Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is nog 'n kwaad wat ons aan mekaar doen wat so deel van ons natuur is, ingebore is, dat ons nie eers besef hoeveel kwaad ons doen nie. Calvyn waarsku teen die saak dat elkeen wil hê dat alle ander mense moet leef volgens sý mening. En hier gaan dit nie om die waarskuwing teen 'n sondige lewenswyse nie; dit is bloot die oplegging van ons eie daaglikse lewensreëls wat ons so graag op ander afdwing. God het ons verskillend geskape en in verskillende omstandighede geplaas – ons het geen reg om ons mening op ander te forseer nie.
AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (1)
>
>> Ds AE van den Berg >
Lees reeks by As die waarheid vertrap word
Deel 1
“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Joh.8:32).
Inleiding
Die NG Kerk het haar in 1994 in ʼn landsontwrigting tuisgemaak waaraan sy ʼn skadelike aandeel gehad het. Haar bollemakiesieslanery het lidmate van die vaste sekerhede wat die kerk hulle gebied het, vervreem en dwaallig vir sterre laat aansien; alles aan haar bedenklike omgang met die Bybel te wyte.
Lidmate is aangemoedig om die Bybel anders te lees en te verstaan. Dis nie die bloudruk van God se wil nie, maar mensewerk met foute wat slegs in die lig van die ontwikkeling van die wetenskap en nuwe resultate vir teksuitleg verstaan kan word.
Baie lidmate het sonder stoot of slag deel van die kerk se nuwe omgang met die Bybel geword. Dit het ongelowiges se wêreldse leefstyl, onreine gedagtes en sedelose gedragsoos ʼn handskoen gepas en ongeloof ʼn gerieflike landingsplek gebied.
JESUS SE VREDE DIE ENIGSTE VREDE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
Daar is hoegenaamd geen eenheid tussen diegene wat aan Bybelse waarhede vashou en diegene wat dit verag, moontlik nie; Christene durf na geen eenheid streef met mense wat dit nie glo nie!:
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” (2 Kor.6:14). "
“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontstel word en bang wees nie” (Joh.14:27)
Waar die Satan heers, is daar geen vrede nie. Dis waarom die wêreld lyk soos wat dit lyk. Satan voer heerskappy op aarde. Johannes skryf in sy eerste Sendbrief dat “die hele wêreld in die mag van die Bose lê” (1 Joh.5:19). Mense sloof hulle al eeue lank vir vrede af omdat hulle glo dat vrede van die wêreld ’n beter plek sal maak.
Desondanks ontbreek dit die mensdom, na eeue se moeite, nog steeds aan vrede. Dinge word eerder al erger! Waarom?
DISKRIMINASIE ONS ENIGSTE REDDING
Dr Pieter Swart
Het u geweet dat die woord diskriminasie in werklikheid ‘n positiewe betekenis het? Dit word verkeerdelik aangewend om te beskryf hoe iemand benadeel word deur ‘n ander persoon. Diskriminasie se ware betekenis is om téén dinge wat joú benadeel, te kies. Dit is elkeen se reg om sy eie goed te beskerm hetsy dit sy materiële eiendom, sy gesin, of sy kultuur naamlik sy geloof, sy taal en sy volk is. Die betekenis van die woord diskriminasie lê dus in die beskerming van jou eie, nie in die benadeling van ‘n ander nie. Richard Weaver, ‘n bekende Amerikaanse skrywer, het die saak goed saamgevat toe hy gesê het dat slegs diegene wat instaat is om te diskrimineer en ‘n sterk bewustheid het van wat verkeerd is, instaat is om hulle kultuur te beskerm.
Vandag is die witman in Suid-Afrika oppad om sy totale kultuur af te staan.
DIE ROOFKULTUUR...
>
>>>
...en misleidende woordgebruik
Dr JJ Snyman
Ramaphosa het so pas weer met koppe gesmokkel toe hy gesê het dat grondonteiening sonder vergoeding sal voortgaan maar dat dit nie die eienaar se eiendomsreg sal aantas nie. Kan enige regdenkende mens verduidelik hoe hierdie twee uiteenlopende betekenisse bymekaar kom? Maar die vraag is egter nie wat hy daarmee bedoel nie – dít is duidelik: die swart roofkultuur gaan voort maar die blankes moet gesus word met ‘n stelling wat geen verband hou met die werklikheid nie. En die kommer bestaan dat daar talle blankes is wat wel hierdeur gesus word want al wat hulle hoor is dat sy eiendomsreg nie aangetas sal word nie. Kom nou mense, verstaan wat regtig besig is om te gebeur. In effek sê Ramaphosa: Luister, ons gaan binnekort al jou goed steel, ook jou grond, en dit ís steel want ons gaan jou niks in ruil daarvoor teruggee nie; maar moenie daaroor bekommer nie, slaap rustig voort soos julle lankal doen, en wanneer julle wakker word het jy niks oor nie en het ons dit reggekry om jou aan die slaap te hou terwyl ons al jou goed steel.
GEDOOP MET DIE HEILIGE GEES
Hannes Ollewagen
Markus 1:1-8
“Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.” (:8).
Johannes die Doper – hy was ‘n groot man voor God. “...want hy sal groot wees voor die Here. ...” (Luk. 1:15). “Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy.” (Matt. 11:11). Hy is deur God gestuur om die weg voor Christus te baan. Johannes moes mense aanspreek en oproep om hulle van hul sondige weë te bekeer.
Johannes was egter deeglik bewus van die feit dat hyself geen mens se verlosser was nie.
DIE PRYS VAN VERRAAD
AE vd Berg
ʼn Volk kan miskien nog dwase politici verdra, maar nie verraaiers nie. Hulle beweeg ongesiens tussen hul eie mense, lyk soos hulle, praat dieselfde taal as hulle ens. Agteraf werk hulle in die geheim. En dit maak hulle gevaarliker as moordenaars wat merendeels enkelinge is. Verraaiers daarenteen is ʼn netwerk van booswigte en word dikwels tereggestel.
Verraaiers kan nooit vertrou word nie. Voor die Kommunistiese oorname van Hongarye in 1957 het Rusland ʼn klompie Hongare met die belofte van ruim vergoeding gewerf om die regering tot ʼn val te help bring. Toe hulle die nuwe owerheid daarna om die vergoeding nader, is hulle met die woorde “As julle jul eie volk kon verraai, hoe kan ons julle ooit vertrou?” summier doodgeskiet.
ONS VOLK HET HULP NODIG (4)
>
>>>>
>
>>>
Lees reeks by Dr Verwoerd as Welsynsbeplanner
BRIEF AAN DIE EERSTE MINISTER
Sekretariaat van die Volkskongres, Waalstraat 6,
Kaapstad.
5 Febr. 1935.
Sy Hoogedele die Eerste Minister,
Generaal J. B. M. Hertzog,
Departement van die Eerste Minister,
Kaapstad.
Hoogedele Heer,
Die voortsettingskomitee van die Volkskongres oor die Arm- blankevraagstuk het aan my opgedra om u eerbiediglik te versoek om ’n afvaardiging te ontvang op 25 of 26 Februarie of ’n ander datum wat vir u meer geleë is omstreeks dieselfde tydperk.
LAASTE BYDRAE OOR NARSISME
Ons het ‘n aantal briewe ontvang oor die onderwerp narsisme. Ons sluit hierdie onderwerp vandag af met die plasing van een so ‘n brief. Dr Hugo Smit, baie dankie vir u deelname hieraan - Red.
Die woord narsisme word in ons tyd van selfie-beheptheid en kultuur van bekendes dikwels verkeerd verstaan asof dit iemand beskryf wat vol van homself is. Maar in psigologiese term dui dit juis nie op iemand wat oordrewe liefde vir homself koester nie maar eerder ‘n persoon wat op sy eie illusie van sy grootsheid verlief is. En hy is juis verlief op hierdie selfgeskepte, volmaakte beeld van homself om sy dieper gevoelens van onsekerheid weg te steek.
Narsistiese persoonlikheidsafwyking behels ‘n patroon van selfgesentreerdheid, arrogante denke en gedrag, die afwesigheid van empatie en konsiderasie vir ander mense asook ‘n oordrewe behoefte aan erkenning en bewondering. Dikwels beskryf die naasbestaandes van ‘n narsistiese persoon hom as ‘n manipulerende, selfsugtige en arrogante mens.
KEN JÝ DALK ‘N NARSIS?
Die lewe is ’n verhoog, en wanneer die gordyn ná ’n bedryf sak, is dit klaar en vergete. Die leegheid van so ’n lewe kan ’n mens jou nie indink nie. - Alexander Lowen in sy beskrywing van die bestaan van ’n narsis.
“Daar is niks fout met jou nie; jy is iemand wat ander se behoeftes ver bo jou eie stel: die narsis het jou met die hand uitgesoek”. Riëtte Rust.
Narsisme of narsissisme is die soeke na bevrediging deur ydelheid, of die egotistiese bewondering van ’n mens se eie fisieke of geestelike eienskappe wat ontstaan uit ’n arrogante trots. Die term het ontstaan uit die mite van Narsissus in die Griekse mitologie wat verlief geraak het op sy eie spieëlbeeld in ’n waterpoel.
As narsisme te ver gedryf word, kan dit as ’n geestesteuring geklassifiseer word. Die steuring kom voor in die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings. (DSM).
MY MAN IS ‘N NARSIS
'n Leseres skryf hieronder oor die hel van ‘n jarelange huwelik met ‘n man wat later as ‘n narsis geïdentifiseer is. Daar is talle sulke verhoudings in ons lewens en die grootste probleem is die onkunde daaroor. Daarom sal ons in ‘n volgende artikel meer oor die eienskappe van narsisme uitbrei. Dit is waar dat nie net mans narsiste kan wees nie, wel ook vroue, alhoewel dit in die minderheid voor kom. Leer die tekens ken en maak betyds ‘n ingeligte besluit sodat u nie ‘n leeftyd van hel soos die leseres hieronder in ‘n verhouding deurbring waarvan die letsels veral die kinders ewig skaad nie – Red.
Dis nie so lank gelede nie dat ek besef het my hoogs intelligente, suksesvolle beroepsman is 'n narsis. Dit was 'n onbekende term tot dusver vir my maar danksy 'n vriendin se raad het ek begin navorsing doen en na ‘n tweejaarlange pad wat ons moes stap weet ek nou dat ék niks makeer nie, soos hy sou graag wou hê ek moes glo. Ek was net die slagoffer van 'n man met 'n siekte waaraan hy niks kan verander nie. Soos Riette Rust in haar boek dit beskryf: "Daar is niks met my verkeerd nie; ek stel ander se behoeftes altyd ver bo myne, daarom het hierdie narsis my met die hand uitgesoek".
WAT IS EMOSIONELE INTELLIGENSIE?
Daniël Goleman
Die een kenmerk wat een mens laat uitstyg bo ’n ander — die sleutel wat veroorsaak dat ’n sekere persoon se aspirasies bevredig word terwyl ander vasgevang bly in middelmatigheid — is nie talent, formele onderrig of buitengewone intelligensie nie, maar selfdissipline. Met selfdissipline is enige iets moontlik. Daarsonder kan selfs die eenvoudigste doelwit ’n onbereikbare droom bly – Theodore Roosevelt.
Daar is hoegenaamd geen maklike manier om bo uit te kom nie. Van al die moeilike maniere is harde werk egter die heel maklikste – Johan Smit.
“Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan; want dit bepaal jou hele lewe” Sp. 4:23
Sp. 4:23 is `n spreuk wat so perfek by die nuutste navorsing omtrent emosionele intelligensie inpas. Vandag se geleerdes sê dat:
`n Hoë emosionele intelligensie is die deurslaggewende faktor in die uiteindelike bereiking van jou doelwitte, asook die suksesvolle vervulling van dit wat vir jou saak maak.
Sosiale vaardighede is uiters belangrik in die Emosionele Intelligensie van `n leier. Sien sosiale vaardighede as die sleutelkomponente van Emosionele Intelligensie.
DR VERWOERD OOR BLANKE ARMOEDE
>
>>>>
DIE BESTRYDING VAN ARMOEDE EN DIE HERORGANISASIE VAN WELVAARTSWERK
Referaat gelewer by die Volkskongres oor die Armblankevraagstuk te Kimberley, 1934.
Vandag is ons volk weer eens verarm, selfs meer as destyds, en sal dit weer nodig word om op die regte tyd ‘n Volkskongres oor die vraagstuk van Blanke armoede te hou.
Soms is hierdie byeenkoms smalend genoem “nog ’n gepraat”. Dit is egter die enigste weg waardeur magtelose enkelinge kan meehelp om die magte van Staat en Kerk, van privaat oranisasies en van die lede van die samelewing, te konsentreer op een gesamentlike aanval. Hier is ons slegs aan die vooraand van die ernstigste poging wat tot nog toe gemaak is om die vraagstuk van armoede, werkloosheid, verarming en verwaarlosing in ons land aan te pak. Nou is ons in die eerste stadium van beraadslaging en plan maak. Dis egter ons doel en plig hier om die masjinerie te skep waardeur in die komende jare gestry sal word om die program van aksie, wat u aanvaar, in teorie en werklikheid deurgevoer te kry.
MOENIE UITSTEL NIE
Ds Andrè van den Berg
“ ... Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ʼn damp wat vir ʼn kort tydjie verskyn en daarna weer verdwyn” (Jak. 4:14).
Mense is geneig om slegte dinge met mooierklinkende woorde te versag. Sulke woorde word in die taalkunde eufemismes genoem. Mense praat bv. van kinders wat buite die eg verwek is as liefdeskinders.Is kinders wat binne die eg verwek is dan nie eerder liefdeskinders nie? Van iemand wat gesteel het, word gesê dat hy dit of dat gegaps het, of as iemand besope is, dat hy te veel gekuier het. Alles pogings om sonde met ʼn suikerlagie bedek en beter te laat klink!
Gelowiges moet op hul woordgebruik let. ʼn Gevaarlike woord wat dikwels gebruik word, is die woord môre.
TOTALE APARTHEID EN SELEKTIEWE APARTHEID
Dr Danie Theron
Apartheid is ‘n woord wat vandag deur enigeen ten aansien van enige situasie gebruik word om daardie situasie of toestand te beskryf as sou dit ‘n onreg daarstel en ‘n skeiding wat onbillik is en wat onregverdiglik diskrimineer. So word na die stappe wat Israel neem om Palestyne uit te sluit uit Israel, wat Palestyne van hulle burgerregte ontneem en dies meer, as apartheid verwys. Dat dit geen verband hou met wat werklik met apartheid bedoel was nie, word gerieflikheidshalwe en moontlik dalk ook uit onkunde, geïgnoreer. Die persepsie wat rondom die woord geskep is maak dit baie moeilik om mense van die teendeel te oortuig.
Dit is egter bitter nodig om ware apartheid en halfgebakte apartheid van mekaar te skei. Wat word met die twee begrippe bedoel?
Dr HF Verwoerd het werklik erns gemaak met die implementering van die beleid van skeiding op elke vlak van die samelewing.
LYDENSTYD - GOEIE VRYDAG
Ds AE van den Berg
“En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie...” - Luk.23:34
Dis ʼn Vrydagoggend nege uur in Jerusalem. Buite die Damaskushek staan duisende mense langs ʼn pad wat na ʼn rotskoppie lei en soos ʼn skedel lyk; Golgota, die plek waar doodsvonnisse voltrek word. Romeinse soldate staan gereed om hul grusame werk te doen. Daar is hierdie Vrydag slegs drie veroordeeldes. Wat hulle name was en of hulle skuldig of onskuldig was, het hulle min geskeel. Hulle was laksmanne wat ʼn dagtaak gehad het om af te handel. Niks minder en niks meer nie. Al wat hulle daardie Vrydagoggend wel geweet het, was dat daar drie manne was wat tereggestel moes word, waarvan een die veelbesproke Jesus was. Daarom was daar soveel mense en dit het behoorlik gegons! Die ander twee was opperste skobbejakke.
DIE NOTRE-DAME:
Wat verteenwoordig dit regtig vandag?
Dr Danie Theron
Die pragtige eeue oue Notre-Dame de Paris, ook bekend as "Our Lady of Paris", is in ‘n brand beskadig, in so ‘n mate dat dit biljoene rande gaan kos om dit te herstel.
Uiteraard is mens geskok oor die gebeure wat deur baie as ‘n tragedie beskou word. Die kerk se bouwerk het in 1160 begin en is grootliks voltooi ‘n honderd jaar later. Dit is ‘n Rooms-Katolieke katedraal en word beskou as een van die beste van die Frans-Gotiese argitektuur. Volgens die webblad Wikipedia het hierdie kerk ‘n ledetal (lidmatetal) van 525 600 en is die katedraal 48 meter breed, 128 meter lank en 69 meter hoog. Die aartsbiskop aan die hoof van die kerk is Michel Aupetit. Die katedraal kan 9 000 mense huisves. Daar is 10 klokke wat elkeen ‘n naam het en die swaarste klok weeg 10 ton. Die orrel het vyf speelvlakke met 115 stops en daar is 7 800 orrelpype.
WIE WAS RASPUTIN?
>
>>>
Dr Pieter Swart
GrigoryYetimovich Rasputin is gebore op 21 Januarie 1869 en vermoor op 30 Desember 1916. Hy was ‘n Russiese monnik wat ook vriende was met die laaste tsaar van Rusland, tsaar Nicolas II.
Dit word beweer dat hy oor die gawe van heling (“healing”) beskik het en dat deur sy toedoen die tsaar se seun Alexei genees is van hemofilie (‘n bloedingsiekte).
Die algemene persepsie onder veral Westerlinge is dat hy vermoor is deur Felix Yusupov. Ook dat Rasputin ‘n perdedief was, mal en bedrieglik en dat hy sy invloed gebruik het op die tsaar en boonop eintlik ‘n satanis.
U weet mos hoe gewone mense redeneer: “Ek het die boek gelees en die rolprent gesien!”
KOOP DIE TYD UIT
Hannes Ollewagen
Efésiërs 5:1-21
“Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.” (:15-17).
“Ek het net nie tyd daarvoor gehad nie.” Hierdie is nogal woorde wat ‘n mens in ons tyd gereeld hoor. En is dit nie ironies nie? Soveel dinge in die lewe word uitgevind en verbeter om vir ons tyd te spaar en tog het ons “al minder tyd.” Hoe is dit moontlik? Dit gebeur omdat ons toelaat dat soveel onnodige en nuttelose dinge in hierdie lewe ons kosbare tyd in beslag neem. Wat baat die vier ure wat u vanaand voor die duiwelsdoos (televisie) deurbring u nou eintlik in hierdie lewe?
Tyd is die een kommoditeit waarvan almal in hierdie lewe (wat die lewe gespaar word) ewe veel van kry. ‘n Dag in die lewe van die president van ‘n land het nie ‘n enkele sekonde meer as ‘n dag in die lewe van ‘n boemelaar in sy land nie.
NUREMBERG: DIÉ VERHOOR VAN DIE 16e EEU
... maar ‘n skandvlek vir regspleging
Prof Willem Jordaan
Daar is waarskynlik nie ‘n historikus wat die gelyke is van David Irving as dit gaan oor geskiedskrywing oor die Tweede Wêreldoorlog nie. Sy boek Nuremberg: The Last Battle is ‘n kragtoer en in my opinie, een van sy beste. Dit is bewys van sy intensiewe navorsing en die feit dat hy nooit bereid was om toe te gee aan die oorwinnaar se weergawe van gebeure nie. Die boek lees soos ‘n speurverhaal en is boeiend. ‘n Absolute moet om te lees.
Tipies Irving het hy dokumente en bronne nageslaan wat deur niemand tevore nog gedoen is nie. So het hy die amptelike en private dokumente van Robert Jackson, die regter van die Amerikaanse Hooggeregshof wat die hoofaanklaer te Nuremberg was, bestudeer. Hy beskou Jackson as die “held” van die Nuremberg-sage, alhoewel ‘n “tragiese” held. Jackson het naïewelik geglo dat hy die argitek sou word van ‘n nuwe internasionale reg, maar het nie besef dat die politici eintlik maar net ‘n “show trial” wou hê om te verwesenlik wat hulle vooraf besluit het nie; die teregstelling van die beskuldigdes en die likwidasie van Duitsland.
VERKIESING: NOG ‘N KOPPETELLERY ...
...WAAROM DAN TWYFEL?
Dr JJ Snyman
(Toe die laaste verkiesing in die Unie van Suid-Afrika op hierdie dag in 1958 plaasgevind het, was een van die belangrikste kwessies op die tafel die skeiding van volke. Dit was dan ook die stem van die Afrikaner waarmee hy daar sy staatkundige voortbestaan verseker het. Nie eers die politieke opposisie met al hulle weerstand daarteen kon toe daarin slaag om dit te ondermyn nie. Vandag is die Afrikaner nie in die posisie om dmv sy stem by die stembus sy voortbestaan te verseker nie; inteendeel, sy deelname aan die onwettige bestel gee valse legitimiteit aan die ANC. Elke volksgenoot wat dit begryp sal so ver as moontlik wegbly van die stembus op 8 Mei! Hierdie artikel van dr Snyman sit die situasie baie duidelik en prakties uiteen; ons hartlike dank aan hom daarvoor – Red.)
Vir enige ware Afrikaner-nasionalis is daar sedert 1994 net een opsie telkens as die vierjaarlikse koppetellery aanbreek,wat ook in liberale dialektiek as ‘n “demokratiese verkiesing” bekend staan. Daardie keuse word nie deur omstandighede of deur tydsverloop verander nie, juis omdat dit ‘n beginselkeuse is. En daardie keuse is om nie te stem nie. Nie gister nie. Nie vandag nie. Nie more nie. Nooit in hierdie bedeling nie.