Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy maak 'n aktiewe keuse wanneer jy besluit wat jy gaan doen, hoe jy dit gaan doen en wanneer jy dit gaan doen. Wanneer jy 'n besluit in die lug laat hang, maak jy egter ook 'n besliste keuse. Jy doen dit egter net passief. As jy nie 'n keuse maak vir positiewe optrede nie, kies jy in werklikheid die neutrale of die negatiewe. Jy bedrieg jouself deur te dink dat jy nie 'n keuse wil of kan maak nie.
WINTER
Pieter Botha
Oor die vlakveld het die winter
met sy asvaal hand gegryp,
al die blomme, al die blare,
al die groen gras geel geryp.
LOUTERING
Pieter Botha
‘n Motreën sprinkel oor die dakke heen
en giet die kale eikestamme nat...
Die skeemring sif-sif vinnig oor die stad,
‘n Berg staan roerloos vér in mis versteen.
AL BEVREDIGING
J H Breytenbach
Wat waar en eerlik is, dit soek my siel,
die groen van dennetakke teen die bloue lug,
die sagte kweek wat langs die water rus,
die sober middernagtelike reëngesug,
AAND
J P Botha
‘n Afskeidsgloed wat purper aan die horison
sy laaste boodskap tot die vlaktes wuif,
verstom oplaas, as stadigaan die duisternis
begin om met sy inkswart besem rond te vee
tot bome roerloos swart in silhoeëtte droom
oor mensgeluk wat was, oor menseweë wat kom...
DIE OES STAAN RYP
J P Botha
O maaiers van Gods akker,
Die arbeidsveld lê woes;
En waarom staan jul ledig,
Met sekels rooi van roes?
Jul eet en drink so lekker,
Jul lag en juig so bly –
Maar God die Heer gebied dit:
“Die werkdag gaan verby!”
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (16)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
My landing in Suid-Afrika
Die rubberbootjie, vyf voet lank en halfpad so breed, is opgeblaas en my reistas, wat in 'n stuk rubberdoek toegedraai was om dit wagterdig te hou, is stewig op die bootjie vasgebind. In 'n seilsakkie is 'n paar stukkies droëwors, 'n hoeveelheid blokkies druiwesuiker en drie botteltjies sodawater gepak. Teen nege-uur die aand was alles gereed. Nog 'n paar uur se vaar sou ons binne enkele myle van die kus bring. Deur dieptebommetjies langs die boot af te gooi kon vasgestel word of ons nie miskien op 'n sandbank afstuur nie. Ek het intussen gaan slaap.
Sowat eenuur die nag is ek deur luide stemme gewek.
"Dis waansin en ek dra die verantwoordelikheid vir 'n veilige landing," het ek Nissen se stem gehoor.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (15)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Van Frankryk na Suid-Afrika met 'n seilboot
Sowat tienuur die oggend van 1 April 1941 het twee kusvaarders die Kyloe op sleeptou geneem. Ek het op die agterdek gestaan en die vasteland gegroet. Met 'n rein gewete het ek die lang tog begin. Ek vaar die dood tegemoet. Niemand weet wat my planne is nie, nie eens ek self nie. Die daad en die daad alleen gaan my selfopgelegde missie vertolk. Ek is alleen aan God verantwoording verskuldig en aan niemand anders nie.
DIT IS KERSFEES
KERSFEESDIENS
Ds Andrè vd Berg
“Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe....”(Joh.3:36).
By geleentheid loop ʼn Amerikaanse Jood ʼn vriend na baie jare raak en vra hoe dit met hom gaan. Die man kla toe dat hy sy seun vir ʼn jaar Israel toe gestuur het en dat hy as ʼn Christen teruggekom het. Die vriend vertel die man toe dat dieselfde met hom gebeur het. Hy het ook sy seun Israel toe gestuur en hy het ook as Christen teruggekom. Hoe was dit moontlik?
Hulle besluit toe om ʼn Rabbi te gaan vertel wat hul iets soortgelyks meegedeel het. Sy seun het ook uit Israel as ʼn Christen teruggekeer. Hulle vra hom toe om die nag met God daaroor te praat en die volgende oggend te kom hoor wat God vir hom gesê het. Toe hulle die volgende oggend by hom kom, sê vir hy hulle: “God het gesê dat Hy ook sy Seun Israel toe gestuur het!” En dis wat ek op hierdie Kersdag aan julle verkondig – God het sy Seun aarde toe gestuur om verlore siele te red.
WAAR STAAN JY!
Johan Hack
Pof. Johan Bosman het ‘n artikel geskryf in die APK se Junie 2019 uitgawe van die Boodskapper, oor Christelike plig tot gewapende verset:
Ons lees nou meer gereeld oor ons Christelike plig om oor te gaan tot gewapende verset. Dit is iets wat deel uitmaak van ons geskiedenis, ons ontstaan en wat uiteindelik gelei het tot ons voortbestaan, eerstens as Christen en dan as Afrikanervolk. Het die Voortrekkers nie ook die wet van die Britse ryk verontagsaam toe daar ‘n beperking geplaas is op die hoeveelheid buskruit wat saamgeneem kon word tydens die trek nie?
Hoeveel van ons is moeg vir die wetteloosheid in ons land, die onregverdige behandeling omdat ons blank is en dan verder vertrap word omdat ons Afrikaans is. Let op die veragtende kyk van anderskleuriges wanneer ons verby hulle loop of ry, veral van die jonger geslag wat nie eers apartheid ervaar het nie en steeds vashou aan hierdie ‘onreg’ wat hulle glo aangedoen is. Die Psalmdigter skryf ook in Psalm 123:3-4 van so ‘n veragting. “Wees ons genadig o Here, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting; meer as versadig is ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards!” Let op die uitroepteken aan die einde van vers 4.
WIE SWAAI DIE SEPTER? (6)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
Die groot towerlamp: bioskoop, radio, televisie (2)
Televisietegnieke is soortgelyk aan bioskooptegnieke, maar eersgenoemde is baie doeltreffender vir propaganda. Televisie het twee groot voordele bo films.
Dit is in die eerste geval binne-in die huis en dus toegankliker en tweedens is dit 'n volmaakte werktuig vir dokumentêre films en nuus, waar behendige redigering of vals byskrifte, verdraaiings en beklemtoning meebring wat wissel van vooroordeel tot blatante leuens. Een van die televisie-effekte op die menslike psige, wat die minste begryp word, is die een van distansiëring. Deur hierdie proses word die kyker onverskillig gemaak teenoor die werklikheid en nie in staat gestel om tussen die belangrike en die onbenullige te onderskei nie. So 'n situasie word geskep deur die kaleidoskopiese aanbieding van stof oor 'n ydperk van drie of vier uur. Nuusbulletins, advertensies, popgroepe, wetenskaplike besprekings, komedies en kultuurprogramme volg mekaar op en sodoende vind 'n groot gelykmakingsproses plaas. Aan niks word absolute of selfs betreklike belang toegewys nie.
GEESTELIKE VRYLATING
Ds André vd Berg
Aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart; om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” (Jes.61:1)
Dis oor ʼn paar dae Kersfees. Kersfees is anders as die res van die Christelike feesdae omdat dit uitsluitlik van vreugde spreek. Tydens Lydenstyd raak ons bedroef as ons aan Jesus se lyding dink, maar Kersfees is vreugde. ’n Mens sou graag van die Kersfees-gees in flesse wou bewaar en maandeliks een oopmaak.
Dis goed om tydens Kersfees opgewonde soos ’n kind te wees, want ons Verlosser het immers as kind na die aarde gekom. Kersfees moet egter in ’n mens se hart wees. Wie dit nie in sy hart het nie, soek tevergeefs daarna in geskenkpapier toegedraai. Kersfees is ’n hartsaak.
Kersfees is ’n tyd van die jaar wat ’n mens nie alleen wil deurbring nie.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (14)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Voorbereiding om na Suid-Afrika te vertrek
Terwyl ek besig was met 'n bevorderingskursus, is ek deur konsul-generaal Rudolf Karlowa na Berlyn ontbied. Volgens opdrag moes ek in burgerlike drag voor hom verskyn.
"Ek het toestemming van die Führer gekry om jou tot aan die kus van Suid-Afrika te vervoer," het die konsul-generaal gesê.
WIE SWAAI DIE SEPTER? (5)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
Die groot towerlamp: bioskoop, radio, televisie (1)
Namate 'n kultuur verval, verloor dit sy werklikheidsin en begin dit skuiling nek in verskeie vorms van ontvlugting. 'n Moedverlore, verwarde en opelose volk val terug in 'n wereld van subjektiwiteit en fantasie. Die liberalisme het die fonteine, wat 'n gesonde nasie voed, vergiftig. Lewensdoelgerigtheid van gees hang af van groepsgebondenheid, trots, patriotisme en vertroue. Die liberalisme ondermyn juis hierdie eienskappe en vervang groepsgebondenheid met integrasie; trots met skuldgevoelens; doelgerigtheid met rigtingloosheid; patriotisme met wêreldburgerskap; vertroue met wanhoop. Materialisme en selfbelang vervang godsvrug en gemeenskaplikheid. Die patologiese simptome wat vertoon word is 'n terugtrekking na die fiktiewe, onbetrokkenheid en die drang om die eerllikheid op 'n afstand te hou. Dis hier waar die film- en televisienywerhede hulle rol so meesterlik speel.
AAN GOD DIE EER!
Hannes Ollewagen
Ps. 81:1-17
“In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.” (:8).
Daar is deur die genade van die Here jaarliks nog volksgenote wat getrou die Gelofte van Bloedrivier nakom. Die Gelofte wat ons voorouers gemaak het dat ons hierdie dag van oorwinning jaarliks as ‘n dankdag en soos ‘n Sabbat sal deurbring en op hierdie wyse die eer en roem van oorwinning aan God sal laat toekom.
Daar is ongelukkig ook baie mense wat allerhande verskonings probeer formuleer waarom hierdie dag nie eerbiedig hoef te word nie. Ons hoor byvoorbeeld gereeld dat mense van mening is dat ons voorouers nie namens ons hierdie besluit kon neem nie. Hulle kon nie namens ons aan God ‘n Gelofte maak en hul nageslag hierdeur bind nie. Feit is dat hulle kon. En hulle het. Daar is baie dinge wat ‘n mens doen, goed en sleg, wat op jou nageslag en hul latere nakomelinge ‘n invloed uitoefen. Jy het tog geen sê gehad in wat jou naam behoort te wees nie en jy aanvaar hierdie besluit van jou ouers eenvoudig as ‘n keuse wat hulle moes maak. Jy het geen sê gehad in die erfporsie wat vir jou nagelaat is nie, maar jy protesteer nie te veel daarteen dat iemand ‘n gunstige besluit geneem het om vir jou ‘n erflating te laat toeval nie.
BOTSING VAN KULTURE IN GEFRUSTREERDE NSA
Met dank ontvang vanuit ‘n Nuusbrief van die ANB
In 'n vorige nuusbrief van die ANB in 2018 is die aard en inhoud van Afrikanernasionalisme uitgespel. Een van die basiese uitgangspunte en beginsels van Afrikanernasionalisme, wat ook as basis vir die suksesvolle beleid van apartheid tussen 1948 en 1966 in SuidAfrika gebruik is, is dat die skeiding van rasse, volke en kulture, juis konflik, frustrasie en die inperking van mense se vryheid voorkom.
Hierdie waarhede en die gevolge van die verontagsaming daarvan word in die hedendaagse Suid-Afrika al hoe duideliker. Die konflik tussen volke en frustrasie onder alle volke in die land ten opsigte van dinge soos integrasie van woongebiede – en gevolglik ook hospitale, skole en universiteite – word elders in hierdie nuusbrief in fyner besonderhede bespreek. 'n Verdere aspek in hierdie verband wat deesdae al hoe meer na vore kom, is die aanslag op die wet en orde – met ander woorde die gereg (polisie) en die regstelsel (howe) in Suid-Afrika.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (13)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Ek word valskermsoldaat
Vroeg die volgende dag het die bevel oor die telefoon gekom: "Meld jou more aan by die valskerm-opleidingsentrum in Stendal. Van die offisier in bevel sal jy verdere opdragte ontvang. Onthou: die strengste geheimhouding word van jou verwag."
Hierdie waarskuwing het ek beslis nie nodig gehad nie. Dit was teen elke muur opgeplak en in elke film vertoon: "Duitsland, die geboortegrond van Nasionaal-Sosialisme, is in gevaar. Pas op vir spioene!"
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (12)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Die Tweede Wêreldoorlog
Die donker, onheilspellende oorlogswolke het op 3 September 1939 in 'n onvergeetlike storm losgebars. Die vurige hoop dat my vaderland neutraal sou bly, is die volgende dag verydel. As burger van 'n vyandelike land kon ek net soos baie uitlanders in Duitsland aangekeer en geïnterneer word. Van vlug was daar geen sprake nie. Duitsland het sy vinger op elkeen binne sy grense gehad. Die geld waaroor ek beskik het, was reeds in 'n bank in Londen bevries. Dae en nagte lank het ek ernstig oor my posisie nagedink. Ek wou en moes terug na my eie land. Die vraag was egter, hoe?
WIE SWAAI DIE SEPTER? (4)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
The Citizen het darem 'n artikel teen kommunisme gepubliseer. Die Suid-Afrikaanse pers verwys selde na die werklike toestand in Angola of Mosambiek, maar verkies om te praat oor ekonomiese inter-afhanklikheid ('n eufimisme vir finansiële en tegniese steun vanaf Blank Suid-Afrika), en die noodsaaklikheid van "aanpasbaarheid" en goeie buurskap". Die openbare aandag word nooit gevestig op die soort toestande waarvan Mulato skryf nie. Tog, as sulke toestande in Suid-Afrika sou heers, deur Blankes teenoor Swartes gepleeg, sou die woede, histerie en getjank van die WO en wêreldpers letterlik ongelooflik wees.
Die volgende uittreksel uit 20 Julie 1979 se Pretoria News sal die punt verder belig: (Ons vertaal).
‘n Klein seuntjie wat more drie jaar sou word, is hierdie week doodgeskiet deur 'n alleenlopende terroris, nadat die kind dapper probeer het om sy ouma te red. Die seun, Albertus Smit, het Woensdagaand gesien hoe sy ouma deur terroriste-koeëls afgemaai is. Volgens sy moeder, mev Susanna Smit, het klein Albertus op die Botha-familieplaas na sy ouma, mev Susanna Botha, gehardloop en haar geweer gegryp toe hy sien dat sy geskiet is. Nadat die seun die plaashuis binne hardloop het en die geweer op 'n tafel neergesit het, het hy buite na die terroris gehardloop wat hom ook doodgeskiet het."
GELOFTEDAG: MOET EK OF WIL EK?
Henning Dafel
Is dit regtig nodig om Geloftedag te herdenk? Is dit regtig nodig om in die warm son na dieselfde geskiedenis te gaan luister wat ons verlede jaar en die jaar voor dit gehoor het? Buitendien is ’n mens hierdie tyd van die jaar so moeg, dat jy nie nog krag daarvoor het nie. Kan ek nie maar net rustig by die huis bly of by vriende gaan kuier nie? Om Geloftedag by my vakansieplanne te probeer inwerk, is net een te veel. Miskien volgende jaar ...
As ’n mens sulke vrae vra is daar dadelik ʼn paar ou ooms met vuur in die oë wat sal opspring en sê: “Natuurlik moet jy!” Gewoonlik volg daar dan ’n hele relaas oor hoe afvallig vandag se jongmense is en dat ons afvalligheid die rede is waarom dinge in ons land gaan soos wat dit gaan. In alle eerlikheid is dit waarskynlik die rede hoekom baie jongmense nie wil gaan nie: “Geloftedag is vir oumense wat aan ou goed dink – ek het niks daar verloor nie.” Tussen BBBEE, die droogte, politiek, skuld en die familie se probleme het ek regtig nie nodig om die heeltyd te hoor dat ek my ‘sokkies moet optrek nie!’”
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (11)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
My opleiding in Duitsland
Aan die Ryksakademie vir Liggaamsopvoeding het ek vier Suid-Afrikaners ontmoet. M.J. Pienaar van Rustenburg was student aan die Universiteit van Pretoria en het na Berlyn gekom om 'n gevorderde kursus in liggaamsopvoeding te volg. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het hy 'n oulike Duitse nooientjie getrou. Oor die Duitse radio-omroep was hy bekend as Neef Buurman en baie Suid-Afrikaners wat na Zeesen ingeluister het, sal hom nog aan sy pittige gesegdes onthou. Dr. Danie Craven van rugbyfaam het 'n onderwyserskursus saam met nog twee ander Suid-Afrikaners gevolg.