Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Almal moet soms op 'n ver afstand van die wêreld se gejaag staan sodat daar in stilte geluister kan word na wat binne die persoon afspeel. Dan leer mens om te luister na dít wat die oor nie kan hoor nie – ons orden ons waardes so, besin, beraam deurdagte planne, word verlig van innerlike spanning en druk, en droom so ons ideale sodat ons dit kan nastreef. Laat ons die Here vra om ons te help om genoeg stilte in ons lewens te kry sodat ons hierdie dinge kan doen.
DIE BEHOEFTE AAN SKRIFPREDIKING
DIE OU-OU TYDING...
Ds. A.E van den Berg
"When the chariot of humanity gets stuck, nothing will lift it out except great preaching. There is nothing in this case that will save the world but preaching."(David Lloyd-George).
Inleiding
Benewens die natuuropenbaring het God Hom ook deur die geskrifte van mense wat deur die Heilige Gees gedryf is aan mense bekend gemaak:
“En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie;want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek” (2 Pet,1:19-22).
Om dit te verduidelik, gebruik God predikers wat Hy tot sy diens roep wat sondaars tot bekering roep en gelowiges in die geloof opbou.
“Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig” (Rom.10:14,15).
GEESTE EN GEDAANTES (4)
Lees reeks by Geeste en Gedaantes
Spookstories “Vir die Waarheid” (SLOT)
Die moord op Donkerhoek
Die ou dokter sit eers so ‘n rukkie stil en bekyk sy vriende waarvan nou altwee voldoen het aan die ooreenkoms om te vertel van hulle eie persoonlike ontmoeting met die bonatuurlike. Hy, wat oorspronklik die voorstel gemaak het, kom volgens die uitspraak van die lootjies wat hulle moes trek, derde aan die beurt. Die ander drie wag nou belangstellend op hom.
“Wat ek julle gaan vertel is iets wat ek nooit sou geglo het nie. As ‘n ander mens dit aan my moes vertel, sou ek hom eenvoudig uitgelag het en hom beskuldig van ‘n sieklike verbeelding. Ek, as wetenskaplike man, mag my nie aan sulke stories steur nie... en tog, my eie oë en sintuie moet ek tog ten minste glo, nie waar nie?
“Dit was kort nadat ek afstudeer het in die medisyne, dat ek vir ‘n ander dokter op die dorpie Rietpoort plaasvervanger gaan speel het terwyl hy drie maande vakansie gaan hou het.
DIE OES WAT ONS OPLEWER
Hannes Ollewagen
Matt. 21:33-46
“En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang. Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en ’n ander een doodgemaak en ’n ander een gestenig.” (:34&35).
“Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ’n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.” (:43).
Dit is interessant hoedat God in verskillende tye deur ‘n soortgelyke gelykenis tot sy kinders spreek. Hy het in die tyd van Jesaja sy volk oor hul vrugtelose geloofslewe aangespreek. “En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het ’n toring daar binne-in gebou en ook ’n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring.” (Jes. 5:2). En baie jare later stuur God sy geliefde Seun om hierdie selfde boodskap weer by sy volk in te skerp.
ENGELE MET ‘N SENDING (7)
Lees reeks by Engele met 'n sending
God se sake van belang
Tydens ’n onlangse besoek het Gabriël vir my sewe dinge laat neerskryf waarna hy verwys het as “God se sake van belang.” Sewe is die Here se volmaakte getal! Ek het hierdie waarhede oordink, my siel daarop gevoed, hulle oor en oor geherkou omdat hulle vir my so lewend en waar gemaak is en volkome in ooreenstemming is met die Woord van God.
EERSTE SAAK: DIE BLOED VAN JESUS
Die boodskap wat die engele gebring het, het na die offer van Jesus verwys. Sy bloed is belangrik omdat dit voldoen het aan die vereistes vir geregtigheid, omdat die toorn van God afgewend en die rekord van die kwaad uitgewis is deur die storting van daardie bloed.
Waarom moes God se toorn afgewend word?
WEES NIE BEVREES NIE
Elke Afrikaner in ons land wat nog nie vermoor is nie en nie ‘n ander heenkome oorsee gevind het nie, sal in die komende jaar en drie dit baie nodig kry om toegerus te wees met nuwe krag en moed om nie net alleen staande te bly in ons stryd teen die verdrukking wat ons tans beleef nie, maar om in die krag van die Here ons vyand weer te oorwin en ons dierbaar Suid-Afrika weer vry te maak.
In Josua 1 vers 9 het die Here vir sy geroepe dienskneg gesê: “Wees sterk en vol moed. Wees nie bevrees of verskrik nie, want die Here is met jou, oral waar jy heengaan.” Die dapper Josua het dit geglo en met bomenslike krag, met die hulp van die Here, Israel se vyande verslaan en die beloofde land weer in besit geneem.
Daar was ook later in die geskiedenis van Israel die onverskrokke Gideon wat met net 300 man en die hulp van die Here die duisende Midianiete verslaan het. So was daar ook in die geskiedenis van die klein dapper Afrikanervolkie, manne soos Christiaan Rudolf de Wet en Jacobus Herculas de la Rey, wat ook met die hulp van die Here die demoniese Britse magte drie jaar lank weerstaan en teruggeslaan het.
GEESTE EN GEDAANTES (3)
Lees reeks by Geeste en Gedaantes
Spookstories “Vir die Waarheid” (2)
Ja, begin die kommandant, die verhaal van die dominee gee my moed om ook myne te vertel, want ek is ‘n man wat maar min geloof heg aan sulke dinge. En tog kan ek nooit vergeet wat met my gebeur het tydend die Tweede Vryheidsoorlog nie.
Laat my nou begin deur te vertel van my ou krygsmaat, wat ek nou Willem sal noem. Ons was bure daar in die oostelike Vrystaat, en boesemvriende van omtrent dieselfde ouderdom. In ons jongdae het ons saam skoolgegaan, saam na nooiens gery, saam op skiettogte gegaan en toe die oorlog uitbreek was ons saam op kommando. In alles was ons twee onafskeibaar en ons troue vriendskap en gedurige samestyn was naderhand spreekwoordelik onder ons kennisse en oorlogsmakkers.
Willem was ‘n onverskrokke kêrel, het enige ding gewaag en almal het gesê hy het geen bang haar op sy kop nie. Hy was dapper tot roekeloosheid toe en dikwels het hy my benoude oomblikke veroorsaak, want ons akkoord was dat waar die een gaan die ander ook sal gaan en nooit sou die een die ander in die steek laat nie. Ek kan nog goed onthou hoe ons twee eendag toe ons op spioenwerk uit was, teen ‘n vyandige mag vasgery het en in ‘n kits ons perde moes omruk en lelik onder die koeëls uit wegja. Dit gons en klap om ons dat dit ‘n naarheid is maar ons laat die perde loop vir al wat hulle werd is. En toe lol die vent se hoed om af te waai. En wat dink julle vang hy aan?
ONS LAND SÁL HERSTEL
Daar is genoeg Christene in hierdie land wat besef dat net 'n wonderwerk weer orde ná die chaos van die kommunistiese rewolusie sal bring. Terwyl sommige nog dink hulle sal in eie krag oorleef en plannetjies maak weet ons dat dit alleen God se genade in die vorm van 'n wonderwerk sal wees wat ons Gelofteland weer sal herstel tot 'n veilige hawe waar ons in vrede ons Vader kan dien. Onwillekeurig ontstaan die vraag dan hoe gebeur 'n wonderwerk.
In die Bybel vind wonderwerke op verskeie manier plaas.
Eerstens kan 'n wonderwerk al die bekende natuurwette oortref. Die skeppingsdaad was sekerlik dié wonderwerk wat alle natuurwette oortref het.
Ook vervang 'n wonderwerk die natuurwette, soos toe Elia teen die beginsels van die swaartekragwet opgevaar het na die hemel.
Natuurwette word ook opgeskort soos toe Christus op die water geloop het.
Wonderwerke vind ook plaas wanneer die natuurwette versterk word om 'n wonderbaarlike gevolg te hê, soos toe Jesus water in wyn verander het.
Dan kan 'n wonderwerk die wette van die natuur in 'n ander rigting stuur, soos toe die waters van die Rooi See geskei is.
ONTBLOOT DIE LEUENS OOR DR VERWOERD
Nou, 53 jaar later kan daar geen twyfel bestaan dat die moord op dr HF Verwoerd 'n waterskeidingsgebeurtenis in die lewe van die Afrikanervolk was nie. Dit het 'n einde gebring aan 'n tydvak van ongeëwenaarde, groeiende prestasies op militêre, politieke, geestelike, ekonomiese en ander terreine sedert ons volk in die laat agtiende eeu tot 'n bewuswording van sy afsonderlike identiteit as 'n volk gekom het. Terselfdertyd het dit meer as 'n halwe eeu van abdikasie en kapitulasie ingelui wat in sy spoed en intensiteit waarskynlik ook ongekend in die geskiedenis van volkere is.
Daar kan ook geen twyfel wees dat, as dié proses toegelaat word om so voort te gaan, dit uiteindelik op die totale vernietiging van ons volk sal uitloop nie. As ons as 21ste eeuse Afrikaners die voortbestaan van ons volk wil verseker en 'n toekoms vir ons kinders wil skep, is dit dus van kritieke belang dat ons die ware feite van die geskiedenis bemagtig en die regte perspektief daarop vorm.
ENGELE MET ‘N SENDING (6)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Vervolg op die troonkamer
Een vir een het die 120 gebeurtenisse op die spesiale lys wat God vir my gegee het toe ek in die Troonkamer was, begin plaasvind in die presiese orde soos dit op die lys voorgekom het! God het gesê dat hierdie tekens vir my bakens op die pad sou wees as bevestiging van my besoek aan die Troonkamer!
Terwyl ek daar was, het God my in ’n visioen na my eie kantoor op die aarde geneem en my ’n dame laat sien wat by die okkulte betrokke was. Hy het nie vir my haar naam gesê nie, maar in ’n breuk-deeltjie van ’n sekonde het ek haar duidelik gesien en al die besonderhede van haar voorkoms waargeneem. In die visioen het God my beveel om die geeste te bind, hulle uit te werp en haar te bevry en dit is net wat ek gedoen het!
Die volgende Dinsdagaand het ’n vrou in my kantoor ingekom presies aangetrek soos die Here haar vir my gewys het en sy is volkome bevry net soos ek haar in die visioen in die hemel gesien het. Dit was item nommer een op my lys.
ENGELE MET ‘N SENDING (5)
Lees reeks by Engele met 'n sending
My besoek aan die troonkamer
Een Saterdagaand in Januarie 1977, omtrent 22h30, het ek by my lessenaar gesit en mediteer en bid, besig om my hart voor te berei vir Sondag. Ek het met my kop op my arms op my lessenaar gelê toe ek skielik, sonder enige waarskuwing, uit my kamer uitgeneem is!
Ek het ’n stem hoor sê: “Kom saam met My na die Troonkamer waar die geheime van die heelal gehou word!” Ek het nie tyd gehad om te antwoord nie; afstand beteken vir God niks nie! Dit was soos die klap van vingers — boem — en ek was daar! Toe eers het ek die stem wat met my gepraat het herken as die stem van die Almagtige God!
Ek was senuweeagtig en God het vir my gesê om te ontspan. Hy het gesê: “Jy hoef niks aan My te bewys nie, omdat Ek jou reeds ken.” Ek het begin ontspan, al was dit vir my so geweldig dat dit vir my moeilik was om te verstaan wat gebeur het.
IN DIE POEL VAN VUUR
Ds AE vd Berg
“En as dit bevind is dat iemand se naam nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb.20:15)
Min dinge is so onaangenaam as ʼn nare lewenservaring, veral as jy dood kon gewees het bv. in ʼn motorongeluk, amperse verdrinking, motorkaping ens. Maar wat is die heel slegste ding wat ʼn mens kan oorkom? Om te sterf en jou naam staan nie in die boek van die lewe opgeteken nie!
Jy kan van alle ander nare ondervindings herstel, al vat dit ook jare want jy leef. Jy het tyd aan jou kant. Sonder tyd, is geen herstel moontlik nie. Dan is dit vir ewig te laat. Tyd is ʼn skip wat net eenmaal anker laat sak. Daarom moet ons wat aan boord is, die regte ding doen voordat dit vasmeer.
Dis byna ondenkbaar om te dink dat tyd eendag tot stilstand gaan kom en die aarde ophou bestaan. Maar dit gaan en dis nie baie ver nie. Alhoewel ons nie die datum weet nie, gee Jesus wel tekens as ʼn aanduiding dat die tyd naby is dat tyd gaan ophou. Tydens die hemelvaart sê die engele: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom sien wegvaar het” (Hand.1:11). As Jesus kom, gaan die horlosie van die wêreld vir altyd staan.
GEESTE EN GEDAANTES (2)
Lees reeks by Geeste en Gedaantes
Spookstories “Vir die Waarheid”
Hulle sit voor die groot vuur wat in die kaggel brand van die hotel by daardie eensame strandplek... ag, wat is die naam nou weer...? Nou ja, dit kom daar nie op aan nie. Buitekant speel die elemente rondomtalie en een van daardie storms wat so nou en dan die vakansiehouers se stille rustigheid verstoor, vier vanaand weer hoogty. Dis lekkerder voor die vuur, né! Die ou dokter lê agteroor in die gemakstoel, sy oë gesluit. Die dominee sit langs hom en leun vooroor om in die rooi vlamme te kan tuur; die boer sit op ‘n lae bankie aan die kant van die kaggel en krap kort-kort tussen die kole in met ‘n langerige houtstok wat hy in allerhande fatsoene met sy knipmes sit en sny. Die ander man sit regop in ‘n militêre houding – hy is ‘n afgeleefde kommandant en in sy oë en om sy mond is daar nog die trekke van die gebiedende aanvoerder.
Die vier loop almal reeds taamlik laag teen die helling van die lewensafdraande. Hulle is ou vriende en baie jare al kom hulle gereeld elke jaar hier by die stille strandplek bymekaar om oor die “ou dae” te gesels. Vanaand is hulle wonderlik stil en die geselskap kan nie verder as gewone aanmerkings oor die geweld van die storm daarbuite vorder nie.
Naderhand praat die ou dokter.
DIE MOORD OP DR HF VERWOERD
Die Dinsdagoggend, 6 September, het dr. en mev. Verwoerd omstreeks sewe-uur per vliegtuig van die militêre lughawe Waterkloof, in Pretoria, na Kaapstad vertrek. Agter hulle het hulle ’n lang naweek vry van kommer en sorge gehad. (Die Maandag was ’n openbare vakansiedag, Setlaarsdag.) Die grootste deel van die naweek het hulle op hul plaas, Stokkiesdraai, aan die Vaalrivier, deurgebring. Hulle is die Vrydagmiddag na dr. Verwoerd se ontmoeting met hoofman Jonathan daarheen.
“Dit was ’n naweek soos min,” het mnr. J. B. Wolfaardt, bestuurder van Stokkiesdraai, later gesê. “Doktor het dit werklik lank laas so baie op die plaas geniet as in dié naweek. Hy was besonder opgewek. Soos altyd was hy vol planne vir wat nog alles gedoen kan word, en hy het die plaas platgestap.”
ENGELE MET ‘N SENDING (4)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Die bediening van engele
Deur die geïnspireerde boodskappe wat die engele gebring het, het die Here my wonderlike waarhede geleer wat ek nooit deur intensiewe studie sou leer nie. Toe God hierdie waarhede onder my aandag gebring het, het Hy nie gesê: “Kyk of jy hierdie waarhede kan snoei om dit in jou leerstellige konsepte in te pas nie. Kyk of jy hulle in die beroep wat jy gekies het kan inpas.” Hy het nie eers laat blyk dat Hy van enige posisie of beroep geweet het nie! Hy het net gesê: “Dit is wat gaan gebeur!”
In die ontsagwekkende teenwoordigheid van God se engele, het ek dikwels soos Maria gevoel wat gesê het: “Laat dit met my gaan volgens u woord” (Lukas 1:38). Toe Paulus gesê het: “ . . . daar het in hierdie nag by my gestaan ’n engel van die God aan wie Ek behoort, wat ek ook dien” (Handelinge 27:23), het hy ook geweet dat wat die engel gesê het sou gebeur! Op dieselfde wyse WEET ek dat hierdie boodskappe wat van God se hart afkom, steeds besig is om die hel te beroof van toekomstige inwoners.
‘N LEWE SAAM MET HOM
Hannes Ollewagen
Génesis 6:1-22
“Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.” (:9).
Daar is baie mense vir wie daar geen groter vrees is as om alleen te wees nie. Hulle kan nie vir ‘n paar ure alleen wees nie en is deurgaans opsoek na geleenthede om in ander mense se geselskap te wees.
Daar is egter geen groter eensaamheid as om van God verlate te wees nie. Ek wonder soms hoeveel mense gedurig na geselskap soek om juis daardie gevoel van verlatenheid te probeer ontwyk? En ironies genoeg is die uitweg hiervoor om juis genoeg tyd in te ruim in u lewe om uself met God af te sonder en alleen met Hom te vergader.
BID, EN GLO, MY VOLK!
Ons het ‘n skrywe ontvang van Peet van Schalkwyk in verband met die artikel wat gister op Gelofteland verskyn het, EERS ZIMBABWE, NOU SUID-AFRIKA.
Peet skryf:
Geagte Webmeester,
Ek het groot waardering vir u insiggewende webblad wat soveel verskeidenheid bevat. As voorbeeld was daar vandag ‘n artikel om ons roemryke geskiedenis met ‘n Eerste Wêreldland onder dr HF Verwoerd te herdenk. Ook was daar ‘n boeiende artikel oor engele se waarde en doel in die hand van ons Here Jesus. En dan was daar die artikel oor hoe Suid-Afrika nou by die punt gekom het wat Zimbabwe destyds geknak het.
Wat laasgenoemde artikel betref, weet ons dat ons aan die einde van ons blanke voorspoed gekom het en dat die finale ineenstorting vir ons om die draai wag waar die blankes net soos in Zimbabwe uitgemoor sal word indien hulle nie betyds vlug nie.
SEPTEMBERMAAND – VERWOERDMAAND (2)
DR VERWOERD SE KINDERJARE
Nog ‘n werk wat in geheel op Gelofteland by die skakel Herinneringe aan dr HF Verwoerd verskyn, is ‘n biografiese skets van dr H O Terblanche. Dit gaan meer oor sy kinderjare, vertel deur sy jonger suster Lucie.
Lucie vertel:
In Wynberg het die twee seuns allerhande kattekwaad aangevang. Op die hoek van ons straat, Mortimer Road, was daar 'n sinagoge. Dit moet nog daar wees. Dit was welbekend dat iemand homself in die sinagoge opgehang het en dat dit daar spook. Hendrik en Len het toe van Ma se lakens gesteel en ná donker gaan spook speel, kastig om die Jode bang te maak.
Volgens Ma was Hendrik eintlik nog te jonk, maar die juffrou van die Evangelies-Lutherse skool in Waterloo Road, het kom pleit dat hy asseblief moet kom om haar getalle vol te maak.
EERS ZIMBABWE, NOU SUID-AFRIKA
Na 'n lang stryd tussen die behoudende Blanke en die Swart kommuniste is Zimbabwe in 1980 aan die Swartman oorgelewer. Robert Mugabe en sy bende het hierdie mooi land destyds oorgeneem en kort daarna het die Blankes in een dik stroom die land verlaat. Duisende het na Suid-Afrika getrek op soek na 'n beter lewe onder die destydse NP-regering, terwyl ander uitgewyk het na lande soos Brittanje, Australië en Nieu Seeland. (Klink dit bekend?)
'n Minderheid Blankes het in Zimbabwe oorgebly en hoewel Mugabe en sy makkers onmiddellik begin het om die land te plunder, is dié paar Blankes daar geduld. 'n Groot deel van hulle was betrokke in die landboubedryf, hetsy as boere of in 'n sekondêre sektor wat aan die landbou verbonde is. Op hierdie manier het Zimbabwe se ekonomie nie eensklaps in duie gestort nie, ten spyte van die plundering wat onder die nuwe Swart regime plaasgevind het.
Soos die jare egter aanbeweeg het, het Mugabe en sy regime al hoe meer korrup geraak en Blankes wat agtergebly het in dié land het stelselmatig hulle geld uit die land begin vat en later self gevolg, op soek na 'n beter lewe elders. Teen 2000, presies twintig jaar na die oorname van Mugabe en sy Zanu/PF party, was Zimbabwe se ekonomie net 'n leë dop. Weens die gulsigheid van die Swart kommuniste, wat wette gemaak het om die rykdom van die Witman aan hulself toe te eien, het die Witman die land verlaat en die ekonomie is teen daardie tyd hoofsaaklik gedra deur die paar duisend Blanke boere, wat steeds voedsel geproduseer het in die land wat in die sewentigerjare eens die "Broodmandjie van Afrika" genoem is.
ENGELE MET ‘N SENDING (3)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Goeie nuus vir u en u familie
Gedurende die nag van 18 Junie 1978, het ek op my gewone tyd bed toe gegaan met geen vooraf kennisgewing dat iets op die punt was om te gebeur wat my hele lewe sou verander nie!
Omtrent drie uur die oggend is ek eensklaps gewek deur iemand wat my aan die arms gegryp het en my regop in die bed laat sit het! Die kamer was donker omdat die blinders afgetrek was, maar daar was genoeg lig van buite sodat ek die buitelyne van ’n groot wese kon uitmaak.
Om die minste te sê, ek was bang want hy was sterk en ek kon nie uit sy greep loskom nie. My vrees het nie lank geduur nie, omdat ek gou bewus geword het van ’n bonatuurlike teenwoordigheid en dit het nie lank geneem om te besef dat hierdie wese ’n engel van God was nie. Hy het dit bevestig, my skouers laat los en vir my gesê dat ek nie bang moes wees nie! Toe het hy gesê dat God hom gestuur het omdat die gebede van sy kinders gehoor is en hy moes die boodskap kom oordra dat hulle gebede nie slegs gehoor is nie, maar dat dit verhoor is! Halleluja! Ek het nie gedroom nie, dit was nie ’n visioen nie, dit was iets baie, baie werklik.
SEPTEMBERMAAND – VERWOERDMAAND (1)
Dit is weer Septembermaand, tradisioneel Verwoerdmaand, en is dit ons hier voorreg hier by Gelofteland om weer hulde te bring aan hierdie groot staatsman.
Daar is so baie oor dr HF Verwoerd te sê dat mens maar net uittreksels uit sy lewe kan plaas. Een van die mense wat dr Verwoerd baie goed geken en verstaan het, is sy sekretaris, Fred Barnard. U kan die volledige boek van Barnard op Gelofteland vind by die skakel 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
Fred Barnard skryf oor dr Verwoerd:
(1961 se statebondkonferensie) ''Sommer met die eerste oogopslag was dit duidelik dat die hele Londen met al sy voorstede op dr Verwoerd, daardie 'monster' van Afrika, gewag het. Persmanne, fotograwe, televisiemense en slordige langhariges was daar by die dosyne. Jy kon jou eenvoudig nie draai nie of daar was een van hulle; grotes, kleintjies, swartes, geles, gladgeskeerders en bebaardes; die hele boel was daar om iets te probeer aas vir die meer as 'n dosyn dagblaaie wat hierdie wêreldstad bedien en vir die baie honderde koerante oor die hele aardbol.