Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons herdenk die Slag van Bloedrivier as 'n groot daad van God in ons geskiedenis, 'n daad wat ons nie mag vergeet nie en aan óns opkomende geslagte moet oordra. Daarby gedenk ons dit as 'n groot daad in die geskiedenis van die Kerk van die HERE in ons land en oor die hele wêreld.
ONS FINALE VRYHEIDSTRYD
Jeanette Koekemoer
“Die Afrikanerbond weet dat ons land op die vooraand van ‘n langverwagte ineenstorting staan en maak hulle nou gereed om die regeermag na afloop van die chaos oor te neem.”
“Met bogemelde in gedagte kan mens nie anders as om te glo dat hierdie man met die hand deur die internasionale geldmag uitgesoek is nie.”
WIE IS DR THEUNS ELOFF?
Dr. Theuns Eloff (gebore te Potchefstroom op 17 Mei 1955) is ’n Suid-Afrikaanse akademikus en uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting waar FW de Klerk steeds ‘n aktiewe deelname as Emeritus voorsitter beklee.
DIE KEELVOL FAKTOR ONDER BLANKE SUID-AFRIKANERS
Die Afrikanervolk en Blankes oor die algemeen is onder hewige druk in Suid-Afrika en omstandighede in die land is besig om 'n gees van verset wakker te maak onder dié deel van die land se bevolking.
JACO ELS van die Afrikaner Nasionalistiese beweging (ANB), bespreek hierdie verskynsel en wys waarom dit – hoewel tans nog ver van 'n beginselgedrewe beweging – op die langer termyn goed kan wees vir die stryd van Afrikanernasionalisme.
Etlike maande gelede het die nuutste poging om Afrikaners op een of ander wyse onder die vaandel van 'n sambreel-organisasie byeen te bring bekend geword. Uit die beskikbare inligting oor die nuutste aksie, is dit duidelik dat die bedoeling daarvan is om Afrikaners te betrek wat ontevrede is met die huidige amptelike regeringstelsel in die land én met alle partye of groepe wat daarmee verbind word. Die ANB is nooit amptelik genader om deel te word van hierdie nuwe aksie nie, maar sommige lede van dié beweging is wel deur middel van informele gesprekke of via kommunikasie in die sosiale media daarvan in kennis gestel. Hierdie onlangse roeringe is natuurlik niks nuut nie.
Trouens, sommige van die organisasies wat in die korrespondensie genoem is, is juis oorblyfsels van vorige pogings om Afrikaners weer onder een vaandel byeen te bring. Dit is wel so dat die Afrikanervolk se situasie byna jaarliks versleg. Daar het reeds 24 jaar verloop sedert die oorname van die Swart kommunistiese regime en Afrikaners beleef al hoe meer in die praktyk die antagonisme en vyandskap van dié regime en sy ondersteuners. Daar is beslis 'n groeiende vryheidsdrang by Afrikaners wat nie wil of kan emigreer na veiliger en voorspoediger lande nie. Om egter ná al die vorige foefies en windmeul-storm aksies nou wéér pogings aan te wend om Afrikaners in een kraal te jaag en dan net weer dieselfde doodgebore aksies voor te staan óf weer van die beginsels van Afrikanernasionalisme af te wyk en op die vyand van die volk se gekose terrein die stryd te voer, is nie net 'n mors van tyd en energie nie, dis ook 'n voortsetting van die demoraliseringsproses van ons volk.
WATERBOBBEJAAN (10)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Na ontbyt die volgende oggend vat Sakamatlakobata sy verkyker en gaan sit op die stoel in sy sitkamer. Hy maak die houtvenster oop en besluit dat hy die hele dag daar gaan sit en Waterbobbejaan se woonplek dophou. Hy is haastig van geaardheid, te haastig, maar hy het ook die wilskrag om ure lank stil te sit as dit nodig is en ‘n goeie doel dien.
Maar hy het sy hele dag gemors. Soos die Bantoes sê: sy spore is weg. Hulle merk dit op, maar hulle glo dit nie, want hulle bly snags in hulle krale.
Die boer het daardie dag in sy sitkamer baie dinge oorweeg. Daar boer ‘n luiperd op sy plaas. Maar hy het nog nooit van hom las gehad nie. Dit wil natuurlik nie sê dat die luiperd nie een aand kan uitbreek en so iets aanvang nie. Maar dis nie soos die luiperd gewoonlik doen nie. Dis moontlik dat ‘n luiperd wat op trek is na ‘n ander plek toevallig daardie nag daar verbygekom en op die ingewing van die oomblik sy ram gegryp het. As dit die geval is, is dit moontlik dat so iets nie gou weer sal gebeur nie. mens moet verliese in die bosveld af en toe verwag. Miskien is dit per slot van sake nie so erg nie. Die ram was in elk geval ‘n nikswerd ram.
NEDERIGE ERKENTLIKHEID
Hannes Ollewagen
Daniël 4:1-37
“...dat die lewendes kan erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige onder die mense daaroor aanstel.” (:17).
Daar is ‘n Engelse spreuk wat lui: “Power corrupts and absolute power corrupts absolutely”. ‘n Mens wat aan niemand verantwoording hoef te doen nie is geneig om homself aan allerhande vergrype skuldig te maak. Koning Nebukadnésar was so ‘n koning. Hy het ‘n geweldige koninkryk gehad en Babel was‘n baie magtige ryk. Hy kon doen wat hy wou en het nie nodig gehad om aan iemand verantwoording te doen nie. Wel, so het hy egter gedink. God het egter in ‘n droomgesig aan hierdie koning ‘n waarskuwing gerig om hom van sy ongeregtighede en hoogmoed te bekeer. Hierdie waarskuwing is verder deur Daniël baie duidelik aan hom gerig. “Daarom, o koning, laat my raad u welgevallig wees en breek met u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys aan die ellendiges as daar verlenging van u rus moet wees.” (Dan. 4:27).
ROEMLOSE OORGAWE
Suid-Afrika 1990
J A Marais
WAT teen Julie 1990 in Suid-Afrika aanskou is, was 'n gevorderde fase van 'n onvoorwaardelike oorgawe van die NP-Regering aan 'n vyand wat die oorlog nie kon wen nie.
Die ANC sou in 1990 die terroriste-oorlog met moeite kon voortsit na die ineenstorting van kommunistiese regerings in Oos-Europa en die ekonomiese verval in sogenaamde Frontliniestate in Afrika. Die logiese verloop van die terroriste-oorlog in Suider-Afrika moes gewees het dat van Suid-Afrika se kant die stryd teen die terroriste op alle fronte verhewig sou geword het om die oorlog beslissend te wen. Dog, die teendeel is deur die Suid-Afrikaanse Regering gedoen. Die stryd is gewonne gegee, en nog voor die vredesonderhandelings begin het, het die Regering 'n reeks toegewings gemaak aan die ANC-eise—vrylating van Nelson Mandela en ander langtermyngevangenes, ontbanning van die ANC en die SAKP, herroeping van wette waarop die ANC en die SAKP aangedring het, en aanvaarding van die beginsel van een mens, een stem. Dit terwyl van die ANC-kant geen gebaar van toegewing gemaak is nie, presies soos 'n oorwinnaar teen 'n oorwonnene optree.
WIE IS DIE AFRIKANERS?
J A Marais
Die Afrikanervolk is bo alles 'n volk wat stam uit die Blanke ras van Wes-Europa, die ras wat in sy plus en surplus die wêreld fisiek oopgemaak, tegnologies ontwikkel en 'n hoë mate geestelik oorspoel het. Die Afrikanervolk se kultuur is 'n rasgebonde kultuur, net soos die Zoeloevolk se kultuur 'n rasgebonde kultuur is. Anderrassiges kan die kultuur ten dele aanvaar, maar hulle kan die diep verbondenheid aan die rasseherkoms wat daarmee saamgaan, nie deel nie.
As by 'n bespreking ras uit die oog verloor word, volg verwarring oor die sake. Daar is nie so iets soos 'n veelrassige volk nie, al sou mense van verskillende rasse een taal praat. Taal alleen bepaal nie 'n persoon se volksverwantskap nie. Ras en kleur word nie as onderskeiding uitgewis deur deelgenootskap aan taal nie.
WATTER TIPE GROND IS JY?
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Kosbare landbougrond wat in die verkeerde hande beland, raak onproduktief. Kyk maar wat met ons eie land sedert 1994 gebeur het! ... “Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!" - Mt.13:9.
Jesus was ’n leermeester duisend en het die vermoë gehad om tonele uit die daaglikse lewe te gebruik om mense diepsinnige geestelike lesse te leer. Sy gelykenisse was aardse verhale met hemelse betekenisse. Die Gelykenis van die Saaier is ’n treffende voorbeeld hiervan.
Toe Jesus by geleentheid by die See van Galilea kom, het so ‘n groot skare om Hom saamgedrom, dat Hy in ’n skuit moes klim en ’n entjie wegvaar voordat Hy met hulle kon praat. Dink u in: Jesus op ’n skuitkansel en die gemeente op die strand. Wat ’n prentjie; wat ’n preek!
Jesus gebruik ’n beeld wat aan almal bekend was – ’n saaier en saad. Al die saad lyk aan die begin dieselfde maar almal eindig nie eenders nie. ’n Groot deel daarvan bring geen oes in nie.
WATERBOBBEJAAN (9)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Dit reën omtrent die hele nag deur. Die boer is so opgewonde dat hy byna nie kan slaap nie. Hy het lank laas so ‘n voorspoedige jaar gehad. Die oes gaan goed wees en die gras sal tot diep in die volgende seisoen hou. Hy is gelukkig op sy plaas.
Vroeg die volgende dag staan Sakamatlakobta op en gaan maak sy skaapkraal se hek oop. Hy tel die skape soos hulle uitloop. Intussen kom die wagtertjies stadig aangestap.
Boer sien daar is een skaap te min en dis vir hom of iets snaaks aan die gang is. Toe val dit hom by: waar is sy grootste ram? Dis wel ‘n kulram, maar wat het van hom geword?
Hy kyk sy skape weer deur. Die ram is nie tussen hulle nie.
“Jaag die skape in!” beveel hy die wagtertjies. Hy maak die hek dig toe en begin al om die kraal spoorsny. Dis verniet. Die moontlike spore is weggespoel. Hy gaan in die kraal in nadat die skape weer uitgejaag is. Daar is geen bloed hoegenaamd in die miswater te sien nie.
Wie het dit gedoen?
Boer twyfel sterk daaraan of dit Bantoes kan wees. Hulle sal nie in so ‘n nag rondloop nie. ‘n Hele paar van hulle sal dit miskien regkry om die ram oor die muur te tel, want hy het gesien toe hy oopmaak dat daar nie met die hek gelol is nie.
Hy kyk na Waterbobbejaan se grot en sien dat die waterval baie groter is as gister en dat die water bruiner is.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
EEN MAORIE IN DIE SPAN...
In 1971 is die eerste veelvolkige atletiekbyeenkoms in Kaapstad onder blyke van groot openbare belangstelling aangebied. Omdat dit 'n politieke waagstuk was, was baie mense onseker en selfs ontevrede oor hierdie gewaagde sosiale eksperiment.
Ivor Potgieter, die bekende atletiekafrigter, was een van die voorstanders van hierdie konsep, hoewel hy en andere deur heelwat mense gekritiseer is. Die aand vóór die groot byeenkoms bevind Gert Potgieter en Fanie du plessis hulle by Hannes Botha in sy woonstel waar verskeie internasionale gaste onthaal is. Ná die onthaal besluit Fanie om Ivor 'n streep te trek deur hom af te dreig, omdat hy so sterk ten gunste van die sogenaamde "oop" sport was. Hierdie plan van Fanie het toe vir Gert die ingewing laat kry om 'n polisievriend by die nabygeleë polisiestasie op Fanie se spoor te sit sodra hy met sy dreigement besig raak.
VOLHOUBARE NASIONALISME...
... HET NET EEN GRONDSLAG
Jeanette Koekemoer
Daar is net twee beginselbasisse in die Suid-Afrikaanse politiek; 'n nasionale beginselbasis of 'n liberale beginselbasis. Die liberale beginselbasis het oral in Afrika misluk, is besig om nou ook in Europa te misluk; dit het die onlangse verkiesings daar bevestig, en is ook besig om nou in Suid-Afrika te misluk - ons beleef 'n ekonomiese verknorsing wat binnekort tot totale ineenstorting gaan lei, en ons sit met binnelandse geweldpleging wat die getuigskrif is vir die mislukking van hierdie beleid. Nog sien ons nie ‘n totale terugkeer na die nasionalisme onder ons eie mense nie – dit is asof hulle verlam is deur die gif van liberalisme.
In ons geskiedenis het die ineenstorting van die Afrikanervolk se politieke mag tevore die staat laat verval maar het die Afrikanervolk nie daarmee saam verdwyn nie.
SELFONDERSOEK DRINGEND NOODSAAKLIK
Ds Willem van Schalkwyk
Vanweë die sonde van die mens het God owerhede oor ons aangestel om sorg te dra dat die samelewing nie in totale chaos verval nie. God is immers 'n God van orde en vrede (1 Kor 14:33) en daarom het Hy owerhede met sy mag beklee om orde en vrede in die samelewing te handhaaf. Hy het nie sy mag aan hulle oorgedra nie, maar hulle in 'n ampsposisie geplaas om sy bevel uit te voer. Staatsgesag is dus slegs afgeleide gesag.
Om regeermag van God te ontvang, bring 'n ontsaglike verantwoordelikheid mee. Wie God se gesag hier op aarde wil bedien, moet dit doen soos God dit sou doen. Dit lê op elke owerheid die verpligting om dié EEN te erken van Wie hy sy regeermag ontvang het én die wil en die wette toe te pas van Hom Wie hulle aangestel het.
DÍT WAS DE WET:
"Ry!” sê De Wet aan sy kommando. "Kyk daar is ou skuim op die water. Die rivier styg en tel weer die ou skuim op wat teen die walle agtergebly het.”
Uiteindelik is almal deur. ’n Geweldige gejuig gaan op: "Vrystaat bo!”, "Prys die Heer met blye galme!”, "Hoera, hoera!” Agter hulle kom !n bruin wal water oor die rivieroppervlakte aangedreun. Die vyand is afgesluit.
RAMAPHOSA - DIE SWART HANDSKOEN OOR DIE WIT HAND VAN DIE JOODSE GELDMAG
Carel van der Grijp (Ondervoorsitter van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) )
Kort nadat Cyril Ramaphosa tot nuwe ANC-president – en twee maande later ook tot president van die land – verkies is, het die media en liberale huishouding in Suid-Afrika gejuig. Die algemene siening was dat 'n nuwe era van versoening en voorspoed gaan aanbreek. Dit was egter van korte duur en dit het gou duidelik geword dat, agter al die propaganda, Ramaphosa inderdaad geen vriend van die Afrikaner is nie. In hierdie artikel word die kollig gegooi op Ramaphosa se agtergrond en sy loopbaan as vakbondbaas, politikus en sakemagnaat.
Met die gebeure binne die ANC sedert 16 Desember 2017 rondom Jacob Zuma het dit duidelik geword dat dié party nog groter steun gaan verloor in die 2019 verkiesing. Terwyl Jacob Zuma die afgelope paar jaar verskeie mosies van wantroue teen hom in die parlement afgeweer het, spreek die wyse waarop die ANC teen hom gedraai het ná die Desember kongres natuurlik boekdele. Dié dinge het nie oornag gebeur nie en die diep verdeeldheid in die party het in Desember tot 'n klimaks opgebou. 'n Mens moet egter aanvaar dat die gebeure sedert 16 Desember 2017 lankal reeds agter die skerms beplan is en dat dit nie 'n natuurlike verloop van omstandighede is nie.
Die EFF het lank gelede reeds 'n voorstel tydens 'n parlementsitting ingedien om grond te onteien sonder vergoeding, maar dit is aanvanklik nie deur die ANC ondersteun nie. Zuma was egter ten gunste van so 'n besluit en het dit gesien as 'n kans om sy aansien onder die Swartes te herstel.
WATERBOBBEJAAN (8)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Die eerste paar weke na sy siekbed kon die boer nie slaap nie.
“Ek het ‘n paar weke lank geslaap,” sê hy. “Hoe kan ek nog vaak wees?”
Hy het snags ure lank op sy stoep gesit en rook en na die naggeluide van die bos geluister. Hy voel eensaam. Hy wil met iemand gesels. Hy oorweeg dit om die volgende week vir ‘n paar dae by oom Stoffel Wolf en oom Paul Raaswater te gaan kuier. Hy kan maklik ‘n paar dae gaan vakansie hou. Die Bantoes is taamlik skaflik en die skoffeltyd is verby.
Die oggend na hy so besluit het, is ‘n helder someroggend. Maar dit het vroeg daardie oggend al drukkend begin voel. Sakamatlakobata se ondervinding sê vir hom dat die reën nie ver is nie. Miskien vanmiddag nog.
Toe die huisgesin twaalfuur gaan eet, is dit broeiend warm.
‘’Die kos is warm Sanna. Kon jy dit nie eers onder die boom gesit het nie?’’
AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (SLOT)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by As die waarheid vertrap word
Deel 6
“Daarom dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof.....” (Hebr.12:1,2).
1. Wantroue
Kerke gaan tans so vinnig agteruit, dat dit of na ʼn na-institusionele vorm van kerk-wees op pad is of selfs heeltemal roemloos in die niet kan verdwyn. Dis die droewige gevolg van hul bedenklike hantering van die Bybel. As hierdie lewenskompas opsy geskuif word, verloor ʼn kerk Christus, die Ware Noord, uit die oog. Hulle behou hoogstens die skulp, maar verloor die pêrel.
AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (5)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by As die waarheid vertrap word
Deel 5
“Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp” (2 Kor.10:3,4).
1. Geestelike wapens
Gelowiges sal sterk teenstand van dwaalleraars ontvang. Dis niks ongewoons nie. Die waarheid kry altyd op die skerp klippe van die leuen seer.
“As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het. As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle” (Joh.15:18,19).
Elke groot era in die kerkgeskiedenis is aan ʼn ernstige stryd om die waarheid gekenmerk. Feitlik elke NT brief spreek dit ook aan. Die boodskap is altyd duidelik – moenie met die gees van die tyd flankeer nie!
AANGESTEL OOR DIE WERKE VAN SY HANDE
Hannes Ollewagen
Hebreërs 2:1-18
“...maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? U het hom ’n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.” (:6&7).
Die skrywer van die brief aan die Hebreërs haal die bekende woorde van koning Dawid uit Psalm 8 aan. “...wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:” (Ps. 8:5-7).
WATERBOBBEJAAN (7)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
‘n Paar weke lank werk die boer en sy seuns in die lande. Hulle het bome uitgehaal en hulle landerye vergroot. Hulle het die leidam gestraat met leiklip wat hulle in lae uit die rantjies gebreek het. Intussen het die boord goed herstel. Warm son en baie reën het Waterbobbejaan se kattekwaad uitgewis.
Die man in die grot word deur niemand gewaar nie. Die Bantoes het snags begin rondloop en pluimvee en kleinvee gesteel. Die boer was naderhand half spyt dat Waterbobbejaan so heeltemal verdwyn het. Bobbejane en ape het weer stadigaan teruggetrek na sy plaas.
Die eerste week na hy vir Waterbobbejaan gelooi het, het Sakamatlakobata nie goed geslaap nie. Hy het weerwraak verwag, maar hy kon nie dink wat dit sal wees of van watter kant af dit sal kom nie. Na die eerste paar weke verby is, trek malaria hom ‘n ruk lank neer.
Van die eerste twee weke kan hy niks onthou nie. Maar sy vrou en kinders het kort-kort in die nag of dag gehoor dat hy al ylende met die maaifoelie van ‘n Waterbobbejaan besig is. Dan is dit net of hy met ‘n vriend, of ou medebosvelder gesels. By tye gesels die boer alleen en dan luister hy weer en knik aandagtig met sy kop. Af en toe verskil hy van sy maat oor iets en dan skud hy sy kop. Maar dit het selde gebeur. Soms is dit net of hulle saamlag oor kattekwaad wat hulle aangevang het. Dan is dit weer of die boer met sy hand oor ‘n wond streel.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Eskom het 'n samewerkingsooreenkoms aangegaan met 'n bekende vervaardiger van flitsbatterye. Die Eskom-produk sal onder die handelsnaam 'Neveready' bemark word.
Wat het 'n vrou en `n handgranaat in gemeen? As jy die ring afhaal is die huis weg.
Die seuntjie vertel opgewonde aan sy onderwyser van die baba wat hulle verwag by die huis. Dit gaan vir 'n paar maande so aan en hy bly aan sy onderwyser van die verwagte baba vertel. Op 'n dag roep sy moeder hom en vra hom om sy hand op haar maag te plaas. Sy vra of hy kan voel hoe die baba skop en beweeg. Hy lewer geen kommentaar nie. Die volgende dag vra die juffrou toevallig wanneer die baba gaan kom? Die seuntjie bars in trane uit en sê: “Juffrou, die baba HET al gekom maar my ma het hom opgeëet!”
VERRAAIERS EN HUL HOOFSEUN-MENTALITEIT
Tyd om verraaiers met hul "hoofseun-mentaliteit" uit te skakel
Toe Robert Mugabe en sy Zanu-PF terroristebende Rhodesië met die hulp van Brittanje en Amerika in 1980 oorgeneem het, was dié land bekend as die "Broodmandjie van Afrika".
Dié land was vooruitstrewend en dit het 'n redelik gesonde ekonomie gehad, wat natuurlik sterk op landbou en mynbou gesteun het om te groei.
Soos in alle ander Afrika lande wat in die sogenaamde na-kolonialistiese era deur Swart kommuniste oorgeneem is, het Mugabe en sy bende die land stelselmatig geplunder. Hulle het soos koninklikes geleef, terwyl die gewone burger van die land, Zimbabwe, al hoe armer geword het en al hoe swaarder gekry het.