Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense wat die waarheid verkondig, ervaar altyd teenstand. God stry egter saam met hulle wat ter wille van die waarheid ly.
BRANDSTOF- WYSHEID
Dr Pieter van der Dussen (Snr)
Met die helfte van die waarnemingstydperk verlede Donderdag verstreke is dit moontlik dat die brandstofpryse op 2 Desember selfs meer kan daal as wat in die vorige mededeling gesê is, naamlik 60c+ vir petrol en 40c+ vir diesel.
Hoewel daar die afgelope week ietwat groter skommelinge in die daaglikse oorverhalings getoon is, veroorsaak die aanvanklik hoë gemiddelde dat dit nie ‘n te kwaai uitwerking op die lopende gemiddeld gehad het. Namate die tyd verloop word hierdie invloed kleiner. Dit is die uitwerking van die sogenaamde marginale begrip wat ‘n wesenlike rol in die beoordeling van ekonomiese en ander statistiese reekse speel.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (3)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
1. Verskillende verklarings
Daar is geen boek in die Bybel met soveel meningsverskille as Openbaring nie. Dit het al selfs tot kerkstryd en kerkskeuring gelei. Een van die gewildste verklarings in Charismatiese kringe is die Chiliastiese verklaring – om die 1000 jaar van Openb.20:1-6 as ʼn letterlike tydperk te verstaan. Chilioi is die Grieks vir 1000. Dit word ook die millennialistiese benadering genoem. Mille is die Latyn vir 1000.
Aanhangers van die Chiliastiese verklaring verskil ook van mekaar. Een groep glo dat die 1000 jaar ʼn vrederyk is wat met Christus se eerste wederkoms aanbreek wanneer Hy saam met die gelowiges op aarde sal regeer. Dis glo die eerste opstanding. In hierdie tyd sal die Jode tot bekering kom en aan die einde van die tydperk sal Satan vir ʼn tyd lank losgelaat word. Die finale slag is by Armageddon waar Satan en sy bose magte verslaan word. Daarna vind Christus se tweede wederkoms en finale oordeel plaas.
OU PRETORIA... (9)
...'n verhaal van die stad se Voortrekkerperiode
Dr. GUSTAV S. PRELLER
Lees reeks by Ou Pretoria
BESLISSING VAN ’N NOBELE VROU
As erkenning van sy groot diens aan die Trek, het die Volksraad aan Pretorius toegeken ‘n mooie en vrugbare plaas Welverdiend, ses myl buite Pietermaritzburg geleë. Daarop het hy vir homself en sy gesin ’n doelmatige en gerieflike woonhuis gebou, wat vandag nog daar staan. Die plek is merkwaardig ook omdat Pretorius daar vir die eerste keer op skrif gestel het die vernaamste beginsels van die Voortrekker-ideaal naamlik segregasie.
Na die weldadige regering van sir Benjamin D’Urban het sir George Napier Goewerneur van Kaapland geword ’n man, 'n wat vasbeslote was om die Afrikaners met wortel en tak uit te roei. Nieteenstaande die advies van sy eie raadgewers het hy volgehou dat niemand, en allermins die Voortrekkers, hulle ooit kon ontdoen van hulle Britse nasionaliteit. Hy het geweier om hulle onafhanklikheid te erken, en het voortgegaan om hulle "Britse onderdane” te noem, lank na die omverwerping van Dingane.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (2)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
1. ʼn Goddelike tapisserie
Vir oningeligtes mag Openbaring dalk soos ʼn omgekeerde tapisserie lyk. Maar soos wat ʼn mens met studie vorder, sien jy ʼn meesterlike samevoeging van verskillende elemente tot ʼn geheelharmonie. Openbaring is ʼn dramatiese vertelling van God se betrokkenheid by mense wat in moeilike omstandighede op pad na die finale einde verkeer. Openbaring het talle indelings wat elkeen ʼn belangrike element beklemtoon.
Wanneer Openbaring deurgelees word, lyk dit soos ʼn kaleidoskoop van losstaande visioene, verhale en gebeure sonder ʼn eenheidslyn. Dis egter nie die geval nie. Soos wat daar met die studie gevorder word, ontvou die geheelbeeld.
2. Onderdele
Openbaring bestaan uit twee dele. Hoofstuk 1-3 handel oor die hede en 4-22 oor die toekoms. Dit bevat die volgende onderdele: Briewe, simbole en beelde, getalstrukture, tussen-tonele, liedere en herhalings.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (1)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
1. Baie aktueel
Omdat Openbaring ons daaglikse bestaan raak, stel mense vandag baie meer in hierdie ietwat vreemde Bybelboek belang as ooit tevore. Ons verneem daagliks van oorlog, opstand, hongersnood, aardbewings en ander natuurrampe en ons wonder waar God in hierdie opset inpas? Ons hele bestaan en voortbestaan is in gedrang! Is dit moontlik om in Openbaring gerusstellende antwoorde te vind?
Een ding moet ons weet: Openbaring gee nie klinkklare antwoorde op vrae nie. Talle sektes het al deur die jare berekeninge oor die eindtyd en einddinge uit Openbaring gemaak en telkens op hul neuse gekyk! Dit het so vroeg as die tweede eeu na Christus begin toe die Montaniste op grond van gegewens uit Openb.21 en 22 berekeninge vir die wederkoms gemaak en na ʼn nabygeleë woestyn vertrek het om te sien hoe die hemelse Jerusalem aarde toe neerdaal. Alle menslik bekende verwagtings het telkens tot groot teleurstelling gelei.
OU PRETORIA... (8)
...'n verhaal van die stad se Voortrekkerperiode
Dr. GUSTAV S. PRELLER
MAN WAT SY NAAM EN WAPEN AAN PRETORIA GEGEE HET (2)
Gebore in Graaff-Reinet op 27 November 1798, het Andries Pretorius die eerste keer in Tulbagh in die huwelik getree met Christina de Wit, onder die vroue van die trek een van die merkwaardigste figure. Die tweede keer is hy getroud met ’n niggie van die dappere Natalse kommandant, Hans de Lange.
Van Andries se jeug is weinig bekend. Hy het tot man opgegroei naby Graaff-Reinet waar hy skoolgegaan en geleer het om te lees en te skryf; en na sy huwelik het hy met sukses die algemene besigheid van boer voortgesit, maar hom in besonder op die vrugtekwekery toegespit, vandaar dat diegenes wat gedurende die stormagtige vyftiger jare in Transvaal teen hom gekant was en probeer het om hom te verkleineer, die held van Bloedrivier, Kongela en Boomplaats, as "appelverkoper” bestempel het. Hy het kommandant geword in die oorloë op die Kaapse oostelike grens, met sukses geboer op Pretoriuskloof naby Graaff-Reinet, en was ’n welvarende man toe die Groot Trek die Oranje oorgegaan het.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (26)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Tussen twee vyande
Anna Susanna Meyer (gebore Eloff), opgestel deur J.H. van Dyk
Dit was September 1901. Reeds in November 1900 is ons huis op Groenfontein in die Rustenburgse distrik deur die Engelse afgebrand. Om die een of ander rede, waarskynlik omdat die Boerekommando’s op hul hakke was, het hulle ons nie weggevoer na die konsentrasiekamp nie. Met die paar stukkies of krummeltjies wat aan ons gegun was of wat ons uit die puin gered het, moes ons die veld kies. Agtien maande sou die ossewa, sy tent met dun blik oorgetrek, ons enigste skuiling wees, en die Bosveld met sy rante, klowe en bosse ons skuilplek.
In die somermaande was dit stil omdat die vyand bang was vir koors- en perdesiekte, maar die res van die tyd het hulle ons nooit met rus gelaat nie. Soms alleen, maar meestal in geselskap van ander families, het ons heen en weer gevlug, partykeer diep die Bosveld in en dan weer terug tot by ons huis.
GEBED VIR SY VOLK
Hannes Ollewagen
Nehemía 1:1-11
Nog ‘n jaar spoed ten einde en wanneer ons terugkyk na die moord en doodslag, korrupsie, verval van ons land en die toenemende sedeloosheid onder ons eie volksgenote, is dit seker natuurlik dat die gevoel van moedeloosheid ‘n mens oorval. Om doodeerlik te wees was die gedagte om die land te verlaat selfs vir ‘n behoudende volksgenoot met ‘n diepgewortelde liefde vir ons volk nie uitgesluit nie. Dit voel asof ons soos Nehemía kan sit en ween, want sal hierdie afvallige volk dan nooit tot sy God terugkeer nie?
Hierdie gedagte en gevoel is egter iets wat elkeen wat ons God en sy volk waarlik liefhet, baie hard moet beveg. Hierdie gevoel neem by ons plaas wanneer ons dink dat daar genoeg mag in onsself gesetel is om die omstandighede van ons volk te verander; m.a.w. dat ‘n mens ons hopelose situasie self sal kan omkeer, wat nie die geval is nie.
PROTESTANTSE KERKE IN GROOT GEVAAR
EKUMENE – ʼn ROOMSE WURGKETTING
Ds Andrè van den Berg
"...By hierdie geleentheid is ʼn werkplan aanvaar wat Die Groot Toenadering tot ander Godsdienste genoem is. Dis kwansuis ontwerp om die breuk tussen Protestante en Roomsgesindes te herstel. Dit was in werklikheid ʼn rookskerm om Protestantse kerke binne te dring en te vernietig! Kerke is aangemoedig om ʼn gemeenskaplike Bybelvertaling op grond van Roomse manuskripte uit te gee. In Junie 1968 is eenstemmigheid met ʼn ekumeniese dokument Guiding Principles for Interconfessions Co-operation in Translating the Bible bereik, wat o.a. tot die Nuwe Afrikaanse Vertaling (1983) gelei het. Protestantse kerke het gemene sake met die RK gehad!"
Die Hervormde Kerk het onlangs teen die verwagting in voor internasionale kerklike druk geswig en, soos die NG Kerk in 1986, verskoning vir haar eertydse ondersteuning van afsonderlike ontwikkeling aan die suidpunt van Afrika gevra. Lidmate was geskok!
Wat het die Hervormde Kerk, wat altyd vir haar behoudende karakter bekend was, laat besluit dat die mislukte reënboognasie proefneming regverdiger is? Kon die kerklui nie sien wat in ons land gebeur nie? Dink maar net aan die wegdoen met die Christelike Grondwet! Het sy dan geen profetiese visie gehad nie? Die Hervormde Kerk se dwase besluit is aan die begeerte om internasionale kerklike aanvaarding en ʼn opname in die ekumeniese wêreld te wyte. Liewer dood as uit die kerklike mode!
NOG NIE TE LAAT NIE...
MAAR DOEN DIT NOU!
Ds Andrè van den Berg
“.... Menere, wat moet ek doen om gered te word? Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin” - Hand.16:30 -31
Daar is geen wonderliker ervaring as redding nie. Jy beland in ʼn situasie wat jou lewe gaan kos. God gryp in en jy bly lewe. Baie mense was al in so ʼn situasie. Jare gelede was daar ʼn program op radio Death touched my shoulder; gedramatiseerde verhale van mense wat noue ontkomings met die dood gehad het - mense wat in skeepsongelukke, brandgevare en fratsongelukke was en teen alle verwagting in oorleef het. Ja, hoe soet is so ʼn ervaring nie!
Een redding staan egter kop en skouers bo die ander uit – die redding van die ewige dood. Ons is almal bestem om ʼn fisiese dood te sterf; die loon van die sonde. Gelowiges sterf egter net eenmaal; ongelowiges twee maal. Almal wie se name nie in die boek van die lewe staan nie, beland in die hel (ewige dood).
BRANDSTOF- WYSHEID
Dr P.E. van der Dussen
Die waarnemingstydperk vir die vasstelling van brandstofpryse vanaf 3 Desember strek van 31 Oktober tot 26 November. Na die eerste week daarvan is die gemiddelde oorverhaling ten opsigte van petrol net minder as 80c en van diesel net minder as 70c. Die daaglikse oorverhaling op 6 November was ongeveer 55c vir petrol en 35c vir diesel.
Of daar manipulasie is ofte nie dui hierdie gegewens op ‘n verdere noemenswaardige verlaging op 3 Desember – moontlik 60c/liter vir petrol en 40c/liter vir diesel. Dit is dus raadsaam om hierdie maand nie met ‘n vol tenk te ry nie maar liewers net genoeg in te gooi vir die verwagte afstand wat nog tot 2 Desember gery sal word.
OU PRETORIA... (7)
...'n verhaal van die stad se Voortrekkerperiode
Dr. GUSTAV S. PRELLER
Lees reeks by Ou Pretoria
MAN WAT SY NAAM EN WAPEN AAN PRETORIA GEGEE HET
Na Mzilagazi se skielike vertrek na die weste het die land langs Apiesrivier en in beide Moot-valleie weldra weer sy oer-stilte en iets van die oorspronklike skoonheid wat Moffat en Harris in sulke gloeiende bewoordinge beskryf, herkry.
Om een of ander rede skyn die Boesmans nie tot hierdie deel van die land deurgedring te hê nie, en die vroegste Bantoe-bewoners het die Mantatees en Matabele byna geheel uitgeroei. Van die Matabele het daar nog gedurende enige jare 'n paar verspreide veeposte oorgebly totdat hulle uiteindelik deur Potgieter verdryf is.
Die Trichardt-trek het in 1836 stil en snel na die Noorde toe deurgetrek, ver oos van die Apies verby, weldra gevolg deur Potgieter en elf ander te perd, met twee verewaentjies, uit op 'n algemene verkenning van die land noordwaarts.
DIE LAMHEID IN ONS KERKE
Jeanette Koekemoer
Talle van ons kerke kan vandag onder die beskrywing van Edward Decker, skrywer van die boek Freemasonry and the Church sorteer waarin hy sê:
"If your church is dying, if evangelism is a foreign word in your congregation, if there is discord within its ranks, if some small clique of people control the board and the decisions, check it out. The Ba’al worshippers may be in control and the Holy Spirit may be going to church down the street.”
Hy glo dat dit die hoofrede vir die geestelike doodsheid en agteruitgang in baie van ons kerke is. Vrymesselaars word doelbewus gestuur om lewe in kerke dood te smoor. Decker weet want hy is ‘n Amerikaner wat in ‘n familie grootgeword het wat vir geslagte lank Vrymesselaars was. Toe hy tot die besef kom hoe vals die lering is het hy sy lewe aan Jesus Christus gegee en in kerke daaroor begin getuig. By verskeie geleenthede het van die ouderlinge en selfs predikante hom dreigend gewaarsku om dit te staak as hy homself nie groot probleme op die hals wil haal nie. Van hierdie manne was reeds op die 33ste Graad in die Vrymesselaarsorde en het oor ‘n feitlik sataniese mag beskik om iemand in ‘n betrekking aangestel of uitgewerk te kry.
VRYMESSELAAR BEDANK
BEDANKINGSBRIEF VAN GEWESE VRYMESSELAARSMEESTER
Waarom ek die Vrymesselary verlaat het
"Sorgvuldige lees van die rituele van Vrymesselary sal dit ontbloot as 'n volledige en selfgenoegsame morele en geestelike gids deur hierdie wêreld en tot in die hiernamaals. Dit is 'n godsdiens van algehele regverdigheid en opregtheid en fatsoenlikheid van regverdigmaking deur goeie werke - maar dit is nie 'n godsdiens van heiligheid of nederigheid nie."
Aan die Agbare Meester,
Vrymesselaarslosie.
Lede Broeders,
Byna van die begin van my Vrymesselaarslidmaatskap het ek diep belanggestel in die historiese en Bybelse agtergrond en fondament van die Vrymesselaarsbroederskap. Ek het werke van tans lewende skrywers gelees - werke geskryf deur mense wat tans nog lede van die Vrymesselaarsbroederskap is - werke wat 'n volledige beskrywing en ontleding gee van elke graad in die Vrymesselary vanaf die Vakleerlinggraad (Enter Apprentice) deur al die vakgrade, die Royal Arch ens., ens. Hierdie studie het my 'n diepe insig gegee, nie net in die geskiedenis van die Vrymesselary nie, maar ook in die geestelike en godsdienstige aspekte van die Vrymesselaarsbroederskap.
Omdat ek 'n belydende Christen is, wedergebore deur die genade van onse Here Jesus Christus, en geheel en al afhanklik van Hom vir elke ademtog; en omdat ek Hom liefhet en dien vir die offers wat Hy op Golgota vir my gebring het; en omdat ek bereid is om rekenskap van my standpunt te gee voor enige mens - daarom kan ek nie, as gevolg van my bevindinge, langer aan die kant van die Vrymesselary staan nie.
OFFER VAN VERDRAAG- SAAMHEID
Hannes Ollewagen
1 Kor. 13:7: “Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.”
1 Korinthiërs 13 is seker een van die mees bekende gedeeltes in die Woord van God. Dalk oor daar soveel waarheid in eenvoud aan ons in hierdie gedeelte gegee word? Verder is dit ook gevul met genoeg uitdagings vir karaktervorming om my ‘n leeftyd besig te hou.
Een van die grootste uitdagings van ons tyd is dan ook sekerlik die toets van verdraagsaamheid.
Ongelukkig sal soveel mense hierdie gedeelte misbruik om gelowiges te laat skuldig voel wanneer hulle opstaan vir reg en waarheid. Die argument sal dadelik na jou geslinger word dat jy moet liefhê en in verdraagsaamheid die ongeregtigheid moet gadeslaan. Dit getuig egter van ‘n gebrekkige kennis van die Skrif asook van die wese van God. Ons lees juis in vers 6 van die gelese gedeelte die liefde “is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.”
BESETENHEID
Ds Andrè van den Berg
"Nêrens in die Bybel ontvang gelowiges die opdrag om bose geeste uit gelowiges te dryf nie, maar wel om Satan onder mekaar teen te staan..."
Besetenheid kom van die woord besit en dui op iemand wat nie meer in beheer van homself is nie, maar deur Satan beheer word. Die Bybel het talle voorbeelde van mense wat besete was en uit wie se lewens ons die simptome van besetenheid kan waarneem.
Uit Bybelse gegewens weet ons dat Satan ʼn mens kan betrek soos wat jy ʼn huis kan betrek, maar dat hy besetenes abnormaal laat optree soos die een in Gadara wat naak tussen die grafte geleef het. Bose geeste tree ook nie altyd een-een op nie, maar soms tegelyk soos in die geval van die besetene van Gadara wat weens die veelheid van bose geeste bo-natuurlike liggaamkragte gehad het. Daar is aangetekende gevalle waar ʼn skraal besetene ysterboeie en kettings soos gare drade gebreek het!
Besetenheid tas soms die sintuie aan:
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (25)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Wat 'n Gesangvers vermag
C. leR.
Tydens die oorlog het bendes op moord- en rooftogte uitgetrek, onder die aanvoering van een of meer wat die plase haarfyn geken het.
So het dit gekom dat ’n bende op ’n aand omstreeks nege-uur die huis omsingel het waarin my ouma, my moeder en twee tantes was. My oom, wat destyds vyftien jaar oud was, het buite wag gestaan.
My moeder-hulle was besig om huisgodsdiens te hou. Intussen het daar swartes nader gesluip. Die voorstes was omtrent dertig tree van die huis toe my oom hulle gewaar. Stil het hy die huis binnegegaan en gesê dat die huis deur minstens dertig of veertig swartes omsingel is.
Maar die huisgodsdiens is voortgesit en weldra het die note van Gesang 20 uit die huis opgeklink.
HERVORMING
Ds Andrè van den Berg
“.... En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan” - Openb.13:3
In 1948 skryf George Orwill ʼn boek wat baie reaksie uitgelok het – '1984'. In hierdie boek gaan dit om die stryd en nederlaag teen ʼn karakter wat hy Big Brother noem. Hierdie karakter tree nooit self in die lig nie, nogtans weet almal dat hy daar is. Hy sien alles, hoor alles en weet van alle mense se doen en late. Mense wat nie na sy pype wil dans nie, laat hy martel en/of doodmaak. Dit maak hulle bang vir hom! Baie wat teen hom in verset kom, maar vir hom iets kan beteken laat hy in rehabilitasiesentrums breinspoel totdat hulle aan hom onderdanig word en saam met die stroom van sy aanhangers swem.
Kritici het gesê dat die boek te vergesog is. Maar dit was nie. Die Bybel praat ook van ʼn Big Brother en noem hom die dier – dit is die Antichris. Orwill het Openb.13 as basis vir sy boek gebruik om vir mense ʼn voorsmaak van die heerskappy van hierdie man in moderne kleure te skilder.
BID VIR 'N GELOWIGE LEIER VIR ONS VOLK
Kriewelkop
As gelowige Boerevolk het ons vandag die versekering dat God 'n deel van ons volk nie die knieë voor Baäl laat buig het nie, net soos Hy aan Elia gesê het toe dié gekla het dat die hele volk ten gronde is: dat Hy vir Hom 7 000 man uitgehou het en dat Hy dit in "teenswoordige tyd" weer sal doen – uit suiwer genade, nie uit ons verdienste nie. Daarom mag ons daarop staatmaak!
Maar ons sal veral in die nuwe jaar wat om die draai op ons wag nodig hê om baie goed toegerus te wees om staande te bly in die stryd wat op ons wag. In Josua 1 vers 9 het die Here vir sy geroepe dienskneg gesê: “Wees sterk en vol moed. Wees nie bevrees of verskrik nie, want die Here is met jou, oral waar jy heengaan.” Die dapper Josua het dit geglo en met bomenslike krag met die hulp van die Here, Israel se vyande verslaan en die beloofde land weer in besit geneem. In die krag van die Here sal ons weer 'n Christenregering kry en dié land word waarheen kinders van God in 'n tyd van wêreldwoelinge 'n heenkome sal vind.
NOG 'N ONTWAPENINGS- VELDTOG TEEN BLANKES
Kriewelkop
Laaste fase van rewolusie kom nader...
Vir die wat die regte storie wil hóór:
In Amerika gebeur dit telkens dat wanneer 'n aanslag op die publiek se wapens gemaak moet word om dit te verminder, 'n publieke figuur of plek sorgvuldig uitgesoek word om die voorwerp van die dramatiese toneel wat sal volg, te wees. Dan word die persoon/persone met vuurwapens onder duistere omstandighede vermoor en die regering maak 'n yslike ophef daarvan – in teenstelling met die alledaagse moorde wat gewoonlik nie hoofnuus haal nie. En daar word gewoonlik 'n geweldige bedrag deur die staat/polisie uitgeloof vir inligting wat tot in hegtenisname kan lei van die "veragtelike moordenaar/s" van dié bekende en "beminde" figuur wat so harteloos om die lewe gebring is. Maar gewoonlik word die "skuldiges" aangekeer sonder dat iemand die groot som losgeslaan het. En wanneer die emosies oor die moord op sy hoogste is soos by die begrafnis waar duisende begrafnisgangers gewoonlik opdaag, word die publiek emosioneel afgepers om hulle wapens in te handig aangesien dit "sulke wrede onregte soos hierdie veroorsaak". So was daar in die VSA selfs 'n geval van 'n kleuterskool wat moes deurloop om die publiek oor te haal om weer 'n slag in rye te staan om hulle wapens in te handig – een van die briljantste planne óóit want om in elke nuusbulletin te sien hoe 'n klomp kleutertjies deur geweervuur afgemaai word ruk aan menige harte; en toe stáán die publiek weer in lang rye om wapens in te handig.
Senzo Meyiwa, die Bafana Bafana-kaptein wat Sondag aan die Oos-Rand doodgeskiet is, was 'n bekende en "beminde" figuur.