Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geen mens kan waarlik gelukkig wees as hy net vir homself lewe nie. Die enigste blywende geluk in die aardse lewe is daarin dat jy jouself verloor in 'n saak wat groter, beter, blywender en waardevoller is as jou eie klein bestaan.
SA WÁS WEERBAAR MET KERNWAPENS
Die ou NP-leiers by monde van FW de Klerk en Pik Botha het by herhaling gesê hulle nie 'n ander keuse gehad het as om Suid-Afrika (sonder mandaat van die volk) aan 'n swart kommunistiese owerheid te oorhandig nie. Hulle verweer is dat Suid-Afrika onder geweldige druk van die buitewêreld was en dat Suid-Afrika onregeerbaar sou word deur al die binnelandse onrus en opstande van die swart volkere – onrus wat deur die buiteland gestook is in die hoop dat die land onregeerbaar sou word.
Dat Suid-Afrika weerloos gestaan het in hierdie situasies is só ver van die waarheid verwyder dat daar net een gevolgtrekking uit te make is: die verraderlike ou NP-leiers het vir totaal ander redes as vir die veiligheid van Suid-Afrika die land weggegee. Suid-Afrika was op daardie tydstip een van die weerbaarste lande ter wêreld. In hierdie artikel en opvolgende aflewerings sal die leser homself vergewis van die leuens wat aan die burgers van Suid-Afrika opgedis is oor die sogenaamde weerloosheid van die land in die laaste jare vóór 1994. Vóór 1994 toe die kernwapens skadeloos gestel is, was Suid-Afrika só weerbaar soos nog nooit tevore nie. Dit laat mens nogal dink waarom die land deur verraad op sy knieë gebring moes word...
AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (3)
>
>>Ds Andrè vd Berg>
“Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie” (1 Joh.2:18,19).
Min dinge ontstel ʼn gelowige meer as leuens wat vanaf kansels as die waarheid verkondig word nie. Dis ʼn ou probleem in die kerk: “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer ... en baie sal hulle verderflikheid navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word” (2 Pet.2:1,2).
Paulus skryf: “Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg ..... Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat .....” (Hand.20:28-31).
DIE VROU SE ROL IN DIE SAMELEWING ...
... DEUR DIE OOG VAN ‘N TIENER
Watter vooruitsigte is daar vir 'n jong Afrikanermeisie vandag? In hierdie artikel wys een van die ANB se jong lede, RENTIA VORSTER, daarop dat hierdie vraag regtig 'n ernstige saak aanspreek, waarvoor 'n oplossing nie sonder die Bybel gekry kan word nie. Net soos dit ook nodig is om na ons geskiedenis te gaan kyk.
In die Bybel leer ons al aan die begin: die vrou is die sede bepaler van die volk. Lees Genesis 3:6: "...en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet." Eva sondig, en Adam betig haar nie, inteendeel hy doen mee. Wat lees ons 'tussen die lyne'? As die vrou haar begeerte bo haar taak stel, is die saak al halfpad verlore. Op die ou end is die volk geknak. So het vele nasies deur die eeue groot skade gelei.
Hiervan is die Portugese 'n goeie voorbeeld. Hulle was ontdekkingsreisigers in woord en daad. 'n Vrou kon nie saamgaan op 'n skip nie, en moes dus tuis bly. Die bediendes (waarvan daar sekerlik meer as genoeg was) doen al die takies waarmee 'n vrou haar gewoonlik besig hou, en al wat sy nou nog kan 'doen' is om die kleremodes slaafs na te volg. Uiteindelik duur die reis waarop hul mans weg is te lank en begin hul flankeer met hul bontkleurige bediendes. Vandaar die agteruitgang van die Portugese volk.
NG KERK, ADIEU!
>
>>>
ʼn Terugblik
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Ek is in November 1977 deur die NG kerk op Stellenbosch gelegitimeer en daarna in ʼn Kaapse voorstedelike gemeente bevestig. Ek was van jongs af lief vir die Gereformeerde omdat dit Bybelsbegrond was. Daarbenewens moes ek dit ook dikwels teen charismatiese familielede verdedig.
Ek het van meet af aan met lidmate in die bediening te doen gekry wat tot die gevoelsgodsdienste aangetrokke gevoel het. Om die Gereformeerde leer aan hulle te verduidelik was loutere vreugde.
Alles het in die bediening het voor die wind gegaan totdat winde van verandering in die vroeë 1980s in die NG kerk begin waai het. Wat as ʼn ligte bries begin het, sou al hoe sterker word totdat dit orkaansterkte bereik het.
Die Wes-Kaapse Sinode van 1983 was vir my ʼn wrede ontnugtering. Ek het besef dat die NG kerk gaan ontspoor en my toekoms sal raak. Ek het sake nie daar gelaat nie en met vrysinnige kerklui in ʼn polemiek in Die Kerkbode betrokke geraak in ʼn poging om kerklui te laat besin. Alles tevergeefs!
WATERBOBBEJAAN (21)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Sakamatlakobata se vrou bring vir hom ‘n koppie tee onder die blinkblaar.
“Sê vir die seuns hulle moet ‘n groot, vet hamel vir Trappies se vrou afkeer. Stuur vir haar ‘n kan wyn. Dis syne. Laat weet vir haar sy kan op die plaas bly. Maar sy moet gereeld vir jou help en sy kinders moet leer om die skape op te pas. As hulle te klein is daarvoor, moet hulle vir jou skoffel in die groentetuin. So nie, kan hulle met die kuikentjies help. Hulle moet iets doen. Bobbejaankrans is nie ‘n Engelse sendingstasie nie.”
Ouderdom is niks anders as ‘n gestadigde vereensaming nie, dink hy. Die kennisse van jou jeug sterf een vir een, Blank en Bantoe. Jy begin ook terugdink aan jou eerste hond en eerste span osse, jou eerste geweer en die eerste bok wat jy geskiet het.
AFRIKANER- NASIONALISME (15)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Wankeling en verwarring op die politieke front
Generaals Hertzog en Smuts het die nuwe Verenigde Suid-Afrikaanse Nasionale Party gestig. Die woord nasionaal het wel in die naam van die nuwe party verskyn, maar daar was min nasionalisme in die nuwe party se strewe of ideale. Dit het of neutraal of vyandig teenoor Afrikaner-nasionalisme opgetree. Onder die lede was wel mense wat deur nasionalisme beïnvloed was, maar meer wat heftig daarteen gekant was.
Die grootste deel van die Nasionale Party het generaal Hertzog na die nuwe party gevolg. Wat oorgebly het in die Nasionale Party, moes gereorganiseer word en het weer na herstigting as die politieke front van die Afrikanerdom opgetree.
Wat getalle betref, was die herstigte party in Kaapland onder dr. Malan verreweg die sterkste. In die Vrystaat en Transvaal was die getalle wat by die Nasionale Party gebly het, min maar hulle was mense uit die republikeinse geledere en lede wat sterk met Afrikaner-nasionalisme besiel was.
WIE BEHEER MALEMA?
In hierdie artikel kry ons ‘n baie insiggewende blik op die bedrogvolle manipulsie van die marionet Julius Malema deur intelligensiedienste ten einde sekere politieke doelwitte te behaal. Met dank en erkenning aan die Afrikaner Nasionalistiese Beweging.
Luister 'n mens deesdae na sosiale gesprekke tussen Afrikaners word dit al hoe duideliker dat daar 'n groeiende vrees is vir die bedreiging van fisieke geweld teen Blankers – en spesifiek Afrikaners – wat binnekort dalk mag eskaleer en selfs in 'n poging tot die uitwissing van Blankes mag ontaard. In hierdie soort gesprekke word die sogenaamde Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en hul leier, Julias Malema, gewoonlik pertinent bespreek.
Om hierdie saak deeglik onder die soeklig te neem, moet eerstens erken word dat Swart-op-Wit geweld 'n wesenlike probleem is en dat dit waarskynlik sal toeneem, na mate die opsweping en frustrasie onder die Swart massas toeneem oor hul eie situasie. Om egter die scenario rondom die ontwikkeling aan die linkerkant van die Swart politiek, en veral die wyse waarop die arrogansie en frustrasie van jong Swartes bestuur word, beter te verstaan moet die rol van Malema as persoon ook verstaan word.
Die rol wat Malema speel en die wyse waarop sy organisasie te werk gaan is vir deeglike studente van die politiek en die geskiedenis erg verdag. Malema word in die huidige politieke en sosiale proses in Suid-Afrika soms heeltemal te veel krediet gegee vir gebeure en verskynsels wat heeltemal bo sy vuurmaakplek is. 'n Deeglike ontleding van gebeure rondom Malema en sy organisasie kan nie anders as om agterdog te wek by eerlike analiste nie.
AFRIKANER- NASIONALISME (14)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
In 1928 het die stryd binne die Nasionale Party oor die republikeinse ideaal losgebrand.
Op 15 Mei 1928 het die Federale Raad besluit om artikel 4 van die Program van Beginsels van die Nasionale Party te wysig op so ’n wyse dat die nuwe soewereine status aanvaar word, maar afstand gedoen word van die Republikeinse strewe.7 9 Die ou artikel kon as soewereine onafhanklikheid of republikeinse onafhanklikheid vertolk word.
’n Vergadering op Potchefstroom op 25 Augustus 1928 het beswaar teen die wysiging gemaak. Daar was beroering in die Nasionale Party.8 0 Die skrywer onthou goed hoe die Partysekretaris gery het om takke in Kaapland te paai en oor te haal. Hy het destyds onder andere die Stellenbosch-tak toegespreek.
LAAT DIE HEILIGE GEES BY U WOON
Hannes Ollewagen
Johannes 14:1-31
“...die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.” (:17).
“Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.” (:23).
“maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (:26).
Ons leer uit hierdie gedeelte uitdruklik dat die Gees van God nie in alle mense se harte woon nie.
WATERBOBBEJAAN (20)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Waterbobbejaan was so besig die afgelope tyd dat hy nie eerder kans gehad het om sy grot in orde te bring nie. Dit het hom ‘n hele dag lank gekos om sy voorste grot weer so netjies te maak soos dit was voordat die seuns en die honde dit ontruim het. Hy het die stompe wat nie in die vuur was nie, die eerste van die krans afgegooi. Toe het hy die halfgebrande stukke weggegooi. Daarna het dit ure lank geduur om die as verwyder te kry. Hy moes dit handjie vir handjie vol optel en wegdra.
Hy was een keer in ‘n leë Bantoehut. Die inwoners het die vorige dag weggetrek. Waterbobbejaan wil nie hê sy grot moet so van die as lyk nie.
Toe hy klaar skoongemaak het, gaan sit hy in die opening van sy grot agter die waterval. Hy het genoeg gesien om hom te oortuig dat hy nie meer langs die grot in die sonnetjie moet sit nie, want dan sit hy langs sy paadjie, en die waterval raas so dat hy nie kan hoor wat agter hom aangaan nie. Hy wil ‘n beskermde rugkant hê.
Hy is vanoggend versadig en tevrede met alles behalwe die spoor wat hom ontstel het.
CHRISTENE MEES VERVOLGDE GROEP TER WÊRELD!
Politieke korrektheid dra grootliks by tot wêreldwye anti-Christelike sentimente en vyandskap wat kommerwekkend is. Dit baan die weg vir terroriste wat daarop uit is om die Christendom uit te wis. Só het ’n kundige op die gebied van godsdienstige vervolging aan Fox News gesê.
Volgens die webtuiste van Fox News, dui die tussentydse bevindinge in ’n verslag wat in April bekendgemaak en deur die Britse minister van buitelandse sake, Jeremy Hunt, aangevra is, daarop dat vyandelikheid nie net geografies aan die toeneem is nie, maar ook in intensiteit. In sommige gebiede is dit so erg dat dit aan die internasionale definisie vir volksmoord grens.
WIE SAL VERSTAAN?
Jana Haefele, 23 Maart 2019
Hierdie gedig is geskryf vir my pa en twee broers wat boer, nie omdat dit winsgewend is nie, maar oor hulle grond in hulle are het. Hulle is ’n voorbeeld van elke boer se gemoed.
Wie sal ooit die hart van ’n boer verstaan
waar hy stadig kyk hoe alles vergaan,
met ’n sware, sinkende, stukkende hart
voel hy die natuur en dier se roue smart.
Wie sal ooit die traan van ’n boer verstaan
waar hy bewoë, knielend voor die Here staan,
’n boer, verouderd van wind, reën en warm son
hy sou die plante water met sy trane as hy kon.
Wie sal die gebroke liggaam van ’n boer verstaan
waar die hare grys gebleik is en die vel verkoper,
seer lywe, nat van sweet, geskoei deur natuur
om net nog ’n dag as arme boer te kan verduur.
Wie sal die gemoed van ’n boer verstaan
waar die hele land net roep ; rand hom aan,
haat, vernedering, minagting en rassisme
terwyl hulle skree; hier is geen kommunisme.
VERSET TEEN DIE OWERHEID
Amptelike standpunt van die AP Kerk
Hier word nie oor alle soorte geweld gehandel nie, maar gekonsentreer op die vraag of geweld teen die owerheid Bybels geregverdig kan word. Tog is dit belangrik om op die volgende te let:
• Protes: Dit is ’n nie-gewelddadige optrede teen ’n besluit, wet, opinie of daad in die vorm van ’n afkeurende gesindheid, kritieklewering of geskrifte. In hierdie optrede is iets positiefs.
• Verset: Dit is ook ’n nie-gewelddadige optrede, maar sterker as protes. Die klem val hier meer op die negatiewe: weiering om te aanvaar, om saam te werk. Verset wil verwerp en teenwerk.
• Burgerlike ongehoorsaamheid: Dit is ’n openbare nie-gewelddadige aksie van morele protes teen ’n bestaande wet of wette of dele daarvan, wat deur die owerheid as onwettig beskou word.
CHRISTELIKE PLIG TOT GEWAPENDE VERSET
Prof. Johan Bosman
Op die oomblik brand die vraag oor gewapende verset in ’n beduidende aantal harte. Kom dit by die owerhede, onderskei opregte geloof wel duidelik tussen waansinnigheid aan die een kant en vleiery aan die anderkant.
Dit is waansinnig om louter anti-regering, -wet en -orde, te wees. Dit is eweneens ’n euwel om die owerhede te vlei, asof maghebbers maar sonder skroom aan God ongehoorsaam kan bly.
Die voorbeeld van Dietrich Bonhoeffer (1906-1945) word vandag nog onthou. Daar word graag daaraan gedink dat hy ’n lewe gelei het “in die voetspore van Christus”. Hy was ’n predikant in die tyd van Nazi-Duitsland (1930-1945). Hoewel Bonhoeffer die geleentheid gehad het om die Duitsland van Hitler se jare te ontvlug, het hy doelbewus na Duitsland teruggekeer. Om teen die Nasionaal-Sosialistiese bewind te praat en skryf, was vir hom later net nie meer genoeg nie. Uiteindelik skaar Bonhoeffer hom toe aan die kant van diegene wat die wapen teen Hitler opgeneem het, soveel dat hy in 1945 sterf as deel van ’n komplot om Hitler om die lewe te bring.
ONS GESPREKKE MET GOD
Hannes Ollewagen
Prediker 5:1-19
“WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ’n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.” (:1).
“Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ’n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ’n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?” (:5).
Ons kan soms vinnig moedeloos raak en voel asof God nie na ons gebede luister nie. Ons voel soms asof God nie vir ons omgee wanneer ons gebede onbeantwoord gelaat word nie. Maar beproef ons onsself dikwels genoeg om in oënskou te neem hoe ons gesprekke met God lyk?
WATERBOBBEJAAN (19)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Daardie Sondag kuier die bure by oom Stoffel Wolf. Na oggendgodsdiens sit die mans op sy voorstoep en rook.
“Hoe sê jou baas, is jy nog ‘n goeie bywoner?” vra oom Paul Raaswater.
“Ek weet nie waar my baas is nie. Hy het spoorloos verdwyn. Het nie eers sy adres gelaat nie. Dis vir hom ook maar goed, anders sal hy ‘n groot vleisrekening kry.”
“Glo jy regtig dat hy jou skape gesteel het?” vra oom Hans Meerkat.
“Ek weet tog nie, soos ou Poon loop my gedagtes al in die rondte. Ek eindig altyd waar ek begin het.”
“As hy begin kleinvee steel, sal ons teen hom moet optree,” sê oom Koos Hamerkop.
KONINKRYK VAN GOD VERSUS... (4)
...die Nuwe Wêreldorde koninkryk van Angus Buchan & andere
Lees reeks by Nuwe Wêreldorde koninkryke
Susan Brink
Nes Tutu deur sy belonings-instansies gekenmerk word as 'n Een wêreldgodsdiens-skepper, word Buchan geëien aan dié wie hom inspireer, wie hy bewonder, wie hom publisiteit verleen en sy mede 'apostels'. Net vyf word genoem, Billy Graham, Benny Hinn, Kathryn Kuhlman, TBN en Rick Joyner. Hierdie mense en TBN het ideologiese bande met die belonings-instansies van Tutu. Billy Graham, 'n Illuminati 33ste graad Vrymesselaar en Buchan se inspirasie as kind, was die wêreld se mees populêre evangelis. Hy was die voorloper vir 'n Eenwêreldgodsdiens en die eerste Protestant wat 'n ere doktorsgraad van 'n Rooms Katolieke Skool gekry het. Ook is daar na hom verwys as die Protestantse Pous! Op Paassondag in 1964 hou hy 'n United Evangelistic Rally in 'n sokkerstadion met die tema, The Great Reconciliation. Hy trek 35,000 waarvan die helfte Swart was. Hy was 'n groot vriend van Martin Luther King Jr en donateur van die Civil Rights Movement.
Hy propageer 'n onheilige bybel, waarin Die Onse Vader begin met: "Our Father/- Mother in heaven, hallowed be your name, your dominion come". Bill Clinton was sy vriend en elke keer as hy 'n president inseën, het hy daarop aangedring dat leiers van ander gelowe teenwoordig moet wees. Hy was 'n lid van die Wêreldraad van Kerke. Hy glo ook dat alle Jode "are engrafted into the Christian Church". WR Hearst, Katolieke Knight of Malta, se koerantgroep het hom 'n huishoudelike naam gemaak.
KONINKRYK VAN GOD VERSUS... (3)
...die Nuwe Wêreldorde koninkryk van Angus Buchan & andere
Lees reeks by Nuwe Wêreldorde koninkryke
Susan Brink
Tydens 'n onderhoud wat die tydskrif, SARIE, met Tutu in 2008 gevoer het, kom die werklike Arch, soos daar liefderyk na hom verwys word, na vore:
Enige slegte gewoontes? Arch: "Mmm ... Ja! Ek is geneig om jaloers te raak op enigiemand wat aangeprys word en aandag kry!"
'n Sin om jouself te beskryf? Arch: "He loved to be loved".
Gunsteling wêreldleier? Arch: "Madiba. Hy is 'n inspirasie en altyd nederig".
Jy inspireer so baie mense, wie inspireer jou? Arch: "Trevor Huddleston, die anti-aparheidsaktivis, het 'n sterk invloed op my geestelike ontwikkeling gehad. Hy het beslis geglo dat almal na God se beeld geskape is ...".
Hoe behou ons geloof in 'n deurmekaar wêreld? Arch: "Dis God se wêreld en dit maak nie saak hoe sleg dinge raak nie, alles sal uiteindelik oukei wees. Intussen word ons gekonfronteer met uitdagings. Omdat ek 'n Christen is, glo ek niks kan so hopeloos wees soos die situasie op Goeie Vrydag nie. Toe is 'n Goeie Persoon aan 'n kruis gespyker. Daarna was daar die triomf, die opstanding. Die goeie het oor die bose geseëvier. Soos dit altyd sal".
WATERBOBBEJAAN (18)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Intussen soek Waterbobbejaan onverpoos voort na die vreemde dier wat sy gebied in die nag besoek, hom bedreig en sy vriende doodbyt.
Na ‘n week kry hy die eerste duidelike spoor. By ‘n klein niksbeduidende fonteintjie waar geen dier aandag aan gee nie, kry hy ‘n yslike groot spoor. So ‘n groot spoor het die kenner van die Bosveld nog nie gesien nie. Hierdie dier is ‘n groot skelm, dink hy. Hy drink water waar net voëltjies drink. Hy kan alles van die spore aflei.
Dis al wat Waterbobbejaan voorlopig kry. En hy het dit toevallig gekry.
Terwyl Waterbobbejaan na die spoor sit en kyk, is ‘n dier besig om vir hom te kyk. Net suid van Waterbobbejaan is ‘n aangrensende plaas. Die plaas lê woes en leeg. Die noordelike deel daarvan is in elk geval te ruig en vol klein koppies vir ‘n opstal. Omtrent ‘n kilometer agter Waterbobbejaan is die hoogste koppie. Op die hoogste granietrots, plat op sy pens, so plat as hy kan, lê ‘n dier hom en bespied. Hy ken vir Waterbobbejaan beter as wat Waterbobbejaan hom ken. Hy hou hom al lankal dop en Waterbobbejaan het dit nooit vermoed nie. Hy weet waar die ou woon en hy ken sy roetine al goed.
KONINKRYK VAN GOD VERSUS... (2)
...die Nuwe Wêreldorde koninkryk van Angus Buchan & andere
Lees reeks by Nuwe Wêreldorde koninkryke
Susan Brink
Harry Antonides verduidelik dat die verskil tussen ortodokse Christologie en bevrydingsteologie in die definisie van sonde en die oorkoming daarvan geleë is. In die Christologie is opstand teen God en ongehoorsaamheid aan Sy Woord, sonde. Oorkoming van sonde is slegs deur genade, die mens is nie deur homself daartoe in staat nie. In bevrydingsteologie, is selfsugtigheid wat in samelewingstrukture gesetel is sonde en kan slegs oorkom word deur dié sosiale strukture te verander en meer spesifiek om kapitalistiese samelewings met sosialisties/kommunistiese samelewings te vervang. Die kerk het dan nie meer eksklusief 'n bekeringstaak nie, maar stel haarself radikaal in diens van mense. Tutu en Buchan is teksboek voorbeelde hiervan. Luther laat homself as volg uit: "Die hoofsaak van die teologie is die skuldige sondaar-mens en die regverdigende God en Verlosser van die sondaar. Wat buite hierdie kern van die teologie gesoek en bespreek en nagevors word, is dwaling en gif". Tutu, die Knight of Malta Vrymesselaar en selferkende Londenopgeleide bevrydingsteoloog, reken dat: "God is not even handed, he is on the side of the poor and oppressed". Hy was destyds ook 'n ondertekenaar van die Kairos-dokument, wat gestel het dat: "Die sonde van apartheid so groot is dat dit nooit vergewe kan word nie". Tog, tydens sy Waarheids- en Versoeningskommissie laat hy homself as volg uit: "Ek herhaal my smeekbede aan Afrikaners - as u net bely en u bekeer ...".Só bieg en bely die Protestante en hul kerke oor sogenaamde apartheidsondes wat ons ieder geval nooit vergewe gaan word nie! Kan daar 'n groter "dwaling en gif" wees as dit?