van buitengewone formaat. In hom het die Suid-Afrikaanse staatsmanskuns ongetwyfeld ’n hoogtepunt bereik wat nie maklik oortref sal word nie.”

Die Vaderland: “Hendrik Verwoerd was ons opperste leidsman, boumeester van die nuwe Suid-Afrika in die twintigste-eeuse wêreld, besitter van die liefde van sy eie mense, draer van die toenemende ontsag en steun van ander volksgroepe, blank sowel as nie-blank; spilpunt van ’n nuwe bedeling vir Suider-Afrika en Afrika, wat geen leier of land ter wereld kon veronagsaam nie.”

Die Volksblad: “Sy aanvoeling vir sake was fyn en korrek, sy tydsberekening met belangrike beslissings eenvoudig briljant. Geen vinger kon gelê word op ’n flater wat hy begaan het in sy vertolking van toestande of in sy visionere siening van die toekoms nie.”

Die Beeld het hom geroem om “...die waagmoed van sy gees”. Die blad se politieke beriggewer het geskryf dat “H. F. Verwoerd in die Suid-Afrikaanse geskiedenis sal groei as heldefiguur, groter as enigeen wat hom voorafgegaan het . . . Daar is faktore van buite wat saamgewerk het om sy naam aan groot gebeurtenisse te bind ... Maar dit is nie faktore van buite nie, dit is die vuur van binne wat hom in die suiwere sin van die woord as held bestempel. . .

„By dr. Verwoerd was daar baie lig. Geen vonkelender, drywender gees het Suid-Afrika nog ooit geregeer nie.”

Die skrywer het gesê dat dr. Verwoerd die tweede in die ry van Suid-Afrikaanse eerste ministers was wat nie tragies gesterf het nie. (Die ander was dr. D. F. Malan.) “Gewelddadig, grusaam, ja. Maar nie tragies nie. Hy is weggeruk op die hoogtepunt van ’n loopbaan wat in alle opsigte merkwaardig was.”

Verskeie koerante het ingegaan op wat die Cape Argus as die “revolusionêre” rol van dr. Verwoerd bestempel het. „In die raamwerk van die Suid-Afrikaanse geskiedenis,” het die Kaapstadse blad geskryf, “moet dr. Verwoerd as ’n revolusionêre figuur gesien word, en revolusie hoef nie op sigself noodwendig sleg te wees nie. Sy revolusie was eintlik gegrond op die begeerte na ’n sedelike beginsel in die Suid-Afrikaanse rassebeleid.”

Die Burger het ook daarop gewys dat hy die klassieke beleid van segregasie ontwikkel het tot ’n beleid van aparte vryheid op territoriale grondslag.

Die Star het hom bestempel as een van die vernuwers in Suid- Afrikaanse aangeleenthede. Op sy eie manier was hy een van die eerstes wat die feite van die nuwe naoorlogse wêreld aanvaar het en probeer het om ’n koppige en konserwatiewe volk op te voed om hom by die veranderinge aan te pas . . Lank voordat hy eerste minister geword het, het hy, deur die krag van sy persoonlikheid, begin om die instinkmatige, maar vormlose filosofie van apartheid tot ’n samehangende en intellektueel aanneemlike stelsel te fatsoeneer. Sy teorie van aparte vryhede was sy belangrikste bydrae tot die Afrikaner-Nasionalisme.

Die Evening Post van Port Elizabeth het hom ook gesien as die man “wat die Nasionale denke oor apartheid gesistematiseer het en die lukrake wetgewing van die vroeë jare omgeskep het in ’n ordelike struktuur van wette wat heeltemal nuut was in Afrika”.

Dagbreek: “Die wyse waarop hy ’n land se politieke konstitusionele koers na sy eie visie binne agt jaar kon vorm, was sonder weerga in die moderne geskiedenis.”

Van koerante wat hom en sy idee skerp teengestaan het, het woorde van hoë lof gekom. So het die Rand Daily Mail geskryf:”Vriende sowel as vyande erken sy uitsonderlike leiersvermoë, sy buitengewone intellek, sy ontsaglike energie, sy doelgerigtheid, sy politieke vernuf en sy volkome toewyding aan die visie van Suid-Afrika wat hy voor hom gehou het.”

Die Cape Times: “ ’n Mens hoef geen volgeling van dr. Verwoerd te gewees het om die hoedanighede van die man, sowel intellektueel as politiek, te besef nie; om hom vir sy prestasies te respekteer, hoe hard die opposisie ook al daarteen geveg het; en om die diepe verering waarmee sy volgelinge hom bejeÁn het, te verstaan, al het ’n mens dit nie gedeel nie.”

Die Daily Despatch van Oos-Londen: “Dr. Verwoerd was in baie opsigte ’n uiters merkwaardige man - ’n briljante student met ’n fotografiese geheue en ’n leier van ontwyfelbare moed en integriteit . . . Onwrikbaar het hy sy plig gedoen soos hy daardie plig gesien het en sy lewe het hy toegewy aan die diens van wat hy as die beste belange van ons land beskou het.”

Die Sunday Times het dr. Verwoerd bestempel as „een van die merkwaardigste manne wat Suid-Afrika ooit geken het” en sy dood as “ ’n onmeetlike, onberekenbare verlies vir Suid-Afrika”.

Dr. Verwoerd het so ’n vooruitsiendheid en ’n aanleg vir staatkunde gehad, het die blad voortgegaan, dat sy ontydige dood, om die waarheid te sê, ’n nasionale ramp word. Die briljante ontplooiing van sy beleid, die behendigheid waarmee hy gebeurtenisse gevorm het, die groot belofte wat vir die toekoms gebied is - al die dinge het in sy eie hande gelê. Nie alleen sy eie party nie, maar die hele land het, byna met ’n gevoel van ontsag, na hom opgesien om ’n voortsetting van daardie onverbiddelike mars na vore wat sy bewindsjare gekenmerk het...

Hy was ’n man van massiewe intellek en volslae politieke bedrewenheid, ’n staatsman wat nie slegs veranderinge van fundamentele en verreikende betekenis teweeggebring het nie, maar dit met verrassende, dramatiese welslae gedoen het.

Ook van nie-blanke kant het woorde van hoë waardering gekom. Die bantoeblad The World het geskryf: “Daar was Dinsdag party mense wat gereken het dat die dood van dr. Verwoerd hoop op die einde van apartheid inhou . . . Laat ons volkome verstaan dat ons land sy Eerste Minister en natuurlike leier verloor het. Ons moet daarom kalm wees en bid vir die toekoms van die land . . . Vandag treur ons, maar die dag van more kom.”

Die Post het geskryf: “Geen woorde is sterk genoeg om ons veroordeling van die moord op dr. Verwoerd uit te spreek nie . . . Op sy eie manier was hy een van die belangrikste manne wat Suid- Afrika ooit opgelewer het. Hy was ’n man van briljante intellek, ’n meesterlike strateeg, ’n man van oortuiging en hoë sedelike moed, ’n idealis, ’n vernuftige politikus, ’n sterk leier.”

Op Woensdag, 7 September, het die Volksraad byeengekom om ’n mosie van roubeklag oor die heengaan van dr. Verwoerd aan te neem. Vir die eerste keer in die geskiedenis is die openingsgebed, wat om die beurt in Afrikaans en Engels voorgelees word, gewysig. Die Speaker, mnr. H. J. Klopper, het ingevoeg: “In hierdie uur van beproewing sien ons op na U, o Here..

Na die gebed het hy “met diepe leedwese” die formele aankondiging gedoen dat daar ’n vakature ontstaan het in die verteenwoordiging in die Raad van die kiesafdeling Heidelberg weens die dood van Sy Edele dr. H. F. Verwoerd.

Daarop het dr. T. E. Donges, as waarnemende Eerste Minister en namens die Kaaplandse Nasionale Party, as onbestrede mosie voorgestel:

“Dat die Raad, diep onder die besef van die onherstelbare verlies wat Suid-Afrika gister op so ’n tragiese wyse gely het deur die dood van Sy Edele dr. Hendrik Frensch Verwoerd, sy innige waardering te boek stel van die voortreflike diens wat die oorledene oor ’n tydperk van meer as 18 jaar in die Parlement gelewer het - bykans tien jaar as lid van die Senaat, meer as agt jaar as lid van die Volksraad, agt jaar as Minister van Naturellesake en die afgelope agt jaar as Eerste Minister.

“Waar die Raad met opregte erkentlikheid hulde bring aan sy nagedagtenis, betuig hy ook sy innige dankbaarheid vir die onskatbare dienste wat hierdie vasberade en onwrikbare leier en staatsman aan sy land en volk bewys het.

“Die Raad besluit verder dat ’n betuiging van sy diepe meegevoel in hul droewige verlies aan sy weduwee en familiebetrekkinge oorgebring word.”

In ’n kort toespraak het dr. Donges gesê dat “ ...’n groot man ons ontval het, ’n man wat in elke opsig uitgeblink het, ’n man wat ryklik bedeeld was met talente en gawes van gees en verstand en wat al daardie gawes so vryelik en in oormaat tot diens van sy volk gestel het. Hy het nooit gevra nie; hy het altyd gedoen wat gedoen moes word.”

Al die dinge wat hy verrig het, het dr. Donges voortgegaan, “...kon hy doen omdat daar sekere essensiële beginsels was waaraan hy hom vasgebind het. Een van sy besondere kenmerke was sy selfloosheid. Hy het nooit teruggedeins vir enige opoffering wat hy vir sy land of volk moes maak nie. Daar was sy vasberadenheid, sy doelgerigtheid en die deeglikheid waarmee hy altyd sy dagtaak verrig het.”

Sir De Villiers Graaff, leier van die Verenigde Party, het homin die grootste eerbied met die woorde van dr. Donges vereenselwig.

“’n Man met die persoonlikheid en die kragtige gees van die Eerste Minister,” het hy gesê, “het ongetwyfeld verskillende denkbeelde by verskillende dele van die bevolking geskep. By ons hier in die Opposisie het hy die denkbeeld geskep van ’n oorweldigende meesterbrein wat die filosofie, die beleidsrigtings en die strategie van die Regeringskant van die Raad gerig het. Ons het gesien hoe hy dit wat bloot strewe was, verander in onmiddellike beslissings wat in werking gestel kon word. Ons het gesien hoe hy die ou konstitusionele opset in Suid-Afrika deur middel van ’n volkstemming in ’n Republiek omskep. Ons het gesien hoe hy verantwoordelik was vir ons uittrede uit die Statebond. Ons het gesien hoe hy gestalte en betekenis gee aan die hele filosofie van apartheid, en dit omskep in ’n beleid wat werklikheid geword het en wat gebruik kon word om die administrasie te lei en wat deur middel van wetgewing ’n blywende uitwerking op die toekoms van ons land kon hê ...

“Ek meen daar sal saamgestem word dat hy een van die voortreflikste manne was wat Suid-Afrika ooit as Eerste Minister en as politieke leier gedien het... Op persoonlike vlak het ek hom ’n man met groot persoonlike sjarme gevind, ’n man met ’n uitmuntende denkkrag, ’n man wat groot hoflikheid aan sowel sy vriende as sy teenstanders betoon het. Ek het die voorreg gehad om deur sy hele ampstermyn as Eerste Minister my huidige pos te beklee, naamlik die van Leier van die Opposisie. Ek wil graag getuig dat ons persoonlike betrekkinge deur daardie hele tydperk altyd van die hartlikste was, in weerwil van die druk en spanninge en krisisse en moeilikhede. Ek wil ook getuig dat ons deur sy samewerking in staat gestel is om die hoogste ideale en tradisies van hierdie Raad in ere te hou en om ons Parlementsinstelling ’n doeltreffende werktuig en ’n weerspieëling te maak van ons volk se standpunte en gevoelens van tyd tot tyd . . .

“Ek voel dat ek dalk nie méér kan doen nie as om aan te haal wat deur John Drinkwater geskryf is oor ’n ander groot staatsman, Abraham Lincoln, wat ook in sy amp deur ’n sluipmoordenaar om die lewe gebring is:

Now he belongs to the ages;

Events go by and upon circumstance Disaster strikes with the blind sweep of chance.

But as we spoke, presiding everywhere Upon events, was one man’s character,

And that endures; it is the token

Sent always to man for man’s own government.

Mnr. B. J. Schoeman het as Leier van die Raad en namens die Nasionale Party van Transvaal onder meer gesê: “Sy heengaan is vir ons ’n groot, onherstelbare verlies. ’n Mens kan dit byna nog nie begryp nie. Dit kan nog nie tot ’n mens deurdring dat hierdie dinamiese persoonlikheid, hierdie man met sy innemende geaardheid, hierdie man met sy geweldge dryfkrag en werklus, hierdie man met sy beslistheid en sy vasberadenheid, hierdie man met sy bekwaamheid en sy briljante brein van ons weggeneem moes word en dat hy nie meer daar is nie. Ons moet maar voortgaan; ons moet maar voortbou op die fondamente wat hy gelê het, want die mens kom en gaan, maar die lewe van jou land en jou volk bly altyd voortbestaan. Ons sal hom mis, en wanneer ek kyk na hierdie bloedvlek op die tapyt in die Raadsaal, dan voel ek dat dit hier moet bly om te dien as inspirasie vir ons wat hier is, en inspirasie vir die wat ná ons sal kom, want dit is die lewensbloed van een van Suid-Afrika se grootste seuns.”

Mnr. Abe Bloomberg het namens die Kleurlingverteenwoordigers gesê dat sy kollegas en hy sowel as die Kleurlingbevolking van Suid- Afrika “ons vereenselwig met die voorstel wat voor die Raad is en met die hulde wat gebring is aan die nagedagtenis van ons Eerste Minister...

“Suid-Afrika voel dat die nasie in rou gedompel is, en vandag staan alle Suid-Afrikaners, afgesien van ras of kleur of geloof of, inderdaad, van politieke oortuigings, verenig om hulde te bring aan sy geëerde nagedagtenis.”

Mev. Helen Suzman het namens die Progressiewe Party gesê dat “dié van ons wat saam met die Eerste Minister in hierdie Raad gewerk het, nie anders kon as om agting vir sy toewyding en sy ontwyfelbare bekwaamheid te hê nie . . . As vrou eerder dan as politikus betuig ek aan mev. Verwoerd en haar kinders my innige simpatie met hul tragiese verlies”.

Toesprake is ook gehou deur min. W. A. Maree, namens die Nasionale Party in Natal, min. J. J. Fouche, namens die Nasionale Party in die Vrystaat, en adjk.-min. J. G. H. van der Wath, namens die Nasionale Party in Suidwes-Afrika.

In die Senaat, waar die openingsgebed nog ingrypender gewysig is as in die Volksraad, is ’n soortgelyke mosie ingedien deur min. J. de Klerk, as Leier van die Senaat en namens die Nasionale Party van Transvaal.

Hy het dr. Verwoerd onder meer geroem as man wat ”geweet het wat dit beteken om sy mense met hom saam te neem, maar hy het dit nog beter verstaan om andersdenkendes met hom saam te neem ter wille van sy dierbare land, Suid-Afrika. As ek daaraan dink hoe hy geslaag het daarin om selfs wat vir ons op sekere tye in die politieke lewe gelyk het as iets onbereikbaars en iets onmoontliks, om die respek van andersdenkendes af te dwing, om die geloof in sy oortuiging by hulle bevestig te kry, en hoedat hy daarin geslaag het om tot die groot mate nasionale eenheid op ’n breë grondslag te bewerkstellig, al het mense nie vir sy party gestem nie, het hy tog die waardering gekry dat daar iets is in wat hy sê wat die moeite werd is om verder te ondersoek, en nie maar net blindelings met vooroordeel die hele tyd gemoeid te sit nie... Dikwels is hy mis verstaan. Mis verstaan in die opsig dat hy ’n drywer was en dat diegene wat hom gevolg het, napraters was van wat dr. Verwoerd gedink het en uitgewerk het. Dit is nie so nie. Hy was een van die grootste demokrate wat ek geken het. Hy het nooit ’n botsing in die Kabinet laat ontstaan nie. Hy het nooit ’n wanklank laat uitgaan nie en wanneer daar beslissings gevel moes word, het hy nooit misbruik gemaak van sy mag as Eerste Minister om onder andere eenvoudig te sê: Nou bly julle stil en so en so is dit besluit nie. As dit moeilike sake was, het hy liewer vir ’n dag of langer uitgestel. As dit problematies was, het hy elkeen se standpunt aangehoor, en hy het van die geringste argument wat ten gunste van of teen enigiets geopper is, kennis geneem.”

Sen. H. F. B. Oelrich, leier van die Opposisie in die Senaat, het gesê dat ’n mens nie juis ’n ondersteuner van dr. Verwoerd hoef te gewees het “om te weet en te erken dat hy ’n besonder begaafde, bekwame, hardwerkende en opregte persoon was nie; dat hy, in hierdie eeu waarin hy geroepe was om sulke geweldige verantwoordelikhede op sy skouers te neem, nie alleen in Suid-Afrika nie, maar deur die wêreld erken is as van die vooraanstaande leiers van ons huidige tyd. Met eerbied en respek sal sy naam in die geskiedenis van Suid- Afrika voortleef. Sy hoflikheid teenoor almal met wie hy daagliks in aanralcing gekom het, van die hooggeplaaste tot die nederige, was alom bekend en het kenmerkend geword van hom as persoon.”

Min. A. E. Trollip, wat namens Natal gepraat het, het gesê: “Ek dink nie dit is nodig om aan my kollegas hier in die Senaat te sê dat dr. Verwoerd Suid-Afrika was nie, en toe die dolk in sy hart gesteek is, is dit in die hart van Suid-Afrika gesteek.”

Sen. M. P. A. Malan het ook namens die Vrystaat gepraat, sen, M. J. Bekker namens Kaapland en sen. W. P. Louw namens Suidwes-Afrika.

Na al die jare staan die vraag steeds: Wat het John Vorster te sê gehad? Kon hy ‘n huldeblyk bring aan die man wie se bloeddruppels onder sy naels versteek was...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1397 gaste aanlyn