Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom – Ps 18:7
ONSE VADER OF ONSE DAME?
Ds A.E. vd Berg
“Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is....”(Mt.6:9)
In Parys in Frankryk is daar ʼn Middeleeuse katedraal wat meer as 900 jaar oud is en as ʼn Frans-Gotiese argitektoniese wonder beskou word. Dis in die 12 de eeu begin bou en na meer as ʼn eeu voltooi en met kunsskatte belaai. Alles aan hierdie gebou is fabelagtig behalwe aan wie dit opgedra is – ʼn oud-Babiloniese godin wat deur die Roomse Kerk (RK) met die Latynse naam Notre Dame (“Onse dame”) aanbid word.
Tydens die presidensiële inhuldiging van pres. Trump het ʼn genooide kerkleiers by hierdie geleentheid in die openbaar gebid. ʼn Roomse kardinaal was eerste aan die beurt en het die land en president aan dié godin opgedra. Feitlik elke sin wat hy gebid het, is met die woorde “Onse dame” besmet. Die Protestantse voorbidders het by daardie geleentheid die land aan “Onse Vader” opgedra.
Niks onderskei Protestantisme van Roomse Katolisisme so skerp as tot wie gebid word nie. Protestante bid tot God “Ons Vader” en Roomse Katolieke tot ʼn heidense godin “Onse dame”.
SAL GOD MENSE STRAF?
Hannes Ollewagen
Ps. 38:1-23
“O HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie. Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal.” (:2&3).
Daar is hedendaagse leraars wat verkondig dat God nie mense sal straf nie. Hulle voor aan dat God ‘n God van liefde is en die mens nie leed sal aandoen nie. Dit is volgens hierdie lering die satan wat mense leed aandoen en dat God slegs aan die mens goed sal doen. Die bekendste aanhaling wat gebruik word om hierdie dwaling te regverdig is seker die woorde uit Johannes 10:10:”Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
Die probleem met die meeste dwaalleringe is dat dit gewoonlik grootliks waar is, maar tog nie heeltemal waar is nie. Wanneer ‘n mens Johannes 10:10 lees, sal voormelde lering nie verkeerd klink nie. Ons moet onthou dat ons ‘n gedeelte uit die Woord van God altyd moet verstaan in die lig van die HELE WOORD van God. “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.” (2 Tim. 43:16). Dink maar aan Jesus wat in die woestyn deur die satan versoek is. Die satan het telkens “woorde van God aangehaal” om Jesus te probeer mislei. Jesus het teen hierdie misleidende (verdraaide “woorde van God) verweer gebied met woorde van God in die ware konteks. “Daar staan ook geskrywe”, was telkens Jesus se antwoord. Hierin is tog ‘n baie kosbare lewensles opgesluit wat ons as ware gelowiges moet leer indien ons in die ware geloof wil volhard en hierdie Evangelie vir komende geslagte wil bewaar.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (16)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DIE PRIVAATSEKRETARIS VAN 'N MINISTER
"Ek neem aan,” lees die brief, "dat u ‘n dame is en dus nie veel weet nie, want ek kan net nie glo dat in die tyd van mannetekort, ‘n man as privaatsekretaris kan optree nie. Want dames kan net so goed die pos as privaatsekretaris vul, en dan kan die man handewerk gaan doen. Ja, dame, ek dink toe u nog in doekies rondgekruip het en uit u bababottel gedrink het of aan u fopspeen gesuig het toe het ek al lankal gewerk om die regering aan bewind te help bring . . ."
Nou ja, moenie baie van ‘n privaatsekretaris verwag nie; hy hoef nie veel te weet nie en boonop is hy ‘n staatsamptenaar!
Die pligte van ‘n privaatsekretaris is baie en uiteenlopend. Vandag moet hy die Minister verteenwoordig, more moet hy met Mevrou se skoothondjie gaan wandel en gaan stilstaan presies waar die hondjie aandui; en oormôre die Bantoebediende se reistas op die stasieperron dra.
Die daaropvolgende week eet hy saam met die baas en sy wêreldbekende gaste in die Parlement se restaurant!
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (15)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
REPUBLIEKWORDING (2)
Toe ek om 2 uur daardie namiddag saam met dr. Verwoerd van sy kantoor in Marksgebou na die Parlementsgebou stap en hom alle voorspoed met sy antwoord op die leier van die opposisie se mosie van wantroue toewens, het hy skertsend opgemerk dat dit moontlik "die begin van my pad na die wildernis" kan wees.
"Want", het hy gesê, "sekerlik sal ek gekruisig word as ons die stemming verloor".
"Maar, Doktor, ons sal mos nie verloor nie", het ek manhaftig en vol vertroue tussenbeide gekom, asof ek sodanig seker van my saak was.
"Ons sal moet werk dat dit bars," en daarmee het hy die handsakkie waarin Suid-Afrika se grootste geheim van bewaar is, aan my oorhandig.
Met 'n "moenie dat Graaff dit in hande kry nie", het hy in die wandelgang tussen Volksraadslede verdwyn.
(Dr. Verwoerd het 'n gewoonte gehad om nie dokumente of stukke na sy bank in die volksraad te dra nie, en het gereeld sy tassie voor die deur aan my oorhandig met die versoek dat op 'n bepaalde stadium uit my bank per bode na hom geroep moes word.)
ENGELE MET ‘N SENDING (SLOT)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Engele in Suider-Afrika:
(Vir ons hier in Suid-Afrika wag daar ook 'n krisistyd wat so donker sal wees dat ons nie ons "hand voor ons oë" sal kan sien nie, soos Siener gestel het. Nie een van ons sal dit in eie krag oorleef nie - selfs die blote aansig daarvan sal ons harte laat beswyk. Daarom hoop ons dat die lees van hierdie reeks oor die krag en beskerming van engele wat God vir ons tot beskikking stel, vir elke leser tot die geloofsoortuiging laat kom het dat oorgawe aan God met gebed en geloofsvertroue, ons enigste uitweg is. Ons moet van harte voor Hom buig en smeek om vergiffenis, redding en beskerming, net soos by Bloedrivier gebeur het. Dan alleen sal Hy sy engele by die duisende stuur om ons te beskerm terwyl hulle Suid-Afrika reining van al die afgode en onheile, en God ons weer in ons land herstel - Red.)
God is alomteenwoordig en bly altyd dieselfde. Hy openbaar Homself in Suider-Afrika net soos Hy Homself elders in die wêreld openbaar. Van oral oor hoor ons wonderlike verhale van hoe Hy die mens beskerm wat Hom uit ’n opregte hart aanroep.
Zimbabwe-Rhodesië het hom in die afgelope paar jaar in ’n terroriste-krisis bevind en dit het hulle leer bid. Operasie Ester is onder andere ’n organisasie wat onder dames ontstaan het onder leiding van twee dames in Salisbury wat dit hulle ten doel stel om veral vir boere op die grense te bid. Hulle het ’n spesiale telefoonnommer wat geskakel kan word en onmiddellik word ’n gebedsketting gekontak wat dadelik vir die mense in nood intree. God doen wondere in antwoord op hierdie gebede. Baie keer gebeur dit dat iemand bewend bel om te sê dat hulle aangeval word en om vir gebed te vra om kort daarna weer te bel om te sê dat die aanval op ’n wonderbaarlike wyse afgeweer is.
Hier volg ’n paar pragtige verhale uit Zimbabwe-Rhodesië van hoe God ingegryp het om mense wat in nood is te help.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (14)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
REPUBLIEKWORDING (1)
Dr Verwoerd was in murg en been 'n Republikein en vir hom was 'n Suid-Afrikaanse republiek, vry van vreemde bande, een van sy grootste lewensideale.
toe hy in die vroeë dertiger jare professor in die Sosiologie aan die Universiteit van Stellenbosch was, het hy 'n leidende aandeel aan buitemuurse sosiologiese en welsynswerk gehad en het hy onder meer die groot Volkskongres oor die Armblankevraagstuk in 1934 georganiseer.
Dit was juis sy ervaring in verband met hierdie werk, die teenkanting en verydeling waarmee hy homself so aktief besig gehou het, wat hom laat besluit het om tot die aktiewe politiek toe te tree, want, so het hy geredeneer, om iets werklik groot vir jou land en jou volk tot stand te bring, is dit gebiedend noodsaaklik dat hy self deel van dIe regering moet wees.
HOE NABY AAN ‘N KERNRAMP IS DIE WÊRELD?
Jeanette Koekemoer
14 *Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle *dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. (2 Pet. 3:14)
Die Bulletin of the Atomic Scientists is ‘n onafhanklike, nie-winsgewende organisasie wat fokus op drie belangrike punte naamlik kerngevaar, klimaatsveranderinge en ontwrigtende tegnologie. Hulle glo dat hulle ‘n rol kan speel om die negatiewe aspekte in bogenoemde te verander na ‘n positiewe werklikheid.
Die Bulletin of the Atomic Scientists het ‘n oordeelsdag horlosie. Die horlosie het internasionaal die aanwyser geword van die omvang van wêreldkatastrofes met betrekking tot kernwapens, klimaatsveranderinge en tegnologiese krisisse.
ENGELE MET ‘N SENDING (16)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Ten slotte . . . van Charles en Frances Hunter . . .
Terwyl ons besig was om klaar te maak met die skrywe van die boek, het ons Eerwaarde Buck gekontak in verband met ’n paar klein veranderinkies in die finale eksemplaar en hy het ’n gedeelte van nog ’n besoek vertel wat plaasgevind het gedurende die vroeë oggendure op Sondag, 18 Maart 1979.
Gabriël, Chrioni, en ’n dienende engel met die naam van Cyprion, het na sy huis gekom met die boodskap van God dat een van die begeertes van sy hart was om sy mense die belangrikheid van lofprysing en aanbidding te leer.
Die engele het gesê: “Ons wil hê dat jy saam met ons sal aanbid.” Vyf en dertig minute lank het Gabriël, Chrioni, Cyprion en Eerwaarde Buck saam die Here geloof en geprys. Hy het gesê dat lofprysinge deur hom gevloei het soos ’n rivier wat hy nie self kon begin of beëindig nie!
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (13)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
ONS LAASTE TYDJIE IN LONDEN EN TERUGKEER NA SUID-AFRIKA
Voordat ons die aand van 15 Maart, nadat dr Verwoerd die konferensie verlaat het, behoorlik tot verhaal kon kom, besef ons dat ons om 6.00nm in Buckinghampaleis moes wees waar die koningin en prins Phillip 'n onthaal vir die amptenare van al die afvaardigings aangebied het. Toe ek egter die 'slegte' nuus aan my kollegas en maj Richter meedeel, het almal soos een man geweier om na die paleis te gaan. Eers nadat daar kajuitraad gehou is, het ons met 'n meerderheid van stemme besluit dat ons nog "hierdie een keer" aan die Britte se versoek sal voldoen.
Toe ons minute later voor die hotel in die swart motor met die Suid-Afrikaanse vlag klim, was ons, tot ons verbasing, onmiddellik gewild. Luid is ons deur 'n groot groep toegejuig.
In Buckingham met sy bonte mengelmoes, het dit baie jolig gegaan en etlike afgevaardigdes het ons klein groepie Suid-Afrikaners opgesoek. Selfs prins Phillip het lank oor die Suid-Afrikaanse sonskyn en sjerrie gesels, terwyl enige verwysing na die Statebond sorgvuldig vermy is.
ENGELE MET ‘N SENDING (15)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Hy kom weer!
Hoe ver is ons op God se kalender?
As die mens se verblyf op die aarde vanaf die tyd van Adam en Eva, in ’n horlosie met twaalf ure geplaas kon word, glo ek dat ons nou heel aan die einde van die elfde uur is, op die punt vir die horlosie om twaalf te slaan! Daar is baie aanduidings dat ons nou vinnig besig is om na die einde van tyd, soos ons dit ken, te beweeg!
Jesus kom! Hy het nie gesê wanneer nie, maar Hy het vir ons gesê ons sal die tyd en omstandighede uitken. Ons ken die jaarseisoene want elkeen het sy eie tekens van wanneer hy kom. As die lente kom, begin die gras groen word en plante stoot hulle nuwe spruite uit. As die somer kom, begin die blomme bloei. Wanneer herfs kom, verkleur alles na oranje en bruin kleure, winter bring koue en ryp. ’n Mens kan die tekens sien en weet watter seisoen dit is.
ONS BLYDSKAP IN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Fil. 4:1-9
”Verbly julle altyd in die Here, ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.” (:4&5).
Die omstandighede in ons land en eintlik in die hele wêreld stem ons maklik tot moedeloosheid. Dit kan ons maklik terneergedruk maak. Dit is natuurlik nie verkeerd om ongelukkig te wees oor die ongeregtigheid wat in die wêreld aangaan nie. Dink maar aan Lot wat bekommerd was oor die ongeregtigheid van die inwoners in die stad waarin hy gewoon het. (“...en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense;). (2 Pet. 2:7). Dit is ligsinnig en verkeerd om te maak asof ongeregtigheid nie bestaan nie.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (12)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DIE STATEBONDSKONFERENSIE VAN 1961 (DEEL IV)
" En hoe het die prentjie daardie geskiedkundige namiddag toe Suid-Afrika sy bane ná 'n halfeeu met die Britse Statebond verbreek, binnekant die konferensiesaal daar uitgesien: 'In dié omstandighede sal ek formeel my versoek vir Suid-Afrika om lid van die Statebond te bly, terugtrek. ' "
'n Groot swart motor met 'n helder blou etiket voor aan die windskerm staan voor die Dorchester. Die klein Unievlag wat voor op die amptelike voertuig liggies in die oggendwind fladder, vorm 'n skrille kontras met die twee groot Union Jacks wat triomfantelik bo-op die agtverdiepinghotel wapper.
Op die eilandjie voor die hotel tot daar diep in Park Lane, byna tot by Hyde Park, staan honderde nuuskieriges met hul driekwart jassies in die pieperige Londense sonskyn. Hier en daar merk jy 'n plakkaat met anti-Suid-Afrikaanse slagspreuke. Een wat veral prominent bo die massa vertoon, word deur 'n mooi wit dogter en blykbaar 'n Wes-Indiër omhoog gehou. Dié een: "Africa for the Africans", is moeilik leesbaar want dis onderstebo!
MUGABE SE GRAFSKRIF...
ʼn Gepaste grafskrif vir Robert Mugabe
Ds Andrè vd Berg
As ek vir Robert Mugabe ʼn grafskrif kon ontwerp, sou dit as volg lees:
ROBERT GABRIEL MUGABE
Geb. 21 Febr. 1924 Oorl. 6 Sept. 2019
TOONBEELD VAN VERSTEENDE WRAAKSUG
Robert Mugabese wraaksug was die hoofrede dat ʼn eens voorspoedige land tot ʼn bankrotplaas omgeploeg is. Toe Zimbabwe van eienaar verwissel het, was ʼn eietydse hel onafwendbaar. Die skynbaar vreedsame oorgang na ʼn goddelose regering het spoedig sy ware kleure getoon toe misdaad ʼn plesiertog van vernietiging geword en soos ʼn doodsengel deur die land getrek het. Dit was immers deel van die nuwe regering se politieke mondering waarin vryheid chaos met nuwe beligting skyn te wees.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (11)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DIE STATEBONDSKONFERENSIE VAN 1961 (DEELIII)
Ons was almal moeg gewerk, tog het mev Verwoerd haar spesifiek oor my bekommer totdat dr Verwoerd vir haar gesê het: "Bets, los jy vir Barnard, hy's 'n fatalis soos ek".
Suid-Afrika se vyande van wie daar baie in Londen is, het alles in hul vermoë gedoen om gemoedere teen dr Verwoerd en sy afvaardiging op te sweep. 'n Haatveldtog waaraan Britse geestelikes lustig deelgeneem het is ontketen. Terwyl mev Barbara Casle protsesoptogte gereël het, het die biskop van Southwark, dr Mervyn Stockwood, die Suid-Afrikaanse Eerste Minister van die kansel toegesnou: "In die naam van God, gaan; gee pad uit die Britse Gemenebes!"
Die konferensie het om 11-uur op Woensdag, 8 Maart, in Lancaster House, nie ver van Buckinghampaleis nie, 'n aanvang geneem.
ONWETTIGE VREEMDELINGE
Ds AE vd Berg
“Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang; want hy is ’n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf”(Rom.13:3,4)
Suid-Afrika steier onder ʼn vlaag van vreemdelingehaat. Mense neem die reg van geweld met barbaarse gevolge in eie hande. Hoe moet gelowiges teenoor vreemdelinge optree? God eis om goedgesind teenoor hulle te wees: “En as ʼn vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie. Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ʼn kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland.” (Lev.19:33,34). In sy Profetiese Rede sê Jesus: “... Ek was ʼn vreemdeling, en julle het My herberg gegee” (Mt.25:35).
Gelowiges het geen probleem met vreemdelinge as sulks nie, maar wel met onwettiges. Die vreemdelinge waarvan die Bybel praat, is nie onwettiges nie. Hierdie onderskeid moet baie duidelik getrek word! Gelowiges mag nie anders teenoor wettige vreemdelinge as teenoor eie volksgenote optree nie. As hulle wettig daar is, moet hulle billik behandel word. Daarenteen moet onwettiges na hul eie lande terugkeer al moet die wet hard op hulle neerkom!
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (10)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DIE STATEBONDSKONFERENSIE VAN 1961 (DEELII)
Terwyl Doktor rustig en ongestoord in die vliegtuig bly slaap het, is mev Verwoerd, minister Louw en die res van die geselskap na die stad waar daar vir ons slaapplek by die Excelsior Hotel gereël is.
Bossie, minister Louw se privaatsekretaris wat toe reeds 'n ervare wêreldreisiger was, en ek, het egter van die geleentheid gebruik gemaak om soveel as wat in die omstandighede prakties moontlik was, van hierdie geskiedkundige ou wêreldstad te sien. Net toe ons op die punt staan om weer na die lughawe te vertrek, is nuus ontvang dat die Londense lughawe onder 'n misbank bedek is, en dat ons daarom genoodsaak is om langer in Rome te vertoef – iets wat net mooi in ons kraam gepas het want dit het ons in staat gestel om heelwat meer van die besienswaardighede te besoek, hier waar talle ou bouvalle die romantiese verhaal van 'n verbygegane eeu vertel.
ENGELE MET ‘N SENDING (14)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Engele met ’n opdrag
Hierdie tyd is ’n tyd van hernude geestelike aktiwiteite. Snaakse dinge gebeur! Mense word wakker! Vyande van Christus verlaat die vyandelike kamp en kom oor na God se kant toe. Nuwe stemme word gehoor wat die Goeie Nuus verkondig. Wat ons sien is ’n bewys dat ’n leërskare van die hemel aan die beweeg is!
Ek het baie getuienisse gehoor van mense wat heeltemal weg van God was: vriende het met hulle gepraat, familieiede het met hulle gepraat en ander het vir hulle gebid, maar hulle het volhard om God te weerstaan. Dit het gelyk of hulle by verre nie die soort mense is wat na Jesus sal kom nie, maar in God se groot doel en plan het hy !n woord gestuur deur ’n goddelike gesant wat hulle laat omkeer het. Dit gebeur in die sportwêreld, in die sakewêreld, in die vermaaklikheidswêreld en in die politieke wêreld! Mense kom na God toe en vind dat Hy waarlik bestaan. Die engelemagte van die hemel is aan die beweeg!
DIE BEDIENING VAN ENGELE
Dr Isak Burger
Lees volledig by Die Geesteswêreld
Engele is geskape tot eer en verheerliking van God. Om te verheerlik en tot sy eer te lewe is die hoogste roeping en edelste bediening waarmee engele of mense besig kan wees. Daarom sal jy dikwels waar daar in die Bybel van engele ter sprake is, lees dat hulle God verheerlik. In Psalm 103 roep Dawid almal - ook die engele - op om God te loof: " ...die Here, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! Loof die Here, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!" Die oproep vind ons ook in Psalm 148:2. In Openbaring waar Johannes 'n kykie van die hemel gekry het, is daar talle voorbeelde waar heiliges en engele saam in aanbidding betrokke is voor God. Ons lees byvoorbeeld in Openbaring 7:11: "En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid." Miskien is dit een van die redes waarom daar selfs in ons eredienste engele aanwesig is (1 Kor. 11:10). Hierdie gedagte behoort 'n effek te hê op die wyse hoe ons God in ons eredienste aanbid.
ENGELE MET ‘N SENDING (13)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Migael en sy engele
Omtrent tweeuur een Maandagoggend het ek wakker geword toe ek geluide in die onderste gedeelte van my huis hoor. Ek het onmiddellik gaan ondersoek instel. Toe ek onder kom het ek een van die wonderlikste gesigte gesien wat ek nog ooit gesien het. In my sitkamer het vier groot strydengele gestaan en in my huis was daar ’n geweldige groot aktiwiteit aan die gang. Elke keer as God Hom deur die besoek van engele aan my huis of studeerkamer openbaar het, was dit ontsagwekkend, maar hierdie besoek was nog meer oorweldigend omdat in my gees ’n ware besef was van die belangrikheid van wat God besig was om te doen.
Gabriël het my aan die voet van die trap ontmoet en my gevra om in die woonkamer in te kom. Hy het gesê: “Ek wil nie hê dat jy bang of bevrees moet wees nie, maar Sataniese magte het ’n aanval teen jou begin. Net soos God sy organisasie van engele het, het Satan ook sy organisasie met die prinse van die duisternis, al het hy nie baie nie en hulle het nie baie mag nie. Hulle is nie alomteenwoordig nie en hulle kan nie op dieselfde tyd orals wees nie. Hulle ondergang is alreeds bestem.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (9)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DIE STATEBONDSKONFERENSIE VAN 1961 (DEEL I)
Sedert dr Verwoerd op 2 September 1958 Eerste Minister geword het is daar voortdurend deur ondersteuners en selfs deur persone uit die geledere van die Opposisie by hom daarop aangedring dat hy, met die oog op die vyandskap wat daar uit die buiteland ervaar word, 'n besoek veral aan Europese lande moes bring "omdat niemand anders beter in staat is om Suid-Afrika se saak daar te stel nie". Konsekwent het hy egter volgehou dat sy tyd hier in sy vaderland nuttiger bestee kon word.