Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel – Psalm 31:24
AFRIKANER- NASIONALISME (1)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Inleiding
In hierdie boek word oor die omskrywing van nasionalisme en ’n nasie sowel as die ontstaan van Afrikaner-nasionalisme en die toepassing daarvan in ons land besin.
Die stryd van ’n verowerde nasie om sy regte te herwin en die verowering ongedaan te maak, word verduidelik, want dit is tog die plig en strewe van Afrikaner-nasionalisme. Daar is geen substituut hiervoor nie.
As die Afrikaner nie slaag om sy eie identiteit as Boerenasie te handhaaf en te laat seëvier nie, dan sal hy ook nie in staat wees om iets nuuts, soos ’n Suid-Afrikaanse nasie, te bou nie, omdat dieselfde swakheid wat verhinder het dat hy sy eie handhaaf, oorgedra sal word tot die nuwe nasie en weer sal voorkom in die poging om die nuwe te skep. Geen nasie kan in ’n wrede wêreld uit swak materiaal en sonder geloof in ’n eie identiteit gebou word nie.
DIENSBAARHEID . . .
… VOLGENS ONS MEESTER EN HERE SE VOORBEELD
Hannes Ollewagen
Johannes 13:1-20
“Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het julle ‘n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.” (:13-15).
Onse Here Jesus Christus neem die laagste plek onder die dissipels in om soos ‘n dienskneg hulle voete te was. En Hy doen dit nadat Hy getuienis ontvang het dat Hy as Seun van die mens verhoog sal word om aan God se regterhand te sit. Hy is dus volkome bewus van sy verhewenheid bo elke mens (“...omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan”– vers 3), maar dit ten spyt stel Hy vir ons die voorbeeld van nederige diensbaarheid.
WATERBOBBEJAAN (2)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Toe dit begin lig word, het die boer met sy velskoene al die spore rondom die tent onder sand toegeskop. Die seuns is oplettender as wat grootmense graag wil toegee.
Hy gooi hout op die vuur en rek hom uit. Toevallig kyk hy na die takkraal se kant. Sy beeste loop die hele wêreld vol en wei.
Sakamatlakobata hardloop soontoe. Die deel van die kraal wat weg van die vuur af is, is oop. Daardie helfte van die takke is weggesleep, sommer 'n hele ent weg.
Hy draf terug na die vuur.
VERKIESING 2019 – ‘n NABETRAGTING
>
>>>
Met die slag gelewer en die verkiesing uiteindelik afgehandel is dit tyd om post mortem te hou.
Mens is opnuut weer tydens die afgelope verkiesingsveldtog verras deur die knaende aandrang deur die media dat “elke stem tel” en “jou stem maak ‘n verskil”. Wat pertinent opgeval het is dat vanuit links-liberale oorde paniekerig aangedring is dat mense net nie van die demokratiese proses moet onttrek nie.
‘n Mens kan net hoop dat almal wat hul lugkastele so welig gebou het voor die verkiesing nou deur die realiteit van Afrika-politiek en Afrika-getalle tot hulle sinne geruk is. Hoe is die verwagtinge nie opgejaag nie: dat die ANC selfs minder as 50% steun kan kry en dergelike bogterye. Selfs twee enkel dae voor die verkiesing het IPSOS se “meningsopame” daarop gedui dat die ANC stellig minder as 50% steun sou geniet. Dit is nou duidelik dat hierdie “wetenskaplike meningsopmames” eintlik berekende meningsvormers is. Leuenagtige wanvoorstellings wat ten doel het om naïewe kiesers na die stembus te lok. Waarom sou dit so belangrik wees vir die politieke establishment dat die wit kieser by die stembus moet opdaag?
WITMAN, KEN JOU VYAND! (1)
Dr Theunis Stoffberg
Lees reeks by Witman, ken jou vyand
Geagte Leser, Professor, Doktor, Mnr., Mev., Mej., Eerwaarde, Dominee, Student,ens.WITMAN! Aan u nageslag dra die skrywer op dit wat hierop volg, met die bede dat tot in lengte van dae, u kritiek, u aftakeling en afbrekende idees vir uself sal hou. Geen kopiereg word op hierdie werk voorbehou nie.
Sou een of meer van u enige deel wil gebruik vir verdere inligting, dan staan dit u vry om so te doen op voorwaarde dat u die letter en gees nie sal verander om in te pas met die poging van vyande van die WIT RAS om hulle te verwar nie.
Hierdie is geen roman nie. Alleen’n liefdespoging om aan ons WIT RAS KOERS te gee. Feitlik alles in hierdie boek is uittreksels uit geskrifte van die sogenaamde ’’uitverkore volk” en waar dit nie die geval is nie, is dit ontledings wat voortvloei uit hulle handelinge. Indien daar ’n saak gestel word wat vir die leser koddig voorkom, los die kritiek of aftakeling gerus maar uit en begin weer vir uself te DINK!! EN ONTHOU:
“SAGTHEID TEEN DIE WOLWE IS WREEDHEID TEEN DIE SKAPE!” (CHARLES FINNEY).
AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (3)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by As die waarheid vertrap word
Deel 3
“Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie” (1 Joh.2:18,19).
1. ʼn Gemeenskaplike gevaar
Petrus en Judas skryf in hul sendbriewe oor ʼn gemeenskaplike gevaar:
GOD MAAK NOOIT FOUTE NIE
Ds AE vd Berg
“ ... En hulle het Josef na Egipte gebring”(Gen.37:28).
Dit word vertel van ʼn koning wat nie in die goedheid van God geglo het nie. Sy lyfbediende was egter ʼn Christen en het dikwels vir hom gesê het dat God nooit foute maak nie. Omdat die koning baie lief vir jag was, het hy graag hierdie bediende as wapendraer saamgeneem.
Tydens ʼn jagtog het ʼn wildehond die koning aangeval en een van sy vingers afgebyt voordat dit van kant gemaak kon word. Die koning was ontsteld: “Is God nog steeds goed? As Hy werklik goed was, sou ek nie ʼn vinger verloor het nie!” het die koning die bediende woedend toegesnou. “My heer, ten spyte van dit wat gebeur het, glo ek nog steeds dat God goed is en alles met ʼn doel laat gebeur”, het die gelowige bediende geantwoord. Terug by die paleis het die koning die bediende vir nalatige waaksaamheid onbepaald laat opsluit.
WATERBOBBEJAAN (1)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
VOORWOORD
Sakamatlakobata is in 1956 oorlede. Hy was toe al in die tagtig.
Hy was my oupa. Vir hom en sy Marico-vriende was Waterbobbejaan nie ‘n sprokie nie. Hulle het hom “met hulle eie oë gesien”.
Oom Paul Raaswater en oom Stoffel Wolf (Snyman) was broers. Oom Paul Raaswater kon nie saggies praat of lag nie. Hy het ‘n geweldige stem gehad. Van hom word vertel dat hy ‘n paar kilometer ver gehoor kon word as hy op ‘n reënerige dag na iemand geroep het.
Oom Stoffel Wolf het baie selde aan sy hare of baard geskeer. Gedurende die Driejarige Oorlog het hy ‘n verdwaalde Engelsman in Marico se bosveld gevang. Toe hy hom by sy kommandant bring, sê die Tommie: “I expected this. In war these things do happen. But please tell me: WHAT caught me?”
NIE NET JOU GELDTIENDE NIE...
...MAAR OOK ‘N TIENDE VAN JOU TYD!
“Mag ‘n mens God beroof? Want julle beroof My en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.” Maleagi 3 : 8
‘n Baie ryk Christen sakeman in Amerika het begin om een tiende van die inkomste wat sy fabriek opgelewer het, vir die Here af te staan (aan kerke, liefdadigheidsinstellings en baie meer) en toe vind hy dat sy inkomste só vermeerder dat hy twee tiendes kon gee en later het hy meer as die helfte van sy inkomste wat al hoe groter geword het, bestee aan instansies wat dit in hul nood dankbaar ontvang het.
Oor die tiendes sê God: “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees en beproef my tog hierin ... of Ek nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie. Ek sal ook die sprinkaan van julle afweer sodat hy die opbrengs van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie. (Maleagi 3:10-11).
STORIES VIR ALMAL (3)
Johan Vosloo
Lees reeks by Stories vir almal
DIE HOENDER-ENTREPRENEUR
‘n Ou maat, jare laas gesien of van gehoor, daag anderdag by my op in ‘n lang, plat kar. Die beeld wat hy skep, is een van ‘n man wat dit breed het. Hy het minstens drie goue ringe aan, ‘n goue polsketting en ‘n goue horlosie. Dit blink net.
Nou vis ‘n man maar uit wat die maat doen want so ‘n plat kar en baie goud spreek van groot geld. Gou blyk dit dat dit wel die geval: die maat rol as’t ware in die note, lei jy aan sy praat af.
AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (2)
>
>>>
Ds AE vd Berg
Lees reeks by As die waarheid vertrap word
Deel 2
“ Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word.....” (2 Thess.2:3).
1. Afvalligheid
Paulus skryf dat kerke net voor die koms van die Antichris baie ernstig van die waarheid afvallig sal word. Afvalligheid kom van die Griekse apostasia wat “om weg te val” beteken. Dis ook aan die Griekse woord vir egskeiding verwant en spreek van skeiding, verlating en verwerping. Die Septuagint (Griekse vertaling van die OT) gebruik apostasia vir mense wat hul rug bewustelik op die waarheid draai:
ALLES OOP EN BLOOT VOOR SY OË
>
>>
Hannes Ollewagen
Hebreërs 4:1-13
“En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.”
Die meeste van ons het al die voorreg gehad om ‘n reis iewers in die berge mee te maak. Wanneer ‘n mens van bo van een van hierdie majestueuse berge tuur, is daar min dinge wat jou sig belemmer. Daar is geen gebou of muur, geen bome, bosse, struike of iets dergeliks wat jou uitsig belemmer nie. Alles voor jou is tot ‘n groot mate oop en bloot voor jou oë. En tog kan ons in so ‘n omstandigheid maar net ‘n klein deeltjie van God se skepping voor oë kry. U kan byvoorbeeld nie sien wat op ‘n ander deel van die wêreld, of selfs net in dieselfde provinsie, afspeel nie.
VERKIESING 2019
WIE IS DIE SKULDIGES...
Na aanleiding van 'n aantal navrae oor stem of nie stem nie more op 8 Mei, stel Gelofteland sy standpunt sterk en helder:
Ons is nie 'n politieke party nie, wel 'n kultuurblad. Maar ons kán aan u verduidelik waarom u stem in hierdie onwettige regeerstelsel meer van 'n ramp as 'n voordeel vir uself en al u nageslagte inhou.
STORIES VIR ALMAL (2)
Johan Vosloo
Lees reeks by Stories vir almal
‘N HENGSE STORIE
Joernaliste word ook maar soms goed ore aangesit.
Teen etenstyd op ‘n Vrydagmiddag, is dit vir ‘n naweekkoerant ‘n tyd van druk en klippe kou. Dit is wanneer nuusredakteurs besig is met voorraadopname om te sien waar die nuuslys staan. Watter berigte is in die sakkie; watter word op die pen geslaan, en watter gaan glad nie realiseer nie.
Jou telefoon lui. ‘n Sagte, ietwat bewerige stem vra of Rapport tog nie kan help nie. Sy bel van Springbok af. Weet ons nie hoe sy dringend met meneer Nicky Oppenheimer in aanraking kan kom nie? Laaste wat sy gehoor het, is dat hy in Rusland is.
STORIES VIR ALMAL (1)
Johan Vosloo
Lees reeks by Stories vir almal
Die Ingelse taal
Ek en die Engelse taal moet van geboorte af al van mekaar vervreemd wees. Ek skat dis ‘n genetiese ding. Namate ons land verengels, der mate raak ek dus ‘n groter vreemdeling in Jerusalem.
Ek kan my daarin help, ek verstaan nogal wat gesê en geskryf word, mind you, maar kom dit by myself ordentlik uitdruk in Engels (soos die oumense praat), is ek ‘n bietjie agtergeblewe.
Ek moet sê baie van my medelandgenote wat in hierdie dae so graag Engels praat, klink vir my ook maar agtergeblewe daarin, maar dit hinder hulle kennelik nie. Nou ja, vir my ook nie juis nie.
LIGGAAM EN SIEL
Ds AE vd Berg
“ .... want die mens gaan na sy ewige huis....en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het”(Pred.12:5,7).
Ons het almal iets in gemeen; ons lewe. Lewe is ʼn gawe van God. Ons begin nie sommer op ʼn dag te lewe nie; God beskik dit so: “Loof, volke, onse God, ....wat aan ons siel die lewe gee ...” (Ps.66:8,9). Hierdie gawe van God is tweeledig - eerstens ʼn lewe op aarde en tweedens ʼn lewe in die hiernamaals.
Die eerste deel is kort. Moses skryf: “Want al ons dae gaan verby .. ons bring ons jare deur soos ’n gedagte....”(Ps.90:9). Dit gaan vinnig om omdat dit ʼn reis huiswaarts is: Salomo skryf: “ .... want die mens gaan na sy ewige huis....”.
JANTJIE MUIS EN JAKOB SLANG
Jantjie Muis en sy broer Kootjie Muis sit in die koelte van ' n bos en speel.
Meteens kyk Jantjie op. "Kootjie, moenie skrik nie maar ons moet ons speelgoed netso los en weghardloop. Kyk daar bokant jou kop in die boom."
Kootjie kyk op. Ja, dit was Jakob Slang, klaar om hulle te vang. Hulle moes maar hulle speletjie laat bly en vlug.
Jantjie was kwaad. "Broer Kootjie," sê hy, "dit kannie so aanhou nie. Nooit kan ons lekker op ons gemak speel nie of hier is Jakob Slang en ons moet hardloop asof ons skelms is. Dit is tyd dat ons 'n plan met hom maak."
"Watter plan?" vra Kootjie. Kootjie was dom; nie so slim soos Jantjie nie.
OM NABY U TE WEES
Hannes Ollewagen
Ps. 73:1-28
“Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.” (:28).
Hierdie Psalm sluit op die teenoorgestelde wyse af as wat dit begin. Dit eindig met ‘n gesindheid van diepe ootmoed en verlange na God terwyl dit begin by ‘n punt waar Asaf God se regverdigheid bevraagteken. Hy wonder waarom God dit toelaat dat die goddelose so voorspoedig in hul weë voortgaan terwyl hy wat as ‘n regverdige probeer leef baie bekend is met teëspoed.
Ek wonder of enigeen van ons met alle eerlikheid kan sê dat ons nie ook al in ons lewens soos Asaf gevoel het nie. Ek bedoel – kyk maar net rondom ons. Die korrupte politici steel meer miljoene in een jaar as wat ek en u in ‘n hele paar geslagte met harde, eerlike werk sal kan bymekaarmaak. Ons betaal swaar aan belasting sodat goddelose mense dit kan verkwis.
ONS LAND, ONS ERFENIS
"Dit is ons land, ons erfenis, waarmee al ons verwagtinge en ons verlangens diep verbonde is en daarom sal ons dit nie afgee nie! Soos die pioniersgeslagte van Voortrekkers en Setlaars geveg het, so sal ons ook veg: Man, vrou en kind. Ons sal veg vir ons bestaan en die wêreld moet dit weet. Ons kan nie anders nie want ons veg nie vir geld of goed nie. Ons veg vir die lewe van 'n volk." - Dr. HF Verwoerd
SIENER EN DIE TOEKOMS VAN ONS VOLK
Lees meer by Allerlei oor Siener van Rensburg
"Dan sien Siener ‘n baie bemoedigende gesig: soos wat geen Voortrekker binne die laer van Bloedrivier gesterf het nie, sterf ook nou niemand wat bínne die laer is nie. Die vraag is waar hierdie laer gaan wees aangesien dit tog fisies onmoontlik is om laer te trek soos wat die Voortrekkers dit gedoen het. Maar Siener antwoord self hierdie vraag..."
Nikolaas van Rensburg, of Siener soos almal hom ken, is in 1926 op die ouderdom van 63 jaar oorlede. In die Tweede Vryheidsoorlog het Siener ‘n waardevolle profetiese rol gespeel. Vandag wil ons ons egter toespits op die toekomsgesigte wat hy spesifiek vir ons tyd gesien het, profesië wat nie net waarskuwings was nie maar ook vir ons groot vertroosting in ons huidige benoudheid bring oor die uiteinde van die loutering wat die Afrikanervolk vandag verduur.
Eerstens moet ons vra of ‘n gewone mens werklik sulke voorspellings kan maak soos wat Siener oor die Afrikanervolk gemaak het, en indien wel, op watter manier het Siener so ver die toekoms in gesien? Gegrond op die Woord is die antwoord duidelik ja, 'n mens kan maar dit is nie vir almal beskore nie. Daarby is daar twee maniere.