Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hier is iets wat al ons volksgenote behoort te bemeester: "Die HERE my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat" – Jes 50:4.
WAT GEBEUR NA DIE DOOD?
Ds A.E. vd Berg
“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).
In Sept. 2005 is ’n 43 jarige mynmagnaat in Johannesburg tydens ’n kaping doodgeskiet – Brett Kebble. Hy was baie ryk. Sy kunsversameling is vir R53,9 miljoen opgeveil. Was hy op die verkeerde tyd op die verkeerde plek soos so baie blankes voor en na hom? Nee, hy was nie; hy het sy eie dood georkestreer. Hy het R1 biljoen se bedrog gepleeg en dit was net ’n kwessie van tyd voordat hy aan die pen sou ry. Daarom het hy huurmoordenaars gekry om hom van die gras af te maak ten einde regsvervolging vry te spring.
Wat vir Kebble na ’n uitweg gelyk het, was geen uitweg nie want hy het vergeet dat hy ʼn siel het. ’n Mens bestaan mos nie net uit liggaam nie! Die Bybel praat van die wagkamer na die hel as ’n plek van ’n geween en gekners van tande. Waarom het Kebble so ’n dwase ding gedoen? Omdat hy, soos baie mense, nie in ’n lewe na die dood geglo het nie. As hy wel daaraan geglo het, sou hy eerder ’n lang tronkstraf vir sy misdaad uitgedien het.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (34)
Frank Peretti
Lees reek by Die duisternis van hierdie eeu
By die tronk heers daar groot opwinding. Hank en Marshall is pas vrygelaat en toe hulle die area voor die hofsaal betree, bars ’n luide toejuiging en lofprysing los. Al die Christene sing en juig en Mary kom dadelik nader. Sy kan haar oë nie glo nie. Sy en Hank omhels mekaar en sy vra net oor en oor of hy niks makeer nie. “Ek is een honderd persent,” verseker hy laggend.
Marshall is self ekstaties. Hy besef opnuut dat daar werklik ’n God is en hy weet dat die God ook nou sy God is.
“Dis ’n wonderwerk,” roep iemand uit. “Die Here het die twee gevangenes uit die tronk vrygelaat net soos wat Petrus vrygelaat is!” Almal drom om Hank saam, maar dit hinder Marshall nie. Sy vinnige oë vang Alf Brummel wat ’n ent weg in sy motor spring en haastig wegry.
“Jou skurk,” dink Marshall. “Vlug gerus. As ek jy was, sou ek dit seker ook gedoen het.”
DIE HEMEL IS WERKLIK (24)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
DIE ENGELE SE SWAARDE
Vanuit 'n kind se perspektief was die beste ding omtrent 2005 waarskynlik die vrystelling van The Lion, the Witch and the Wardrobe. Ons het die kinders tydens die Kersseisoen geneem om die fliek op die groot skerm te gaan kyk. Ek en Sonja was opgewonde om die eerste hoëgehalte-dramatisering te sien van C.S. Lewis se The Chronicles of Narnia-reeks, boeke wat ons as kinders geniet het. Colton was meer opgewonde oor 'n fliek waarin goeie ouens teen slegte ouens veg met swaarde.
Vroeg in 2006 het ons die DVD uitgeneem. Ons het almal op die mat gesit. Ek, Sonja en Cassie het met ons rue teen die sitkamerbank geleun. Colton en Colby het op hul knieë voor ons gesit en Aslan, die krygerleeu, en die Pevensie-kinders, Lucy, Edmund, Peter en Susan, aangemoedig. Die huis het selfs soos 'n fliekteater geruik met bakke springmielies, warm uit die mikrogolf, wat binne bereik op die mat gestaan het.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (33)
Frank Perreti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Sandy Hogan bekyk haar gesig nog een maal in die spieel in Shawn Ormsby se badkamer. Lyk sy goed genoeg vir die geleentheid? ’n Gespanne opwinding knaag aan haar binneste. Shawn het haar ingelig dat professor Langstrat besluit het om haar die geleentheid te bied om ’n spesiale inisiëringseremonie by te woon. Omdat sy sulke goeie psigiese kwaliteite openbaar, sal sy nou toegelaat word om by ’n internasionale gemeenskap aan te sluit. Dit is ’n besondere eer wat slegs aan persone van buitengewone psigiese bekwaamhede toegestaan word.
Sy kan dit nog nie glo nie! Sy sal nou in die geleentheid gestel word om uitstaande spiritiste van dwarsoor die wêreld te ontmoet en die moontlikhede wat dit bied om persoonlik te ontwikkel, is onbeperk. Wat ’n voorreg om deel te wees van so ’n uitgelese groep.
Het Madeline dalk iets met hierdie uitnodiging van professor Langstrat te doen? Het sy dit dalk gereël? Diepe dankbaarheid wel in Sandy se binneste op. Sy moet Madeline bedank wanneer hulle mekaar weer sien.
In die Basuin se kantore het Kevin, Bernice en Susan al die inligting en bewyse wat hulle bymekaar gemaak het, uitgesorteer en op ’n veilige plek weggesteek.
DIE HEMEL IS WERKLIK (23)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
ALI SE OOMBLIK
Na Colby se geboorte het ek en Sonja uitgevind die dinamika van kinders oral met ons saamneem, het verander. Dit was drie teen twee en ons was in die minderheid. Ons het besluit dit was tyd vir 'n gereelde babawagter en het 'n baie verantwoordelike, volwasse graadagt genaamd Ali Titus aangestel om na die kinders te kyk. Op Maandagaande het ek en Sonja steeds sagtebal gespeel vir die "oumens-span", al was my glydae verby.
Een Maandagaand in 2005 het Ali vir Cassie, Colton en Colby kom oppas sodat ons kon gaan sagtebal speel. Ons het teen omtrent 22:00 weer voor die huis stilgehou. Sonja het solank ingegaan om te kyk hoe dit met Ali en die kinders gaan terwyl ek die garage toegesluit het vir die nag. Ek het dus eers 'n paar minute na die tyd uitgevind wat in die huis gebeur het.
DIE EWIGE ROTS
Hannes Ollewagen
Daniël 2:1-49
“U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ’n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ’n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.” (:34&35).
Daniël sien in hierdie droom van koning Nebukadnésar hoedat ‘n klip sonder toedoen van mensehande losraak en die ontsagwekkende beeld heeltemal verbrysel. Ons lees in latere hoofstukke van Daniël hoedat koning Nebukadnésar ‘n beeld oprig en Daniël se vriende weier om voor hierdie beeld te buig. Ons lees ook daarna hoedat hierdie koning oor sy koninkryk uitkyk en sy hart homself verhef en hy ‘n skewe beeld van homself vorm.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (32)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Vyfuur die oggend bring Susan die gehuurde motor agter die kantore van die Basuin tot stilstand. Dit wil net begin lig word, maar die drie is redelik seker dat niemand hulle opgemerk het nie. Die dorp is stil en dit lyk asof dit ’n sonnige dag gaan wees.
Bernice haal die spaarsleutel agter die vullisdrom uit en binne ’n paar oomblikke is hulle in die kantore.
“Moenie enige ligte aanskakel nie,” fluister Bernice. “Kom, hier is die donkerkamer.”
Eindelik is al drie in die ontwikkelingskamer en Bernice kry alles gereed. Sy begin die film ontwikkel. Die kamer is stikdonker.
“Ek wonder wat het van Marshall geword,” sê sy terwyl sy werk. “Ek weet ook nie hoe ek sal kan uitvind nie.”
“Wat van die antwoordmasjien? Dalk is daar boodskappe vir jou.”
“Hmm, ja, dis ’n moontlikheid. Ek sal vasstel sodra ons hierdie film gereed het. Ek is byna klaar.” Dan dink sy skielik aan iets anders. “En Sandy Hogan, waar sou sy wees? Miskien het sy na daardie Shawn-vent toe gegaan.”
DIE HEMEL IS WERKLIK (22)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
KRAG, VAN BO
Op 4 Oktober 2004 is Colby Lawrence Burpo gebore. Hy was van geboorte af Colton se ewebeeld. Maar soos met alle kinders, het God hom ook uniek gemaak. As Cassie ons sensitiewe kind was en Colton ons ernstige kind, was Colby die hanswors. Van 'n vroeë ouderdom af het Colby se lawwigheid ons almal baie laat lag.
Een aand in die laatherfs het Sonja gereedgemaak om vir Colton 'n Bybelstorie te lees.
Sy het op die kant van sy bed gesit en die storie gelees terwyl hy knus onder die kombers gelê het met sy kop op 'n kussing. Toe was dit tyd om te bid.
Een van die groot seëninge wat ons as ouers ervaar, is om ons kinders te hoor bid.
DIE HEMEL IS WERKLIK (21)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
NlEMAND IN DIE HEMEL IS OUD NIE
Toe Pop in 1975 oorlede is, het ek 'n paar dinge geêrf. Ek was bly om die .22-geweer waarmee ek en hy saam preriehonde en hase gejag het, te ontvang. Ek het ook Pop se keëlbal geêrf en later 'n ou lessenaar wat my oupa so lank as wat my ma kon onthou, gehad het. Die hout is donker getint, en dit was 'n interessante stuk, eerstens omdat dit nogal klein was vir so 'n groot man, en tweedens omdat die deel waaronder jy jou stoel instoot, 'n kurwe om jou lyf gemaak het en nie reguit was soos 'n gewone lessenaar nie. Toe ek 'n tiener was en houtwerk by die skool my gunsteling vak was, het ek ure in my ouers se garage deurgebring, besig om Pop se lessenaar te restoureer. Toe het ek dit na my kamer geskuif ter herinnering aan 'n sout-van-die-aarde-man.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (31)
Frank Peretti
Lees reeks by >>Die duisternis van hierdie eeu>
Vir ongeveer ’n uur sit Bernice in Rose Allen se kafee. Sy het ’n bord sop bestel en dis regtig besonder lekker, nes Betsy gesê het. Sy hou haar oog op Rose Allen, in geval die vrou dalk die telefoon sou gebruik. Maar niks gebeur nie. Rose dink skynbaar nie dis eienaardig dat ’n vrou met ’n gekneusde gesig haar kafee besoek nie.
Halfagt besluit Bernice om tot aksie oor te gaan. Sy betaal Rose vir die sop en gaan toe uit. Angstig loer sy in die straat op. Dit lyk asof die polisiemotor nie meer daar geparkeer staan nie, maar die lig is swak en sy kan nie seker wees nie. Dus sal sy maar net baie versigtig te werk moet gaan.
Terwyl sy voortstap, loer sy in alle rigtings vir enige suspisieuse karakter of iemand wat haar dalk agtervolg, maar alles lyk rustig. In die parkeerterrein voor lmmergroen staan talle motors, ’n tipiese Saterdagaand. Bernice het haar donkerbril op, maar sy besef dat sy in alle ander opsigte nes Bernice Kreuger lyk en die polisie sal haar maklik kan uitken. Nogtans kan sy niks anders doen nie.
DIE HEMEL IS WERKLIK (20)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
DIE EERSTE PERSOON WAT JY SAL SIEN
Die grootste gedeelte van die somer het verbygegaan sonder enige verdere onthullings deur Colton, hoewel ek seker is ons het die "Hoe lyk Jesus?"-speletjie tydens ons vakansie gespeel en Colton het elke prentjie afgekeur. Uiteindelik het ons, in plaas daarvan om te vra: "Lyk die een reg?" naderhand net gevra: "So, wat is fout met die een?"
Augustus het aangebreek en daarmee saam die bekende kermis van die Chase-distrik wat in Imperial gehou word. Naas die staatskermis, was ons kermis die grootste in westelike Nebraska. In Imperial en die omliggende dorpe is dit die gebeurtenis van die jaar. Vir 'n hele week laat in Augustus vermeerder Imperial se populasie van 2 000 na omtrent 15 000.
DIE HEMEL IS WERKLIK (19)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
OM TE LEEF EN OM DOOD TE GAAN
'n Jaar na Colton in die hospitaal was, het die lente van 2004 aangebreek. Goeie Vrydag het daardie jaar in April geval en Colton sou die volgende maand vyf word. Ek het altyd van Goeie Vrydag gehou, want ek het 'n "kom- en-gaan-gesinsnagmaal" gehou. Dit het beteken dat ek by die kerk was vir 'n paar uur terwyl gesinne opgedaag het om saam nagmaal te hou. Ek het dit vir 'n aantal redes geniet. Een daarvan was dat dit ons kerkgesinne die geleentheid gegee het om spesiale tyd saam deur te bring gedurende die Paasweek. Dit het my ook die geleentheid gegee om individuele gesinne te vra of hulle gebedsversoeke gehad het en dan kon ek sommer daar en dan saam met hulle bid.
Daardie oggend moes ek 'n paar dinge gaan doen, en ek het Cassie en Colton in my rooi Chevy gelaai en die paar blokke dorp toe gery.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (30)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Toe Edith Duster die aand bed toe gaan, het sy ’n voorgevoel dat iets besonders gaan plaasvind. Daarom is sy nie baie verbaas toe sy die nag wakker word en twee glinsterende figure in haar kamer bemerk nie.
“Loof die Here!” roep sy met eerbied uit, haar gesig stralend. Die twee lang manne, die een blond en die ander donker, is simpatiek, dog ernstig. ’n Eienaardige liggloed omgewe hulle en die hele kamer is verlig. Elkeen dra ’n goue gordel met ’n swaard wat met juwele versier is.
“Edith Duster,” sê die blonde man in ’n diep, trillende stem. “Die stryd vir Ashton gaan nou begin. Ons het die gebede van kinders van God nodig. Bid asseblief en motiveer ander om te bid. Bid dat die vyand verslaan sal word en dat die regverdige sal seevier.”
“Die pastoor, Henry Busche, is in die tronk,” beduie die donker man. “Jou gebede sal help om hom te bevry. Bel sy vrou, Mary, en bemoedig haar.”
AS DIE KERK ‘N VOLK MISLEI
Ds A.E. vd Berg
“.... Vertrou nie op bedrieglike woorde nie — wat sê: Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit!”(Jer.7:4).
In die jaar 608 v.C. het die profeet Jeremia van God ʼn opdrag ontvang om sy komende oordeel oor Juda in die openbaar aan te kondig. Op daardie tydstip was die Tienstammeryk van Israel alreeds 114 jaar in Assiriese ballingskap met net die Tweestammeryk van Juda in die beloofde land oor.
Die internasionale politiekwas destyds onstuimig. Assirië se mag het gekwyn en Egipte en Babel het na vore getree en vir die wêreldkroon gewedywer. Juda was in die middel van die twee vasgekeer en geestelik op ʼn afdraande pad soos nog nooit tevore nie. Dit was alles die kerk se skuld wat die bose regering na die mond gepraat en gruwels bevorder het. Hulle het geweet wat die Skrifte sê, maar die teenoorgestelde verkondig. God se straf was onafwendbaar.
DIE HEMEL IS WERKLIK (18)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
JESUS HET REGTIG DIE KINDERS LIEF
Aan die einde van 2003 en vroeg in 2004 was daar 'n sekere klompie goed waarop Colton oënskynlik gefikseer het. Hy het op 'n vreemde - baie vreemde - manier oor die dood en doodgaan gepraat vir 'n vierjarige. Hy het ook verder vertel hoe die hemel lyk. Hierdie besonderhede het in brokkies uitgekom tydens aandete, terwyl hy saam met Sonja dagtakies verrig het en gedurende die algemene vloei van die lewe.
Hy het gesê hy het die hemelse hekke gesien: "Dit was van goud gemaak met pêrels op." Die hemelse stad self was van iets blink gemaak, "soos goud of silwer". Die blomme en bome in die hemel was "pragtig" en daar was diere van elke soort.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (29)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Marshall lê plat op die vloer, sy arms agter sy rug geboei. Carmen, Brummel en Langstrat is in Brummel se kantoor besig om die bande na te gaan om vas te stel waarna Marshall en Bernice geluister het.
“Ja,” sê Carmen beslis. “Hulle het die band teruggerol. Hulle het na hierdie gesprekke geluister.”
Brummel lyk geïrriteerd. Hy stap na waar Marshall lê en vra dreigend: “En toe, wat het jy en Bernice alles gehoor?”
“Sover ek kan onthou, net jazz musiek,” antwoord hy spottend.
Venynig trap Brummel met sy hak op Marshall se nek. “Eina!”
“En wie het jou die sleutels van hierdie plek gegee?” gaan Brummel voort. “Was dit Sara?”
“Ek sê niks nie.”
“Ek sal haar ook moet laat aankeer,” sê Brummel fronsend. “Nee wat,” merk Langstrat vanuit die kantoor op. “Dis nie nodig nie. Sy is weg en sy is nie belangrik nie. Kreuger is die een wat ons aandag vereis.”
LIEFDE IS KRAGTIG!
Hannes Ollewagen
1 Pet. 4:1-19
“Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ’n menigte sondes bedek.” (:8).
‘n Rare verskynsel in ons samelewing – liefde. Die mense word mos deur die vermaaklikheidswêreld van die dag geleer wat “liefde” is. ‘n Oppervlakkige, oënskynlik opwindende gevoel tussen twee mense waarin elkeen se selfsugtige geluk en begeertes belangrik is. ‘n Situasie waarin die res van die wêreld nie bestaan nie en nie in ag geneem hoef te word nie. Daar is nie sprake van opoffering, selfvernedering, diensbaarheid en vergewensgesindheid, m.a.w. ware liefde, nie.
Liefde is dan ook sekerlik die een deugde wat in die Woord van God nie genoeg beklemtoon kan word nie. Die Here leer vir ons dat liefde vir God en ons naaste die fondament van die wet en die profete is. “Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” (Matt. 22:40). Paulus bevestig hierdie woorde van Christus Jesus in sy brief aan die Galásiërs. “Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (Gal. 4:14).
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (28)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Verslae kyk Hank en Mary na hulle voordeur. Carmen het die deur letterlik gebreek toe sy daar uit is.
“Jy kan gerus ’n ander hemp aantrek,” sê Mary eindelik. “Joune is flenters.”
“Ja, sowaar. Net reg vir ’n vloerlap. Eina!”
“Wat is dit?” vra Mary besorgd en dan wys Hank haar die plek aan sy arm waar Carmen hom gebyt het. Dis persblou opgeswel met die tandemerke duidelik sigbaar. “Sjoe, ons beter die bytplek skoonmaak. Kom deur badkamer toe.”
Hank stap deur badkamer toe en Mary begin die wond was. “Haai, Hank, sy het jou op vier plekke gebyt. Kyk net hier.” Mary sug en skud haar kop. “Ek het altyd geweet daardie vrou voorspel niks goeds nie.”
Die voordeurklokkie lui en Mary stap om dit te gaan oopmaak. Na ’n paar oomblikke hoor hy haar roep: “Kom hiernatoe Hank, asseblief.”
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (27)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Marshall staan by die glasdeur net langs die kombuis en staar verslae na die dalende skemer. Sy gedagtes is ’n warboel van pynlike emosies, vrae en talle name — name soos Bernice, Kate, Sandy, Langstrat, Omni Korporasie, Kaseph en nog baie ander skarrel deur sy brein.
Hy weet nie hoe lank hy daar gestaan het nie, maar een ding is seker: hy het die einde van een tydperk in sy lewe bereik. Nou besef hy onteenseglik dat alles verander het. Te lank het hy gedink hy kan hierdie situasie hanteer, maar nou weet hy dat hy gefaal het. Net soos Harmel, Strachan, Edie, Jefferson, Gregory, die Carlucci’s en nog talle ander, is hy deur Kaseph en sy trawante vernietig.
Verward vee hy met sy hand oor sy hare. Hy moet ophou dink. Die gedagtes is soos vuishoue wat hom op die krop van sy maag tref. Tog kan hy nie afskakel nie. Die vrae teister hom. Hoe het die mense dit reggekry? Hoe kan hulle so magtig wees dat hulle menselewens letterlik kan verwoes? Is dit net ’n bisarre toeval? Nee, hy weet net nie. En buitendien is baie van sy probleme seker ook sy eie skuld. Hy het immers sy familie verwaarloos. Hy kan dit nie nou op die Organisasie se rekening plaas nie. Die harde werklikheid is egter dat hy sy familie verloor het, net soos al die ander.
Skielik hoor hy ’n geluid by die voordeur.
DIE HEMEL IS WERKLIK (17)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
DIE TROONKAMER VAN GOD
Een aand toe dit amper Kersfees was, het ek Colton teen slaaptyd in sy kamer ingevolg. Hy het volgens ons gewone roetine 'n Bybelstorie gekies wat ek vir hom sou lees, en daardie aand was dit "Die wyse koning en die baba". Die storie is gebaseer op die verhaal in 1 Konings waarin twee vroue onder een dak woon en albei 'n babaseun het. Gedurende die nag sterf een van die babas. Die ma van die dooie seun is so oorweldig deur smart dat sy probeer om die lewendige seun as haar eie op te eis. Die regte ma van die lewendige seun probeer die vrou in smart van die waarheid oortuig, maar kry dit nie reg om haar te oorreed om die oorlewende kind terug te gee nie. Die ma van die oorlewende seun is desperaat om haar kind terug te kry en stel voor dat koning Salomo - alombekend vir sy wysheid - die saak beslis en vasstel wie die ware ma is. In die Bybelse verhaal maak koning Salomo 'n plan om uit te vind wat in albei vroue se harte aangaan.
"Sny die kind middeldeur!" beveel die koning. "Gee aan elke vrou 'n helfte."