Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Weet ons hoegenaamd wat dit in praktyk beteken om waarlik en volkome op God te vertrou? Is dit nie dalk waarom dit so haglik met ons volk in hierdie land gaan nie – omdat ons nie in vertroue gehoorsaam aan Hom is nie. Luister wat sê die Psalmdigter in Ps 84: "Hy sal die goeie nie onthou (weghou) aan die wat in opregtheid wandel nie. HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!"
WIE SWAAI DIE SEPTER? (3)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
Vir die oningeligtes mag die feite tot dusver lyk na die uitstorting van 'n vrugbare maar koorsige verbeelding. Die sinikus sal die opmerking maak dat so 'n omvangryke komplot nooit vir die publiek verborge kon gebly het nie. So 'n opmerking is oppervlakkig gesien, korrek, maar met voorbehoud. Die komplot kon nooit so lank geheim gebly het nie tensy die samesweerders nie beheer oor die pers, kommunikasiemedia en filmnywerheid gehad het nie. Dit het hulle inderdaad en dit is so 'n gedugte wapen dat dit die samesweerders 'n kwesbaarheid gee wat Achilles hulle sou beny het. Die aard van hierdie beheer sal in die volgende stukke ondersoek word.
Professor Carroll Quigley se Tragedy of Hope: a History of the World in our Time is miskien die belangrikste boek wat ooit oor die Bankiers publiseer is.
DIE PUNT WORD GEMIS
Homoseksualisme is onbeskaamde afgodery
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die sedelike verval van ʼn volk loop hand aan hand met ʼn minagting van die Woord van God soos duidelik aan die suidpunt van Afrika gesien word. Ons volkslewe beweeg al verder van die Bybelse sedeleer af weg. En hieraan is ontspoorde kerke duidelik aandadig. Hul minagting van Skrifwaarhede laat die gat in die Boerevolk se morele osoonlaag al hoe groter word.
Waarom gebeur sulke dinge? Aan die wortel daarvan lê ʼn baie ou probleem nl. dié van afgodery. Die Bybel leer dat baie van die dinge wat in die mensdom skeefloop, hier ontstaan. Daarom begin God sy Tien Gebooie met die verbod:
“Jy mag geen afgode voor My aangesig hê nie”(Ex.20:1).
Afgodery ontstaan waar mense teen God se wil in opstand kom en dinge wat onnatuurlik is, natuurlik wil laat voorkom. Dit laat ʼn lugleegte ontstaan wat met allerlei sedelose praktyke gevul word. Sommige daarvan word selfs godsdienstig geklee om as ʼn teenvoeter vir God se heilige ontwerp te dien.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (10)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Ek word beroepsbokser
Ek het nie lank gesloer om 'n bokskontrak met die "Union Sporting Club" te sluit nie. Die promotorsliggaam het my 'n bedrag van R2 400 binne agttien maande gewaarborg. Vir geen geveg sou ek minder as R250 ontvang nie. Onder die opskrif: "Leibbrandt Hipnotiseer Promotors", het 'n Engelse koerant van Johannesburg lang kommentaar gelewer oor die fantastiese kontrak.
WIE SWAAI DIE SEPTER? (2)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
Stuit die stelsel die kapitalis teen die bors? Oppervlakkig "ja", maar speur 'n bietjie dieper en die antwoord is "nee." Oorloë is duur. Enige oorlogsugtige regering het geld nodig en beland so in die kloue van die geldskieters. Die bankiers is die gesigloses aan wie lande hulle astronomiese nasionale skulde verskuldig is. Kommunisme is bloot 'n werktuig van die wêreldgeldmag.
Die oorloë in Korea en Viëtnam is goeie voorbeelde van buitensporige duur oorloë teen "die kommunistiese vyand." Die oorloë is versigtig in die geheim so bewimpel dat geen werklike skade die kommunisme ooit berokken is nie. Met 'n vrye hand sou die Amerikaners Noord-Korea binne twee of drie weke op die langste verower het. Dog die Amerikaners moes 'n "no win war" — 'n oorlog wat jy nie wil wen nie — voer. In bogenoemde geval is strategiese teikens soos spoorwegaansluitings en brue veronagsaam en is verbied om hawens te blokkeer. Toe genl Mac Arthur, alles ten spyt, die kommunistiese magte terugdryf, is hy onmiddellik herroep en is die inisiatief prysgegee.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (9)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Terug na Duitsland
Tydens die Olimpiese Spele het ek navraag gedoen na 'n inrigting waar ek 'n kursus in liggaamsopvoeding kon volg. By my aankoms in Louden het ek my soektog voortgesit. Uiteindelik het ek besluit om na Duitsland terug te keer en 'n studie te maak van die Hitler-jeugbeweging. Op Waterloo-spoorwegstasie het ek van die Springbokspan afskeid geneem en my teruggehaas na die vasteland van Europa. Toe ek weer in Duitsland kom, was daar reuse-voorbereidings aan die gang vir die Rykspartyfees wat in Neurenberg gehou sou word. Deur bemiddeling van dr. Georg Leibbrandt, 'n bloedverwant van my en Ryksampleier onder dr. Rosenberg, het ek 'n uitnodiging ontvang om as gas van die Duitse staat die grootse verrigting by te woon.
GENERAAL KOOS DE LA REY (SLOT)
Lees reeks by Generaal Koos de la Rey
Aanhaling uit die toespraak van generaal Louis Botha voor die Senaat op 12 September 1914.
Aanhangsel A
De tweede stap, welke door de Regering gedaan was, geschiede op verzoek van de Britse Regering. Deze had aan de Unieregering medegedeeld, dat het, uit een strategies oogpunt beschouwd van het grootste belang was dat zekere delen van Duits-Zuidwest-Afrika geokkupeerd zouden worden en dat zij het ten zeerste zou apprecieren indien wij dit konden doen... Het doel was niet om meer grondgebieden te annekseren... Bij de stap, door de Unieregering gedaan, was in het oog gehouden de eer, de goede naam en de oprechtheid van het volk van Zuid-Afrika. (p 18, kol 2)
Toespraak van Generaal J H de la Rey in die Senaat op Saterdag 12 September 1914.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (8)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Met die boksspan op toer
Teen die einde van die Spele is die Suid-Afrikaanse boksspan uitgenooi om in Duitsland en Switserland te boks. Aangesien geen passasiers in die span toegelaat sou word nie, was ek outomaties uitgeskakel. My versoek om Jim Fennesy as helper in die kryt by te staan, is deur die bestuurder van die hand gewys. Dave Carstens, wat net 'n gas was en geen lid van die span nie, is aangewys om daardie vakante pos te vul. Die begeerte om Switserland te besoek, het vinnig in my opgelaai.
"Ek gaan saam met die Span, al boks ek net met die een hand," het ek later gesê.
MAGLUSTIGES
Gesante van Satan
Ds. A.E van den Berg
“En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!” (Jes.14:13,14).
“Jy was in Eden, die tuin van God...... Jy was ’n gerub met uitgespreide vlerke wat beskut.... volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is..... Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid... Ek het jou op die grond gewerp....”(Eseg.28:13-17)
“En daar het oorlog in die hemel gekom: Migael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak....En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan.... hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp......wee die bewoners van die aarde .... want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede...” (Openb.12:7-12)
WIE SWAAI DIE SEPTER? (1)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
Die Russiese wetenskaplike, Ivan Pavlov (1849-1936) was 'n pionier met eksperimentele tegnieke. As wenner van die Nobelprys in 1904, is hy beroemd vir sy navorsing oor bloedsirkulasie en spysvertering. Pavlov het byna per ongeluk ontdek hoe om outomatiese reaksie by diere te bewerkstellig. Uitbreiding van sy eksperimente, toegepas op mense, het beslag gegee aan die Gedragskool van Psigologie. Vandaar was die vermoë om die massadenke te beheer maklik.
Pavlov het opgemerk dat honde, wat hy vir eksperimente in hokke gehou het, se speeksel begin vloei en hulle ook opgewonde geraak het, sodra hulle die emmers, waarin hulle kos hokke toe gebring is, hoor klink het. Die speekselvloei het plaasgevind lank voordat hulle die opsigter gesien of geruik het. Hulle het geleer dat die klink van die emmers beteken die aankoms van kos. Dit is as gevolg van 'n vaste roetine van herhaling en assosiasie oor 'n tydperk. Hierna het Pavlov wetenskaplik begin eksperimenteer.
ONTEIENING DEUR WETGEWING
Sedert die ANC op hul kongres van Desember 2017 amptelik besluit het dat die Suid-Afrikaanse Grondwet verander moet word om "onteiening sonder vergoeding" in die land moontlik te maak, is dié onderwerp op almal se lippe. Dit word druk bespreek en baie mense leef in vrees hiervoor. JACO ELS van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) bespreek die beginsel van eiendomsreg, die huidige wetgewing en die moontlike scenario met die verandering daarvan. Hy wys egter ook daarop dat die Afrikaner se eiendom op verskeie ander maniere inderdaad lank reeds beset, oorgeneem en wettig gesteel word sedert die koms van die nuwe bedeling in 1994.
Derduisende woorde is reeds geskryf, toesprake is gehou en paneelbesprekings is gedoen sedert die ANC "onteiening sonder vergoeding" as amptelike beleid aangeneem het. Bittermin werklike beginselbegronde argumente is daaroor gemaak, maar die belangrikste argument het veral gegaan oor die fatale effek wat dit sal hê op die ekonomie, aangesien die vrye wêreld ons land as beleggingsbestemming sal vermy as hierdie tipe Sosialisme 'n realiteit word. Dit is natuurlik baie waar. Ons het dit in ons eie tyd gesien gebeur in Zimbabwe en Venezuela, waar dié twee lande se ekonomieë in duie gestort het en die burgers van daardie lande nou in armoede en ellende spartel om te oorleef.
ONS IS IN 'N TUIMELDROM
Prof HG vd Westhuizen
Halfedelgesteentes word glad, blink en bruikbaar geskuur deur growwe materiaal in 'n drom wat gedraai word.
Die drom draai. Ons Afrikanervolk ís in 'n massiewe tuimeldrom. Soos die halfedelgesteentes by verre díe mínderheid in 'n tuimeldrom is, ís ons volk maar 'n klein persentasie tussen die growwe materiaal. Die tientalle miljoene wat saam met ons in die tuimeldrom van die geskíedenis is, kap na ons, vryf ons op, skuur ons blink en kaal. Die revolusie met die gevolglike sogenaamde demokrasie – vol sosialisme en kommunisme – bied omtuimelinge vir miljarde rande se korrupsie. Die Afrikaner wat temidde hiervan nie gebreek en fyngemaal word nie, word blinker, gladder en bruikbaarder vir 'n beskaafde volk van edel inbors.
Die draai van die tuimeldrom word genoem transformasie.
HY IS DIE HERE
Hannes Ollewagen
Ex. 6:1-12:” VERDER het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE. En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.” (:1&2).
Die Almagtige maak Homself aan Moses bekend met sy Naam, HERE. ‘n Naam wat Hy nie aan Abraham, Isak en Jakob bekend gemaak het nie. Hierdie Naam dui tog op die verhewenheid van God – die hoë gestalte en aansien wat Hy behoort te geniet.
Die HERE sou Homself egter nie net aan Moses in hierdie verhewe posisie bekend maak nie. Hy sou ook aan die kinders van Israel en selfs die Egiptenare van hierdie oomblik af bekend maak dat Hy hoog verhewe bo die mensekinders is – dat hy die HERE is. “Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die HERE is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei.” (Ex. 7:5). Dink maar aan die bevel wat God aan Moses in Ex. 14 gee met die bedoeling dat Farao die kinders van Israel moet agternasit. Farao sou m.a.w. God teëgaan en op hierdie wyse sou God sy krag en verhewenheid aan die Farao en sy dienaars bewys. God sou aan hulle duidelik bewys dat Hy die HERE is. “En Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en Ek wil My aan Farao en sy hele leërmag verheerlik, en die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is. …” (Ex. 14:4).
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (7)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ is, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Voorbereiding vir die Olimpiese Spele
By my terugkeer in Suid-Afrika het ek onmiddellik begin oefen vir die Berlynse Olimpiese Spele in 1936. Ek is na Pietermaritzburg in Natal verplaas. Hoewel ek heeltemal tuis was in "Sleepy Hollow", was daar ongelukkig geen skermmaats teen wie ek die nodige boksoefening kon kry nie. Na enkele maande is aan my versoek voldoen en is ek na Sydenham, 'n polisiestasie noord van Durban, verskuiwe. Dit was 'n boksersparadys. Hier het ek bykans net van tropiese vrugte en melk gelewe. Hoewel die ander twee polisiemanne wat saam met my dieselfde woning betrek het, ook boksers was, kon ons wel saam oefen, maar nie saam boks nie. Hulle was albei baie ligter as ek. Weer was ek in dieselfde penarie as in Pietermaritzburg en moes ek rondsoek na skermmaats.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (6)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ is, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
My strewe om Springbok te word
Na my terugkeer in die Polisie-Kollege het ek planne begin maak om 'n verplasing na die Goudstad te bewerkstellig. Die vraag was egter: hoe? Beserings kan genees en enige interne aangeleentheid kan met die mes van die chirurg opgelos word. Sells dit sou geen verplasing na Johannesburg in die hand werk nie. Skielik een oggend was ek so hees soos 'n broeis makou. Ek het kamma mediese behandeling ontvang, maar ook dit kon die padda in my keel nie verdryf nie. Intussen kon ek geen parade bywoon nie, want ek was onbevoeg om bevele te gee. Ek was totaal ongeskik as instrukteur. Na 'n lang gesukkel is ek uiteindelik na Hospitaalheuwel in Johannesburg verplaas. Die lewe van 'n berede polisieman op die teerstrate van 'n groot stad is beslis nie met rose besaai nie. Niks kon my egter afskrik nie. Ek was vasberade om die groen en goud kleurbaadjie te dra.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (5)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ is, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Hoe ek myself gebrei het
Die kangaroe-episode was gou vergete. Boks kon die besoeker uit Australië beslis nie. Ek het dit derhalwe ook nie as 'n prestasie beskou nie. Die lewe het maar weer sy normale gang gegaan. Of die tergende pyn wat ek later in my sy gevoel het, te wyte was aan die skop van die kangaroe, kon ek nie met sekerheid vasstel nie. Ek was egter genoodsaak om na 'n kuur te soek. Om 'n geneesheer te gaan raadpleeg, was toentertyd benede my opvatting van forse manlikheid. Ek het naarstiglik begin delf na kennis van natuurgenesing. Toevallig ontdek ek 'n skrif oor die voordele van vas. Die skrywer was die beroemde Tromp van Diggelen.
GENERAAL KOOS DE LA REY (7)
Lees reeks by Generaal Koos de la Rey
Onbeantwoorde vrae rondom generaal De la Rey se dood
Saam met hom na die graf het generaal Koos de la Rey die antwoorde op ’n klomp vrae geneem waaroor ons net kan bespiegel. Die grootste vraag is natuurlik of hy sou rebelleer as hy bly leef het?
As sy spore oor die laaste 72 uur van sy lewe versigtig nagegaan word, is daar ’n paar leidrade wat opgevolg kan word.
Vroeg Saterdagoggend 12 September 1914 stuur hy ’n telegram uit Kaapstad aan sy seun Hennie in die burgermagkamp op Potchefstroom. “Verwag my Maandag te Potchefstroom.” Die telegram bereik sy seun dieselfde dag nog.
De la Rey se volgende kontroleerbare optrede die Saterdag laat die telegram vreemd voorkom.
RACHELTJIE DE BEER
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
Die verhaal van Racheltjie de Beer is een van die merkwaardigste verhale van dapper kinders in ons geskiedenis. En tog het, sover bekend, nie 'n enkele persoon wat eerstehandse kennis omtrent haar besit het, die gebeurtenis waarvan hier vertel word, op skrif gestel nie. Eers later is die verhaal opgeteken. Voorheen is die verhaal net van mens tot mens oorvertel, maar diegene wat dit vertel het, was so seker dat dit wel gebeur het dat 'n mens moeilik aan die waarheid daarvan kan twyfel. In vandag se tyd van verraaiers, lafaards, toegeërs, oorgeërs, selfsug, narsisme en swakkelinge is dit nodig om weer klem te lê op die heldedade in die geskiedenis van ons volk in 'n tyd toe mense nog vir mekaar omgegee het en mekaar nie oorgelewer, gekruisig en gewetenloos in die steek gelaat het nie. Lees dan hierdie bemoedigende verhaal van so 'n dapper jong meisie.
Dit was, volgens oorlewering, om en by die helfte van die 1840’s toe dié geskiedenis hom op ‘n plaas aan die Transvaalse kant van die Drakensberge afgespeel het. Die gesin De Beer het hier by ‘n vriendelike boer oorgestaan terwyl die vader nog besig was om ‘n geskikte lap grond te soek waar hulle self kon gaan huis opsit. Dié deel is een van die koudste streke in die hele bewoonde Suid-Afrika.
Dis gure winternag met stormwind en reën, en tussendeur vlok die vlae sneeu. G’n mens of dier sal onbeskut bly leef nie, en almal skuil so diep en warm weg as hulle kan teen die ysige geweld. Maar onder teen die spruitwal is daar tog ‘n late wandelaar, ‘n meisie van skaars twaalf.
GENERAAL KOOS DE LA REY (6)
Lees reeks by Generaal Koos de la Rey
Wie was generaal Koos de la Rey?
Met reg kan gevra word waarom daar soveel verskillende weergawes van die laaste dae van De la Rey bestaan. Om die vraag te beantwoord, moet eers gekyk word na wie Koos de la Rey, Boeregeneraal, die Leeu van die Weste, werklik was.
In vandag se idioom sou hy as ’ n swak partypolitikus beskou word. Hy was te veel van ’n instinktiewe denker en individualis. Hoewel hy hom telkens by die meerderheid neergelê het, het hy nie geskroom om daardie meerderheid te kritiseer nie.
Hy was ’n diepgelowige mens. Wanneer hy nie geweet het waarheen nie, het hy hom op sy knieë tot sy Skepper gewend. Hy was ook vas oortuig dat Siener van Rensburg profetiese vermoëns van God ontvang het. Hierdie oortuiging het van sy vriende, soos Louis Botha, nie met hom gedeel nie.
DIE LAM EN DIE LEEU
Ds A.E. vd Berg
“Is U die een wat sou kom, of moet ons ʼn ander een verwag?(Mt.11:3).
Die Bybel vertel van talle merkwaardige profete waarvan Johannes die Doper, Jesus se wegbereider, die grootste was. Hy het destyds ʼn groot beroering in kerkgeledere veroorsaak omdat die stem van die profete na Maleagi vir vier eeue stil was. God het niks meer vir Israel te sê gehad nie. Toe Johannes dus hierdie profetiese stilte na 400 jaar verbreek, het mense nuuskierig kom luister. God het na al die tyd weer met Israel gepraat!
In Mt.11 sit Johannes in die tronk; verneder, ontnugter en met soveel twyfel, dat hy boodskappers na Jesus stuur: “Is U die een wat sou kom, of moet ons ʼn ander een verwag? Sy vertwyfeling was deel van die bitterheid wat toe alreeds aan Jesus se lydensbeker toegevoeg is; dat sy wegbereider aan Hom getwyfel het!
Johannes se vertwyfeling leer ons dat geloofshelde ook net mens is en stadiums van vertwyfeling en ontnugtering beleef. Elia, een van die grootste profete van die OT, het by geleentheid selfs onder ʼn besembos gaan lê en gewens om te sterf. Gelowiges weet dat ʼn mens uit genade en nie voortreflikheid gered word.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (4)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ is, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
3. My opleiding as bokser
Op Grey-kollege het ek my eerste les in die nobele kuns van selfverdediging ontvang. My breier was sersant Walker. Ek was toe dertien jaar oud en het 'n skamele 97 pond geweeg. Hoewel dit net die tweede maal was dat ek bokshandskoene aangetrek het, was ek heeltemal tuis met die kussing op my hande. In daardie jaar het ek aan die skoolkampioenskappe deelgeneem.
Ek het in een rondte met my teenstander klaargespeel en was in die finaal. Die ander finalis het egter geweier om teen my te boks en ek was bokskampioen van die Grey-kollegeskool.