NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Nie alle kankers genees nie.  Miljoene mens sterf jaarliks daaraan.  Die kanker van die siel kan wel genees.   Jesus belowe aan almal wat siele-kanker het en na Hom toe kom, dat hulle genees sal word.  “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee”(Mt.11:28).

UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (9)

Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog

Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.

Twee maal voor 'n vuurpeloton

W.J.H. Jacobs, opgeteken deur sy dogter mev. E.J. Weeber

Vóór die oorlog was ek ’n welgestelde boer van Griekwastad. Met die uitbreek van die oorlog het kmdt [J.J.] Jordaan ons dorpie in die Kaapkolonie op 17 November 1899 as Vrystaatse gebied geproklameer, en alle diensbare manne opgeroep as Vrystaatse burgers. Ons kommando is na Kimberley en het deelgeneem aan die Slag van Magersfontein. Met die oorgawe van genl. Piet Cronje het ons rebelburgers almal teruggekeer na ons huise. Ons het toe kennis gekry om ons wapens neer te lê. Dat ons so lig daarvan afgekom het, is seker toe te skryf aan die feit dat ons opgekommandeer was.

In Julie 1901 was daar weer gerugte van ’n Boerekommando onder genl. De Villiers. Ons het onmiddellik kennis gekry om al ons bruikbare perde vir beskerming na die dorp te bring. Maar ek het liewer gesien dat die Boere my perde kry as die Engelse. Dus het ek my perde weggesteek en kalmpies gaan aanmeld dat die Boere my perde gevat het. Die Engelse kolonel was toe al klaar ingelig dat ek die perde weggesteek het sodat hulle my in die tronk gestop en die perde laat haal het.

Twintig dae was ek in die tronk en is toe op borgtog vrygelaat. Ek moes my egter elke môre en aand by die militêre kantoor aanmeld.

Maar ’n boer kan dit nie in ’n dorp uithou nie en dus het ek plan begin maak om na my plaas te gaan. Daar was gerugte van ’n Boerekommando in die omgewing. Die aand van 19 September het ek stil die huis verlaat en al deur die tuine gehou tot buitekant die dorp. Daar het ek die wagte stadig bekruip en ongemerk tussen hulle deurgegaan. Vroeg die nag was ek tuis. Ek het lekker gaan slaap, want ek het geweet hulle sou nie voor die volgende môre ontdek ek is weg nie.

Die volgende dag het ek kennis gemaak met verskeie burgers van genl. De Villiers en dit was my plan om by sy kommando aan te sluit. sodra ek my boerdery ’n bietjie gereël het. Toe kom daar gerugte dat ’n groot mag op pad van Kimberley is om die klompie Boere te kom vang. Inderhaas het ons besluit om met al ons goed te vlug. Ons het getrek tot die eerste plaas van ons af. Ek was doodgerus, want ek het gedink dat die Boere tussen ons en die Engelse mag was. Dit was egter ’n misverstand.

Die volgende môre toe ons wou inspan, sien ons net dat die hele aarde vol perderuiters is wat op ons afstorm. Ek kon darem nog betyds wegkruip. Die Kakies het die wa ingespan, die kleinvee en beeste omgekeer, met hulle teruggetrek en fees gevier met hul buit. My skape, 1800 in getal, het hulle bymekaar gekeer, geslag, doodgesteek en vermink. Toe die wa aan die beurt kom om aan die brand gesteek te word, het my vrou die goed gevra wat nog op die wa was. Die offisier het dit toe laat aflaai en die wa aan die brand gesteek. Ook het sy hom die skape gevra wat nog geleef het. Ook dit het hy haar toegestaan. Sy het net 250 stuks groot- en kleinvee teruggekry. Na die konvooi vertrek het, het my vrou en mnr. Frits Chatterton die verminkte skape doodgemaak.

Ek het die hele dag in die bosse geskuil. Die middag toe ek sien die vyand vertrek, het ek nader na die pad gekruip om te sien of hulle my vrou en kinders saamvat. Ek het plat tussen die driedorings gelê. Die hele laer was al verby toe ’n kleurling met ’n paar los perde op my afkom. Die een perd het geskrik en toe die man kom kyk waarvoor sy perd skrik, het hy my gesien en met alle mag geskree: “Hier’s ’n Boer! Hier’s ’n Boer!”

Daar het hulle my gevang en op ’n kanon laat ry tot op Kaiingsvlak. Die volgende môre het ek voor die krygsraad gekom en die vernaamste getuie teen my was een van die swart plaaswerkers. Ek is ter dood veroordeel.

Twee wagte het my ’n ent uit die laer geneem en gewag op die teken om my te skiet. Vyf, tien minute het omgegaan. My gevoel kan ek nie beskryf nie. Dit was vreeslik hierdie wag, wag op die dood.

Nadat ons omtrent ’n halfuur daar gestaan het, het die offisier my laat terugbring en die voltrekking van die vonnis tot die volgende dag uitgestel. Daardie dag het dit verskriklik gereën en die nag moes ek saam met ’n ou swart man wat hulle gevang het, onder een kombers slaap. As ek effens wegskuif, kry ek ’n stamp met die geweerkolf en word met ’n vloek beveel om stil te lê. Elke keer fluister die ou man dat ons twee moet wegloop.

Die volgende dag het die konvooi getrek tot op Ghasip. Daar het twee soldate my weer ’n ent uit die kamp geneem en tussen ’n paar turksvyboompies laat staan. Die een wag, ’n bejaarde man, het my gevra of ek ’n vrou en kinders het. Ek het bevestigend geknik; praat kon ek nie - my gemoed was te vol. Hy het sy kop medelydend geskud en gesê: “Ek is jammer vir jou.”

Ek het daar ’n halfuur op die dood staan en wag. Eindelik het die offisier my weer laat terugkom en gesê dat hy nie die doodsvonnis sal laat voltrek nie, maar op bevele van Kitchener sou wag. Wel, dit het vir my maar net ’n verlenging van die lyding beteken, want lord Kitchener het net een bevel gegee, en dit was die doodsvonnis.

Toe begin ek planne maak om weg te loop. Dit sou verkiesliker wees om in die poging om te kom as om so weerloos soos ’n hond doodgeskiet te word. Al die kuile was vol water en ons het toe net langs ’n lang kuil gestaan. Die reën het nog gedurig geval. Ek voel koud en honger, maar my besluit is geneem - vanaand moet ek wegspring.

Die aand het twaalf wagte my opgepas. Hulle het ’n groot vuur gemaak en ’n pot kos daarop gesit. Hulle het rondom die vuur gaan sit met my tussen hulle. Elke keer rol ek my broekspype ’n bietjie hoër en maak tussenin allerhande grappies met die Tommies. Ons het heeltemal vriendskaplik met mekaar geraak en hulle het my ’n stuk vleis gegee, wat maar alte welkom was.

Toe dit mooi donker was en die wagte taamlik geurs, spring ek weg, dwarsdeur die kuil water, anderkant uit en halsoorkop dwarsoor ’n paar rye soldate wat al lê en slaap het. In ’n oogwink was hulle op en hardloop almal in een rigting. Ek hardloop saam totdat ek maklik tussen die bosse kon wegraak. Die wagte het van anderkant die kuil ’n paar skote gelos, maar ek het hulle nooit weer gewaar nie. Na ’n rukkie was alles weer doodstil. Ek het op my knieë neergeval en dankbaar gebid.

Ek het die wêreld hierlangs goed geken en koers gehou tussen die haak-en-steek deur. Die anderdagmôre was ek omtrent drie myl van my woonplaas af, maar ek was byna kaal geskeur. Ek het die hele dag in die rante geskuil en toe dit begin donker word, aangestap huis toe. Maar ek kon nou byna nie loop nie - ek het ’n pyn in die regterknie gehad en dit het so geswel dat ek die broekspyp moes , oopsny. Teen tienuur het ek op die werf aangekom. Daar was nog lig in die huis en ek het versigtig nader gekom en deur die sleutelgat geloer.

Binne het my vrou en oudste dogter gesit en die dogter het net gesê: “Mamma, ek is seker hulle jok, Pa is nie gevang nie,” toe klop ek saggies aan die deur. Dit was ’n blye ontmoeting. Terwyl ek iets geëet het, het die kinders wag gehou. My been het erger geword, en ek kon nie verder nie. Ons moes ’n plan maak. My vrou en kinders het in die vloer van haar slaapkamer ’n gat gemaak en ’n plank met seep daarop reggesit om oor die gat te skuiwe ingeval die vyand opdaag. Ek het toe ’n paar dae in die kamer gebly sodat my vrou die been kon verpleeg.

Die volgende dag kom ons buurman, mnr. Frits Chatterton, en sê aan my vrou dat ek op Ghasip doodgeskiet is. Om niks te laat merk nie, het sy gesê: “Ja, ek sal dit glo as ek sy graf sien.”

’n Paar dae het ek in die huis gebly totdat my been so was dat ek dit kon versit nie. Bedags het my vrou die kos gebring en ongemerk van onder haar voorskoot laat afval in die put. Dan hou sy wag tot ek uit die tonnel kom en weer weg is. So het ek nog ’n week deurgemaak, maar dit was maar baie onveilig. Sodra my been beter was, het ek op my veeplaas omtrent ses myl van die huis in die rante gaan skuil. Hier het my broer altyd vir my kos gebring. Na ek ’n rukkie daar gebly het, het my oudste seun en ’n paar burgers by ons huis aangekom. My vrou het my dadelik laat roep, en ek is saam met hulle na die kommando van genl. De Villiers en het in die veld gebly tot met die vredesluiting.

Op ’n dag het ’n patrollie van ons oor Ghasip gery, en daar het ek toe op my graf afgekom met die grafskrif: “Willem Johannes Hermanns. Doodgeskiet 22ste September 1901”.

Die Huisgenoot, 5 Maart 1937.

'n "Waenhuis" in die oorlogsjare

G.J. Joubert

In die laaste ses maande van die oorlog is ons in die Noordoos-Vrystaat so oorstroom deur vyandelike magte dat daar op die plase niks oorgebly het wat hulle kon wegneem nie; en wat hulle nie kon wegneem nie, is aan die brand gesteek of verniel.

Die vrouens wat nog by die huis was, moes al hul klere wat hulle besit het, dra om dit te behou.

Tussen die blokhuislyne in daardie streek het daar omtrent 60 000 troepe op en af getrek.

Die een blokhuislyn het van Heilbron oor Frankfort, Vrede tot aan die Drakensberge gestrek en die ander van Kroonstad oor Lindley, Bethlehem en Harrismith. Dan kom hulle byvoorbeeld van Heilbron en Kroonstad, trek man aan man en dryf ons vooruit tot op ’n punt waar ons dan in die nag moes deurbreek om vry te kom. Op dié wyse het hulle baie burgers, vroue, kinders en vee gevang.

Ons het nog enkele karre en waens gehad waarmee ons nie kon deurbreek nie.

Ons het dus die plan beraam om die waens en karre in die “waenhuis” te stoot. Die “waenhuis” was ’n diep gat water. Die wa of kar word dan op die wal getrek en agteruit in die water gestoot sodat dit toe onder die water is. Wanneer die vyand verby is, word dit weer uitgetrek.

Op hierdie wyse het ons een nag in Februarie vier waens in die “waenhuis” gestoot wat ek weer in Julie help uithaal het.

Op dieselfde wyse het ons ook koringmeel gebêre.

As jy ’n streepsak meel goed toewerk en dit in ’n gat water skiet, kan jy dit later uithaal en droogmaak. Die meel kom niks oor nie: die meel wat onmiddellik aan die binnekant van die sak is, word nat en vorm ’n laag deeg waardeur die water nie kan dring om die res nat te maak nie. Met mieliemeel kan dit egter nie gedoen word nie. aangesien dit deur en deur nat  word.

Die Huisgenoot,

8 Augustus  1939

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2853 gaste aanlyn