Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Liewe Here, waarom sukkel ek so om lief te hê? Ek kry dit reg om fatsoenlik, beskaafd en medemenslik te wees, die wet te gehoorsaam, geen verkeerde dade te doen nie. Maar om met liefde en omgee na my medemense uit te reik, dáár Here, is ek in die skuld met opofferende liefde! Leer my asb hoe om lief te hê!?
DIE LEUEN WAARIN ONS LEWE
Ons is by een van die grootste en felste oorloë ingetrek, waarvan ons nie eens die reëls verstaan nie: 'n geestelike oorlog wat van die vroegste eeue reeds tussen die magte van die Lig en die Duisternis aan die gang is. In hierdie geestelike stryd is daar drie sleutelpunte naamlik die verstand, die hart en die mond. Die mag wat dit beheer, beheer die siel van 'n persoon. Die waarheid is dat ons slawe van 'n stelsel van ‘vrede’ geword het wat tronke van ons verstand maak. In dié stelsel is die koningskap van Satan weggesteek om ons te beheer en te verander in willose robotmasjiene in 'n geslaglose en goddelose werklikheid.
Hoe kan ons uit hierdie leuen waarin ons lewe losbreek? Ons moet ons verstand oopmaak sodat ons hart vir die Woord versag kan word. Solank ons verstand deur Satan beheer word, beheer hy ook ons harte en monde.
In Suid-Afrika, soos die blankes van baie ander lande, is ons deur vooraanstaandes mislei tot 'n werklikheid van leuens; na 'n drogbeeld van 'n valse Israel om die god van die Wêreld te dien. Byna al die strukture wat die blankes tydens die Apartheidsera daargestel het, is vinnig besig om in duie te stort. Paaie versleg, die rand verloor koopkrag, poskantore word gesluit, onderwys is ‘n klug, munisipaliteite speel bankrot, gewapende roof en moorde op boere is 'n algemene verskynsel, staatsfondse word wanbestuur, korrupsie is aan die orde van die dag, besture van skoolrade, koöperasies en maatskappye is besig om ineen te stort. Alles is nie alleen besig om na Afrika-standaarde te verlaag nie maar die land is ook besig om op 'n totale anargie af te stuur. Die vraag is, wie se skuld is dit dat ons in hierdie ellende verkeer? Ons is deur leiers soos Vorster, Botha en De Klerk mislei.
WATERBOBBEJAAN (29)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
SLOT
Waterbobbejaan het af en toe in die nag na die bok in sy hok gaan kyk. Toe hy die soveelste keer daar kom, sien hy in die maanskyn die dun draad wat net bokant die grond gespan is en wat na die deur toe lei. Hy bring dinge in verband met mekaar en begin verstaan.
Toe Sakamatlakobata terug is van Rabasetsana het hy dadelik ‘n briefie geskryf waarin hy ‘n beroep op al sy jagmaats doen om die volgende oggend dagbreek by hom te wees.
“Saal ‘n perd op, Abel, en vat die notisie na al die bure toe. Maak gou!”
Daardie middag word daar nie baie in die kombuis gepraat nie. Die boer en sy seuns maak gewere skoon. Sanna en die dogters pak biltong en beskuit in die knapsakke.
Na sononder het die boer en sy seuns die bok gestel en toe aandete gaan soek.
Hulle is net weg van die vanghok af, toe stap Waterbobbejaan in die hok in. Die bok staan hom skeefweg en beloer. Waterbobbejaan trap versigtig oor die steldraad en maak die bok los. Terwyl hy dit doen, paai hy hom. Toe dra hy die bok onder sy arm na die paadjie waar wolf snags en bedags langs loop. Hy sit die bok in ‘n maanligkol neer en gaan skuil agter ‘n dik boom net suid van die bok.
VERLOS ONS HERE, ONS GOD!
LAAT DIE HELE VOLK SÊ: AMEN! HALLELUJA!
Wat 'n wonderbaarlike God het ons nie! Dat Hy telkens weer sy volk Israel gered het ná elke terugval in die gruwelikste sondes, spreek van sy groot liefde en genade. Soos Ps 106:43 sê: "Hy het hulle baie keer gered, maar hulle was wederstrewig in hulle voorneme". Ps 106 vertel ook vir ons die twee redes waarom Hy hulle telkens weer uitgered het: Eerstens het Hy hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak; tweedens het Hy hulle jammer gekry, hulle smekinge aangehoor en berou gekry oor hulle swaarkry.
Wat het die volk Israel dan gesondig? Van die ergste wat in Ps 106 genoem word is dat hulle met die heidene vermeng het in so mate dat hulle dieselfde afgode as die heidene begin dien het en as gevolg daarvan talle sondes gepleeg het – net soos wat met die Afrikanervolk gebeur het. Die toorn van die HERE het hieroor ontvlam teen sy volk, en Hy het 'n afsku in hulle gekry – dieselfde met ons volk. Daarom het Hy Israel in die hand van die heidene oorgegee en, sê Ps 106 "...hulle haters het oor hulle geheers, en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig." Klink dit bekend in verband met ons eie haglike huidige situasie?
Elke dag hoor ons van nog blankes wat wreed en barbaars om die lewe gebring is. Waarom hou dit aan en aan? Waarom gaan dit so sleg met die Afrikanervolk onder die hand van hulle haters wat oor hul heers? Waarom in die eerste plek het ons volk in dié posisie beland? Waarom lees ons elke dag van nog moorde, verkragting en barbaarse aanvalle op ons volksgenote? Wat is die ooreenkoms van ons Afrikanervolk met die volk Israel van destyds? Ons sal verbaas wees as ons moeite doen om dit na te lees.
WEES IN ALLES DANKBAAR
Hannes Ollewagen
1 Thes. 5:12-28
“Wees in allesdankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oorjulle.” (:18).
Dit is in ons tyd algemeen om mense te hoor sê – “Die Here het vir my gesê . . .” Dit is natuurlik waar dat God vir Hom mense afsonder met wie Hy ‘n baie besonderse verhouding aanknoop en aan wie Hy baie van sy verborgenhede bekendmaak. En hierdie mense sal ook uit die aard van die saak ‘n fyn aanvoeling hê vir iets wat God se wil is en dinge wat Hom mishaag.
Dit is dan ongelukkig ook so dat ‘n onrusbarende hoeveelheid mense wat “die Here hoor spreek het” dinge verkondig wat hul eie versinsels is. Dit spruit nie voort uit ‘n ware, opregte en diepe soeke na God se wil nie, maar eerder uit ‘n sieklike sug na selfverheerliking en selfverheffing. Dit gaan vir so ‘n persoon nie om die wil van God te ken nie, maar eerder om die eer te ontvang as iemand wat só belangrik is dat hy/sy God se Woord hoor wat vir ander mense verborge is. En hierdie mense raak menigmaal só belangrik in hul eie oë dat hulle selfs woorde in God se mond lê. Hulle verkondig dinge wat in stryd met sy onveranderlike Woord is.
WEE HOM WAT ONS VOLK VERDEEL!
ONS VOLKSVYANDE VREES DIE HERLEWING VAN ONS NASIONALISME
"As ek tog maar my volk bymekaar kon bring!" – Genl CR de Wet
Ons volksvyande ken geen perke in hul aanslag teen ons nie. Noudat die Afrikanervolk in sy grootste krisis ooit verkeer en dit van lewensbelang is dat dié wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort om die Afrikanervolk se voortbestaan te verseker, bymekaar moet bly, word daar gepoog om ‘n wig tussen behoudende Afrikanernasionaliste in te slaan, met argumente dat hier te lande twee blanke volke ontspring het. Daar word waaragtig sovêr gegaan om te probeer bewys dat daar genetiese verskille tussen Boer en Afrikaner is. Daar is egter al boeke vol geskryf waarom dit so is dat 'n Afrikanernasionalis ook trots Boer is maar nou kom ons volksvyande en probeer nog hiermee 'n verdere wig in ons geledere indryf.
Hoe sal ‘n Afrikanernasionalis dan nie ook trots Boer kan wees nie? Natuurlik is ons! Die beproewings en lyding wat ons voorsate as “Boers” onder die Engelse juk moes verduur as gevolg van Brittanje se barbaarse gierigheid kan mos nie vergeet word nie! Noem ons Boere. Noem ons Afrikaners. Dit is dieselfde mense binne dieselfde volk van wie ons praat. Is ‘n Brit en ‘n Engelsman dan nie ook dieselfde persoon van wie daar gepraat word nie? Is die een dan noodwendig ‘n skelwoord en die ander reg?
ANC SE NOODLOTTIG GEVAARLIKE VOERTUIG SNEL VOORT
Die Nasionale Gesondheidsorgversekering (NGV) word tans in elke nasionale nuusbulletin bespreek en ons het pas van die ANC verneem dat dit vinnig besig is om gestalte te kry. Die primêre werkswyse daarvan sal behels dat die gesondes vir die siekes sal opdok, die rykes vir die armes, en die jonges vir die oueres sal betaal. Dit was die presiese woorde van die betrokke woordvoerder oor die saak en bevestig die kommer wat Gelofteland ‘n geruime tyd gelede hieroor uitgespreek het.
Reeds 'n geruime tyd gelede het mnr Leon Schoeman, ingeligte apteker en medewerker van Gelofteland, aan ons lesers verduidelik wat die gevare van hierdie instansie vir die persoon wat tans nog aan ‘n privaat mediese fonds behoort, inhou. As ons gewonder het presies wat die tweede fase van implimentering behels, blyk dit nou duidelik uit die bogenoemde uitspraak: Blankes en diegene wat nog medies onafhanklik van die staat kon funksioneer, sal opdok vir die sogenaamde agtergeblewenes en self die ‘agtergeblewenes’ word. Soos mnr Schoeman in sy berig gewaarsku het sal hierdie gewraakte poging van die ANC die ekonomie wat reeds op die randjie van die afgrond staan, vinnig daaroor help. Mnr Schoeman se voorspelling dat die top medici landuit sal stroom is ook besig om te verwesenlik en sal ons uiteindelik geen goedopgeleide mediese lui meer in Suid-Afrika hê nie.
WATERBOBBEJAAN (28)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
(VOORLAASTE AFLEWERING)
Rabasetsana het lekker gelag. Dit was sy laaste lag vir ‘n hele paar dae. Hy geniet dit, want dis die eerste keer dat hy sy skoonseun so op hol kry.
Terwyl hy op die aambeeld sit, het iets anders gebeur.
Waterbobbejaan sit langs sy waterval en sien die boer met sy perd na ‘n ander plaas ry. Hy sien die seuns en werksmense in die boord werk.
Hy sit die wêreld en beloer en kyk na niks in die besonder nie. Toe sien hy ‘n beweging links van hom. Wolf is besig om die plaaswoning te bekruip van die westelike kant af. Aan daardie kant van die huis is net die leë skaapkraal en die waenhuis. Daar is geen mens in sig op die werf nie.
Waterbobbejaan besluit om die reg in eie hande te neem. Hierdie huisbesoeke van wolf gaan die wêreld vir almal in die bosveld warm maak. Hy spring op en begin vinnig hardloop, sodat hy agter wolf kan kom. Toe hy by die skaapkraal verbyhardloop, spring wolf net oor die onderdeur.
Waterbobbejaan onthou dat wolf laas keer noordwaarts van die huis af weggehardloop het met die hondjie in sy bek. Hy gaan staan agter die waenhuis en wag wolf in.
QUO VADIS, AFRIKANERS?
Die Afrikanervolk het reeds drie keer in sy geskiedenis sy vryheid verloor.
- Toe dit die eerste keer gebeur het met die anneksasie van Transvaal deur Shepstone, het hulle hul vry geveg en ná die slag van Amajuba in 1881 weer hul vryheid herwin.
- Die tweede keer is hul onafhanklikheid van hul ontneem by die Vrede van Vereeniging, na beëindiging van die Tweede Vryheidsoorlog. Maar 60 jaar daarna was hulle weer volkome vry in die onafhanklike Republiek van Suid-Afrika.
- Die derde keer het in 1994 plaasgevind toe ‘n swak terroristiese bende, die ANC, met behulp van verraderlike volksleiers sy vryheid ‘n derde keer van hom ontneem het.
TEKENS VAN LAASTE FASE VAN REWOLUSIE
Ons het pas verneem dat daar die afgelope naweek 14 mense in die Kaapse kleurlinggebied vermoor is. Die aantal slagoffers was ‘n skrale twee weke gelede iets soos 26. Nou reken die ANC die weermag wat hy ingestuur het maak wel ‘n verskil maar dat dit nog te veel moorde is. ‘n Mens sou wou byvoeg dat net een moord te veel is! ‘n Polisie- en weermag wat sy sout werd is, sal daadwerklik misdaad beveg sodat wetsgehoorsames in volkome rus en vrede kan leef. Dit was vir baie jare die geval in ons land voor magsoorname deur die swart regering. Suid-Afrika het oor een van die mees effektiewe polisiemagte ter wêreld beskik. Vandag nie meer nie. Ná April 1994 het die getransformeerde Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD wat geen 'mag' meer is nie) geen oplossing gebring nie, maar eerder deel van die probleem geword.
Die regering het ook vandag die belofte gemaak dat dit baie beter sal gaan sodra die volgende groep weermaglede hul opleiding binnekort voltooi en dan ook ingestuur sal word om die misdaad in daardie gebied te beveg. Ons het ook kort gelede verneem hoe die ANC-jeugliga tans met ywer militêre opleiding ontvang.( Die kans is maar skraal dat dit enigiets met die bestryding van misdaad te make het!) Maar ten spyte van die skerp toename in aanstellings, neem misdaad steeds toe. Dit bring mens by een gevolgtrekking: die polisie en weermag is kop in een mus met die ANC deel van die oorsaak van misdaad.
KIES JY BEGINSELS OF SENTIMENTE?
Ds AE vd Berg
Die verraad wat teen die Boerevolk gepleeg word, mag nie verder geduld word nie. Dit moet onverwyld aan die kaak gestel word. Ons moet soos visgrate in die keel van die verraaiers vassteek. Sodoende sal die lug aan die suidpunt van Afrika so skoon word dat verraaiers nie langer daarin sal kan asem haal nie. Volksgenote moet baie ernstig besin en besluit wat die swaarste in hul lewe weeg - beginsels of sentimente. As dit beginsels is, moet hulle alle volksvyandige instansies verlaat, veral ontspoorde kerke. Daar kan nie langer saam met die haas hardloop en saam met die jagters gejag word nie!
Verraad is die grootste misdaad teen ʼn volk denkbaar.
AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (SLOT)
Ds AE vd Berg
“Daarom dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof.....”(Hebr.12:1,2).
Gereformeerde kerke gaan tans so vinnig agteruit, dat dit in die nabye toekoms selfs in die geheel kan verdwyn. En daarvoor is daar talle oorsake. Die hoofoorsaak is ongehoorsaamheid aan die Woord van God wat tot die grootste onverskilligheid na die Hervorminglei. Wat dit so hartseermaak, is dat kerke wat die gevegsleiding teen die Satan moet neem, self die gevegsterrein word!
Dit gebeur as kerke die Bybelse leer waarmee lidmate lank vertroud was, met nuwerwetse vertolkings en liturgiese giere vervang. Kerklui het vir lidmate gesê dat die kerk soos wat hulle dit geken het, net vir ʼn sekere tyd ontwerp is. Daardie tyd is verby en daar moes vernuwe word om met mense in eietydse taal en idioom oor God te laat praat.
Dit klink op die oor aanvaarbaar as dit maar net by taal en idioom gebly het. Dit het nie! Die nuwerwetse inkleding van die kerk het die gesag van die Skrif onder druk geplaas en verwarde lidmate na ander geestelike weivelde laat soek. Talle het die verkeerde koers ingeslaan en by gevoelsgodsdienste beland: “Soos wanneer iemand vlug vir ’n leeu, maar ’n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ’n slang byt hom!” (Amos5:19).
WATERBOBBEJAAN (27)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Maandagoggend ry Sakamatlakobata oor na sy skoonpa, Rabasetsana. Hy gaan help hom om wabande te kort. Die werk sal die grootste deel van die dag in beslag neem.
Die seuns en die mans lei water in die lemoenboord. Die vrouens was wasgoed in die spruit. Al vier die groot honde is by die seuns in die boord.
Een van hulle het vroeër die oggend al die stoele, kassies en die groot boekenhoutkombuistafel teen een muur gestoot en die kombuisvloer gesmeer. Die vloer is nog nat. Die boer se vrou staan op ‘n velletjie en werskaf met die kos op die es.
Sy het haar les geleer. As die mans en bediendes weg is, hou sy die klein hondjies in die kombuis by haar. Maar omdat die vloer nat en glad is, het sy hulle op ‘n vel op die kombuistafel neergesit. Hulle sit op hulle boudjies die wêreld en bekyk. Elkeen het een keer die afgrond oor die tafel se rand beloer en toe besluit om op die tafel te bly.
Die boer se vrou is besig om met ‘n lang yster die hout in die vuur om te woel.
Wolf kom met ‘n geweldige spoed oor die werf aangehardloop. Hy spring los oor die onderdeur en land in die middel van die kombuisvloer net agter Sanna. Maar hy het nie van die nat misvloer geweet nie. Hy wou vastrap, maar hy gly tot teenaan die agterste muur en stamp hom dat hy hik. Hy slaan agteroor en toe hy regop wou kom, rol hy om. Hy kom weer op sy pote, maar toe hy wil wegspring na die tafel, gly sy twee voorpote weg van mekaar af onder hom uit.
ONS MOET ONS GOD RAADPLEEG
Hannes Ollewagen
Jesaja 8:1-23
“En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel – moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?” (:19).
Die samelewing van ons tyd is in ‘n slegte toestand. Baie mense is moedeloos. Baie mense is terneergedruk. Baie mense is raadop. Ons sien dit in die buiteland en ons sien dit hier ter plaatse. En so sien ons ook hoedat mense uitkoms van hul probleme op verkeerde plekke gaan soek.
Ons dink seker dat ons nie meer soos die mense in die Ou Testamentiese tyd onsself tot die geeste van afgestorwenes en allerhande afgode wend nie. Maar kan ons met reg sê dat ons ons waarlik ons vertroue op God stel? Kan u onthou wanneer die laaste keer was dat u waarlik en met alle opregtheid tot God genader het om Hom te raadpleeg? Dit klink dalk vir sommige van u selfs vreemd dat ons die Here moet raadpleeg!
Ons leef dan in ‘n era waarin ons mos ons eie probleme kan hanteer. Wanneer ons siek is, vertrou ons op ons goeie mediese fonds en slim medici om ons te genees. Wanneer ons finansieel noustrop trek, vertrou ons op die bank om vir ons ‘n paar rand te leen. Wanneer ons in politieke nood verkeer, vertrou ons op die buiteland met hulle “sterk leiers” en weermagte om ons te help.
VERWOERD SE EKONOMIESE BELEID
Byna alle argumente wat deur die liberale wêreld ingebring word teen die NP-regerings van Dr DF. Malan, Adv JG Strijdom en Dr HF Verwoerd (1948-1966) is deurspek met emosionele twakpraatjies. Hulle vermy gewoonlik die invloed van die sukses van die NP se ekonomiese beleid in dié era en veral die feit dat die Swartman meer daarby gebaat het as die Blanke. Die kollig in hierdie artikel val op die sukses van Verwoerd se ekonomiese beleid en die vraag kan dan gevra word of dit nie juis die hoofrede agter sy ontydige dood was nie?
Kort na die oorname van die ANC in 1994 het die leier van die HNP, Jaap Marais, sy party se Hoofbestuur toegespreek. Op daardie vergadering het hy profetiese woorde geuiter wat nie net vandag perspektief bring op die afgelope 22 jaar se plundering van ons land nie, maar ook oor die merkwaardigheid van die sukses van die eerste twee dekades van die NPse bewind. Sy woorde was: "Enige suksesvolle staat word op twee belangrike pilare gebou, naamlik respek vir wet en orde en 'n gesonde, groeiende ekonomie."
VERWOERD SE APARTHEIDSBELEID EN RASSISME
Artikel met dank ontvang van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB)
Die tafel vir die tweede en finale revolusie in Suid-Afrika is reeds gedek. Dr Verwoerd se monument, die Republiek van Suid-Afrika, is op 'n mespunt. Die mite van 'n voorspoedige reënboognasie met vryheid en gelykheid vir 'n ieder en elk, lê aan skerwe.
In 1994 is die werklikheid van volkere-verskeidenheid vervang met die Britse-begrip van individuele burgers in 'n Nuwe Suid-Afrika. Spoedig is tot die besef gekom dat party burgers soos in George Orwell se Animal Farm, meer gelyk is as ander. Dr Verwoerd is op 6 September 1966 vermoor. Dít was die amptelike einde van die beleid van afsonderlike ontwikkeling oftewel, apartheid. Sy opvolger, adv B J Vorster, wie instrumenteel in sy sluipmoord was, het ten spyte van lippediens om Verwoerd se beleid voort te sit, dit stelselmatig afgetakel.
Dié aftakelingsproses wat rassegelykstelling en rassevermenging bevorder het, is voortgesit deur PW Botha en FW de Klerk tot en met die verraderlike oorgawe in 1994. Dié aftakelingsproses is met eg kommunistiese taktiek, stelselmatig en onderduims ingevoer op so 'n wyse dat die blanke kiesers in die laat 1960's, met die uitsondering van dr Albert Hertzog en sy ondersteuners, weinig vermoed het.
Die blankes het niksvermoedend met Nasionale Party sport-oogklappe, die golf van dr Verwoerd se sukses gery. Sal ons die Nasionale Party-plakkate in die doodsnikke van die stryd vergeet? Eie Skole, Eie Woonbuurtes! En Minister Stoffel van der Merwe se latere bekentenis, "Dit was seker oneerlik". Ewenwel, is die geminagte Hertzoggroep in 1994 reg bewys toe die mensgod en Kommunis, Nelson Mandela, aan bewind gekom het in 'n een mens, een stem verkiesing.
'n Verkiesing wat met bedrog besmet was, tot op die punt dat regter Johann Kriegler dit met 'n bordeel waarin niemand kuis gebly het nie, vergelyk het. Die meer as 'n miljoen stemme waarvoor nie verantwoording gedoen kon word nie, het nie in die pad van 'n vry en regverdig verklaarde verkiesing gestaan nie.
Dit is van kardinale belang dat onderskeid getref word tussen die apartheidsera van Verwoerd (1958-1966) en die aftakelingsperiode van apartheid onder die leierskap van Vorster, Botha en De Klerk. Dit was in hierdie periode van aftakeling, dat genoemde here die polisie en weermag kollektief en individueel misbruik het onder die voorwendsel dat hul offers vir die behoud van apartheid bring. 'n Buro vir Staatsveiligheid onder leiding van genl Hendrik van den Bergh is op die been gebring en later vervang met die Nasionale Intelligensiediens om verskuilde agendas deur te voer.
DIE RASGELYKHEIDSLEER
God het reeds vóór die grondlegging van die wêreld besluit dat daar verskillende volke en rasse sal wees wat nie almal met dieselfde maatstaf gaan meet nie. Daarom het Hy deur middel van gebiedsgrense volke, nasies en rasse van mekaar geskei. Die geskiedenis lewer voldoende bewys dat goeie grense goeie bure maak. Ons hoef nie heinings te verwyder om vir ons naaste lief te wees nie. Nêrens eis God se Woord dit van sy kinders nie. God het wel ʼn behae daarin dat mense in vrede naasbestaan. En dis slegs deur naasbestaan moontlik; nie saambestaan nie. Kyk nou maar na die spanning wat saambestaan geskep het tussen die Jode en Samaritane na die terugkeer uit die Babiloniese ballingskap.
Wat maak dat rasse van mekaar afskei? Genetiese verskille. Dis selfs in die diereryk opmerklik waar die natuurwet van soort soek soort ons oog elke dag opval. As dit nie vir genetiese afskeiding was nie, sou renosters met seekoeie en duiwe met spreeus gepaar het. Rasseverskille is nie bloot pigmentasieverskille nie. Dis ʼn anderse lewensingesteldheid. Indien ek vir ʼn hondeteler sou sê dat alle honde eenders is en slegs van pelse verskil, sal hy my uitlag. Hulle verskil nie net van pels nie, maar ook van temperament. Dwase probeer tevergeefs rasseverskille gelykskaaf. ʼn Bulhond kan nooit afgerig word om soos ʼn windhond te hardloop nie!
NUUS VAN ELKE DAG – KORRUPSIE
Korrupsie waai teen orkaansterkte in Suid-Afrika. Plaaslike nuusmedia berig deesdae daagliks van regeringslui se skandale – wapen-skandale, reisskandale, die misbruik van openbare fondse, dokumentvervalsing, omkoopgeld ens. Die nuusmedia word nie net daagliks oor hoëlui se skandale, hulle verregaande leefstyl en belaglike uitgawes oorval nie maar bedrog en diefstal van miljarde rande word nou daagliks oopgekrap. Dis die nuus van die dag! Elke dag! Ons land gaan gebuk onder politici wie se korrupte lewens boekerakke vol strek.
Korrupsie is so oud soos die berge. Saggeus was korrup, maar toe die Gees van God in hom begin werk en van sonde oortuig, sê hy vir Jesus:: “... Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug” Daarna sê Jesus “... Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom...” (Luk.19:8-9).
Ongelukkig is almal nie soos Saggeus in staat om gered te word nie. Dit sien ons die hele Afrika deur waar goddeloosheid die oorsprong van die probleem is: “Die goddelose neem ʼn omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig” (Spr.17:23). Naas moord is korrupsie die tweede hoogste misdaad in Afrika. Die Afrika Unie het ‘n tyd gelede bereken dat Afrika-leiers jaarliks meer as $148 miljoen steel en meer as 25% van hierdie vasteland se bruto binnelandse inkomste jaarliks weens korrupsie verlore gaan. Global Financial Integrity het bereken dat Afrika minstens $900 miljard sedert 1970 verloor het. Dis meer as die totale ontwikkelingshulp wat Afrika gedurende hierdie tyd van die buiteland ontvang het!
WATERBOBBEJAAN (26)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Die volgende oggend is al wat ‘n werker is, onder die blinkblaar. Elkeen is besig om te meet, te pas, te saag en vas te draad.
Eers word die raamwerk van die vanghok gemaak. Die raamwerk is 1,5m hoog, 1.2m breed en 2.5m lank. Die sye en bo en agter word met dik pale elke 15cm van mekaar af toegemaak.
Daarna gaan hulle die deur maak wat in die lug gestel word. As ‘n roofdier inkom en na die bok loop wat die aas is, val die deur agter hom toe.
Sakamatlakobata-hulle het pas met die werk begin toe kom oom Stoffel Wolf daar aangery.
Hy haak sy perd vas en stap nader.
“Môre, Koos.”
“Môre, Stoffel.”
“Wat se hok maak jy?”
“Ek wil ‘n wolf vang.”
Oom Stoffel Wolf weet nie wat om hiervan te dink nie en hy bly stil. Hy kyk noukeurig na die boer se gesig, maar dit lyk nie of hy spot nie.
“Dis warm nè?”
“Ja.”
“Was die wolf hierso ook?”
“Ja, die nag toe ons in die veld piekniek gehou het. Maar Piet het hom in die kraal voorgesit en gewond.”
ONS SNELTREIN NA DIE AFGROND
As ‘n mens vandag na al die foute van die ANC kyk is werkloosheid redelik bo aan die lys. Daar word tans in die media met groot ontsteltenis gekyk na die 10 miljoen werkloses in ons land – die ergste wat dit nog ooit was. Die vermoede bestaan egter dat daar nog baie miljoene méér werklose vreemdelinge besig is om ons land en mense te plunder. Werkloosheid het 'n negatiewe rimpeleffek op enige beskaafde samelewing en lei tot ‘n menigte van sosiale probleme. Dis natuurlik ook die weiveld van opstokers en ondermyners.
Die ANC se oggend- en aandpraatjies kom nie ooreen nie. Hulle het hul bv. ten doel gestel om 500,000 werkgeleenthede per jaar te skep. Daarvan het niks gekom het nie. Werkgeleenthede word eerder ingeperk. Al mense wat nog wel werk kry, is 'n handjievol swartes wat in poste wat van goedopgeleide blankes geroof is, aangestel word.
DIE VUUR BRAND HOOG EN NABY!
Moses Garoeb, 'n voormalige kabinetslid van Namibië, het as volg van teen regstellende aksie gewaarsku: "If we have to apply affirmative action to its logical conclusion, the interpretation of our black people are: Let the whites be out from the power structures and let us be in. It is as simple as that. But then it is wrong. It is wrong to replace white racism with black racism. The world will condemn us. But I can assure you, our constituency will applaud us. But then it will have consequences". (Notule van die Nasionale Vergadering van Namibië, Deel 13, bl.27 van 7 Junie 1991).
Suid-Afrika benodig baie dringend buitelandse kapitaal. Die ANC-regime het deur middel van hul plunder-wetgewing wat onregte soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging insluit, ons land in so 'n ekonomiese winter gedompel, dat ons onder ‘n swart regering, nooit weer ‘n ekonomiese somer sal beleef nie. Suid-Afrika is sedert April 1994 in 'n anargie van onbevoegdheid en wanadministrasie vasgevang waar verdoeseling, vervalsing, bedrog, korrupsie en diefstal aan die orde van die dag is.