NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om afskeid te neem is seker een van die moeilikste dinge wat die mens moet verwerk, en dit gebeur deurlopend in sy lewe. Daar is net een wyse waarop dit makliker word: aanvaar die pyn as 'n groeimiddel om tot die punt te kom waar dankbare herinneringe jou help om nie binne jouself te sterf nie.

UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (6)

Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog

Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.

Die kinders

E.F. Rohm

Seuns van selfs jonger as tien jaar het hul aandeel aan die oorlog gehad as beeswagters en spioene. Spioenasiewerk het hulle veral gedoen vir hul eie gesinne of soms vrouelaers wat van plek tot plek gevlug het om aan die konsentrasiekampe te ontkom. Sommige van die kinders was oud genoeg om by die kommando's aan te sluit. Kinders wat as te jonk beskou is vir kommandodiens het weggeloop van plase, uit kampe en Basoetoland (die huidige Lesotho) om te gaan veg. Baie van hulle het op die ou einde in die krygsgevangenekampe beland.

Die vegtende seuns was oor al die kommando's versprei, maar daar was ook een geval waarin 'n klein veldkornetskap net uit seuns bestaan het - ongeveer 25. Die burgers het na hulle verwys as "die kinders". Die veldkornet van "die kinders" was E.F. Rohm, uit wie se artikel in Die Huisgenoot van 22 Januarie 1943 hierdie uittreksel gemaak is.

Rohm skryf dat die kinders so dapper geveg het soos die beste generaals en in hegte kameraadskap saamgesnoer is deur die doodsgevaar wat hulle daagliks getrotseer het sonder gedagte aan beloning of onderskeiding.

Die eerste skermutseling waarvan Rohm melding maak, is 'n botsing met die "burgerpolisie," Burgher Police, oorloper-Boere in Britse diens, in die omgewing van Sannaspos in die Vrystaat:

1          ROOI FLIP

Buitengewoon knap onder “die kinders” was Rooi Flip Snyman. Hy was een van drie neefs, almal met dieselfde voornaam, wat onder my gedien het. Die ander twee was Vaal Flip Snyman en Flip Geering.

Voor ’n geveg was Rooi Flip gewoonlik baie stil, met ’n blos op sy wange en ’n flikkering in sy oë. In die geveg was hy onverskrokke.

Die burgerpolisie het van ons te hore gekom en af en toe klein skermutselings met ons gehad. Daar was vir ons van twee kante gevaar:

Sannaspos en Rietfontein, waar die burgerpolisiepos was. Ons het dus elke dag twee groepe uitgestuur om verkenningswerk te doen. Op ’n goeie dag het ons weer in twee groepies van tien verdeel: dié onder my sou na Rietfontein gaan en die ander, onder Rooi Flip Snyman, na Sannaspos.

Ek het die oggend ’n soort voorgevoel gehad, en hulle gewaarsku om die rant goed te bespied voordat hulle dit inneem. Gewaar hulle die vyand, moes hulle my die wete gee. Ons sou dieselfde doen. Hulle moes al op hul bestemming gewees het toe ons op ’n hoogte vertoef om te kyk of ons hulle sien. Daar val so ’n paar skote, maar ons meen dat hulle van die vyand raakgeloop het vir wie hulle mans genoeg was en wat hulle nie die moeite werd geag het om eers te rapporteer nie.

Dit het later geblyk dat hulle ’n klomp perde in ’n kamp gewaar het. Met ons groot tekort aan perde het hulle gemeen dat ek baie bly sou wees as hulle ’n klompie in die hande kry. Voordat hulle egter by die perde kom, verskyn ’n groot perdekommando op die pad na Bloemfontein, en hulle moes van die plan afsien.

Die plaasbewoners het reeds die plaas verlaat en in Bloemfontein gaan woon, maar die seuns het geweet van ’n buitekamer waar daar heerlike pere weggepak was. Nou gou eers pere gaan haal en dan die rant gaan verken. Voordat hulle die huis bereik, klim Rooi Flip Snyman en Christiaan Ebersöhn eers af om aan ’n dringende behoefte van die natuur te voldoen. Die een perd kry dit in sy kop om weg te hardloop, en Ebersöhn skiet dan links, dan regs van hom verby om hom nog ’n bietjie aan te druk. Hulle was ongeveer honderd tree van die huis af toe die perd weer gevang kon word. Met dié bars daar ’n geweldige sarsie op hulle los. Dadelik word omgepluk om in die rant posisie in te neem, maar die rant is al deur die burgerpolisie beset, en hulle kry daar net sulke heftige teenstand. Al genade is om terug te vlug met die pad waarlangs hulle gekom het. Terselfdertyd moet hulle van die perde af skiet op die Kakie-boere en kleurlinge wat hulle probeer injaag. So naby mekaar was hulle dat hulle kon hoor hoe die kleurlinge hulle vloek. Drie van hulle het tussen die seuns ingejaag en probeer om hulle van hul perde af te ruk. Maar dit was ook hul laaste probeerslag. So het dit ongeveer ’n myl ver aangehou: vlug en skiet, met party van die kinders reeds te voet, en ’n vyand veertig man sterk.

Hulle was toe nog sowat vyftig tree van die koppie, en Rooi Flip Snyman het gesien dat die voetgangers in die slag sou bly. Hy skree dat die ruiters die nek met geweld moet inneem sodat die ander onder hulle kans kon kry om nader te kom. Party van die Kakies het om die rant gejaag om die wat wou deurkom, voor te keer. Toe Rooi Flip afspring, is die naaste Kakie twintig tree van hom af. Maar die seuns was goeie skuts en kap nege stuks van die Kakies om, onderwyl hul maters voet vir voet sukkel om nader te kom. Luikes Holtzhausen was heel agter, met Vaal Flip Snyman sowat twee honderd tree van hom af. Vaal Flip het gesien dat Luikes baie moeg was en in ’n benarde posisie verkeer het met kleurlinge wat reg op hom afstorm. Vaal Flip meen egter dat Luikes mans genoeg is vir die kleurlinge: hy self sal maar op die voorste van die ander skiet om te verhoed dat hulle ook nog bykom. Met suurslym wat brand in sy keel, gooi Luikes sy uitgeputte liggaam teen ’n boom en lê aan op die naaste aanvaller. Dié is so naby dat hy sy lyf inmekaar krimp om die skoot te ontwyk. Hy, en die volgende, en die volgende aanvaller moes egter in die stof byt, en Luikes se pad is weer oop om ’n entjie te klim.

Intussen het ek onrustig geword oor die aanhoudende geskiet en daarheen weggespring. Op ’n paar duisend tree van die koppie af gewaar ons ’n klompie ruiters wat om die rant kom, en meen dis die seuns. Toe hulle ons gewaar, spring hulle egter kortom en ons merk onraad. Hulle wou natuurlik die seuns van agter aanval en die voetgangers skiet wat voor die ander die koppie sou verlaat. Toe ons op die toneel verskyn, laat die vyand spat. Maar die arme kinders was ook gedaan - hulle het gehuil van blydskap toe hulle ons sien. Nie een van hulle was eens gewond nie, terwyl daar veertien dooies van die vyand was.

In een van die gevegte was Rooi Flip van sy perd af, en besig om voetgangers te ontwapen. Hy het ver agter sy maats geraak en die Tommies het dit gemerk. Een van hulle, wat reeds ontwapen was, pak vir Flip en hou hom so styf vas dat hy nie sy geweer kan gebruik nie. Die Tommie roep sy maats om te kom help. Gou is ’n tweede by, wat Flip al in die gesig met ’n bajonet steek. Vier steke het hy daar gekry: bokant die oog, bokant die oor en in die nek. ’n Derde Tommie het op ’n afstand ook nog op hom geskiet, telkens wanneer die twee stoeiers in ’n geskikte posisie kom. Vir ’n ander man sou die haglike posisie seker noodlottig gewees het, maar nie vir Rooi Flip nie. Met ’n uiterste kragsinspanning beur hy hom los van die Tommie en trek die skoot uit sy oorgehaalde geweer sommer in die kêrel af. Die bajonetsteker kom toe aan die beurt, en toe Flip omdraai, staan die derde Tommie al gereed met sy hande in die lug.

Agt dae later het Rooi Flip weer geveg - nog met verbande om die kop. Hy en Martiens Mostert het daarin geslaag om in ’n geveg tot tagtig tree van ’n aantal Engelse kanonne te kruip en van agter ’n miershoop die kanonniers een vir een dood te skiet.

Op ’n dag het Rooi Flip, Gideon van Tonder en Holiday gaan verken. Laat die middag het hulle ’n Engelse mag van Thaba Nchu sien opruk, maar hulle wou vasstel watter rigting dié sou inslaan. Daardie nag het hulle dus nie teruggekom laer toe nie, maar gewag tot die volgende môre om dan beslissend te kan rapporteer.

Wat hulle nie geweet het nie, was dat die Engelse die nag aangehou het met trek, reg op hulle af. Toe die seuns dus die volgende môre na die rant ry om te verken, ry hulle om ’n rotsformasie en binne-in die drie voorste wagte van die Engelse vas. Verwoed het elkeen geveg vir sy lewe en mekaar met klippe bestook wanneer daar nie kans vir laai was nie. Een van die vyand val, en Holiday kry ’n maagskoot wat hom buite geveg stel. Gelyktydig met dié dat Gideon die tweede Tommie skiet, kry Rooi Flip ’n kopskoot. Gideon het aangehou met veg totdat die laaste Tommie oorgegee het. Hy het hom ontwapen en toe teruggejaag om rapport uit te bring.

Gedurende die oorlog het ek die burgers in allerhande omstandighede leer ken. Die lewe in die ope lug het hulle taai gemaak sodat hulle byna ongelooflike ontberings kon verduur. Tog het ek geharde krygers die dag sien huil by die tyding van die dood van Rooi Flip Snyman.

DIE BAASSPIOEN THYS VAN TONDER:  Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2860 gaste aanlyn