Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gestel u staan op hierdie oomblik voor die wit troon, sal u bang wees? As u bang sal wees, het u dringend ‘n saak met God uit te maak.
KONINKRYK VAN GOD VERSUS... (1)
...die Nuwe Wêreldorde koninkryk van Angus Buchan & andere
Lees reeks by Nuwe Wêreldorde koninkryke
Susan Brink
In hierdie reeks van 4 artikels gaan Susan Brink van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging die euwel van die New Apostolic Reformation en sy vernietigende effek op die geloof van die Afrikaner deur predikers soos Angus Buchan toelig.
Die Kerkhervorming het in 2017 ‘n volle 500 jaar gelede plaasgevind. Prof dr AD Pont stel dit so: "Luther se optrede was 'n omwenteling wat beskryf kan word as 'n wekroep om die Bybel te lees soos dit opgeteken is en nie deur die bril van die Griekse heidense filosoof Aristoteles nie".
Gegewe die tradisionele Protestantse agtergrond van die Afrikaners, sou dit nie onvanpas wees om te verwag dat van dié Hervormingsgebeure in 2017 groot gewag gemaak sou word nie. Helaas, die Afrikaners ruk in hul duisendtalle op na Angus Buchan se It's Time 2017, die "Grootste biddag in SA-geskiedenis". 'n Persverklaring deur Buchan se Shalom Ministries lees as volg: "Suid-Afrika sal ná 22 April nooit weer dieselfde wees nie". Inderdaad! Want Buchan en andere het die Hervorming vervorm na die New Apostolic Reformation (NAR), 'n 'verchristelikte' variasie van die Grieks-mitologies en filosofies Prometheanse-geloof, waar kennis eerder as geloof die sleutel tot die saligheid is. In hierdie artikel word hierdie tragiese hoofstuk in die geskiedenis van die Afrikaner/Boervolk in oënskou geneem.
AFRIKANER- NASIONALISME (13)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
In 1928 het die stryd binne die Nasionale Party oor die republikeinse ideaal losgebrand en dit het die bres nog verder oopgekloof.
Op 15 Mei 1928 het die Federale Raad besluit om artikel 4 van die Program van Beginsels van die Nasionale Party te wysig op so ’n wyse dat die nuwe soewereine status aanvaar word, maar afstand gedoen word van die Republikeinse strewe.7 9 Die ou artikel kon as soewereine onafhanklikheid of republikeinse onafhanklikheid vertolk word.
’n Vergadering op Potchefstroom op 25 Augustus 1928 het beswaar teen die wysiging gemaak. Daar was beroering in die Nasionale Party.8 0 Die skrywer onthou goed hoe die Partysekretaris gery het om takke in Kaapland te paai en oor te haal. Hy het destyds onder andere die Stellenbosch-tak toegespreek.
GODSDIENS KAN GEVAARLIK WEES!
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Godsdiens het die Westerse beskawing eeue lank bevorder maar teen die laaste helfte van die 20ste eeu ongewild begin word. Kerkbesoek het gekwyn, lidmaatskappe is opgesê en gemeentes het tot niet gegaan. Godsdiensswendelaars en TV evangeliste het op die toneel verskyn en van godsdiens ʼn handelsproduk gemaak en baie ryk geword.
Op akademiese gebied het ongeloof oorhand toegeneem en deure vir die vestiging van kommunisme, sosialisme en vrysinnigheid oopgemaak. Op kerkgebied het skoktroepe dwaalleraars mense so van die Bybelse waarheid vervreem, dat geen godsdiens ʼn gewilde godsdiens geword het.
1. ʼn Aangebore behoefte
Daar is vir elke menslike behoefte op aarde bevrediging. Vir die mens wat honger is, is daar voedsel. Vir hulle met estetiese behoeftes is daar kuns, drama en modes en vir diegene met ʼn behoefte aan sosiale omgang, is daar talle bevredigingsgeleenthede.
Die mens het ook ʼn aangebore behoefte om iets groter as hyself te aanbid. Benewens die Bybel se getuienis dat daar ʼn God in die hemel is, getuig hierdie behoefte ook daarvan. God het dit so beskik. Daarom het Hy die mens na sy beeld geskape.Wie dit ontken, onderdruk die waarheid:
AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE (SLOT)
Ds.A.E van den Berg
Lees reeks by AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE
7. Menseregte
Wie leer dat die Bybel slegs deur die bril van die moderne mens gelees kan word, dwaal. Want dan hoor mense net wat hulle wíl hoor en nie wat God vir hulle wil sê nie. Dit weerspreek die Bybelse waarheid dat God gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde is. Gevolglik kan ʼn eertyds gruwel nie vandag vir Hom aanvaarbaar wees. Wie met so ’n teologie werk, leer dat God ’n veranderende God is. Dit skreeu ten hemel!
Kerke se dwase ontsondiging van homoseksualisme gaan nie oor nuwe Bybelse insigte nie maar oor menseregte. Die Bybelse uitsprake oor homoseksualisme klop nie met die wêreld se aandrang op menseregte nie. Om met laasgenoemde in pas te wees, hervertolk kerke die Bybel sodat daar van ’n God wat reinheidswette voorskryf en gehoorsaamheid eis, geen sprake is nie.
AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE (3)
Ds. A.E van den Berg
Lees reeks by AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE
4. God se strafpatroon
Wanneer God Hom aan ʼn volk onttrek, volg sy straf ʼn bepaalde patroon. Dit begin by sedelike verval en lei daarna na seksuele opstand.
“Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer...” (Rom.1:24).
Om aan sonde vrye teuels te gee, word bande met God verbreek:
“Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp” (Ps.2:2,3).
Suid-Afrika is ʼn sprekende voorbeeld hiervan.
HELP ONS VOLKSGENOTE IN GEVANGENIS
Laserskywe in stelle van 10 te koop
VRYHEIDSBEDIENING
Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.
Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:
- Die lewe hiernamaals.
- Word verantwoordelik oud.
- Die pad na die ewigheid.
- Bied beproewing die hoof.
- Raad vir tieners.
- Gelowige kinderopvoeding.
- Oorwin depressie.
- Kikker jou huwelik op .
- Alle mense is nie gelyk nie.
- Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.
Bestel by:
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Sel: 074 967 5187
Bankbesonderhede:
ABSA
VRYHEIDSBEDIENING
9062088855
AFRIKANER- NASIONALISME (11)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Engelse Imperialisme
Die grootste teenstander van Afrikaner-nasionalisme is die Engelse Imperialisme wat die Afrikanernasie in 1805 verower het. Toe het die Engelse probleem begin en dit heelwat vererger met die vestiging van ’n Engelssprekende bevolking in die land. Die Engelse imperialisme het die land van die Afrikaner verower om die Engelse ryk uit te brei en om Afrikanerland ’n verlengstuk van Engeland te maak. Dit kom natuurlik in botsing met Afrikaner-nasionalisme. Nie alleen het die Afrikaner se land, sy vryheid, sy taal en sy kultuur in gevaar gekom nie, maar selfs sy bestaan as nasie.
WATERBOBBEJAAN (17)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Toe die boer met dagbreek koffie voor die es drink, hoor hy opgewonde Bantoestemme.
‘n Paar van hulle wil met geweld by die kombuisdeur in.
“Wat gaan met julle aan? Hoekom staan julle so vroeg op? Is julle siek?” vra hy.
“Die Waterbobbejaan, Oubaas. Ons het sy spoor by die drif gekry.
“Saal op die perde, laat ons ry. Het julle een daar laat staan om die spore op te pas sodat iets anders nie daarop trap nie?”
Die Bantoes staan verstom. Hoe kan iemand so ‘n vraag vra.
“Nog nooit nie Oubaas, hy dra dan ‘n mes!”
Toe lag hulle. Die oubaas is ‘n grapmaker.
PRAAT MET DIE HERE !
Hannes Ollewagen
Lukas 18:1-8
“EN Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,” (:1)
“Sal God dan nie reg doenaan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?” (:7&8).
Ek wonder hoeveel mense besef waarlik wat die waarde van gebed is. Ons het mos só besig geraak in ons lewens dat daar nie meer tyd vir gebed is nie. Daar is nie tyd vir gesonde kommunikasie nie – nie met mekaar nie en ook nie met God nie. En dit terwyl ek my tyd verspil op allerhande sosiale platforms waar weinig sterk verhoudings gebou word.
Die meeste van ons weet dat goeie kommunikasie die sleutel tot gesonde verhoudings is.
DIE DOEL HEILIG DIE MIDDELE...
Suid-Afrika is tans midde in die sogenaamde Tweede Revolusie-proses, waartydens sosialisme in die land gevestig word om beheer oor die samelewing te verkry. Die lewensverhaal van die Amerikaner, Saul Alinsky, gee ons vandag perspektief op die wyse waarop sosialisme gevestig en gebruik word om die samelewing te verander. EMIL DE VILLIERS van die ANB gooi in hierdie artikel die kollig op Alinsky se denke en idees.
In die Afrikaanse taal bestaan die spreekwoord "Die doel heilig die middele" wat gewoonlik aangewend word om 'n slegte daad goed te praat. In ander gevalle egter was die "goeie doel" op valse wyse bygebring om die daad te verskoon. Ons ken mos die kommuniste en hul maats en hoe hul met die waarheid omgaan. Waarheid is vir hulle net iets wat gebruik moet word sover dit hulle doel ondersteun en leuens sover jy nie daarmee uitgevang kan word nie.
’n Man genaamd Saul Alinsky is in 1909 in Chicago (VSA) gebore. Sy naam en van gee natuurlik dadelik vir ons 'n gedagte oor sy afkoms. Hy was inderdaad die seun van Russiese Jode. Alhoewel Alinsky nooit by die Kommunistiese Party aangesluit het nie, het hy sentraal gestaan in die ontwikkeling en vestiging van hulle infiltrasietegniek in die Westerse samelewing.
AFRIKANER- NASIONALISME (12)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
President Steyn aan die Woord deur JJ. Oberholster Ph.D.,
en M.C.E. van Schoor M.A., M.Ed., p. 183.
Generaal Botha het homself so ver van die Afrikanerbelange gedistansieer dat hy teen die gedagte was van N.J. van der Merwe om ’n taalfees onder die studente van Stellenbosch in 1913 te reël. Generaal Botha wou as eerste minister dit nie ondersteun nie. As sprekers het prof. Morrees en generaal Hertzog opgetree. President Steyn het in ’n telegram die volgende beroemde woorde gestuur: „Die taal van die veroweraar in die mond van die verowerde is die taal van slawe.”
WATERBOBBEJAAN (16)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
‘n Paar middae later bring die wagtertjies die skape kraal toe. Die boer tel hulle toe hulle by die hek ingaan. Hy maak die hek toe.
“Het julle al die skape gebring?” vra hy.
“Ja Oubaas.”
“Hier is twee kort.”
“Nog nooit nie, Oubaas!”
“Wil julle met my stry?”
“Nog nooit nie, Oubaas!”
“Lieg ek?”
“Nog nooit nie, Oubaas!”
“Praat ek die waarheid?”
“Nog nooit nie, Oubaas!”
PLAASAANVALLE EN -MOORDE - DIS TYD VIR REALISTIESE OPLOSSINGS
Plaasaanvalle het 'n onuithoubare krisis-situasie geword in Suid-Afrika. Maar te midde van 'n openlike oorlog teen die Blanke, gaan ons volk voort om aan ons vyand beweegruimte te gee om hul greep op ons te verstewig en groter paniek onder ons te saai. Die tyd het aangebreek vir realistiese en praktiese optrede wat die probleem daadwerklik sal aanspreek. JOHANN WOLMARANS van die ANB ontleed die situasie en maak praktiese voorstelle in hierdie artikel.
Hoewel enkele plaasaanvalle en plaasmoorde tussen 1990 en 1994 plaasgevind het, het hierdie tendens sedert 1994 deel van die SuidAfrikaanse misdaadkultuur geword. Dit was egter gou duidelik dat hierdie nuwe soort misdaad, wat voor 1994 byna nie bestaan het nie, deur 'n politieke agenda gedryf word.
Die fenomeen om sagte teikens – en veral bejaardes – op plase aan te val en dood te maak is egter die afgelope paar maande op die spits gedryf met 'n skielike eskalering van die aantal voorvalle. In Oktober 2017 is 'n hoogtepunt bereik toe daar in minder as 'n week ses plaasaanvalle oor 'n wye gebied in Suid-Afrika voorgekom het en twee mense in dié aanvalle gesterf het. Hierdie bloedige week het gevolg op 'n tydperk waarin daar oor die voorafgaande ses jaar elke jaar 'n verhoging was in die aantal aanvalle op plase. Tot in Oktober was dit duidelik dat 2017 geen uitsondering sou wees nie en ná tien maande was daar reeds meer plaasaanvalle in Suid-Afrika as die vorige jaar (2016).
Die jongste vlaag aanvalle en moorde op plase het ook 'n ongekende reaksie van die publiek (veral onder Afrikaners) tot gevolg gehad. In 'n toestand van woede en skynbaar ook magtelose frustrasie het mense allerhande oplossings en aksies voorgehou om die probleem te probeer aanspreek.
AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE (2)
Ds.A.E van den Berg
Lees reeks by AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE
Godsverheerliking
God se uitverkorenes is daarop ingestel om Hom te verheerlik:
“Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!”(Ps.150:6).
God word op talle maniere verheerlik. Eerstens deur te bely dat Christus die Here is. Omdat hulle nie sy heerskappy wil aanvaar nie, wil die godvyandige wêreld niks daarvan weet nie.
Gelowiges verheerlik God ook in hul doen en late:
“ Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God” (1 Kor.10:31).
God word ook deur sonde, belydenis en getroue gehoorsaamheid aan sy Woord verheerlik. Van Abraham word gesê:
AFRIKANER- NASIONALISME (10)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
- Politieke organisasies
Waar ’n nasionale stryd ’n konstitusionele een is, en waar dit ’n oorlog sonder koeëls is om Milner se uitdrukking te gebruik, kan ’n verowerde nasie nie sonder ’n politieke front sy stryd met sukses voortsit nie. Teoreties is dit nie nodig dat daar net een party moet wees nie en daar kan omstandighede wees waar meer as een nodig is. In die geval waar die Britse partystelsel in werking is, sal dit beter wees om net een party as die politieke front te gebruik.
Om konstitusioneel op te tree, moet wetgewing gemaak of verander word om die verowerde nasie se doel te bereik. Dit kan geen kulturele organisasie doen nie.
AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE (1)
Ds.A.E van den Berg
Lees reeks by AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE
Rom.1:18-32
“Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk....” (Rom.1:18).
Inleiding
Suid-Afrika beleef sedert 1994 ʼn sedelike vryval nadat die Christen-grondwet tot niet gemaak en die land amptelik tot ʼn wêreldstaat verklaar is. Die lugleegte wat dit gelaat het, laat misdaad hoogty vier en geweld sulke ongekende afmetings aanneem, dat mense daagliks selfs binne hul huise vir hulle lewens vrees.
WATERBOBBEJAAN (15)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Waterbobbejaan kon een versoeking nie weerstaan het nie. Klein Willem se knapsak het mooi kopergespes aan. Hulle het geblink in die gloed van die vuur. Hy het dit versigtig opgetel en toe stilweg teruggeklim na sy slaapplek.
Voordat die seuns uit die grot is, het hulle die hele grot deurgesoek na Willem se sak. Hulle het dit nooit gekry nie. Toe het 'n nuwe storie onder die Bantoes begin: in die kleinbaas se kossak was 'n knipmes. Waterbobbejaan is nou met 'n mes gewapen.
Die tweede aand na die seuns teruggekeer het, sit Waterbobbejaan voor sy grot. Dis tyd dat hy weer 'n slag koers kry en 'n strooptog onderneem. Hy staan op toe dit mooi donker is en begin loop.
AFRIKANER- NASIONALISME (9)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Taal- en Kultuurorganisasies
Hierdie organisasies is daar om as fronte van nasionalisme in sy stryd te dien. Hulle moet onafhanklik optree in die belang van nasionalisme en kan dikwels as ’n bindende faktor hul rol speel. In die verlede het hulle soms wel aktief opgetree en toe op ander tye verflou, maar nooit het hulle afgewyk van die pad van nasionalisme nie. Van hulle het wel verdwyn as diens nie meer nodig was nie, maar as die nood weer ontstaan het, het nuwe organisasies ontstaan soos byvoorbeeld in die geval van die taalfront. Dit is nie in die belang van nasionalisme dat daar jaloesie of vyandigheid teenoor mekaar onder hierdie organisasies ontstaan nie. Dit geld ook vir die kultuurorganisasies en die politieke organisasie. So iets werk teen nasionalisme en sy strewe. Dit het wel tussen die Nasionale Party en die O.B. plaasgevind. Die Party, d.w.s. die politieke front, wou die kultuurfront domineer. So iets vind ook vandag plaas. Eienaardig dat dit plaasvind terwyl die politieke front swak is.
DIE LEUEN VAN 'N "DEMOKRATIESE REGSTAAT" WORD ONTMASKER
(Bydrae gelewer deur die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB))
Ná byna tien jaar van die Zuma-regime waartydens die plundering van Suid-Afrika drasties versnel het, het ons land se politieke landskap teen die einde van 2017 wéér 'n wending beleef.
Sedertdien het Suid-Afrikaners 'n wipwa-rit beleef op die politieke front. Eers was Cyril Ramaphosa 'n soort Superman wat net betyds opgedaag het om die nuwe Suid-Afrika te red en weer terug te plaas op die "versoeningspad" van Nelson Mandela – aldus die histeriese hoofstroom media en duisende liberale Blanke politieke skape.
Ramaphosa se pryssangers het egter skaars kans gehad om asem te skep, toe hy al die liberale kwylbekke – en selfs die "konserwatiewe" Afrikaners wat so opgewonde was oor die nuwe era wat kwansuis aangebreek het – met 'n goedgemikte skop op die krop van die maag tref. Ja, die nuwe euforie se wiele het gou afgekom met net 'n paar sinne in 'n toespraak van Ramaphosa, want hy het trots en onomwonde in die openbaar bevestig dat die ANC-regime die grondwet wil verander om die beginsel van privaat eiendomsreg keelaf te sny.
Let wel, hoewel die openbare debat hoofsaaklik konsentreer op die feit dat die regime grond wil onteien sonder vergoeding, is die implikasie van Ramaphosa se aankondiging baie groter. Om die beginsel van privaat eiendomsreg uit die grondwet te verwyder beteken inderdaad dat die staat die reg sal hê om enige eiendom van privaat persone of instansies te onteien. Dit sluit in grond (plase), ander vaste eiendom soos huise en geboue in stedelike gebied en selfs besighede, pensioenfondse of enige ander privaat eiendom. Dit gaan oor eiendomsreg, nie net oor plaasgrond nie.
MISDAAD IS DEEL VAN REWOLUSIE
André Schmidt
In ons eie land asook in die buurlande, weet ons dat "vryheidsbewegings" se revolusie plaasvind deur middel van terrorisme en misdaad. So is die misdaad en plaasaanvalle van vandag niks anders nie as deel van die revolusie. 'n Boer in Suid-Transvaal meld onlangs dat dit opmerklik is dat die getal persone in ‘n groep wat gewelddadige aanvalle loods, van gemiddeld 5-6 opgeskuif het na 12-14 per groep. Dit is duidelik dat sulke tipe aanvalle niks anders is as die massas wat 'n revolusie voer nie. In `n program oor plaasmoorde wat gebeeldsend is op Special Assignment, waartydens daar `n indiepte ondersoek gedoen was oor die motief van plaasmoorde, verklaar `n deskundige op dié gebied dat die plaasmoorde in Suid-Afrika niks anders is as `n volksmoord (“ethnic cleansing”) nie.
Dat die revolusie huidiglik gewelddadig is, is duidelik. Dat die revolusie in sy verdieping meer gewelddadig sal word, behoef ook geen betoog nie.