Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
ARTIKELS OOR DR HF VERWOERD
Septembermaand kom weer nader, die maand wat ons tereg Verwoerdmaand noem en sal Gelofteland dan weer soos in die verlede hulde aan hierdie leier bring. Intussen kan lesers hulself op hoogte bring van alles en nog wat in verband met dr Verwoerd en sodoende die leuens wat oor hom versprei word in die kiem smoor.
Hier volg ‘n lys van artikels op Gelofteland, nagenoeg 60, wat handel oor dr HF Verwoerd.
(Kategorie)
Geskep op 30 November -0001
3. SLUIPMOORD OP DR VERWOERD ...
(Kategorie)
Geskep op 10 September 2017
4. Herinneringe aan dr HF Verwoerd ...
(Kategorie)
Geskep op 30 November -0001
DIE BEELD WAT ONS DRA
Hannes Ollewagen
1 Kor. 15:1-58
“En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.” (:49).
Wanneer ons in Génesis lees van die mens wat deur God geskape is, word dit gestel dat die mens na God se beeld geskape is. “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.” (Gén. 1:26). Die satan het deur sy verleiding die mens tot ongehoorsaamheid aan God verlei en sodoende hierdie beeld van God in die mens geskend.
Onse God wat groot is aan ontferming en wie se barmhartigheid geweldig is, gee nie hierdie mens met sy gebrokenheid oor om verlore te gaan nie. Hy soek die mens weer op. Dink maar hoedat Hy na Adam en Eva in die tuin van Eden gaan soek het na hul ongehoorsaamheid aan Hom.“Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?” (Gén. 3:9). En so kom Hy vir my en u ook in hierdie lewe opsoek.“Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.” (Luk. 19:10). Ons wat ook besluite geneem het teen die bevele van God in. Ons wat ook telkens aan Hom ongehoorsaam was. Ons wat ook heeltemal verlore sou wees indien ons redding van onsself moes afhang.
JOHN VORSTER SE 1e MOORD
Koffiefontein (1939-1945)
Koffiefontein se naam kom uit die 1880 s, toe reisigers by ’n helder fontein aan die Rietrivier afgesaal, hul waterbottels volgemaak en met ’n beker warm koffie in die hand om ’n vuurtjie gerus het.
In 1870 het ’n sukkelende Hollander ’n enkele diamant by die fontein opgetel. ’n Slinkse kroegman het die kosbare ongeslypte steen vir ’n bottel whisky en ’n vars perd geruil. Die voggies het geloop en later die aand het die vreemdeling se tong losgeraak. Hy het verklap waar hy die diamant gekry het. Kort voor lank het gretige skattejagters op die fontein toegesak en gou was die eens helder water troebel van die modder. Teen 1882 is die groot delwerskamp wat so ontstaan het, tot dorp verklaar, maar die diamante het gou so skaars geraak dat die vier betrokke myngroepe hul bedrywighede gestaak het. Die delwers het padgegee, Koffiefontein het na sy ou status teruggekeer en die fontein se water het weer helder geword.
WATERBOBBEJAAN (25)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
“Het jy al ooit van ‘n koei gehoor wat ‘n haas kan vang?” vra Sakamatlakobata vir sy vrou tydens aandete.
“Nee, Kootjie. Hoekom vra jy?”
“Ek het ook nog nie van so iets gehoor nie. En ek sê vir jou: net so min as wat so iets kan gebeur, sal Stoffel Wolf in sy lewe ooit ‘n wolf vang. As hy nie oppas nie, sal ‘n wolf hom nog eendag vang. Dan sal daar nie tyd wees om ‘n bode met ‘n briefie te stuur om hulp te vra nie. As daar ‘n briefie kom, dan sal dit van wolf wees wat vra of ons nie saam ‘n vleisbraai wil kom hou nie.”
Sakamatlakobata is vies. Hy is vies vir die hele spul wat so graag hulle tyd mors.
“Pa, ek weet nou wat die waarheid is,” sê Piet skielik.
“Jy lyk ‘n mooi bog! Laat ek vir jou die waarheid vertel: die slimste mense op aarde soek nog al die tyd na die waarheid. Sover ek weet het hulle dit nog nie gevind nie.”
“Ek het die waarheid gesien, Pa.”
SWART ONDERWYS
BANTOE-ONDERWYS TEENOOR ANC/SAKP/COSATU-ONDERWYS
http://www.anbsa.co.za/wp-content/uploads/2016/08/NB58a.pdf
Die onderwys is een van die populêre speelballe wat gedurig deur die liberales en die ANC-regime gebruik word om Dr HF Verwoerd en apartheid mee by te kom. Apartheid kry die skuld vir die katastrofale mislukking van die ANC op die onderwysgebied. In hierdie artikel word gekyk na die stand van die huidige onderwys en die positiewe invloed van Verwoerd se onderwysbeleid op die lewens van die Swartes.
Die ANC-Regime se onderwysstelsel Die onderwysstelsel het tot so 'n lae vlak gedaal dat die liberaliste en regeringsliggame aanvallend en negatief daarop reageer. Volgens Statistiek Suid-Afrika is die nuwe generasie Swartes in die ouderdomsgroep 25-34 minder bekwaam as hul ouers en die ander rasse in dieselfde ouderdomsgroep.
Die aantal professionele Swartwerkers het oor die afgelope 20 jaar afgeneem met 2%. Volgens die Statistikus Generaal, Pali Lehohla, se verslag The Social Profile of Youth 2009-2014, is dit 'n teken van agteruitgang wanneer ouers beter toegerus is as hul kinders. In dieselfde tydperk is daar 'n afname in die persentasie Swartstudente wat hul voorgraadse studies voltooi.
SA SE POTJIEKOSBELEID
Rassebotsings en openlike rassehaat is sedert die magsprysgawe in 1994 aan die orde van die dag. Ons pluk tans die wrange vrugte van 'n ideologie wat net so onwerklik soos kersvader is. Selfs swartes moes op die harde manier leer dat gedwonge rassevermenging skadeliker as gedwonge rasseskeiding is. Om uiteenlopende kulture in 'n kitsvermenging in te dwing, is 'n resep vir chroniese rassehaat en nimmereindigende moeilikheid.
In plaas daarvan om die Bybelse waarheid van rasseverskeidenheid te erken en te eerbiedig, beywer dwase hul onverpoosd vir 'n kunsmatige sameflansing van rasse. Rassevermenging is 'n bose aanslag op die handhawing van 'n eie volk. Ons behoort die Skepper eerder vir ‘n wêreld van verskeidenheid te loof, anders sou ons ook van eendersheid en verveling omgekom het!
Ons land se volkereverskeidenheid is in die smal dog helende eenrigtingstraat van ideologiese nasiebou ingedwing. Gevolglik misluk alle pogings om ons binne die kulturele dwangbuis van 'n reënboognasie in te dwing. Kom ons wees eerlik: Was rasse-en volkereverhoudinge al ooit so besoedel soos nou?
STEMPEL VAN DIE AFRIKANERVOLK
Die land wat nou so verniel word, is tot die sterkste staat in Afrika gemaak, danksy die Afrikanervolk se wil tot eie volkskap en toewyding aan hulle vaderland. Op elke gebied dra die ontwikkeling en prestasies die stempel van die Afrikanervolk.
In die landbou, algemeen, en in die besonder die wynbou, die graanverbouing, die vrugtekweek en die teël van grootvee en kleinvee, was dit Afrikanerboere wat meestal die ontwikkeling gelei en die prestasies behaal het.
Dit was Afrikaners wat met die transportwaens in die vorige eeu die vervoerdiens verskaf het waarop die mynbou en nywerheid gegrond was. Die spore van Afrikaners se ossewaens is onuitwisbaar in die ontwikkeling van hierdie land ingepers.
"SKIET MAAR!"
— die verhaal van Helena Lotrie
Winter, Julie 1888. Die Groot Trek is lankal iets van die verlede. 'n Nuwe geslag het nou na vore getree: kinders wat nie meer die wildernis moet intrek nie, maar moet tem. Min aandag word in ons geskiedenis aan hierdie eiesoortige setlaars gegee wat nog hul eie karakter op die wilde dier en woesteny moes afdruk. Setlaars soos Frans Lotrie en sy gesin wat 'n stukkie beskawing langs die Macloutsrivier, 'n noordelike tak van die Limpopo, kom vestig het. Gelukkig het 'n kosbare verhaal uit hierdie tydvak vir die nageslag gebly.
Die verhaal van Helena Lotrie spreek boekdele oor die hardnekkige, vasberade stryd wat hierdie handjievol oorlewendes van die Potgietertrek moes voer.
Geen wonder nie dat omstandighede soos net 'n ongerepte Verre Noord-Transvaalse bosveld kon bied, die laerskool was waarin die heldin van hierdie verhaal grootgeword het. En om die heldedaad van Helena Lotrie werklik te kan waardeer, moet 'n mens deurgaans die soms genadelose lewenswyse in gedagte hou om te besef van watter stoffasie sy was. Helena se pa, Frans, was op sy dag 'n grootwildjagter en persoonlike gids vir die legendariese dokter David Livingstone. Geen uitdaging was vir Frans Lotrie te groot nie. So het dit dan gekom dat hierdie geharde temmer van die Noorde een aand n á stiltetyd sy gesin bymekaar geroep het.. "Môre vroeg, as die môrester sy verskyning maak, trek ons saam met Piet Grobler uit — Republiek se kant toe. Piet is ná onderhandelings met Lobengula deur president Paul Kruger aangestel as die Zuid-Afrikaansche Republiek se verteenwoordiger by hierdie goedgesinde Matabele-opperhoof. Nou wil hy graag sy vrou gaan haal, waarna die Groblers hulle naby Lobengula se stat sal kom vestig ..."
WATERBOBBEJAAN (24)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Ongeveer dieselfde tyd trek oom Stoffel Wolf sy perd in. “Ons is nou in die klipveld. Die honde sukkel om die spoor te kry. Boonop is die spoor al oud. Kom ons eet eers en dan ry ons ‘n wye draai deur die veld en gaan terug. Ons sal die dierasie nie kry met dié honde nie.”
“Ek stem saam. Ons sal van Dan tot Berséba soek en niks kry nie,” sê Sakamatlakobata.
Hulle eet in stilte. Niemand voel blykbaar ontevrede omdat twee dae gemors is nie. Daar is baie tyd en die vriende het lank laas saam gejag.
Met die teruggaan sal elkeen probeer om vir hom ‘n bokkie of twee te skiet. Vanaand maak elkeen biltong en braai liewer by sy eie huis.
“Teen hierdie tyd is die draak al in Betsjoeanaland,” sê oom Koos Kraak. “Ek meen, as hy reg noord aanhou. So ver dit my aangaan, kan hy daar bly.”
“Ek dink ons het hom vir goed verwilder,” sê oom Koos Hamerkop.
Hoe op aarde moet hy weet ons is op sy spoor, dink Sakamatlakobata, tensy ‘n ander wolf met ‘n Bantoetrom hom daarvan vertel.
WAAROM BLANKES MOET STERF
JH Koekemoer
|
“As its our foremost task, the South African Communist Party strives to unite all classes of oppressed and democratic people for a national democratic Revolution to destroy white domination.” - Uit die SA Kommuniste se ‘Swart Republiek Beleid’, 1928. Die feit dat die Kommuniste ons land in 1994 op ’n skinkbord gekry het, het nie vir hulle die einde van “white domination” verteenwoordig nie want om die politieke mag te besit is nie al wat hulle wou hê nie. Hulle wil ons land hê, élke duim daarvan. Daarom moet die Witman uit die pad gevee word. En na 82 jaar staan ons uiteindelik voor die finale fase van hulle “democratic Revolution” waarin Blanke teenwoordigheid in Suid-Afrika op Afrika-wyse uitgewis moet word. Die idee met hierdie artikel is nie om ’n lywige lesing oor Kommunisme te gee nie maar om beter te begryp waar die gedagte vandaan kom om Suid-Afrika “an independent Native Republic” te maak en te praat oor hoe dit tot uitvoer gebring moet word, hierdie amper voltooide kommunistiese ideaal met ook ‘n paar verrassings vir die Kommuniste, onverwagte wendings deur ‘n Hoër Hand wat die verwagte uiteinde sal omswaai. |
WIE IS DIE WARE RASSEHATERS?!
Regter L.F Weyers van die Pretoriase Hooggeregshof het nie te lank gelede die volgende gesê:
"In die huidige Suid-Afrika geld dit wat 'n regter dink en besluit oor vonnisse in die atmosfeer van die verhoor, blykbaar baie min by die administratiewe burokrasie wat hulle agterna links en regs in dié vonnisse inmeng".
Blankes is oor die algemeen katvoet vir die woord rassisme. As hulle daarvan beskuldig word, slaan baie soos 'n oester toe wat natuurlik op ‘n skulderkenning neerkom. Sulke misplaaste skulderkennings doen ons volk oneindige skade aan want daardeur maak ons sagte teikens van onsself.
Vir die ANC-regime is daar skynbaar geen groter oortreding as rassisme nie en skyn selfs erger as moord, roof of verkragting te wees. Gevolglik neem baie blankes 'n apologetiese houding in van: Noem my enigiets anders, maar asseblief net nie 'n rassis nie!
Rassehaat is ‘n feit soos ‘n koei en swartes die skuldigste daaraan. Die ANC-regime is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Enersyds vind hulle dit skynbaar moeilik om sekere misdadigers wat aan ‘n bepaalde ras behoort, te eien. Andersyds vind hulle dit geensins moeilik om rassehaters uit te wys nie, want dié is mos almal blank!
HIER STAAN ONS NOU
Elke dag is ‘n dag nader aan daardie groot dag dat ons onsself hand en tand sal moet verdedig teen ons volksvyande wat ons as Afrikanervolk wil uitwis. Ons sien elke dag dinge gebeur wat ons op daardie pad te wagte is. Tans is die ANC en sy misdade, korrupsie en bedrog besig om aan die kaak gestel te word deur sy eie kaders, iets wat Siener van Rensburg ook voorspel het. Om te sien waar ons tans in hierdie voorspelling staan, kyk ons vlugtig terug na vorige voorspellings van Siener.
Siener van Rensburg het 'n visioen gehad waarin vir hom gesê is dat Suid-Afrika eendag 'n swart regering sal hê. Siener het reeds in 1916 aan Boy Mussmann gesê:
Daar kom 'n tyd dat ek weer baie in die nuus sal wees. In daardie tyd sien ek baklei ons nog onder mekaar, toe is als meteens verby, en sit ons met 'n swart regering. Dan eers begin die Afrikaner se laaste, maar ook sy felste stryd.
So, sê Siener, sal ons sien die Heer se weë is nie ons s'n nie. Ons sal weer aan die bewind kom, want ek sien 'n Boere-velskoen (Boereregering). Ek sien 'n grasdakhuis (Boere-kabinet).
DIE OPLOSSING VIR MISDAAD
Sedert Suid-Afrika sy Christen-grondwet met ’n godlose een vervang het, floreer misdaad in die land. Dit het binne die eerste vyf jaar van sg. demokrasie met 717% gestyg en is meer as 40 nuwe misdade aangeteken wat voorheen onbekend was. Die politieke klimaat het dit vir boosdoeners maklik gemaak om misdaad te pleeg. Daarom is niemand in die land meer seker van ʼn veilige aankoms of tuiskoms nie.
Die toename in misdaad is aan die verraderlike optrede van eertydse blanke politici en ontspoorde kerklui te wyte wat volksgenote verseker het dat die verfoeilike situasie wat sedert 1994 opgedis is, slegs die groeipyne van ʼn nuwe bedeling was wat spoedig sou verdwyn. Dit het nie verdwyn nie. Volgens kenners is die misdaadvlak in Suid-Afrika die hoogste ter wêreld benewens ʼn oorlogsgebied.
Misdaad neem egter ook wêreldwyd toe. Amerikaanse statistiek toon aan dat besighede jaarliks $10 biljoen weens werknemer-diefstal verloor. Meer as $4 biljoen per jaar word weens geldverduistering en $3 biljoen weens inbraak verloor. Daarbenewens word $2 biljoen aan winkeldiefstal en $1,3 biljoen weens brandstigting verloor.
AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (5)
Ds A.E. vd Berg
“Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp”(2 Kor.10:3,4).
Petrus waarsku dat Satan soos ʼn brullende leeu rondloop op soek na prooi om te verslind. Gelowiges wat in ʼn godvyandige wêreld aan die waarheid getrou bly, is sy hoofteiken. Jesus sê:“As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy (Satan) My vóór julle gehaat het. As julle ván die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle” (Joh.15:18,19).
Hierdie haat plaas die kerk in ʼn voortdurende stryd met die leuen. Daarom is elke groot era in die kerkgeskiedenis aan ʼn stryd om die waarheid gekenmerk. Feitlik elke NT brief praat daarvan en roep gelowiges tot hierdie stryd op.
Die kerk is egter nooit ongemaklik daarmee nie. Stryd is lewe.
WATERBOBBEJAAN (23)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Sakamatlakobata en al die bure staan rondom oom Stoffel Wolf by die skaapkraal.
“Hier het die satan met die hamel grondgevat. Ek was gelukkig douvoordag by die kraal voordat daar nog ‘n bediende geloop het of die skape uitgekeer is. Ek het die spore met hierdie tak toegemaak en julle laat roep.”
Hy lig die tak versigtig op en almal besigtig die spore.
“Dis nie ‘n tier of ‘n leeu nie,” sê oupa Rabasetsana. “Jy kan dit aan die kussinkies en die naels van die spore sien.”
Almal stem saam.
“Ek het van kommandant Jan Viljoen en ander grootwildjagters gehoor van ‘n tamaai groot soort Kalahariwolf wat hulle op hulle jagtogte na die noorde teëgekom het. Ek dink dis een van hulle wat hierheen afgetrek het. Daar is moontlik ‘n tekort aan wild weens ‘n groot droogte.” Niemand verskil van die ou man nie, want nie een het ‘n beter of ander storie nie.
“Kom ons saal op en gaan soek hom,” sê Sakamatlakobata.
UBUNTU
>
>>>
ʼn Skadelike hersenskim
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die prysgawe van staatkundige mag in 1994 het tradisionele Afrika-godsdienste aan die suidpunt van Afrika laat opleef. Dit het hoofsaaklik om die as van Ubuntu gedraai, ʼn Zulu-woord wat menslikheid beteken maar in werklikheid ʼn hersenskim is wat die Evangelie van verlossing in Christus skaad.
Ubuntu klink positief as dit eerbied vir ander stamgebruike eis, die kriteria vir tradisionele gebruike neerlê en met die sinspreuk: ʼn Mens is slegs mens deur ander mense, eenstemmigheid nastreef. Dit het selfs godsdienstige betekenis verkry. Die Afrika-mens glodat hierdie strewes van hom ʼn voorvadergees ná sy dood sal maaken hy vereer/aanbid sal word. Satan het dit ook begeer!
“Weer neem die duiwel Hom saam na’n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid” (Mt.4:8.9).
GRENSE WORD DEUR GOD GESTEL
Hannes Ollewagen
Ps. 74:1-23
“Aan u behoort die dag, aan U behoort ook die nag; Ú het hemelligte en son vasgestel. Ú het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, Ú het hulle geformeer.” (:16&17).
Die Almagtige God wat die Skepper van hemel en aarde is, is ook die Een wat grense ingestel het. Hy is ‘n God van orde en om hierdie orde te handhaaf, het Hy grense gestel. Hy het vir die somer en winter hul grense gestel. Hy bepaal vir die son sy tyd om onder te gaan en begrens dit hierdeur. Hy het selfs vir die grote oseaan sy grens bepaal wat nie oorgesteek mag word nie. “En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het? Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel. Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het; en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word ‘n grens gestel vir jou trotse golwe.” (Job 38:8-11).
Dit maak dan ook baie sin dat God vir die mensekinders ook grense sou stel. Hy het tussen verskillende volke grense daargestel om die mensekinders van mekaar te skei.
“Toe die Allerhoogste aan die nasies ‘n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.” (Deut. 32:8). “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;” (Hand. 17:26-27).
WATERBOBBEJAAN (22)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Lank na die indoena weg is, sit Sakamatlakobata nog en dink. Hy en Waterbobbejaan het deur hulle kinderagtige optrede die hele bosveld omgekrap. Hy wonder wie is daar oor wat nie in die aangeleentheid betrokke is nie. Eendag sal die nageslag van hom en Waterbobbejaan praat as die opvolgers van Silkaats en sy kwaaddoeners. Wat sal sy kleinkinders sê as hulle eendag van vreemdelinge moet hoor dat hulle oupa en ‘n soort bobbejaan vir al die moleste verantwoordelik was?
Hy voel hy word rooi en hy stap vies weg na die kombuis. Piet het vyf nagte in die kraal gesit en niks gewaar nie. Die boer het sleg geslaap en sy vrou nog slegter.
Die oggend van die sesde dag kom daar ‘n Bantoe te perd aangejaag. In sy regterhand hou hy ‘n gesplete lat met ‘n brief daarin. Hy groet en gee dit vir die boer.
“Sanna, bring my bril.”
Sakamatlakobata sit sy leesbril op en stap van die kombuis af na ‘n plek op die werf waar die son die helderste skyn. Die groot ontsyfering begin.
“Sanna, maak daardie spul raasbekke in die kombuis stil!”
Toe hy na ‘n lang tyd klaar is, vou hy sy bril en sit dit in sy hempsak. Hy stap haastig kombuis toe.
“Wat is dit Kootjie? Is daar dood?”
“Ja!”
ALMAL IS VERSEKER NIE GELYK!
>
>>>
Ds Andrè van den Berg
“Daar is ʼn ongelykheid tussen mense wat die breë pad en diegene wat die smal pad in die lewe volg. As daar nie was nie, sou daar geen oordeel gewees het nie. Moet u nie laat flous met die mite dat alle mense gelyk is nie! Die mens is so ongelyk as kan kom!”
“ ... Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die HERE is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie” (2 Kon.22:13).
Jesus praat ook van God se toorn: “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh.3:36).
Dit bring ons by ʼn vraag wat baie gevra word: Het God alle mense ewe lief en sien Hy almal as gelyk?
Die antwoord is: Nee!
HERE, BEKEER ONS!
Of jy by jou haarkapper instap, of jou laerskoolkind na ‘n maatjie se partytjie neem, oral sien jy tatoeëermerke op al wat lewe. Hier word spesifiek gepraat van “gewone”, saggeaarde mense, onskuldige kinders, vriendelike mammas asook kerkgangers – uitgesluit die wilde ouens en bendelede met die kopbene, drake en sataniese simbole. Hier word gepraat van gewone volksgenote wat by die duisende “onskuldige” prentjies op hulle ledemate laat tatoeëer.
Die NG Kerk het hierdie gebruik ontsondig en beveel dit vir sy lidmate aan – daar word tot verskillende adresse van tatoeëerders in sy maandblad, die Kerkbode, verskaf. Die 41-jarige Herman (Harry) Strydom, eienaar van een van die Disciples Ink-takke wat in die Kerkbode aanbeveel word, beaam bg: “Die dae toe net rowwe diamante hier ingekom en vir ’n tatoeëermerk gevra het, is lánkal verby.”
Stap dan gerus by dié tatoeëer-ateljee, of te wel “street shop”, in Durbanville in – en moenie verbaas wees as jy slegs “gewone” mense hier aantref nie. Almal wat besluit het om ’n ink-prentjie op hul lyf te laat aanbring. Sommer oor middagete. Herman sê-vra: “Weet jy hoeveel ma’s kom hier in om hul kinders se name en geboortedatums op hul lyf te laat tattoo? En mense wat ter nagedagtenis van ’n gestorwe dierbare dié se naam wil aanbring?” Aldus die Kerkbode.
Soos die NG Kerk talle ander sondes ontsondig het oa homoseksualisme, saamwonery, huwelike van dieselfde geslag ens, dinge wat sterk deur God in sy Woord veroordeel word maar nou skielik nie meer vir die mens sonde is nie, so het tatoeëring ook die “regte” ding onder misleides geword wat dié kerk se veranderinge blindelings glo en navolg.