Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, u Woord gee hoop aan nasies, ook aan die Afrikanervolk wat tans onder soveel verdrukking staan dat ons sal val as U ons nie te hulp snel nie. Ons smeek dat U ons sal bevry van hierdie juk sodat ons weer as 'n volk U kan aanbid en gehoorsaam.
HEMELVAART IS 'N CHRISTELIKE DAG
LEEF DAN SOOS KONINGSKINDERS!
Ds Andrè van den Berg
“En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ʼn wolk het Hom voor hulle oë weggeneem” (Hand.1:9).
Ek wonder hoeveel volksgenote vandag Jesus se hemelvaart herdenk? Ek wil waag om te sê dat die oorgrote meerderheid onverskillig teenoor hierdie dag staan. Toe Suid-Afrika ʼn Christelike grondwet gehad het, was dit ʼn godsdienstige vakansiedag. Ná die magsoorname in 1994 het booswigte dit afgeskaf. Ek is dankbaar vir mense wat nog waarde daaraan heg.
Ons kan die belangrikheid van Goeie Vrydag en Paassondag nooit genoeg beklemtoon nie.
WAAROM VIER ONS MORE HEMELVAART?
HEMELVAART
Ascensionis Domini (Latyn vir Hemelvaart)
Hand.1:11: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar ..."
Op Hemelvaartdag herdenk Christene dat Christus ná die kruisiging en opstanding na die hemel opgevaar het en woon talle van hulle deesdae weer 'n herdenkingsdiens by.
Hemelvaart beteken in die Christendom die terugkeer van Jesus van Nasaret na sy Vader in die hemel. Die Lukas-evangelie en Handelinge van die Apostels vertel die verhaal van hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het. Ná veertig dae styg Hy na die hemel op en word die sig daarvan dan deur 'n wolk belemmer terwyl sy volgelinge toekyk.
Hemelvaartdag vind altyd op die veertigste dag plaas gereken vanaf Eerste Paasdag, vandaar dat die datum elke jaar verskil. Hemelvaartdag is wél altyd op 'n Donderdag. Hemelvaartdag is tien dae vóór Pinkster.
AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (4)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by As die waarheid vertrap word
Deel 4
“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” (Rom.12:2).
1. Wêreldlikheid
Wêreldlikheid is een van die grootste vyande van die kerk van Christus. Dis vir elke kerk baie belangrik om te weet wat wêreldlikheid is omdat baie van hulle skynbaar nie duidelikheid hieroor het nie. Die Bybel sê:
“Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig” (1 Joh.2:15-17).
Twee kernwoorde is hier ter sprake – liefde en wêreld. Hier gaan liefhê nie oor dinge waarvan mense hou of nie hou nie, maar oor ʼn wilsbesluit en opoffering vir die waarheid. Wêreld is hier ʼn geordende wêreld-sisteem met Satan aan die voortou van mense wat God en die waarheid teenstaan (Ps.2:2,3).
WATERBOBBEJAAN (6)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Die aand na sy boord verniel is, het die boer rustig gaan slaap. Sy plan met Waterbobbejaan is klaar gemaak. Hy weet wat hy gaan doen. Hy weet ook dat dit ‘n baie dom of ‘n baie astrante dier is wat twee nagte na mekaar op dieselfde plek gaan aas. Hy onderskat Waterbobbejaan se verstand glad nie.
Die volgende oggend het die werk op die plaas normaalweg sy gang gegaan. Die boer het sy gesinslede belet om na die boord te loop. Waterbobbejaan mag geen belangstelling van die opstal se kant af in die boord gewaar nie.
Na aandete het Sakamatlakobata sy donkerste hemp en broek aangetrek. Toe het hy na die grofsmid-geboutjie gegaan. Hy het houtskool geneem en sy hande en gesig pikswart gesmeer.
“Kootjie, probeer jy die kinders skrikmaak?” vra sy vrou verontwaardig toe hy by die kombuisdeur inkom. “Sannie het alreeds die hele dag lank effens koors. Wat doen ons as sy vannag stuipe kry?”
“Aaag, bog! Dink jy ek is laf? Ek wil vir Waterbobbejaan ‘n les leer.”
AFRIKANER- NASIONALISME (5)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Ontstaan van Afrikaner-nasionalisme
Die instelling van die Vryburgers in 1657 en die koms van die Hugenote na die Kaap in 1688 is gebeurtenisse wat uiteindelik gelei het tot die ontstaan van ’n nuwe nasie en die ontwikkeling van Afrikaner-nasionalisme. Dit het ’n groep mense bymekaar gebring wie se belange met dié van die amptenare van die Kompanjie gebots het.
Die amptenare wou hulself verryk deur te boer en die terrein van die Vryburgers te betree, met die voordeel dat hulle die mag besit het om die vryburgers se mark te belemmer. Aangesien die ekonomiese toekoms van die Vryburgers van hul mark afhanklik was, was hierdie botsing vir hulle ernstig. Die gevolg van die stryd was dat die Hugenote en ander Vryburgers saamgesnoer is as een ekonomiese groep.
AFRIKANER- NASIONALISME (4)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Nog iets oor nasionalisme
Nasionalisme is ’n gedagte wat die groep se belange, d.w.s. die nasie, bo dié van die indiwidu stel. Dit word van die indiwidu verwag dat hy hom ter wille van die groep sal en moet opoffer. Hiervolgens skyn dit of nasionalisme net soos Nazisme, Kommunisme en imperialisme is, want al drie ideologieë stel die groep se belange bo dié van die indiwidu. Dit is egter nie so nie.
In die geval van Nazisme en Kommunisme, sowel as enige totalitêre ideologie, word die staat en nie noodwendig die nasie nie, die groep. Verder beteken die indiwidu as sodanig in sulke state niks, maar word net beskou as ’n deel of pion van die staat. Hulle beheer die indiwidu geestelik en materiëel geheel en al. Daar bestaan nie by hulle so iets as indiwiduele vryheid nie. Die indiwidu is daar ter wille van die staat.
GEES VAN VREESAGTIGHEID
Ds AE vd Berg
“Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” (2 Tim.1:7).
Wanneer dit in die bosveld donker word, hoor ʼn mens baie diere-geluide waarvan sommige jouself kan bang maak. As jy egter langs ’n knetterende kampvuur sit, hoor jy baie minder geluide en is jy feitlik van geen gevaar bewus nie. Maar sodra die vuur begin uitbrand, word jy al hoe meer van die geluide en moontlike gevaar bewus. Hoe kleiner die vuur, hoe donkerder en gevaarliker word die nag.
WATERBOBBEJAAN (5)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Sakamatlakobata en sy seuns lei water in die koringland.
“Piet, jy moenie soos ‘n beginner waterlei nie, man. Dis die eerste keer dat die land gelei word, en as hy verkeerd gelei word, lei hy nooit weer reg nie. Moenie die water daar inkeer nie; maak jou leivoor hoër op. Kan jy nie na die val van die grond kyk nie? Iemand sonder oë is ‘n halwe mens.’’
‘’Koos, jou afkeerwal sal nooit hou nie. Moenie daar so hulpeloos staan soos ‘n vrou met hande vol deeg nie. Roer jou. Kan jy nie sien ...’’
‘’Paaaa!’’ skreeu Willem van ver af, ‘’kom kyk net hoe lyk die lemoenboord verniel. Waterbobbejaan het die jong jaarlemoene se takke links en regs afgebreek en omtrent alles gesteel!’’
Die boer se gal word bitter. Dis warm en sy humeur het al breekpunt bereik met sy seuns wat blykbaar nie kan leer om water behoorlik te lei nie. Maar die ergste van alles is hierdie nuus.
KORSIES VAN PASTEI
>
>>>
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Twee gladdebekmanne rus 'n oomblik tussen die leë rakke terwyl hulle hulle nuwe winkel gereedmaak. 'n Plaasjapie loer in en vra belangstellend:
“Wat verkoop julle hier?”
Die een gladdebek antwoord toe vies en kortaf:
“Gekke” en die ander een sê “En dwase”.
Sê die plaasjapie toe: “Lyk my besigheid is goed - julle het nog net een van elk oor!”
Die bang Amerikaner wil ‘n kasteel koop.
“Spook dit hier?” wil hy van die eienaar weet.
“Glad nie,” antwoord die eienaar. “Ek woon al vyfhonderd jaar hier en ek het nog nooit ‘n spook gesien nie.”
AFRIKANER- NASIONALISME (3)
>
>>
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Dikwels word gehoor dat iemand sê: “Ek is ’n nasionalis”. As hy dan gevra word wat die term nasionalis en nasionalisme beteken, sukkel hy dikwels om die vraag te beantwoord. ’n Vooraanstaande Afrikaanse weekblad het geskrywe dat ’n nasionalis iemand is wat lid van die Nasionale Party is. Ewe verspot hoor mens ook dikwels dat iemand ’n nasionalis gebore is.
Tans is die vaagheid oor nasionalisme baie groot. Heelwat vertroebeling oor die begrip is ook deur anti-nasionaliste gesaai om juis daardeur nasionalisme vaag voor te stel. ’n Voorbeeld hiervan is waar blatante imperialisme deur imperialistiese teenstaanders, soos in die geval van Engeland en Duitsland tydens die twee wereldoorloë, as nasionalisme voorgehou is. Die opportunistiese politikus aarsel ook nie om die betekenis van die begrip nasionalisme vir eie oogmerke te verwring nie.
WITMAN, KEN JOU VYAND!
>
>>>
Dr Theunis Stoffberg
Lees reeks by Witman, ken jou vyand
“’n Volk wat onderling op bykans elke gebied so verdeeld is as die Blankes van ons land moet sy denkwyse gou regstel en moet ons weer vir onsself begin DINK!!"
Wat het in Palestina gebeur? Nadat die ”Balfour Declaration” die Jode toegang gegee het tot die Land van die Arabiere, het die ’’Uitverkore volk” met terreur begin en is nog steeds daarmee besig. Zionisme geskep deur Theodore Herzei het voortgewoeker.
Dr. Chaim Weisman het oorgeneem en die HAAT laat toeneem, eers teen die BRITTE- Die Volk wat hulle toegang tot Palestina verleen het — en toe teen die plaaslike Arabiere.
’n Poolse Jood MENACHEM Begin met sy terreurgroepe genoem die ’’STERN GANG”, en die "IRGUM SVEI LEUMI” met "PALNACH” as die kommando se spiespunt, het die land van die Arabiere beleër en verwoesting gesaai.
JY MOET JOU NAASTE LIEFHÊ
>
>>
Hannes Ollewagen
Levítikus 19:1-37
“Jy mag nie as kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE. Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie. Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.” (:16-18).
Wanneer ons aan die wet van die Here dink, dink ons gewoonlik aan die “moenies” en die “mag nie’s”. Jy mag nie steel nie. Jy mag nie doodslaan nie. Jy mag nie begeer nie. En hieraan gemeet, sien ons lewens nie te sleg daaruit nie. Ons is darem nie moordenaars nie. Ons steel nie ander mense se goed nie.
WATERBOBBEJAAN (4)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Vroeg die volgende oggend het Waterbobbejaan die boer en sy twee helpers sien aankom na sy kloof. Hy het ‘n tydjie lank vir hulle gekyk en toe in sy grot gaan sit. Hy weet hulle sal hom nie kry nie. Agter die waterval van sy grot voel hy veilig. Baie dae sit hy in die grot se opening en loer na die watergordyn voor hom. In die somer is die fontein sterker as in die winter. Daarom sit hy in die somer sommer net en kyk na die water hier voor hom. In die winter kan hy effens deur die water kyk na die kloof hier onder hom. Dis vir hom alte mooi as hy die groen kloof en die bruin kranse deur so ‘n waterbril kan bekyk. Soms kry hy lag as die water die kranse en bome skeef en krom draai. Dis vir hom ‘n lekker speletjie en dit verveel hom nooit nie.
In die somer is sy waterval heeltemal toe en dan het hy lus om die watergordyn weg te trek om te kan sien wat daar buite aangaan. Hy slaag nooit daarin nie, en dan gaan sit hy maar langs die waterval in die sonnetjie en bekyk die hele terrein wat voor hom is. Maar die waterval sus hom gereeld aan die slaap, en na ‘n rukkie knik sy kop en begin hy saggies snork.
AFRIKANER- NASIONALISME (2)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Nasie en volk
Nasionalisme is ’n begrip wat in verband staan met ’n nasie, en dus is dit nodig om allereers duidelikheid te kry oor die begrip nasie. Die woorde nasie en volk word dikwels gebruik om dieselfde betekenis weer te gee, maar soms ook om iets anders aan te dui. Sommige gee aan die term volk ’n wyer betekenis as nasie en ander heg weer ’n nouer betekenis daaraan. Dit het gelei tot verskillende omskrywings van die woorde wat naderhand verwarring tot gevolg het. Helderheid is dus noodsaaklik voordat nasionalisme verder bespreek kan word. Die omskrywing moet ’n algemene betekenis besit wat verstaanbaar is vir die gewone mens wat oor die begrippe nasie en nasionalisme dink. Dit moet van toepassing wees op alle nasies, klein en groot.
Woordeboeke en Ensiklopedieë:
Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal omskryf nasie soos volg: “Groep enkelinge wat tot dieselfde staat behoort wat ’n politieke eenheid vorm: Elke willekeurige versameling mense wat onder dieselfde politieke organisasie staan. Die Switserse nasie omvat gedeeltes van verskillende volke. Ras is ’n biologiese eenheid; volk ’n kulturele eenheid; nasie ’n politieke eenheid. Volk: Groep mense wat deur eenheid en taal en historiese ontwikkeling ’n duidelike besef van saamhorigheid besit.
2019 VERKIESING - 'N WATERSKEIDING
Verskeie faktore dui daarop dat die komende algemene verkiesing in Suid-Afrika waarskynlik die inleiding sal wees van ‘n nuwe fase in ons land se geskiedenis, waartydens dramatiese veranderings en verskuiwings op politieke, ekonomiese en sosiale fronte sal volg.
('n Ontleding deur die Dagbestuur van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB))
Die sogenaamde "nuwe" Suid-Afrika is nie meer so nuut nie. Dis immers op 27 April vanjaar al 25 jaar oud, wat beteken dat ten minste een generasie reeds onder die nuwe bestel opgegroei het. Hierdie nuwe bedeling beleef binnekort sy 6de algemene verkiesing, byna presies 25 jaar nadat die Swart kommuniste met die hulp van Afrikanerverraad die beheer oor die Afrikaner se Vaderland oorgeneem het en die "nuwe" Suid-Afrika ná ‘n bedrogvolle "verkiesing" tot stand gekom het.
Die wêreld het gejuig en in die persoon van die terroris, Nelson Mandela, is 'n globale ikoon geskep om die beeld na buite te dra dat hierdie nuwe bedeling 'n soort modeme sprokie van versoening en vrede is. Die Suid-Afrika van 2019, waar die stemvee nou weer moet gaan kruisies trek om die kwasi-demokrasie se geloofwaardigheid in stand te te hou, lyk nader aan die realiteit wat in 1994 deur enige nugter Afrikanernasionalis voorsien is. Die land is op die rand van bankrotskap en word deur hopelose wanbestuur en korrupsie vernietig, die epidemiese misdaadsituasie is totaal buite beheer en rassespanning is by breekpunt en erger as ooit op enige stadium in die land se verlede.
WITMAN, KEN JOU VYAND! (2)
Dr Theunis Stoffberg
Lees reeks by Witman, ken jou vyand
Landers, die bekende rubriekskrywer van Amerika, wat in werklikheid van Joodse afkoms is, en Esther Friedman wat buitengewoon trots was op haar Joodse afkoms en ’n vurige ondersteuner van die staat Israel is, en vir jare lank n streeksvoorsitter, was van die ’’Anti defamation League”, 'n suiwer Joodse organisasie. Mev. Friedman het aan een van haar korrespondente op die vraag "Kan ’n persoon wat gebore is vanuit Joodse ouers, ’n Gentile (nie- Jood) word indien hy liefs nie Joods wil wees nie?"
ONREG DUUR NIE VIR EWIG...
... ook in Suid-Afrika
Ds Andrè vd Berg
Moet nooit vergeet dat sy herstel van ʼn volk by straf op sonde begin nie.
“Hoe lank, o Here, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! - maar U help nie? Waarom laat U my onreg sien ... Ja, verwoesting en geweld is voor my oë...” (Hab.1:2,3).
Habakuk se naam is ’n beskrywing van sy lewe. Dit beteken omhels of worstel. Hy was regverdig, die Wet van God omhels (deel van sy lewe gemaak) en met God geworstel. Hy het egter ’n probleem gehad; dit het vir hom gevoel asof sy geloof hom niks baat nie. Sy samelewing was ontwrig, skobbejakke is verryk en gelowiges is al hoe meer veronreg. Daarom worstel die profeet met God: “Here, U kan mos iets hieraan doen, waarom doen U niks nie?”
Wat in Juda gebeur het, gebeur ook in Suid-Afrika – gelowiges kry swaar in ʼn onreg-bedeling. Sonde, boosheid, diskriminasie, ontwrigting en verwarring is aan die orde van die dag. Die staat minag God se Wet en hoofstroomkerke luister eerder na mense as na God sodat prediking weinig effek het. Gevolglik worstel baie gelowiges soos Habakuk met God se plan hiermee en vra: “Here, waarom doen U niks hieraan nie?”
STORIES VIR ALMAL (4)
Johan Vosloo
Lees reeks by Stories vir almal
ONDERDEURGESPRING
“ONDERDEURGESPRING” noem ons dit as jy gefop is, ore aangesit is, of vir ‘n “ride” geneem is.
Dink maar aan die kêrel wat bereid is om teen ‘n baie billike prys vir jou ‘n wendyhuisie in die tuin aanmekaar te timmer. Hy kom met sy bakkie, laai die eerste paar planke af en neem dan sommer die deposito-tjekkie met hom saam.
Dankie. Dis die laaste sien van die blikkantien, hoewel ‘n ander woord meer gepas sou wees.
Hierdie modus operandi herhaal die vent met die oop gesig en gladde bek ‘n slag of tien, twintig keer. Daarna verkas hy, goed in die geld, eenvoudig na ander weivelde toe. So maklik is dit.
WATERBOBBEJAAN (3)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Maar dinge het nie volgens plan verloop nie. Die Bantoes is skrikkerig om vir Sakamatlakobata te werk. Hy het sy Bantoenaam in daardie stat gekry. Eers na ‘n paar weke het die eerste werkers en hulle gesinne opgedaag.
Intussen moes die seuns self veewagters wees.
Sakamatlakobata het vasgestel dat die beste weiveld in die lelike-kloof is. Die buffelgras het hoog onder die soetdoringbome en huilbos gestaan. Daar ontspring ook ‘n fontein hoog in die kloof en drinkwater is volop en skoon.
Elke oggend melk die boer en sy seuns die koeie, en daarna jaag Koos die kalwers na hulle weiveld terwyl Piet en Willem die koeie na die lelike-kloof neem.
STRYD IS LEWE (8)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
Die helde van ‘n volk (4)
As antwoord op hierdie kunsmatige pogings om die Kleurling by die Afrikaner se taalfees te betrek, kan gevra word: Moes die Engelse, toe hulle vanjaar hulle fees in Grahamstad gevier het, ook die Indiërs van Natal daarheen genooi het? Hulle is immers ook Engelssprekend en hulle is ook setlaars in Suid-Afrika. Waarom was daar nie die aandrang dat dit gebeur nie? Waarom was daar by die mense wat nou so graag die Kleurling by die Afrikaner se taalfees wil betrek, nie in 1966, toe die Wonder van Afrikaans gevier is, dieselfde aandrang om die Kleurlinge in te trek nie? Destyds het hulle geweet dat as hulle die Afrikanerskap op so 'n wyse sou aantas, daar korte mette met hulle gemaak sou word. Maar nou voel hulle veilig om hiervoor te agiteer.