Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Net ‘n huigelaar bid vir ‘n lang lewe maar vrees die ouderdom. Moenie sê: “Nou is ek oud” nie. Sê liewer: “Ek het ‘n lewe wat nooit gaan ophou nie”.
PASOP VIR ROME!
Ds A.E. vd Berg
“.... En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan” (Openb.13:3).
In 1948 het George Orwill ʼn boek geskryf wat baie reaksie uitgelok het – 1984. Dit handel oor die stryd en nederlaag teen ʼn karakter wat hy BigBrother noem. Die karakter tree self nooit na vore nie; nogtans weet almal dat hy daar is. Hy sien alles, hoor alles en weet van alle doen en late. Wie nie na sy pype dans nie, kry die wind sterk van voor en word selfs doodgemaak. Dit maak mense bang vir hom. Mense wat hul teen hom verset, maar vir hom iets kan beteken, laat hy in rehabilitasiesentrums breinspoel totdat hulle aan hom onderdanig word en doen wat hy hulle aansê om te doen.
Kritici het destyds gesê dat die boek te vergesog is. Maar dit is nie. Die Bybel praat ook van ʼn Big Brother en noem hom die dier - die Antichris. Orwill het Openb.13 as basis vir sy boek gebruik om vir mense ʼn voorsmaak van die heerskappy van hierdie man in byderwetse kleure te skilder.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (16)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
By die gebouekompleks in 'n eensame vallei is ’n groot uittog aan die gang. Die hele plek is ’n byenes van aktiwiteite. In die kantore, by lessenaars en skryftafels, voor tikmasjiene en kabinette, is ongeveer twee honderd mense van verskillende nasionaliteite dringend besig. Telefone word beantwoord in verskillende tale, mense hardloop by trappe op en af, lêers word in kartonne gepak en na buite gedra; daar word die kartonne op vragmotors gelaai en van daar af verder vervoer. Geboue wat reeds ontruim is, word noukeurig gesluit en selfs die vensters word met planke toegeslaan. Dit is duidelik dat ’n permanente verhuising beplan word.
’n Entjie weg op die stoep van die groot kliphuis, hou ’n vrou die bedrywighede noukeurig dop. Sy is lank en skraal met pikswart hare wat tot op haar skouers hang.
DIE HEMEL IS WERKLIK (10)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
COLTON BURPO, KOLLEKTE- AGENT
Nadat ons by die huis gekom het, het ons vir 'n week gevoel asof ons in ‘n motorongeluk was. Ons wonde was net nie uiterlik nie. Goed, ek oordryf - maar nie baie nie. Ek en Sonja was totaal uitgemergel. Die sielswroegende kommer en spanning het hul tol geëis.
Een aand, omtrent 'n week na ons tuisgekom het, het ek en Sonja in die kombuis gestaan en oor geld gepraat. Sy het by 'n tafel oorkant die mikrogolf gestaan en die enorme hoop pos wat gedurende Colton se hospitaalverblyf versamel het, uitgesorteer. Elke keer wat sy ‘n koevert oopgemaak het, het sy 'n getal op 'n papier neergeskryf. Selfs van waar ek teen die spensdeur aan die oorkant van die kombuis geleun het, kon ek sien die kolom getalle was besig om baie lank te word.
Uiteindelik het sy die pen op die kombuistoonbank neergesit. "Weet jy hoeveel geld het ek nodig om dié rekeninge die week te betaal?"
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (15)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Nathan en Armoth vlieg hoog bokant die groot motor wat deur die pragtige somerlandskap voortspoed. Hulle taak is om die twee insittendes te bewaak, en alhoewel die twee hemelse wesens nie mooi weet wat aangaan nie, voel hulle tog dat Rafar dalk iets in die mou voer. Hierdie twee mense, die koerantman en sy verslaggewer, is ’n plofbare kombinasie en dis onwaarskynlik dat die bose magte hulle ongehinderd sal laat.
Eldon Strachan, eertydse rektor van Whitmore Kollege, woon nou op ’n plasie ongeveer ’n uur se ry vanaf Ashton. Toe Marshall en Bernice met die lang laning na die huis opry, besef hulle dat Strachan ’n netjiese persoon is. In die tuin is alles goedversorg en in orde — vrugtebome gesnoei, gras gesny en al die blombeddings skoon en onkruidvry.
“Wel, dit lyk asof ons darem vandag ’n normale persoon gaan besoek,” merk Marshall op.
DIE HEMEL IS WERKLIK (9)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
UITERS ONGEWONE GEBEDE
Vir nog 'n week na die noodappendektomie het Colton aanhou opbring, en ons het aangehou om twee maal per dag gif uit sy lyf te pomp met behulp van dr. O'Holleran se plastiekpype en granate. Stadig maar seker het Colton se toestand begin verbeter. Hy het ophou naar word, hy het weer kleur in sy wange gehad en hy het 'n bietjie begin eet. Ons het geweet hy was besig om gesond te word toe hy begin regop sit en met ons gesels, met die videospeletjie speel wat die verpleegster langs sy bed gesit het en selfs belangstelling getoon het in die splinternuwe sagte leeuspeelding wat Cassie vir hom gebring het. Sewe dae na ons aankoms by die hospitaal in North Platte het die mediese span eindelik gesê ons kan ons seun huis toe neem.
Soos soldate na 'n lang maar gewonne oorlog, was ek en Sonja afgemat, maar ook oorstelp. Op 13 Maart het ons die oorblyfsels van die lang hospitaalverblyf in 'n mengelmoes van tasse en plastieksakke gepak en aanstaltes gemaak na die hysbak. Ek het Colton in 'n rolstoel gestoot en Sonja het 'n klomp ballonne gedra.
Die hysbakdeure het reeds begin toegaan toe dr. O'Holleran in die gang verskyn en letterlik geskree het dat ons moet wag. "Julle kan nie gaan nie! Julie kan nie gaan nie!" Sy stem het in die gang weergalm terwyl hy 'n stuk papier in ons rigting gewaai het. "Daar is nog 'n probleem!"
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (14)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Toe die telefoon lui, weet Kate sommer dat dit Marshall is en dat hy weer nie vir ete huistoe kom nie.
“Marshall,” sê sy toe sy sy stem hoor. “Ek maak vanaand kos vir vier.”
“Ag Kate ...” begin hy en sy draai haar rug, sodat Sandy en Shawn wat in die woonkamer gesels, nie moet agterkom hoe ontsteld sy is nie.
“Asseblief, Marshall, ek wil jou vanaand tuis hê vir aandete. Jy is nooit meer by ons nie.”
“Kate, ek bel nie om te sê ek sal nie huis toe kom nie,” verduidelik Marshall. “Ek sal net ’n bietjie laat wees.”
“Hoe laat kom jy?”
“Ag . . . e . . . ek weet nie. So oor ’n uur miskien.”
“Marshall,” vervolg Kate dringend. “Ek is regtig bekommerd oor Sandy.”
“Oor Sandy? Waarom?”
SATAN SE DEMONE
ABUSSON EN TARTARUS
Daar word aanvaar dat Satan met sy opstand teen God in die hemel ‘n deel van die engele verlei het om saam met hom in rebellie te kom. Dat engele by geleentheid wel gesondig het en dat God teen hulle opgetree het, is ‘n Bybelse feit. (2 Pet 2:4; Jud. v. 6).
Na aanleiding van Openbaring 12:4 blyk dit ‘n derde van die engele te wees. Wat het met hierdie engele gebeur? Behalwe dié wat uit God se hemel gewerp is, maar nog vry rondbeweeg, is sekere gevalle engele ook die gevangenskap in ‘n plek met die naam Abusson, ook genoem die bodelose put, die afgrond of die onderwêreld (Luk 8:31; Op 9:1-2; 17:8; 20:1,3).
Volgens Joodse tradisie van daardie dae was Abusson ‘n plek êrens in die dieptes van die aarde, ‘n plek waar die gevalle geeste gevange gehou word. Dit is ook die gedagte in die Nuwe Testament. Dit blyk dat die demone wat nog vry is in die geestewêreld baie bang is vir die onderwêreld. (Luk 8:31).
DIE HEMEL IS WERKLIK (8)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
MINUTE SOOS GLETSERS
Vyftien minute later - dalk meer - het ek met droë oë uit daardie vertrek gestap. Dit was die eerste keer wat ek regtig alleen was vandat hierdie beproewing begin het. Ek wou sterk wees vir Sonja, 'n man sterk vir sy vrou. Ek het haar in die wagkamer aangetref, besig om haar laaste bietjie selfoonbatterykrag te gebruik om vriende en familie te bel. Ek het haar gedruk en vasgehou terwyl sy so teen my hemp gehuil het dat dit teen my bors vasgeplak het. Die bietjie batterykrag wat oor was op my selfoon het ek gebruik om Terri, my sekretaresse, by die werk te skakel. Sy sou die gebedsketting by die kerk aan die gang sit. Hierdie was nie 'n roetine-oproep nie. Ek was desperaat vir gebed, desperaat vir ander gelowiges om met hul vuiste teen die hemelse hekke te slaan en te smeek dat ons seun se lewe gespaar word.
SATAN SE NAME
In die Bybel word Satan verskillende name genoem. Elkeen van hierdie name het ‘n betekenis wat ons in staat stel om te weet met wie ons te make het.
Eerstens staan hy bekend as Satan: wat beteken teëstander, wat sy volhoudende pogings om God se wil teen te staan beskryf.
Tweedens word hy Duiwel genoem: dit beteken lasteraar, aanklaer of kwaadprater en verwys na ‘n groot deel van sy werksaamhede.
Derdens is hy die Slang: Sy listigheid steek hy in sy voorkoms van ‘n slang weg en probeer so mense mislei.
Lucifer: Voor sy val was hy waarskynlik een van God se voortreffendste engele en het hierdie naam môrester beteken, ook genoem die skynende een. Na sy val is hy nie weer so genoem nie. In Openbaring 22:16 noem Jesus Homself “die blink morester”.
Beëlsebul: God van die vlieë of god van die mishoop, pas hom soos ‘n handskoen. Selfs die Fariseërs noem Beëlsebul die owerste van die duiwels.
Belial: In die Bybel kom hierdie naam vir Satan net een keer voor, in Korinthiers 6:15, en beteken nutteloos en waardeloos.
Natuurlik is daar in die Bybel ook ander minder formele name vir Satan soos versoeker, die bose, mensemoordenaar, leuenaar, die vader van die leuen, owerste van hierdie wereld, god van hierdie wereld, een wat homself as ‘n engel van die lig voordoen, die groot draak en die aanklaer van die broeders.
MISDAAD AANGEMOEDIG DEUR GEEN VONNISSE
Die skrif is aan die muur wanneer 402 verdagte ontvoerders in hegtenis geneem word maar net 12 van hulle word skuldig bevind. Dit is syfers van wat in die Wes-Kaap aan die gang is.
Geen reg en geregtigheid geskied meer nie want diegene wat wel nog gevonnis word, dien dikwels nie hulle vonnisse uit nie en word lank voor die tyd reeds vrygelaat. Dit geld nie net vir ontvoerders nie maar elke misdadiger in ons land.
Wat eerstens verkeerd is, is dat daar uit 681 ontvoerings in die Wes-Kaap die afgelope jaar slegs 402 verdagtes in hegtenis geneem is, waaruit die 12 gevonnis is. In die meeste van hierdie gevalle was dit minderjarige slagoffers - blote kinders wat meesal die spit afbyt.
Die feit dat slegs 0,02% van misdadigers vir hulle oortredings boet moedig die totale misdaad in Suid-Afrika tot groot hoogtes aan. Wanneer daar weer behoorlike toepassing van vonnisse plaasvind sal dit merkwaardig wees om te sien hoe die misdaad in ons land daal.
DIE DINGE WAT ONS BEDINK
Hannes Ollewagen
Fil. 4:1-9
“Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.” (:8).
Ons onderskat meermale die uitwerking van ons gedagtes op ons menswees, op ons lewens. Is dit nie so dat die dinge wat ons gedurigdeur bedink eindelik die begeertes van ons hart sal vorm nie? En dat dit wat ons in ons binneste koester weer uiteindelik ‘n groot invloed op ons optrede en dade het nie? God het immers vir Petrus daarop gewys dat hy verkeerd optree omdat sy gedagtes nie suiwer was nie. “Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van mense.” (Matt. 16:23).
Ons sal maar versigtig wees om Petrus te kritiseer, omdat ons ewe maklik in dieselfde strik trap. Dink maar hoe gereeld ons op ‘n sekere wyse optree omdat ons dink aan dit wat mense van ons sal dink en sê eerder as om te dink wat God se reaksie daarop of gedagte daaroor sal wees. En so doen ons menigmaal dinge om ander mense te beïndruk en stel God in hierdie proses teleur.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (13)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Marshall besef dat hy een of ander tyd met Juleen Langstrat moet praat. Hy skakel die universiteit om haar te kontak, maar word ingelig dat sy die dag vry het. Die sekretaresse deel hom mee dat sy wel ’n privaatfoon het, maar die nommer verskyn nie in die boek nie.
Omdat hy haastig is, besluit hy om Darr te kontak. Hy is gelukkig om die man in die hande te kry en hy is maar te gewillig om te help. Hy het Juleen Langstrat se privaatnommer en sonder meer verstrek hy dit aan die koerantman. Marshall skakel die nommer. Maar dis besig.
Juleen Langstrat se woonkamer is dofweg verlig. Die gordyne is toegetrek en net een lampie brand op die kaggelrak. Die telefoon is ook van die mikkie afgehaal.
DIE HEMEL IS WERKLIK (7)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
WOEDEND VIR GOD
Vyf minute later het 'n man in 'n wit jas uit die radiografiese eenheid gekom. Ek onthou nie sy naam nie, maar ek onthou sy naamplaatjie het gesê: "Radioloog."
"U seun het 'n gebarste blindederm," het hy gesê. "Hy moet 'n noodoperasie ondergaan. Hulle wag vir u in teater. Volg my."
Uit die veld geslaan, het ek en Sonja agter hom aangestap. My slape het gebrand. 'n Gebarste blindederm? Het die dokter in Imperial nie uitdruklik dié moontlikheid uitgeskakel nie?
In die vertrek waar hulle Colton vir chirurgie voorberei het, het Sonja Colton op 'n bed geplaas, sy voorkop gesoen en weggetree toe 'n verpleegster nader staan met 'n aarvoedingsak en naald. Colton het onmiddellik begin gil en baklei. Ek het by my seun se kop gestaan, sy skouers stilgehou en hom met my stem probeer gerusstel. Sonja het weer langs Colton gaan staan en openlik gehuil terwyl sy probeer het om met haar lyf sy linkerarm en -been stil te hou.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (12)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Daardie Sondag is die Ashton Gemeenskapskerk heelwat leër as gewoonlik, wat natuurlik te wagte is, maar nogtans voel Hank dat die atmosfeer baie vryer en lewendiger is. Toe hy op die preekstoel staan en oor die gemeente uitkyk, sien hy al die bekende gesigte van sy ondersteuners en almal glimlag breed. Die Coleman’s is daar en ouma Duster, asook die Cooper’s, die Harris-gesin, die Squire’s en selfs Gordon Mayer en sy vrou. Brummel kon dit skynbaar nie maak nie, maar Sam en Helen Turner is ook daar. Soos gewoonlik is daar ’n paar gemeentelede wat maar so een keer per maand in die kerk opdaag. Vir hulle gee Hank ’n besondere glimlag om hulle welkom en tuis te laat voel.
Toe Mary die bekende lied “Hy is Heer” op die klavier voorspeel en Hank die sang inlei, merk hy dat twee persone agter by die kerk ingekom het en agter plaasgeneem het. Hy het hulle nog nooit voorheen gesien nie.
DIE HEMEL IS WERKLIK (6)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
"EK DINK DIS DIT"
Die radiografis het ‘n drankie gebring wat Colton moes sluk alvorens hy die skandering wou doen.
“Nee-e-e-e!"
"Maar Colton, jy moet dit drink!"
"Ne-e-e-e! Dis s-l-e-g!"
Colton se proteskrete het deur die eenheid weergalm. Hy was so uitgeput, so broos, so moeg om op te bring, en nou het ons hom probeer oorreed om 'n grillerige, dik, kersierooi oplossing te drink wat geen volwassene wat by sy volle positiewe in 'n miljoen jaar vrywillig sou drink nie. Uiteindelik het Colton 'n slukkie geneem, maar dit onmiddellik opgebring. Sonja was dadelik by om dit in die bakkie op te vang.
'N VLAG VIR DIE AFRIKANERVOLK
Ons leef al langer as twee dekades onder 'n vreemde heidense vlag in Suid-Afrika, maar daar sal reeds gedink moet word aan die toekoms en watter vlag ons as ons nasionale simbool wil gebruik as ons die dag die juk van die kommuniste afgooi. Om hierdie debat te begin is dit goed om weer na die geskiedenis van die sogenaamde "Republiekvlag" te kyk. RENCIA DE VILLIERS van die AFRIKANER NASIONALISTIESE BEWEGING neem die saak in oënskou.
"'n Land se vlag is 'n heilige simbool van sy oorsprong, geskiedenis en grootheid . Dit wapper oor land en see en in die lug, en deur die eeue heen was die mens gewillig om die hoogste offer, sy lewe, vir die verdediging daarvan te gee." Hierdie simbolisering van 'n volk se identiteit is 'n suiwer blanke begrip. Dit versinnebeeld jou herkoms sowel as jou toekoms. ‘n Eie kenmerkende nasionale vlag is die algemeen erkende simbool van eie nasieskap en in die geval van 'n vrye en internasionaal erkende volk is dit onontbeerlik. Daarmee saam gaan ook die landswapen en die volkslied. Dit is die simboliese uiting van die nasionale gevoel. Solank nasionalisme in 'n volk leef sal die volk leef. "Ons helde sal eers sterf wanneer die ideale waarvoor hulle gesterf het, dood is." Dít is een van die grondbeginsels van die nasionalisme. Hierdie ideale word versinnebeeld in die vlae, wapens en simbole van ons land.
DIE HEMEL IS WERKLIK (5)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
SKADU VAN DIE DOOD
Dit was Maandag 3 Maart. Die verpleegsters het Colton na 'n kamer geneem en 'n drup ingesit. Daar was twee sakke: een vir hidrasie en een met antibiotika. Ek en Sonja het saam vir Colton gebid. Norma het ingeloer met Colton se gunsteling speelding - sy Spider-Man- mannetjie. Gewoonlik sou Colton ekstaties wees om of Norma of Spider-Man te sien, maar hy het geen reaksie getoon nie. Later het ons vriendin Terri haar seun Hunter, Colton se beste maatjie, gebring vir 'n kuier. Weer het Colton nie gereageer nie; hy was amper leweloos.
Norma het op 'n stoel langs Colton se bed gesit en somber na Sonja gekyk. "Ek dink jy moet hom na die kinderhospitaal in Denver neem."
Maar op daardie stadium het ons die dokters vertrou en geglo dat alles gedoen word wat moontlik gedoen kon word. Colton was buitendien nie in 'n toestand om al die pad terug na Colorado te reis nie.
DIE DWALING VAN KINDERNAGMAAL
Ds A.E. vd Berg
“Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en die bloed van die Here”(1Kor.11:27).
Godsdiens afvalligheid skiet in Protestantse kerke soos paddastoele op ʼn mishoop op. Kerke wat nooit gemene sake met die Roomse Kerk (RK) gehad het nie, maak al hoe meer van haar tradisies, simbole en gebruike onder die dekmantel van liturgiese vernuwing gebruik. Dit word vanaf kansels as ʼn verdieping van die geloofslewe aangebied en mense sluk dit soos in die dae van Hosea: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis...” (Hos.4:6).
Geen Roomse tradisies of simbool verdiep die geloofslewe in Christus nie. Dit bind kerke eerder aan die wurgketting van die Vatikaan en boet almal beginsels in. ʼn Kerk wat beginsels versaak, begin by een, daarna word dit twee en so hou dit aan totdat daar niks meer oorbly behalwe die begeerte om te verander ten einde byderwets te wees nie.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (11)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Sandy en Shawn sit by ’n klein tafeltjie in die buitelug by een van die kampus kafeteria’s. Bokant hulle ritsel die rustige groen blare wat ’n blaredak vorm. Spatsels sonlig filtreer deur die blare en voeëls flits heen en weer op soek na broodkrummels en aartappelskyfies wat op die grond beland het. Alles is so stil en rustig. Dis Sandy se geliefkoosde plekkie, want daar is sy weg van al die struweling en onenigheid wat sy tuis ondervind.
Shawn geniet dit om broodkrummels op die rooi baksteen oppervlak neer te gooi sodat die mossies dit kan oppik.
“Dis darem wonderlik hoe die heelal inmekaar pas,” begin Shawn. “Die boom gee ons skaduwee, ons sit hier en eet en gooi kos vir die voëltjies en die voëltjies woon weer in die boom. Dis so ’n perfekte geheel.”
Dis vir Sandy ’n interessante gedagte. Sy verlang ineens so na vrede en rus.
“Wat gebeur as die heelal nie ineenskakel nie?” vra sy.
MOEDERTAAL ONDERRIG...
... EN DIE KOMMUNISTIESE AANSLAG TEEN AFRIKAANS
Afrikaans as onderrigtaal is tans weer die teiken van 'n spul jong oproermakers met 'n duidelike kommunistiese agenda. Afrikaans word veral as onderrigtaal aan universiteite, maar selfs ook by skole, ernstig bedreig. Wat is die ware agenda agter hierdie aanslag? SONJA VENTER kyk in hierdie artikel na die feite oor moedertaalonderrig, wat die kommuniste se propaganda daaroor in perspektief stel.
O moedertaal,
O soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Van al die tale wat ek hoor,
Niks wat my siel ooit so bekoor.
O moedertaal,
O soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Hierdie vers geskryf deur CF Visser, laat die vraag by mens ontstaan: Waar staan ons vandag ten opsigte van ons moedertaal en, meer spesifiek, teenoor onderrig in ons moedertaal? Die vraag met reg gevra word of hierdie wanpersepsie van onderrig in 'n volksvreemde taal uitgeroei sal kan word?