NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Selfbejammering is gif vir jou gees en maak jou selfsugtig.  Niks maak ‘n mens so eensaam as wanneer eie belange jou enigste belange word nie.  En dis wat selfbejammering doen!  Laat mense nooit van jou sê: “Wat ‘n selfsugte mens!” nie.

UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (2)

Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog

Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, stukke oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.

Die geheimsinnige gidse

G.R. von Wielligh was krygskommissaris oor die Britse krygsgevangenes in die eerste deel van die oorlog, en 'n tyd lank was hy dag na dag met hulle in aanraking. 'n Paar van hulle het hom vrywillig met sy werk gehelp, onder andere korporaal Edwards van die Northumberland Fusiliers, wat 'n rol in die verhaal speel. Op 6Junie is die Britse krygsgevangenes ontset. Daarna het die Britte Von Wielligh in Pretoria gevange gehou.

Die vervelige niksdoen, maar nog meer die gevoel dat hy die kommando's moes gaan help veg, het hom laat besluit om uit Pretoria te ontsnap. Dit was 'n gevaarlike onderneming, want die Engelse krygsraad het juis in hierdie tyd twee mans laat doodskiet omdat hulle probeer ontsnap het.

Op 'n Sondagaand, moontlik 2 Maart 1901, het hy dit gewaag om weg te loop in die rigting van genl. J.H. de la Rey.

Hy het dit reggekry om veilig deur die doringdraad en wagte om Pretoria te glip. Teen dagbreek die oggend het hy weggekruip in 'n populierbos van veldkornet Lewies Jordaan. Meteens begin die kanonne bulder en ontstaan daar 'n hewige geveg tussen die Engelse en genl. De la Rey, wat die Britse kamp op Rietfontein-Wes naby die Hartbeespoortdam aangeval het. Die Engelse troepe was nou tussen Von Wielligh en De la Rey se kommando. Daar was geen hoop om by De la Rey uit te kom nie. Die enigste uitweg was om maar na Pretoria terug te keer langs 'n baie onveilige pad wat voortdurend bewaak is. Von Wielligh vertel verder:

Gedurende die dag het ek my op verskeie plekke versteek, onder meer in doringbome naby Jordaan se plaas, maar steeds is dit asof iemand my aanspoor: “Gaan weg hier.” Ek luister na hierdie voorgevoel en gaan omtrent honderd tree verder in die hoë gras lê. Kort daarna kom daar ’n Engelse offisier aan, stap die kol bome binne en vertoef ’n hele ruk daar.

Intussen het dit begin reën, iets waaroor ek baie bly was omdat dit die bewaking minder skerp sou maak. Die vervelige wag het die ure baie traag laat verbygaan; vir my was dit of die son aan die hemel vasgespyker was. Ek moes na Pretoria en ek moes voor dagbreek daar kom. Om daar op die deurweekte grond en met papnat klere te wag tot sononder toe was vir my uitgeputte geduld te veel. Laat nou kom wat wil, ek gaan loop! Ek het vermoed dat die Engelse wagte meer aktief sou wees in die rigting van die Boerekommando; en ek was waarskynlik reg, want ek het niemand in die helder daglig teëgekom nie.

Naby Badenhorst se plaas word dit skemer. Die son gaan in daardie tyd van die jaar om sesuur onder. Die lug was swaar bewolk, en toe ek op die plaaswerf kom, was dit donker. Ek wou aan die noordekant van die koppie op die werf verbygaan. Maar meteens sien ek dat iemand ’n vuurhoutjie trek. In die flou lig sien ek dat hy langs sy perd staan. Onmiddellik daarna trek ’n ander man ’n vuurhoutjie. Hy sit op sy hurke en dit stel my beter in staat om te merk dat daar twee mans en twee perde is. Lam geskrik kruip ek onder die oorhangende gras weg en hou my so stil as ek kan. Die twee mans moes iets van my bespeur het, want een kom met sy perd tot op omtrent tien tree van my af en hou stil. Na ’n ruk draai hy om en gaan terug na sy maat.

Later hoor ek hoe hulle wegry in die rigting van Pretoria.

Ek kyk op my horlosie. Dit is kwart voor sewe. Ek vat toe koers om die suidekant van die koppie, aangesien die twee Kitchener-scouts om die noordekant verdwyn het.

En nou volg die vreemde verskynsel. Uit die populierbos van Badenhorst kom daar twee meisies, een omtrent twaalf jaar oud en die ander omtrent vyf en twintig jaar, reguit na my toe aangestap. Op ’n afstand van drie tree voor my verdwyn hulle. Dit het my nie verskrik nie, omdat ek die verskynsel toegeskryf het aan die vrees wat die twee wagte my op die lyf geja het. Baie versigtig stap ek verder. Weer sien ek die twee meisies uit die populierbos na my toe aankom, maar hierdie keer verdwyn hulle nie. Hulle stap voor my uit en ek beskou hulle goed: die kleintjie het ’n baie vriendelike gesiggie, maar die ouere kyk altyd dwars, sodat ek haar gesig nie kan sien nie. Aan die twee verskynsels sê ek toe: “Kyk, ek sal julle volg, maar julle lei my nie in die hande van die vyand nie.”

Hulle bly omtrent drie tree voor my, en vol vertroue volg ek hulle.

Hulle stap met my noordwaarts, by die koppie verby. “A, nee, a,” sê ek, “Pretoria lê mos oos, en julle lei my noord.” Soos te verwagte was, het ek geen antwoord hierop gekry nie. Hulle hou hul ingeslane koers en ek stap agterna. By ’n dammetjie water gaan ek sit om te drink en om te rus. Hulle gaan ook sit. Om my te oortuig dat ek nie droom nie, sit ek met my rug na hulle en kyk anderpad, maar wanneer ek omkyk, sien ek hulle nog op hul plek sit. Ek hervat my wandeling, weer stap hulle voor, steeds noordwaarts tot aan die voet van die rant waarin Daspoort hoër op lê. Daar draai hulle oos in die rigting van Pretoria. Wat vir my so vreemd was, was dat hulle my deur slote gelei het waar dit maklik was om deur te gaan. Want daardie omgewing het ek glad nie geken nie.

Ons stap voort tot op die bult waarvandaan ek die ligte van Pretoria kan sien. Deur onbekendheid met die streek waar ek toe was, staan ek ’n oomblikkie stil om vas te stel hoe ver die afstand is wat my van die stad skei. Intussen stap die twee verskynsels weg van my af en gee met tekens te kenne dat hulle nie verder met my wou saamgaan nie. Hulle staan toe omtrent twintig tree van my af, maar nie bymekaar nie. Loop ek na die een, dan gaan sy weg, stap ek na die ander, doen sy dieselfde. Ek raak toe raadop, want ek het baie vas op hulle vertrou. Daarop gaan staan ek om te rus en om te besluit wat om te doen. Hulle kom toe albei weer terug, loop voor my uit en lei my na ’n kol hoë tamboekiegras, waar hulle bly staan. Ek gaan in die gras lê, en hulle kom by my voete staan. Op my horlosie sien ek dat dit kwart oor een in die nag is. Die twee verskynsels was dus ses en ’n halfuur lank by my.

Onder ’n harde stortbui reën val ek aan die slaap, en toe ek wakker skrik, is ek alleen. Ek spring dadelik op en vat koers na die boomplantasie van mnr. Sutherland naby Pretoria. Daarin gaan ek skuil om weer ’n vervelige dag deur te bring. Tot my geluk het dit die hele dag deur hard gereën, sodat geen troepe my in die plantasie kom soek het nie. Af en toe moes ek my uittrek om die water uit my klere te droog. Die lang dag het eindelik omgegaan, en toe dit donker was, het ek met my lewe in my hand deur die omheining rondom Pretoria gekruip en die stad binnegaan.

Ek het destyds ’n kamer van ’n gesin gehuur. Hulle het al geslaap toe ek aanklop. Hulle was verbaas om my terug te sien, en dadelik sê die vrou aan my: “Mnr. Von Wielligh, waarom het jy ons so die angs op die lyf gejaag? Weet jy dat Cordeau en Venter vir dieselfde ding doodgeskiet is? Jou brief wat jy in jou kamer agtergelaat het om te sê dat jy na die Boere toe is, het ek aan die polisie gaan oorhandig, anders sou die Engelse ons na ’n konsentrasiekamp gestuur het.”

“Ek sal sorg dat dit nie gebeur nie,” stel ek haar gerus. Ek het verder niks aan hulle vertel nie en toe gaan slaap met die nare gedagte dat die brief, waarin ek duidelik verklaar het dat ek op weg na die Boere was, in die hande van die vyand geval het.

Die volgende dag stap ek na die naaste polisiekantoor. Met ’n opgewekte stem groet ek die hoof, luitenant Lampriere, en met ’n glimlag roep ek uit: “Hier is ek. Ek hoor julle soek my.”

“Nie net die polisie nie, maar ook die speurders en jou vriende. Waar was jy?”

Ek wou nie lieg nie en het dus sy vrae met teenvrae beantwoord. Toe hy byvoorbeeld vra: “Was jy buitekant die omheining van Pretoria?” het ek teruggevra: “Hoe kan ek? Dit word dan so streng deur die troepe bewaak!”

’n Ruk lank hou hy so aan; hy neem ’n stuk papier en skrywe ’n briefie aan die hoof van die plaaslike speurders, advokaat Greenlees, en gee opdrag om dit aan hom te besorg.

Met ’n glimlag neem ek die brief en stap na die speurdersburo. Soos ek kon verwag het, het Greenlees my onder skerp kruisverhoor geneem. Aangesien daar geen bewyse teen my was nie, slaan hy die aantekeningboek na om vas te stel hoe my gedrag by die militêre aangeteken staan. Hierin kon hy niks teen my vind nie en sê tot my vreugde dat ek maar kon gaan. By die deur roep hy my terug en vra: “Wat omtrent die brief wat jy geskryf het dat jy weggaan om die Boere te help?” Hy soek tussen sy papiere na die brief en kry dit nie. Hy roep een van die klerke om te verneem waar die brief is. Nadat hulle oral gesoek het, verklaar die klerk: “So ’n dokument is nêrens te vind nie.” Greenlees verseker hom dat dit laat die vorige middag nog op sy lessenaar gelê het. Hulle kon dit egter nêrens kry nie. Daarop sê hy weer aan my: “Jy kan maar loop, maar oppas om in die vervolg nie weer sulke inkriminerende briewe te skryf nie.”

Die vraag by my is: Wie het daardie brief weggeneem? Geeneen in die kantoor was ’n bekende of ’n vriend van my nie; hulle was eerder my vyande.

Nou sal ons verneem waarom die twee verskynsels nie verder met my wou saamgaan nie. Nog op daardie selfde dag kom korporaal Edwards met my handsak aan, waarin daar landmeterdokumente was wat die Engelse owerheid wou hê. Die handsak was, soos te verwagte, leeg. Hy het afgemat gelyk, en ek vra hom: “Edwards, hoe lyk jy dan so moeg?” Aangesien hy my baie lank dag na dag in die kommissariaat gehelp het, het ons heeltemal vertroulik met mekaar omgegaan, en hy het geantwoord: “Twee nagte lank het ek amper nie geslaap nie. Ek moes agt uur lank in die donker die pad na Krokodilrivier bewaak, omdat die Boere-spioene Pretoria gedurig in die nag besoek.”

“Waar het julle dan wag gehou?” vra ek.

“Ons het van een rant tot die ander die oop vallei bewaak, sodat niemand kon deurkom nie. En ons was bo-op die bult van waar ’n mens Pretoria kon sien lê.” Hy beduie my toe die plek waar hulle die ingang bewaak het.

Dit was juis naby die plek waar die twee verskynsels geweier het om verder saam met my te gaan! Was hulle nie by my nie, dan het ek my daardie nag teen die Northumberland Fusiliers vasgeloop, en sou ek bepaald gevang gewees het.

Die Huisgenoot, 1 en 8 Oktober 1926.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2953 gaste aanlyn