NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om dood te gaan, is geen kuns nie.  Almal, selfs die slegstes, kry dit reg.  Om reg voorbereid te wees, is ’n ander saak!   Die Bybel leer ons nie net om reg te leef nie, maar ook om reg dood te gaan.   Om te sterf is vir gelowiges ʼn ongelooflike avontuur maar vir ongelowiges ʼn ongekende verskrikking!

UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (12)

Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog

Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.

Ceylon toe? Nee, nooit!

W.H. Boshoff

Teen die einde van die oorlog het klein klompies burgers in Transvaal en die Vrystaat rondgeswerf om waar moontlik die groot Engelse kolonnes lastig te val. In Maart 1902 het so ’n groepie oorblyfsels van die kommando’s van Ermelo, Bethal, Carolina en Middelburg onder kmdt. Davel een aand op die plaas Remhoogte, distrik Ermelo, gaan oornag.

Dae aaneen was ons al ongerus, want ons het verneem dat genl. Bruce Hamilton uit Ermelo gaan optrek om vir goed ’n einde te maak aan die lastige Boerekommando’tjies. Ons groot vrees was nie om op die slagveld te sterf nie, maar om gevange geneem en na Ceylon gestuur te word, Ceylon of enige van die Indiese kampe. Hoekom die vrees vir Ceylon so groot was, weet ek nie, maar van ons klompie was ek seker die bangste om van my land weggestuur te word. Liewer die dood as banneling in ’n vreemde land. Die vrees was byna ’n obsessie.

Die najaarsreëns het al dae lank geval. En daardie tyd het dit nog gereën hier in Transvaal! Die aarde was deurweek en die spruite en riviere tot oorlopens toe vol. ’n Goeie perd wat nie bang was vir water nie, was goud werd. Gelukkig dat ons genoeg Tommies kon gevange neem om hul jasse, komberse en ammunisie buit te maak, anders sou ons maar swaar gekry het met die reëns en koue nagte van die naderende winter.

Ons wou die nag op Remhoogte slaap, maar ons spioene bring ons vroeg die oggend al die tyding dat genl. Hamilton ons met ’n kolonne van I 800 man agtervolg. Ons het goed geweet dat hy gelei word deur ‘n paar joiners. Gou gewaar ons die voorhoede van die vyand. Kort daarna was daar ’n kwaai geveg. Ons was goed verskuil en ver van mekaar versprei sodat die vyand nie ons getalle kon skat nie. Tot  omstreeks twee-uur die middag het ons hulle goed op ’n afstand gehou, en soos dit op baie ander plekke gegaan het waar ’n paar dapper Boere ’n hele kommando van die vyand teruggedryf het, geluk dit ons ook om hulle te sien omdraai en op die vlugslaan - of so het dit ten minste vir ons gelyk. Ons was nog meer in ons skik toe ons sien dat hulle heeltemal draai en koers vat terug na Ermelo.

Die hele dag het dit eenstryk deur gereën. Oral blink die water; die spruite het bruisende riviertjies geword. Stadig klaar die weer op, en weldra skyn die son. Hoe welkom is sy strale tog nie op ons nat klere nie! Die heerlike warmte is van korte duur, want die son sak vinnig. Nog ’n rukkie vertoef ons op die hoogtetjie tussen die klippe, en nadat elkeen sy stuk droë pap ingewurg het, vertrek ons in ’n rigting teenoorgesteld aan dié waarin die vyand ’n paar uur vantevore “gevlug” het.

Afgemat is ons vyftigtal burgers na Remhoogte. Ek het koud, nat en vol pyn op ’n stampende karretjie gesit wat deur vier muile getrek is. ’n Perd het my ’n ruk vantevore op die been geskop en ek het baie pyn verduur as ek moes perdry. Langs die muile het my drie swart perde gedraf.

Vroeg die aand het ons op Remhoogte aangekom, vuurgemaak, koffiewater gekook - ja, water vir swart, bitter mieliekoffie en ’n potjie pap gemaak vir die aandete en die volgende dag. Nadat die perde en muile gespan was, het daar stilte in die kampie gekom. Almal het gaan slaap en geen brandwag is uitgesit nie.

Natuurlik was dit nalatig. Maar ons het mos gedink dat ons die vyand teruggedryf het; hulle het wel verraderlike joiners by hulle gehad as gidse, maar ons het gereken hulle was net so moeg soos ons.

Intussen het die vyand omgespring van ’n plekkie waar hulle die middag gekampeer het. As gidse het hulle oorlopers gekies wat die wêreld goed geken het. In die helder maanlig kon hulle vinnig die vars spore op die nat grond volg.

Gelukkig het een van ons die gedreun van die perdepote gehoor en die slapende manne wakker geskud. Gou was dit net ’n geroep en gewerskaf om alles vir ’n haastige vlug gereed te kry. Daar galop party al weg; hier sukkel ’n ander nog met sy perd se nat spanrieme, en hier haas ek my om gou, baie gou, met ’n paar behendige vatte die tuie oor die vier muile te kry en my drie perde daaraan vas te maak. Vinnig nader die aanstormende vyand, maar ek kom darem betyds weg.

Dit skiet, raas en skreeu, maar ek voel nou veiliger, want die vyand bly agter op hulle uitgeputte diere. Helaas! Daar trek my muile skeef en swaai naderhand reg terug. Een van my perde het voor om die muile gespring, en voordat ek die spul uit die war kon bring, is die vyand op my.

“Hands up!” bulder ’n Tommie. Vinnig word ek ontwapen en sewe wagte om my geplaas. Die res van die vyand agtervolg nog die ander Boere. Dit geluk hulle om party te vang, maar die meeste spring vry.

Vroeg die oggend begin dit weer reën. Fyn sif die druppeltjies op ons neer. My muile staan nog ingespan, maar die drie perde is nou agter die kar aan hul halterrieme vasgemaak. Moedeloos staan ek die spul en aanskou. Sou hulle my nou ook Ceylon toe stuur, of miskien na St. Helena?

“Wat, dink jy, gaan hulle met ons maak?” vra ek aan een van die wagte. Blykbaar het hy my nie verstaan nie, want hy antwoord nie - hy verroer hom selfs nie eens nie. Versigtig loer ek in sy rigting totdat ek hom vol in die gesig kyk. Kan ’n mens so moeg wees dat jy kan staan en slaap? Nou en dan gaan die oë so half oop en staar leweloos voor hom uit. Ek neem so ongemerk ook die ander in oënskou. Ja, die laaste een is so te sê vas aan die slaap.

Nou is ek nie meer moedeloos nie, en my gedagtes werk vinnig om van die gulde geleentheid gebruik te maak. Nou nie meer Ceylon toe nie! Kom ek nie weg nie, wel, dan maar liewer dood! Dan het ek tog darem gebruik gemaak van die een kans uit honderd, en niemand sou my dit verwyt nie.

Ongemerk kom my hand uit my sak met my knipmes. En voordat jy kan sê “Knipmes!” was die rieme waarmee my perde vasgemaak was, afgesny. Geen tyd om nou aan ’n seer been te dink, ’n saal te soek of om net eers tou-in-die-bek te sit nie. Met een spring is ek op Prins se rug - hy was een van my drie perde - en nog voordat die Tommie wis wat gebeur, lê hy op sy rug in die modder, en daar trek ek met een van die twee ander perde aan die riem, terwyl die derde my volg. Nog geen tien tree was ek weg nie of daar knal die eerste skoot - maar dis mis. Nou gaan dit al hoe vinniger reguit af op ’n spruit wat ongeveer twee myl verder lê. Daar lê my enigste redding, want ek het geweet dat die spruitjie kant en wal loop en dat ’n perd hom moet ken om oor te kom. En my perd ken die ding!

Die hele kommando probeer van links en regs om my voor te keer, maar die swart perd lê plat soos hy haal om uit te kom. Die vyand kon op die oomblik nie skiet nie, uit vrees dat hulle hul maats aan die oorkant tref. Maar toe die agtervolgers begin uitdun en daar nog net een op ’n wit-blou perd my agtervolg, moes ek net lelik plat lê om nie getref te word nie. Die oggend het die vyand gelukkig, soos by so baie ander geleenthede, die visier seker op agt honderd tree gestel gehad en op twee honderd gemik, of andersom.

Wat my dronkslaan, is dat my agtervolger, ’n joiner, my nie kon tref nie. In elk geval, dis naderhand net ’n wedloop tussen my en hom, en die spruit nader vinnig. Die Engelse kommando het nou na links en regs uitgesprei en my teen die vol spruit probeer vaskeer. Ek, weer, pyl op die plek af waar ek weet die spruit op sy nouste is, want ek was goed bekend met daardie streek. Voordat ek nog wis wat gebeur, spring Prins met my byna skoon oor. Net sy agterpote het die water geraak. En daar jaag ek weer net so vinnig as wat die getroue dier kon loop.

’n Rukkie hierna kom my agtervolger ook by die spruit. So in die jaag sien ek hoe sy perd botstil gaan staan op die spruit se wal. Hy wou dus nie die sprong waag nie. Nou eers begin hy skiet - net een skoot tref my, maar gelukkig net deur ’n vou in die baadjie, net onderkant my hals soos ek plat op die perd se nek lê. Toe die kleingeweervuur naderhand ophou, hoor ek dat hulle met die bommeksims op my begin lostrek. Om nie getref te word nie, draai ek nou links en dan weer regs. Soms hou ek stil, en dan val die bom voor my. So het dit aangehou totdat ek oor die gesigseinder verdwyn het, nog altyd gevolg deur my twee ander perde.

Laat die aand kom ek toevallig by my swaer Willie de Jager. Hy is die nag ook gevang, en het die oggend ook daarin geslaag om te ontsnap. Die nag het ek en hy onder ’n dun tafelkleedjie geslaap - al wat ons op die verlate vlaktes kon optel. Daardie selfde nag was ons weer in groot gevaar om gevange geneem te word, want ons het in die riete op die rand van die pannetjie geslaap, terwyl die Engelse rand-om die pan getrek het.

’n Kort rukkie ná dié gebeurtenis is die vrede gesluuit, en ons moes gaan wapens neerlê op Remhoogte, en by dieselfde generaal Bruce Hamilton. Daar herken hy die drie swart perde en sê aan my: “Come on, my man, I’ll give you £300 for your three horses.” Ek het hom in gebroke Engels laat verstaan dat ek nooit my getroue diere, wat soos ware vriende vir my geword het, aan hom sou verkoop nie.  Prins is in 1918 op my plaas Kromdraai van ouderdom dood nadat hy jare lank genadebrood geëet het. Die ander twee het ek afgestaan aan ’n goeie vriend wat hulle graag wou hê en wat hulle baie goed opgepas het.

Die Huisgenoot, 22 Januarie 1937.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2873 gaste aanlyn