NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geduld is om 'n moeilike situasie van God te aanvaar sonder om Hom 'n einddatum daarvoor te gee.

UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (26)

Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog

Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.

Tussen twee vyande

Anna Susanna Meyer (gebore Eloff), opgestel deur J.H. van Dyk

Dit was September 1901.  Reeds in November 1900 is ons huis op Groenfontein in die Rustenburgse distrik deur die Engelse afgebrand. Om die een of ander rede, waarskynlik omdat die Boerekommando’s op hul hakke was, het hulle ons nie weggevoer na die konsentrasiekamp nie. Met die paar stukkies of krummeltjies wat aan ons gegun was of wat ons uit die puin gered het, moes ons die veld kies. Agtien maande sou die ossewa, sy tent met dun blik oorgetrek, ons enigste skuiling wees, en die Bosveld met sy rante, klowe en bosse ons skuilplek.

In die somermaande was dit stil omdat die vyand bang was vir koors- en perdesiekte, maar die res van die tyd het hulle ons nooit met rus gelaat nie. Soms alleen, maar meestal in geselskap van ander families, het ons heen en weer gevlug, partykeer diep die Bosveld in en dan weer terug tot by ons huis.

Op al hierdie togte was ons nie net afhanklik van Boereverkenners wat ons gereeld ingelig het oor die vyand se bewegings nie, maar ook van die land - die omgewing van die Magaliesberge en Swartruggens - wat ons genoeg skuiling gebied het, en die wa en osse waarmee ons saam met perdekommando’s kon vlug. Die span osse was net so goed soos muile. Wanneer klein Labius, ons swart touleiertjie, voor die span is, ons dogters voor op die wakis die sweep swaai en die osse eers begin draf oor die ruwe veld, kon mens die bliktent myle ver hoor, maar nooit het die vyand ons ingehaal nie.

Tog is ons getalle met verloop van tyd uitgedun deurdat die vyand telkens snel bewegende kolonnes agter ons aangestuur, ons soos wild uitmekaar gejaag, en die ongelukkiges wat nie vinnig genoeg kon wegkom nie, gevange geneem en aangery het kampe toe.

En nou, in September 1901, het ’n klompie bekendes en familielede met hul gesinne op Lindleyspoort bymekaargekom. Onder andere was daar my vader, Johannes Frederik Eloff, sy swaer Daniel Erasmus, wie se vrou en dogters reeds in die kamp was, maar wat sy drie seuns nog by hom gehad het; verder die broers Frederik, Gert en Theunis Eloff, Casper van Wyk en Stoffel Fourie, ons laerkommandant en skoonseun van pres. Paul Kruger.

Op 26 September het ’n paar Engelse kolonnes van die Hoëveld op ons afgestorm. ’n Klein Boerekommandotjie het in alleryl by ons verby gevlug en ons gewaarsku. Ons was genoodsaak om agterna te vlug in ’n noordelike rigting, dieper die Bosveld in na ’n streek waar die Engelse selde of nooit ingedring het, maar wat een van die dorste streke van die Bosveld was. Buitendien het ons geweet dat die omgewing baie onveilig was omdat swart bendes daar ongestoord rondgetrek en geplunder het.

Die bietjie water wat ons in kannetjies op die waens gehad het, was vroeg al gedaan; die osse was flou, die oë diep in die kasse weggesink van die dors en die aanhoudende draf met die waens oor die ongelyk veld. Die gekerm van vroue en kinders oor water sal ek nooit vergeet nie, maar aan stilhou en water soek was daar nie te dink nie, want die agtervolgers het steeds nader gekom.

In die nag het ons weggeswaai in die rigting van Holfontein, waar daar fonteine was. Die plaas was omring deur hoë koppe met ruie bosse. Van ver af kon ons die koppe vaag teen die lug sien, maar het gewonder waarom daar honderde vuurtjies daarteen flikker.

“Mense, ek sê vir julle dis swartes daardie,” het oom Daniel Erasmus onrustig opgemerk. “Ag, man,” het oom Stoffel gerusstellend opgemerk, “jy wil weer net oproer onder die vrouens wek. Dis veeposte van swartes.” Daarby is die saak gelaat, want oom Stoffel was laerkommandant.

Sowat elfuur die aand het ons tussen die koppe deurgetrek. Hier en daar het nog vuurtjies gesmoor. Naby die sloot waarin die fontein was, het ons uitgespan. Sodra die jukke van die osse se skowwe af was, het hulle met ’n woeste vaart op die fonteintjie afgestorm. Die mans moes hardloop om vir die dorstige mense water te skep voordat die diere dit in die modder vertrap. Omdat die fonteintjie swak was, het ons party spanne sonder water aan die jukke vasgebind om hulle dan die volgende môre vroeg te laat drink.

Die stemming in die laertjie het weer opgeruimd geraak. Vure is aangepak en aanstaltes gemaak om kos te berei. Die laerkommandant het vyf jong manne teruggestuur om te kyk of die Engelse nog aankom. Intussen het ons om die vure gesit en gesels. My moeder het ’n skottel deeg geknie om die volgende dag, as dit goed uitgerys is, daarvan vetkoek te bak. Die skottel deeg het sy voorop die wa toegemaak.

Laat, seker lank na middernag, het ons een na die ander ons slaapplek opgesoek. ’n Paar het naby die laer wag gestaan. Dit was stil, maar tog eienaardig vir baie van ons vir wie die slaap nie so dadelik gevang het nie dat duisende voëltjies gedurig met ’n onrustige getjirp van die koppe af oor ons laer heen na die bosse langs die sloot gevlieg het. Wat sou hulle in hulle slaap steur?

Die oggend vroeg het my vader en oom Daniël hulle osse losgemaak en my boetie Corrie en sy neef Johannes Erasmus, skaars dertien en veertien jaar onderskeidelik, aangesê om saam met Labius die osse te laat suip en sommer die ketel vol te maak vir koffiewater.

Daar het lewe in die laertjie gekom. Ons kon die mans onrustig hoor fluister. “Mense, ons is omsingel deur swartes,” kon ek iemand wat ’n entjie van die waens af geloop het, hoor sê. My vader het my moeder en ons kinders kalm gewaarsku.

Die angs het ons meteens beetgepak; ons kon die gedagte aan moorde wat reeds op vroue en kinders gepleeg is, nie verdryf nie. Ons het almal dieselfde vrees gehad: my broertjie tussen die vyandige swartes ...

Die mans - daar was ongeveer vyf en twintig, van wie twintig gewapen was, party met net vyf patrone - het hul geweers gegryp. Hulle het omtrent tagtig tree van die waens af stelling ingeneem, om nie tussen die vroue en kinders te veg nie. Die posisie wat hulle in die oog gehad het, was ’n klein rantjie, maar toe hulle daar kom, het swartes dit reeds beset. Links en regs probeer hulle, maar rondom het die swartes gedurende die nag elke bossie en klip in beslag geneem. In die skemerdonker kon hulle die swartes sien rondkruip. Ernst Coetzer, een van die mans wat hul taal goed kon praat, merk  'n paar ongeveer twaalf tree voor hom.

“Wat soek julle?” vra hy in hul eie taal, maar dieselfde oomblik knal daar ’n skoot en hy val agteroor met ’n koeël deur sy voorkop.

Van alle kante het die swartes nou onder die geblaas van horings aangestorm en die geveg het so hewig geword dat die mans moes retireer tot aan die kant van die laer, en daar moes hulle sonder dekking of skuiling op hul knieë staan en skiet. Die vroue het soos skape in ’n kraal rondgedwaal. Die waens het uitmekaar en in die oop veld gestaan. Net ons wa het langs ’n bos gestaan en daarheen het almal gevlug. Die swartes het so geweldig op die bos gevuur dat die bome naderhand byna sonder blare was.

Een van die mans het die gevaar besef. “Julie moenie so opeendring nie,” het hy vir ons geskreeu, “julle sal almal doodgeskiet word!”

My suster Hannie is een van die eerste wat opspring, maar met die tref die koeëls haar - twee gelukkig deur die klere, maar een deur die palm van haar hand. Dieselfde oomblik raak ’n koeël die ysterketel wat onder die wa hang, en een van die splinters tref haar in die wang, sodat een van haar tande uitgeslaan word. My suster Tiena het agter die mans aangehardloop, maar hulle het haar teruggejaag.

Omtrent halftien, toe die geveg op sy hewigste was, kom my broertjie alleen die laer ingestap - stokflou. Reeds vroeg die môre het hy en sy maats hulle teen die vyandige swartes vasgeloop. “Witmense!” het hulle geskreeu. “Vang hulle!”

Myle ver het hulle die seuns rondgejaag. In die vrugteboord van ’n nabygeleë plaas het my broertjie hulle ontglip. Hy het eers deur ’n kweperlaning gespring, waar sy ketel bly vassteek het, en daarna die lemoenboord ingevlug. Tussen die rye bome met takke laag op die grond het hy telkens soos ’n vlakhaas kortom omgespring en sy agtervolgers ontduik. Koeëls het vir hom geen verskrikking meer gehad nie, en so het hy sy pad deur die laer gevind. Van sy maats kon hy geen verslag gee nie. Doodmoeg het hy soos ’n houtpop bo-op die wakis gaan sit en die koeëls uitgetart.

Die toestand het uiters haglik begin word. Die ammunisie het begin opraak. Baie van die osse wat nog aan die jukke vas gestaan het, was doodgeskiet. Die aanvallers het, sonder om hulle te veel bloot te stel, die kring al hoe nouer getrek. Daar moes dus plan gemaak word om uit te vlug. Die laerkommandant was net besig om bevele te gee dat die waens in dieselfde rigting uittrek as wat ons die vorige nag gekom het, toe die swartes hom bemerk. Hy was goed bekend onder hulle. Ons kon duidelik hoor hoe hulle sy naam uitroep, en tegelykertyd sak hy neer met drie koeëls deur die bors.

Met die hulp van vroue en kinders is party van die waens ingespan onder ’n koeëlreen. ’n Klomp waens moes in die slag bly, want, die osse was of weggeneem of dood. Ook ons wa moes bly staan. My broertjie, nou van sy skrik bekom, het inderhaas van ons beddegoed op die waens wat ingespan was, gegooi, die skottel deeg op sy kop gesit en met ’n emmertjie vet in die hand en my moeder aan die ander hand ingehaak, saam met die waens uitgevlug.

Daar word koers gevat na die nek waaroor ons die vorige aand gekom het, maar oom Daniël Erasmus, wat die plek van oom Stoffel as laerkommandant ingeneem het, merk dat al die swartes na dieselfde nek afstorm om die aftog vir ons af te sny. Meteens laat hy ons omswaai en in die teenoorgestelde rigting vlug.

Ernst Coetzer was dood en ses mans en my suster gewond. Twee gewondes, Casper van Wyk en Jan Jacobs, moes agterbly. Eersgenoemde was lig gewond aan die been, maar hy kon nie loop nie. Sy seun Karel moes hom na die laer dra, maar hy word ook in die been getref, sodat hy sy vader moes neersit. Die orige mans moes die uitvlugtende waens beskerm. Party het voor geloop, ander aan die kante, en die res moes die agterhoede dek. Verskeie osse is in die vlug doodgeskiet. Die strop en riem word dan maar afgesny en sy maat moet die juk sleep.

Tussen elf- en twaalfuur was ons buite gevaar. Die verkenners wat ons die vorige nag uitgestuur het en wat deur die swartes van ons afgekeer is, het nou weer by ons uitgekom. Op die plaas Uitkyk het ons by ’n ander vrouelaertjie waarby ’n klompie burgers was, aangekom. Die wat perde gehad het, is aangesê om die swartes agterna te sit. Hulle was egter reeds weg toe die burgers op die toneel van die geveg kom. Die swartes het alles saamgeneem en die waens aan die brand gesteek. Gelukkig kon die burgers ’n paar waens van die vlamme red. Op die slagveld het hulle oom Casper van Wyk gevind waar sy seun hom die môre neergelê het, maar hy was dood en gruwelik vermink. Vir Jan Jacobs het hulle in ’n bos gekry waar hy weggekruip het met ’n wond aan die voet.

Op Uitkyk het die treurige begrafnis van die gesneuweldes plaasgevind. Die gewondes het gelukkig herstel. Eers die derde dag na die geveg het klein Johannes Erasmus by ons uitgekom.

Die Huisgenoot, 5 November 1937.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2870 gaste aanlyn