NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet – daarin is ons slawe – Neh 39:6

UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (14)

Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog

Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.

Boer en Brit vier saam fees

Kaptein R.J.F. Britz

Onder die Vrystaatse Afrikaners is Kersfees voor die oorlog nie kerklik gevier nie. Kersdag is gewoonlik stil deurgebring, en dinge het maar hul gewone gang op die plase gegaan. In een enkele geval onthou ek dat die bure bymekaargekom het en daar toe sport gehou is met perderesies en skyfskiet.

Die laaste Kersfees in die oorlog (1901) het ons klomp jonges in die staf van genl. Nieuwoudt besluit om die dag te vier en dat perderesies die vernaamste sport sou wees. Twee dae voor Kersfees het ons ’n program opgestel, dit gestuur aan kommando’s in die nabyheid en hulle uitgenooi na Paljasfontein, waar ons gestaan het. Nadat alles gereël was, moes ons nog die toestemming van die bevelvoerder kry.

Hy was verbaas toe hy ons versoek hoor:

“Wil julle op Kersdag sport hou?” het hy gevra.

Ons het verduidelik dat daar nie op die resies gewed sou word nie en dat dit maar ’n onskuldige feesviering sou wees.

Na ’n rukkie nadink antwoord hy: “Julle sal môre resies jaag, maar nie die soort resies wat julle nou vra nie.” Toe ons hom vra watter soort resies hy bedoel, antwoord hy dat ons miskien Engelse sal jaag.

Ons gaan toe terug na ons maats en sê vir hulle wat die antwoord van die generaal is. Ons besluit egter om maar voort te gaan met die plan, aangesien die generaal nie direk geweier het nie. Aan Engelse jaag het ons maar min geglo, want daar was geen Engelse in ’n omtrek van dertig myl nie.

Ons stuur eers ’n paar kêrels na ’n buurplaas om ryp appelkose te gaan haal om die gaste wat ons genooi het, te trakteer. Op Paljasfontein was daar baie ryp vye.

Die middag laat voor die fees kom daar ’n rapport van ons verkenners dat daar 'n  Engelse mag van Philippolis se kant af aankom en dat hulle op die pad is wat loop oor die plaas Leeufontein, waar een van ons kommando’s staan, ongeveer drie myl van Paljasfontein af.

Die generaal het toe aan kmdt .Pretorius, wat op Leeufontein was, opdrag gegee om die vyand op die plaas in te wag. Die generaal sou dan van agter aanval. Die generaal het die hele nag wakker gebly, en ’n paar van ons saam met hom. Naderhand was dit rooidag, en die generaal sê vir my: “Maak die burgers wakker en sê hulle moet opsaal.”

Nadat ek die fluitjie geblaas en die bevel gegee het, sê die generaal ek moet saam met hom na die kliprantjie gaan, van waar die pad waarop die vyand is, gesien kan word. Toe ons op die rantjie uitkom, sien ons ’n dik streep stof op die pad oor die nek na Leeurivier. Die generaal het die verkyker ’n paar sekondes voor sy oë gehou en sê vir my: “Hardloop soos ’n resiesperd na die huis en stuur ’n boodskap aan kommandante Theunissen en Munnik Hertzog dat hulle dadelik na Leeurivier se nek moet jaag - en bring die staf en verkenningskorps hierheen.”

Ek het dadelik sy bevel uitgevoer. Toe ons terugkom by die generaal, gee hy bevel om die nek te storm. Toe ons in die nek kom, was die Engelse mag al op Leeurivier en ons kon kmdt. Pretorius se kommando sien retireer die anderkant van die plaas uit. Die generaal wou dadelik agter die Engelse aanstorm, maar kommandante Theunissen en Hertzog was nog nie by die nek nie. Hulle het omtrent nog ’n myl daarvandaan aangekom.

Terwyl ons nog op hulle wag, kom ’n perderuiter van agter met die pad waar die vyand so pas verby getrek het. Hy rapporteer dat ’n Engelse konvooi ’n paar myl daarvandaan agter die rantjies aankom. Die generaal besluit toe om die konvooi van omtrent vyftig muilwaens en karre en honderd perderuiters aan te val.

Kmdt. Theunissen kry bevel om met sy kommando aan die regterkant van die pad en kmdt. Hertzog om aan die linkerkant voort te beweeg, die vyand tegemoet. Die staf en verkenners het in die pad afgetrek. Die bevel was om op ’n stap te ry.

Nadat ons ’n entjie so gery het, kom twaalf van die voorhoede van die konvooi voor ons op die rantjie uit. Hulle ry ook op ’n stap. Hulle het natuurlik gedink ons is hulle mense, want ’n halfuur tevore het hulle mense dieselfde pad getrek. Toe ons omtrent vyftig tree van hulle af was, merk hulle onraad.

Ons gee ons perde die teuels en spore, en voor hulle hul geweers kon uithaal - hulle het met die geweers in die geweerskoen gery - was ons tussen hulle en ontwapen hulle. Teen hierdie tyd was die voorpunt van die konvooi ook al op die rantjies en kon hulle sien wat gebeur. Kommandante Theunissen en Hertzog was al op ’n stywe jaaggalop weerskante van die konvooi. Ons storm reg op die konvooi af. ’n Hewige geveg ontstaan, maar binne vyftien minute het ons hulle oorrompel en moes hulle oorgee.

Aan ons kant was een man dood en twee gewond. Van hulle was ’n paar dood maar nie een gewond nie. ’n Paar waens se disselbome was af omdat die muile omgespring het. Ons het die goed op daardie waens oorgelaai op die ander waens en die konvooi dadelik na Paljasfontein laat trek.

Ons buit het bestaan uit ses en vyftig waens en karre en meer as vyf honderd muile en perde, omtrent honderd geweers en duisende patrone. Op Paljasfontein het ons ’n deel van die patrone begrawe en toe na die volgende plaas getrek. Daar het ons uitgespan, die waens afgepak, geneem wat ons wou hê en die waens aan die brand gesteek.

Toe alles tot stilstand gekom het, vra die generaal of ons tevrede is met ons sport. Of ons tevrede was? Al moes ons die verlies van een van ons burgers betreur, was ons hoogs in ons skik met ons feesviering. Vir elke Engelse soldaat was daar ’n Kerspakkie, bestaande uit ’n klein dadelpoeding, ’n pakkie sjokolade, ’n pakkie sigarette en ’n sakpotloodjie van die Koningin, behalwe die drank, koffie, suiker, konfyt, ensovoorts.

Ons het die Engelse wat ons gevange geneem het, genooi om saam met ons fees te vier. Hul aanvoerder was kaptein Watson. Ons het vir die oomblik vergeet dat ons vyande is.

Die Engelse wat agter kmdt. Pretorius aan was, het op ’n plaas agt myl van waar ons die konvooi kafgeloop het, gaan afsaal en op die konvooi gewag. Die middag om drie-uur het hulle by die stukkende waens van die konvooi aangekom en toe teruggetek na Philippolis, waarvandaan hulle gekom het. Hulle was toe seker al baie honger. Mens sou graag hul uitdrukkings wou gehoor het toe hulle agterkom dat hulle al hul kos en drank kwyt was en nog ’n dertig myl moes trek voor hulle weer kos kon kry. Wat ons betref, het die Kersfees twee volle dae geduur.

Ons het aan kmdt. Pretorius ’n boodskap gestuur dat Boer en Brit saam sy deel van die buit vir hom hou en dat hy dit moet kom haal. Hy en sy kommando het die tweede dag saam met ons feesgevier.

Die Huisgenoot, 23 Desember 1938.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2875 gaste aanlyn