Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ons moedeloos raak oor ons land se ellendige toestand, of ons volk se nog ellendiger situasie, onthou dat die gebede van die regverdige tot groot krag is - God het 'n deel van ons volk hul knieë nie voor Baäl laat buig nie en hulle bid en Hy hoor hulle! Soos Hy aan Elia gesê het toe dié gekla het dat die hele volk ten gronde is: Hy het vir Hom 7 000 man uitgehou . Daar is nog Afrikaners en Christene wat opreg bid vir ons volk en land!
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (3)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ is, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
My kinderjare
Geen van die kinders het oom John en sy gade egter soveel pyn, kommer, vermoeienis en verdriet besorg as juis die derde nie. By geboorte was hy baie klein en heelwat ondergewig, maar seer sekerlik nie kleiner en ligter as duisende ander babas nie. Hierdie seuntjie is op 25 Januarie 1913 op Potchefstroom gebore. Sy naam is Sidney Robey Leibbrandt.
Kort na my geboorte is my vader na Graaff-Reinet verplaas, waar ons tien jaar gewoon het. As gevolg van hierdie verskuiwing is ek in die Tweetoringkerk op Bloemfontein gedoop.
Toe Meyder skool toe moes gaan, het hy botweg geweier. Sonder sy jonger boetie wou hy om die dood nie gaan nie.
OUERS & KINDERS
Hannes Ollewagen
Efésiërs 6:1-9
“KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.” (:1).
“En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.” (:4).
Sterk en gelukkige huisgesinne is kosbaar in God se oë. Dink maar aan hoeveel vermaninge ons in God se Woord vind wat vir ons leer hoe om sterk en gelukkige gesinne te verseker. En die verbreking van sterk en gelukkige gesinne is vir God veragtelik om te aanskou. Dit word vir ons in die woorde van Maleági 2:16 baie duidelik gestel. “Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat ’n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.”
Dit is vir gelowiges ook nie ‘n geheim dat die satan alles wat vir God mooi en kosbaar is wil vernietig nie. En wanneer die satan daarin slaag om ‘n gesin uitmekaar te skeur, rig hy sommer verwoesting op groot skaal aan.
GENERAAL KOOS DE LA REY (5)
Lees reeks by Generaal Koos de la Rey
Hennie de la Rey was teen 1914 die oudste oorlewende seun van generaal Koos de la Rey. Soos hyself vertel, het hy die rol van ’n privaatsekretaris vir sy pa vertolk. As sodanig was hy oor die laaste dekade van sy pa se lewe baie na aan hom. In hierdie reeks vertel hyself meer van sy pa.
Die laaste veertig dae van generaal Koos de la Rey (vervolg)
Dinsdag, 11 Augustus 1914
- Juta stuur ’ n verslag deur na Pretoria waarin hy die planne vir die vergadering op 15 Augustus 1914 op Treurfontein uiteensit. Hy noem die gerugte van ’n rebellie wat De la Rey sou lei.
Volgens Kemp in sy boek Die Pad van die Veroweraar [pp 132 en 133] het hy aan Beyers, as sy hoof, ’n boodskap gestuur waarin hy hom versoek het om die vergadering op Treurfontein by te woon omdat gemoedere hoog geloop het. Hy vertel dat Beyers dieselfde dag nog aan De la Rey ’n telegram gestuur het en hom versoek het om die vergadering af te stel, maar dat De la Rey koppig gebly het.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (2)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ is, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Voorwoord 1966
Om 'n lesenswaardige boek te skrywe, is beslis 'n kuns. Ongelukkig is ek geen kunstenaar nie en is Geen Genade bloot 'n aaneenskakeling van onverbloemde feite soos ek dit gesien en belewe het.
Ek is ontsaglik veel dank verskuldig aan die redaksie van Die Brandwag, die ridderlike wyse waarop hulle my behandel het na my vrylating uit die Sentrale Gevangenis. Vir die reeks artikels wat in 1948 oor my avonture in hierdie puik Afrikaanse tydskrif verskyn het, is ek besonder goed beloon. Hoe oneindig veel hierdie geldelike bydrae vir my beteken het, kan alleen diegene besef wat net soos ek brandarm uit die tronk gekom het.
GENERAAL KOOS DE LA REY (4)
Lees reeks by Generaal Koos de la Rey
Hennie de la Rey was teen 1914 die oudste oorlewende seun van generaal Koos de la Rey. Soos hyself vertel, het hy die rol van ’n privaatsekretaris vir sy pa vertolk. As sodanig was hy oor die laaste dekade van sy pa se lewe baie na aan hom. In hierdie reeks vertel hyself meer van sy pa.
Die laaste veertig dae van generaal Koos de la Rey
Die verhaal van generaal Koos de la Rey se laaste dae is sover deur sy seun, Hendrik, vertel. Hy het dit vertel soos hy dit beleef het en soos hy dit onthou het. Omdat die laaste drie maande van De la Rey se lewe krisismaande in die geskiedenis van die Afrikanervolk was, het verskeie ander mense met ander perspektiewe ook oor dié tydperk geskryf.
In ’n poging om alles in fokus te plaas, sal ons aan die hand van die bekendste bronne oor die tydperk poog om De la Rey se spoor oor die laaste dae van sy lewe te volg.
28 Junie 1914 tot 3 Augustus 1914
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (1)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ is, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Voorwoord tot 1993-uitgawe uitgegee deur Willie Bienedell Uitgewers
Hierdie boek “Geen Genade" deur Robey Leibbrandt is in Julie Augustus 1966 vir die eerste keer deur Robey Leibbrandt self gepubliseer. Op I Augustus van daardie jaar is hy aan 'n hartaanval oorlede. Met sy ontydige dood het die verspreiding van die boek nie gerealiseer nie.
By die lees van die boek staan die leser verbaas oor die profetiese insigte wat Leibbrandt openbaar. Die Duitse skrywer Ludwig Borne (1786-1837) skryf soos volg oor die vermoë om te profeteer:
"Wie die natuurwette, ook in die geskiedenis ken en erken, kan profeteer; wie nie, weet nie wat more sal geskied nie, al is hy ook 'n minister."
In hierdie boek skryf Leibbrandt: "Dit is byna te laat. Ons is omsingel deur die Kommuniste. Ons land is deurdrenk van Kommuniste. Hulle wag net op bevel van Moskou. Laat dissipline ons wagwoord wees. Ons het nog 'n kans om as blanke volk voort te bestaan. Ons mag nie wanhoop nie. Ons mag nie twyfel nie." Dit was in 1966. 'n Maand na Robey Leibbrandt se dood, op 6 September 1966 is Suid-Afrika se Eerste Minister, dr. Hendrik Verwoerd, in die parlement in Kaapstad deur die Kommunis Tsafendas vermoor.
GENERAAL KOOS DE LA REY (3)
Lees reeks by Generaal Koos de la Rey
Hennie de la Rey was teen 1914 die oudste oorlewende seun van generaal Koos de la Rey. Soos hyself vertel, het hy die rol van ’n privaatsekretaris vir sy pa vertolk. As sodanig was hy oor die laaste dekade van sy pa se lewe baie na aan hom. In hierdie reeks vertel hyself meer van sy pa.
Generaal Beyers, generaal De Wet, die Siener en my pa se dood
My pa het geweet dat generaal Christiaan Beyers hom wou spreek. Toe hy dus in Pretoria was, het hy ’n draai by die kommandant-generaal gemaak.
Generaal Beyers was toe reeds op hoogte van die regering se planne. Hy het generaal De la Rey meegedeel dat hy wou bedank omdat hy in sy hoedanigheid as kommandant-generaal die planne nie kan steun nie. Daar is toe besluit dat generaal Beyers met sy bedanking sou wag tot nadat die Parlement die oorlogsverklaring goed- of afgekeur het.
AS DIE BOEMERANG TERUGKEER!
Ds Andrè vd Berg
“Kyk, seuns is ʼn erfdeel van die Here; die vrug van die moederskoot is ʼn beloning. Soos pyle in die hand van ʼn held, so is die seuns van die jeug. Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het!”(Ps.127:3-5).
“En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here” (Efes.6:4)
Ps.127 is ʼn bedevaatslied van Salomo; die enigste wat in Psalms opgeneem is. Dis wysheidsliteratuur en leer ons om opreg te leef. Ps.127 handel oor die oneindige vreugde en genoegdoening wat gelowige kinders hul ouers bied.
Van al God se gawes is ouerskap van die grootstes omdat kinders die enigste is wat ons hemeltoe kan vat; alle ander dinge word na ons dood op die aarde gelaat. Daarom is min dinge belangriker as oueropvoeding. Dis egter nie maklik nie. Die lewe is soos ʼn boemerang; dit wat jy daarheen gooi, keer later na jou toe terug, soms met hartseer gevolge waarvoor net jyself te blameer is.
GENERAAL KOOS DE LA REY (2)
Lees reeks by Generaal Koos de la Rey
Hennie de la Rey was teen 1914 die oudste oorlewende seun van generaal Koos de la Rey. Soos hyself vertel, het hy die rol van ’n privaatsekretaris vir sy pa vertolk. As sodanig was hy oor die laaste dekade van sy pa se lewe baie na aan hom. In hierdie reeks vertel hyself meer van sy pa.
My pa, generaal Koos de la Rey, as politikus
Redenaarstalent, ’n wapen wat op politieke gebied net so onmisbaar soos ’n vuurwapen in die tyd van oorlog is, het by my pa ontbreek.
Nadat die Anglo-Boereoorlog met ’n iets net meer as ’n onvoorwaardelike oorgawe en vrede afgesluit is, moes land en volk op politieke gebied gered word. Van daardie tyd af tot met sy dood, het ek vir my pa as ’n soort privaatsekretaris opgetree. Ek het die meeste van sy korrespondensie behartig en so sy sienswyses, opvattings en oordeel goed leer ken.
Die diepste indruk wat op my gelaat is, was sy onwrikbare geloof dat ons land weer ’n onafhanklike republiek sou word.
GENERAAL KOOS DE LA REY (1)
Lees reeks by Generaal Koos de la Rey
Hennie de la Rey was teen 1914 die oudste oorlewende seun van generaal Koos de la Rey. Soos hyself vertel, het hy die rol van ’n privaatsekretaris vir sy pa vertolk. As sodanig was hy oor die laaste dekade van sy pa se lewe baie na aan hom. In hierdie reeks vertel hyself meer van sy pa.
My pa was lid van die Eerste Volksraad in die ou ZAR. Van sy verslagvergaderings het hy dikwels op die plaas Korannasfontein gehou. Hier het veral die burgers van die distrik Wolmaransstad na hom kom luister. En dit is hier waar generaal Koos de la Rey se paadjie met die van Nicolaas van Rensburg gekruis het.
Die Van Rensburgs het op die plaas Lakensvlei gebly. Dit was een van die plase in die Wolmaransstaddistrik. Terloops, die dorp Ottosdal is aangelê op die plaas Korannasfontein.
Om wie ookal eendag hierdie herinneringe van my lees, te help om sy eie gevolgtrekkings oor Nicolaas van Rensburg te maak, wil ek sommer uit die staanspoor van ’n persoonlike ondervinding vertel.
Daar was mense wat Nicolaas van Rensburg as ’n dromer of as ’n siener of selfs as ’n profeet beskou het.
ONS DIENSBAARHEID
Hannes Ollewagen
Matt. 20:20-28
“Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.” (:25&26).
Die moeder van hierdie twee seuns wou graag hê dat haar seuns saam met Christus sou regeer. En daarom gaan sy na Hom en rig hierdie versoek aan Jesus Christus dat haar twee seuns aan weerskante van Hom in sy koninkryk mag sit.
Die Here Jesus leer ons in hierdie gedeelte dat sy koninkryk heeltemal anders as wêreldse koninkryke funksioneer. Hy het nie in die vlees gekom en in die grootste weelde hier op aarde te kom leef nie. Hy het nie sy dissipels heen en weer gestuur om die hele dag agter Hom aan te draf om sy gemak en gerief te verseker nie. Hy het gekom om in diensbaarheid aan God onse Vader hier op aarde te leef. Hy het in die vlees gekom om te dien eerder as om gedien te word. “net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.” (Matt. 20:28).
DIE HEMEL IS WERKLIK (26 SLOT)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
EENDAG SAL ONS SIEN
Ek onthou die eerste keer wat ons in die openbaar oor Colton se ervaring gepraat het. Dit was tydens die aanddiens op 28 Januarie 2007 by die Mountain View Wesleyan Church in Colorado Springs. Tydens die oggenddiens het ek gepreek en die boodskap het oor Thomas gehandel. Hy was die dissipel wat kwaad geraak het omdat die ander dissipels, en selfs Maria Magdalena, die opgestane Christus gesien het en hy nie. Die storie word in die Evangelie van Johannes vertel:
24 En Thomas *wat genoem word Dídimus, een van die twaalf,
was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.
25 Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien!
Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie *in sy hande die merk van die
spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my
hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.
VERAGTELIKE BLANKE AGENTE
Adriaan Snyman
Op 17 Januarie 1916 het Siener ‘n visioen gehad wat eers in ons tyd bewaarheid sou word. In die gesig het hy gesien ons sal in die toekoms nog daal tot die vlak van die nie-blankes; selfs in ons voorkoms (kleredrag) en optrede sal ons soos hulle lyk en doen; maar nog erger, hy het ook gesê ons gaan (net soos hulle) niks vir mekaar omgee nie, mekaar uitbuit, in die rug steek, en teen betaling aan die vyand uitlewer.
Die dag toe hy hierdie gesig aan Kerneels Nieuwenhuis meegedeel het, het hy bewoë bygevoeg: “Ja, Kerneels – ons is ‘n veragtelike volk!”
Daar gaan byna nie ‘n dag verby dat die media nie hierdie skandvlek in ons volksiel met koelbloedige leedvermaak aan die wêreld uitbasuin nie, en ‘n perverse behae daarin skep om die behoudende regses as ‘n spul onopgevoede skobbejakke sonder integriteit, eer of selfrespek voor te hou.
In ‘n artikel Lies, Spies and slush-funds het ‘n nie-blanke joernalis ‘n gewetenlose komplot teen die Boere onthul. Verraderlike blanke agente van die ANC het hulself as verregse elemente voorgedoen om die behoudendes onder ons te diskrediteer.
DIE HEMEL IS WERKLIK (25)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
DIE NADERENDE OORLOG
'n Paar maande later moes ek besigheid gaan doen in McCook, 'n dorp omtrent 100 km van Imperial af. Die naaste Wal-Mart was ook in McCook. Vir baie Amerikaners is 'n uur se ry om by 'n Wal-Mart uit te kom baie ver, maar hier op die platteland raak 'n mens dit gewoond. Ek het Colton saamgeneem en sal nooit die gesprek vergeet wat ons op pad terug gehad het nie, want hoewel ons seun al oor die hemel en selfs oor my verlede met my gepraat het, het hy nog nooit vantevore laat blyk dat hy geweet het wat in my toekoms lê nie.
Ons het teruggery deur Culbertson, die eerste dorp wes van McCook, en was besig om by 'n begraafplaas verby te ry. Colton was nie meer in 'n karstoeltjie nie en het vanuit die passasiersitplek na die rye en rye grafstene gekyk.
"Pappa, waar is Pop begrawe?"
"Wel, sy liggaam is in 'n begraafplaas in Ulysses, Kansas, begrawe. Daar waar ouma Kay bly”, het ek geantwoord. "As ons weer daar is, kan ek jou neem om te gaan kyk waar dit is, as jy wil. Maar jy weet dis nie waar Pop is nie."
"POLITIEKE VLUGTELINGE" NA EUROPA
Die internasionale nuus in alle media is die afgelope maande oorheers deur die derduisende "politieke vlugtelinge" wat glo uit die Midde-Ooste en Noord-Afrika na Europa vlug.
Duitsland alleen het verwag dat daar net in 2015 sowat 800 000 vlugtelinge sy grense sou oorsteek. In Oostenryk was dit in Augustus van daardie jaar reeds meer as 100 000. Ander lande, soos Hongarye, skop vas en is selfs besig met die bou van 'n heining om hierdie strome vlugtelinge te keer.
In die meeste Europese lande is die instroming van immigrante uit Noord Afrika en die Moslemwêreld deesdae by verre die belangrikste saak op die agenda van alle politiek. Dis 'n kwessie wat sogenaamde "regse" partye vinnig laat veld wen in Europa. Maar die meeste lande wat deel is van die Europese Unie se regerings aanvaar maar gedweë dat hulle 'n "morele plig" het om hierdie vlugtelinge tussen hul eie mense te vestig.
Soos altyd is daar weer 'n groot mate van misleiding oor die vlugtelinge. Die media speel weer met die emosionele kwessies en wys gewoonlik in hul beeldmateriaal en foto's net die "gesinne" wat ontberings moet deurmaak om van die "oorlog" of "vervolging" in hul eie lande weg te kom.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (37 SLOT)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Die verskriklike stryd tussen Tal en Rafar duur onverpoosd voort.
Rafar lyk asof hy die oorhand begin kry. Hy is tartend en spottend.
“Waar is jou God nou? Toe, waarom help Hy jou nie?”
“Here God,” roep Tal, “sê die Christene moet bid. Sê vir hulle my opponent se naam is Rafar . . . sê vir hulle ...”
* * *
Die Christene voor die gebou is aangegryp deur al die gebeure om hulle. Die meeste van hulle bid nie meer nie. Hulle kyk na die polisie en al die opgewondenheid.
“Die Here het waarlik ons gebede verhoor!” roep John Coleman uit.
DIE LEUEN VAN BESKERMING DEUR DIE REGSTAAT
Een van die grootste argumente waarop profete van "verandering" en lofsangers van die nuwe Suid-Afrika onder Blankes in die verlede gehamer het as hulle aan die aard van die Afrikaan en die inhoud van Afrika se geskiedenis herinner is, was die foefie van die "regstaat".
"Ons word beskerm deur die grondwet" sou hulle antwoord op argumente van nugter denkers en mense wat met logika die gebeure in post-koloniale Afrika ook hier in Suid-Afrika voorspel het. Die grondwet sou ons glo beskerm, want die grondwet waarborg 'n regstaat en op hierdie manier sal die ANC altyd in toom gehou kon word as hulle werklik begin handuit ruk.
Of só het die liberale profete van die reënboogland ons probeer wysmaak. Intussen het die ANC homself al hoe lekkerder in die nuwe bedeling tuisgemaak en ons land is vandag net nog 'n verrotte korrupte Afrika staat op die rand van algehele ineenstorting. Die regime probeer egter nie eers meer die skyn voorhou dat hulle die regstaat ondersteun nie. Soos alle ander Afrika-despote voor hulle, begin die howe hulle irriteer, want dis 'n instrument waarmee die Witman hul spoed kan breek op pad na nóg meer rykdom en nóg meer mag.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (36)
Frank Peretti
In kamer 326 is Juleen Langstrat en al die leidende spiritiste byeen. Sandy en Shawn is ook teenwoordig. ’n Afwagtende atmosfeer omvou almal.
“Dis ’n belangrike dag,” begin Langstrat gewigtig.
“Ja, beslis,” beaam pastoor Young.
Al die ander stem saam en Sandy glimlag. Sy voel baie bevoorreg om tussen so ’n uitgelese groep te wees en dit tref haar diep om te sien met hoeveel agting Juleen Langstrat deur almal bejeën word.
ONS AFGODE
Johan Hack
Het u al opgemerk hoe die liberalistiese media propaganda gebruik om die nasionalistiese gevoel wat deel uitmaak van ons Afrikanervolk en ons geskiedenishelde, te kriminaliseer en dan die nuwe humanistiese beweging te verafgod en dan selfs ‘n beeld of gesig daaraan te gee ?
Dit kan duidelik gesien word in die Open View advertensie. In die advertensie kyk talle mense na die uitsending op hulle eie televisies na ‘n toespraak deur dr Hendrik Verwoerd, die beste Eerste Minister wat SA ooit kon hê, en ook die mees gehate Minister as gevolg van sy opregtheid en vasberadenheid om van SA ‘n Eerste Wêreldland te maak, wat hy dan ook in ‘n kort tyd reggekry het. En dan begin die kykers mense hulle TV’s te ontkoppel en na die Mandela-brug te dra en op mekaar te stapel waarop die eerste swart springbok rugbykaptein regop staan met sy arms in die lug en die skare wat hom toejuig soos ‘n god.
Ex 20.3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (35)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
By die tronk heers daar groot opwinding. Hank en Marshall is pas vrygelaat en toe hulle die area voor die hofsaal betree, bars ’n luide toejuiging en lofprysing los. Al die Christene sing en juig en Mary kom dadelik nader. Sy kan haar oë nie glo nie. Sy en Hank omhels mekaar en sy vra net oor en oor of hy niks makeer nie. “Ek is een honderd persent,” verseker hy laggend.
Marshall is self ekstaties. Hy besef opnuut dat daar werklik ’n God is en hy weet dat die God ook nou sy God is.
“Dis ’n wonderwerk,” roep iemand uit. “Die Here het die twee gevangenes uit die tronk vrygelaat net soos wat Petrus vrygelaat is!” Almal drom om Hank saam, maar dit hinder Marshall nie. Sy vinnige oë vang Alf Brummel wat ’n ent weg in sy motor spring en haastig wegry.