NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Ou Testament leer ons dat God reguit houe met krom stokke slaan.   Die Nuwe Testament leer ons dat God gelowiges help om reguit tree op krom paaie te gee.  Sodra ’n mens tot bekering kom, wil jy geestelik groei, die Bybel leer ken en diensbaar in God se koninkryk wees – en daarvoor moet jou geestelike vuur hoog brand.

UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (25)

Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog

Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.

Wat 'n Gesangvers vermag

C. leR.

Tydens die oorlog het bendes op moord- en rooftogte uitgetrek, onder die aanvoering van een of meer wat die plase haarfyn geken het.

So het dit gekom dat ’n bende op ’n aand omstreeks nege-uur die huis omsingel het waarin my ouma, my moeder en twee tantes was. My oom, wat destyds vyftien jaar oud was, het buite wag gestaan.

My moeder-hulle was besig om huisgodsdiens te hou. Intussen het daar swartes nader gesluip. Die voorstes was omtrent dertig tree van die huis toe my oom hulle gewaar. Stil het hy die huis binnegegaan en gesê dat die huis deur minstens dertig of veertig swartes omsingel is.

Maar die huisgodsdiens is voortgesit en weldra het die note van Gesang 20 uit die huis opgeklink.

Die swartes het hul hoede afgehaal en in ’n kring ongeveer twintig tree van die huis gaan sit. Toe die laaste note in die aandstilte wegswerf, het hulle opgestaan en in die donker verdwyn, so stil soos hulle gekom het.

C. le R. in "By die Uitspanning", Die Huisgenoot, 8 Januarie 1943.

Gesang 20 het in die ou Gesangboek onder meer die volgende bevat: "Waar ons (jeen schepsel helpt, helpt Hij, Als alles vlugt, staat Hij nabij; in rust en vreugd, in nood en strijd,/Blijft Hij dezelfde t'aller tijd."

Wegkruipertjie in die spruit

C.M. du Toit

My huisgesin het destyds uit sewe mense bestaan: my man en ek met ons drie kindertjies, ’n ongetroude suster van my, Sannie, en ’n dogtertjie van tien of elf jaar oud, Fien Fourie. Omdat my man besonder swak was van gesig, is hy nie tot aktiewe kommandodiens opgeroep nie, maar moes hy tog dikwels waar nodig diens doen in belang van die kommando’s, sodat ons ses ander hulpeloses meer as een maal alleen tuis was. Ons was toe op die plaas Bossiesspruit, net waar die spruit in die Vetrivier loop by Brandfort.

Op ’n dag in Januarie 1901 is ’n Engelse kolonne oor ons werf. Dis ’n geraas en ’n gedoente van die wiele en perdepote, die geskreeu van drywers en veewagters, die gebulk en geblêr van groot- en kleinvee. Hulle neem die hele erf in, waens voor en agter die huis om. Kans vir vlug is daar nie. Nou en dan kom daar ’n offisier aanklop om ’n glas water of melk. Drie maal die dag is ek aangesê om my gereed te hou om saamgeneem te word. Of hulle my vergeet het en of hulle nie meer plek gehad het nie, weet ek nie. Maar toe alles na ure en ure verby was en dit weer stil word, kon ek weer in my eie huis sing: “Rus my siel!”

Die dag het die Engelse al ons plaaswerkers weggevoer, en ook die paar melkkoeie, ’n nuwe tentkar en ’n paar nuwe tuie. Hierna was daar ’n tydjie stilte, hoewel ons nooit eintlik gerus gevoel het nie, veral as ons hier of daar die rook sien opstyg van een of ander boerewoning wat afgebrand word.

Een more word ons voor sonop begroet met kanonskote. Die nag het daar ’n paar kommandomense by ons op die werf geslaap. Hulle moes net gou maak om hul perde in die hande te kry en weg te kom.

Fien word met die baba vooruit gestuur na die rivier se bosse met die twee ander kleintjies op ’n draffie agterna, terwyl Sannie haar bes doen om eetware en ander belangrike goedjies hier en daar op ’n veilige plekkie in die tuin of in ’n sloot weg te steek. Ek sit ’n bont sisvoorskoot aan en pak dit vol met al die nodigste vir die dag, soos brood, gekookte eiers, medisyne, ensovoorts. ’n Groot beker melk bly ook nie agter nie. Eindelik is ons twee haastig agter die kinders aan en het met hulle tussen die bosse en struike deurgesukkel. Ek het ’n mooi plekkie tussen die bome gekies waar ons almal gaan sit het om te rus - byna sprakeloos, want my bors wou toetrek.

Na ’n hele rukkie word ons verskrik deur ’n kanonkoeël wat oor ons trek met die geluid van ’n klein vulletjie se skreeu. Nie lank nie, toe weer een, maar ’n bietjie verder van ons af. Toe fluit kleingeweerkoeëls by ons verby. Die vyand het ’n klompie burgers bespeur en was besig om op hulle te skiet.

Later die dag het ons ’n tante ontmoet wat ons meegedeel het dat die vyand terug is. Ons het byna sononder tuisgekom en die huis in die grootste wanorde aangetref. Die goed wat nie weggeneem is nie, is oral rondgegooi.

Hierna wou ek nie langer daar bly nie, en my swaer Gert het ons kom haal met ’n ossewa. Nou was ons vier huisgesinne [vroue en kinders] op een plaas en was dit byna ’n algemene vlugtery. Van die burgers het ons gewoonlik op hoogte gehou met die bewegings van die vyand. Hulle kom ons dan sê in watter rigting ons moet vlug, en help ons gou inspan en wegkom. Te alle tye moes ons gereed wees, vroeg of laat, dag of nag. Ons wa het dan ook gedurig gereed gestaan voor die deur, half opgepak, en die osse word naby gehou. Sommige het met kar en perde gevlug.

Dit het gebeur dat ons ’n ent gevlug het tot waar ons dink dis veilig, dan word uitgespan, koffie gemaak en iets genuttig. Nou word kos op die vuur gesit vir die volgende maaltyd. Maar nie te lank nie of die bevel kom: “Inspan en ry, die of daardie rigting.” Nou gaan alles halsoorkop om weg te kom. Die potte met half gekookte vleis word net so geneem en voorop die wa of onderaan die wa vasgemaak tot waar ons weer tot stilstand kom. Hier word dit afgehaal en verder klaar gekook. As alles dan verby is, moet ’n mens nooit praat van al die pret en grappe en die geterg en gespot onder mekaar nie.

Na weer ’n tydjie stilte het ons te gerus geword en die osse te ver laat loop na hul ou weiveld toe. Hier kom weer die tyding: die vyand kom sooos sprinkane oor die aarde van Brandfort se kant af, en ons moet so gou moontlik padgee. Almal wat daar was, het die hasepad gekies, behalwe ons ses. Wat nou gedoen? Ons kies die spruit met sy hoë walle wat nie ver daarvandaan is nie. Êrens in ’n wal ontdek ons ’n soort grot - eers ’n reguit gangetjie van ’n paar voet lank, dan weer een regs, en dan ’n groot opening reguit onder die oppervlakte van die grond in, soos ’n kamertjie. Hierin het ons ons intrek geneem en geskuil tot die tweede dag byna sononder.

Toe kon ons nie langer bly nie, omdat die voedsel wat inderhaas saamgeneem is, op was en die kindertjies behoorlik versorg moes word. Maar ons weet nie wat by die huis of op die werf aangaan nie, en ons moet begin spioeneer.

Eers loop Sannie en toe ek om te sien of ons iets gewaar. Nou is dit al sterk skemer. Sannie waag dit weer, loop nog nader aan die werf, en kom met die berig dat sy mense by die kraal hoor wat besig is om te melk. Ons weet nie wie dit is nie, maar moet dit waag. Sannie gaan nader en opeens hoor ek stemme praat en lag. Maar dit was ’n verligting! Twee burgers, van ons bekendes, het gaan kyk wat op die plaas aangaan en het gedink dat al die vroue weggevoer is kamp toe.

Ons ontdek toe dat die vyand nie op die werf was nie, maar weerskante van die plaas verbygetrek het in die rigtings van Hoopstad en Boshof. Die nag kon ons weer heerlik op ons beddens slaap en die volgende dag met ons gewone werkies voortgaan.

Nog een keer kon ons in die huis oornag. Die volgende môre terwyl ek besig was om ontbyt te maak, kom een van die burgers, mnr. Le Roux, by die agterdeur en sê ek moet ’n bietjie kom luister. Ek luister. Dis ’n gedruis soos van sterk water. Die Engelse was aan die kom. Toe is daar ’n warboel, want die een is besig om sy saal reg te maak en ’n ander werk aan sy skoene. ’n Swaertjie van my, omtrent elf of twaalf jaar oud, is besig om ’n skaap af te slag en ’n ander om koeie te melk. Maar so gou as moontlik is elkeen op sy ryperd en daar trek hulle.

Ons klompie kies weer die spruit en haal uit om by ons grotkamertjie te kom, maar ons was te laat.

Binne drie maande nadat ons in Julie 1901 van die plaas weggevoer is, is my kindertjies al drie aan die skoot van die aarde toevertrou in die konsentrasiekamp van Brandfort.

Die Huisgenoot, 3 Desember 1937.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2837 gaste aanlyn