NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kry almal 'n laaste geleentheid om na God terug te draai;  besef ons die noodsaak daarvan? Jesus het sy twaalf dissipels uitgestuur met die bevel om in verskeie stede en dorpe te gaan preek om die afgedwaaldes te bekeer; maar as die mense nie na hulle wou luister nie, moes hulle uit daardie huis of daardie dorp uitgaan en die stof van hulle voete afskud; en dán, het Jesus gesê, sal dit vir daardie stad in die oordeelsdag baie erger wees as wat Sodom en Gemorra deurgegaan het.

POLITIEKE SLUIPMOORDE IN SUID-AFRIKA (2)

Lees reeks by Politieke sluipmoorde in SA

PW SE 'AGENTE' WORD MET DIE RIETBOK –VLIEGTUIG NA HUL GRAF GESTUUR

"Die Mechanic was dadelik beskikbaar alhoewel sy fooi verdubbel het sedert hy tien jaar gelede 'n soortgelyke diens naby Terrace-baai in die destydse Suidwes gelewer het..." 

Ná die moord op dr HF Verwoerd was twee ministers kandidate om Suid-Afrika se volgende eerste minister te word:  die Minister van Justisie, John Vorster, en die Minister van Vervoer, Ben Schoeman. Van die begin van die kort veldtog ná dr Verwoerd se dood het Van den Bergh, Suid-Afrika se veiligheidshoof, sy agente in die media en die tegnologie tot sy beskikking gebruik om Vorster een tree voor sy teenstanders te hou. Die polisieman het goeie redes gehad...

In die veldtog voor die premiersverkiesing het die lys telefoonlyne wat deur Van den Bergh se "tegniese afdeling" afgeluister is, aansienlik gegroei. Een van die toevoegings was die lyn na PW Botha, Minister van Verdediging, se huis. Ná Vorster se verkiesing het Van den Bergh besluit om met die "dienste" voort te gaan. Op 'n dag het sy tegniese direkteur by sy kantoor opgedaag en "iets belangriks" aan hom voorgespeel. Dit was die derde gesprek wat sy aandag getrek het:

"Naand", antwoord PW se stem.

"Goeienaand mnr Botha, gaan dit goed?"

"Dit gaan goed met almal dankie." Die man het dadelik tot die punt gekom:

"Toe ek gister in Kaapstad was, het ek 'n paar navrae gedoen. Die Griek het 'n baie diverse geskiedenis."

Botha het geweet die oproeper verwys na Tsafendas. Die Minister van Verdediging wou nie so 'n sensitiewe saak oor die telefoon bespreek nie.

"Ek dink nie dit is die regte medium nie," het hy gesê.

Die oproeper het hom nie aan die waarskuwing gesteur nie.

"Daar is geen rekord van sy bewegings ses dae voor die moord nie."

"Nie nou nie, Johannes, dit is regtig onvanpas," het Botha streng gesê.

"Natuurlik. Ek het net gedink ek sal dit met u deel. Ek verwag 'n besoeker van oorsee wat van groot hulp sal wees. So gou ek al die feite het, sal ons u in Pretoria besoek."

"Dis goed, wees net versigtig," het Botha gesê.

Van den Bergh het 'stop' gedruk en die kasset uitgehaal. Hierdie Johannes, wie hy ookal was. het geklink of hy seker is hy het belangrike inligting. Dit was noodsaaklik dat die geheimsinnige Johannes geïdentifiseer word. Van den Bergh het die telefoon opgetel en 'n opdrag gegee:

"Ek verstaan," het die agent gesê.

Die volgende middag was daar 'n klop aan die deur van 'n huis in Devonstraat, Woodstock. Die eienares, Alice Theyser, het die deur oopgemaak.

Die man het gevra of enigiemand onlangs navrae daar gedoen het oor Tsafendas. Sy het bevestigend geantwoord, dat die persoon min of meer dieselfde vrae as die polisie gevra het oor die kamer wat sy aan Tsafendas verhuur het. Hy het datums gevra en sy het hom gesê dit was van 7 Julie tot 31 Augustus. Ook dat Tsafendas nie sy volgende adres vir haar gegee het nie.

Die man het gevra of dit 'n speurder was waarop sy geantwoord het: "Nee, maar ek het 'n visitekaartjie van hom, sien, hy is van 'n universiteit," en die kaartjie vir die man gegee wat ook wou weet of daar nog spesifieke vrae gevra is, waarop Alice geantwoord het:
"Hy wou weet wie die deposito en die huur van die kamer aan my betaal het. Ek het gesê 'n vreemdeling het twee maande se huur vooruit betaal. Hy het die kwitansie gevra en gesien dis uitgemaak in die naam van meneer Tsafendas. Hy wou die naam hê van die persoon wat betaal het en tot my verleentheid moes ek erken ek het nooit daarna gevra nie."

In Pretoria het Van den Bergh dadelik die telefoon beantwoord toe dit lui:
"Ons vriend is professor Johannes Bruwer van die Universiteit van Port Elizabeth."

Van den Bergh het geswets want hy het geweet Bruwer was die vise-rektor, 'n gerespekteerde waarnemende voorsitter van die Broederbond, en het bande met die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) gehad. Hy het openlik sy afkeer in die land se apartheidstelsel te kenne gegee, nogtans was hy met dr Verwoerd bevriend. Wat as hy 'n afskrif gehad het van die toespraak wat in dr Verwoerd se "vermiste" aktetas was?

Twee dinge moes so gou moontlik vasgestel word: die identiteit van Bruwer se geheime besoeker uit die buiteland en die datum waarop hy van plan was om PW in Pretoria te besoek. Die volgende paar dae sou van kritieke belang wees om dr Verwoerd se moord versluier te hou. Tyd was net so belangrik. Die lang man het floreer op uitdagings maar, soos in skaak, kon een verkeerde skuif 'n ramp beteken. Die oorwinning aan die einde het natuurlik vir al die spanning langs die pad vergoed. Van den Bergh het 'n oproep na sy kantoor in Port Elizabeth gemaak en Bruwer se telefoonnommers verskaf. Die volgende twee dae het beloof baie interessant te wees.

Die verwagte oproep uit Port Elizabeth kon nie gou genoeg kom nie. Die jong polisieman het vertel 'n vrou met 'n duidelik Amerikaanse aksent het die professor by sy huis gebel. Sy het gesê wanneer sy in die kusstad sou aankom, maar nie haar naam genoem nie.

Binne 'n uur is die nommer van die buitelandse oproep neergeskryf en twee oproepe later het Van den Bergh geweet dat die New Yorkse private maatskappy alles behalwe privaat was. Hy het weer 'n nommer geskakel:

"Ja!" het die gewone kortaf antwoord gekom.

"Kry die Mechanic in die hande. Ons het sy dienste nodig," het Van den Bergh gesê.

Voordat besoekers op die lughawe Jan Smuts in Johannesburg geland het, moes hulle 'n doeanevorm invul. Van den Bergh het mej Audrey Rosenthal van Amerika se voltooide vorm in sy kantoor ontvang, Sy het haar huisadres as Kalifornieë aangegee en haar beroep as doktor in die filisofie. Die rede vir haar besoek was 'n "inligtingstoer."

Dié CIA-agent het geskryf dat sy ses weke in Suid-Afrika sou wees. Ná haar aankoms op Jan Smuts het sy die eerste beskikbare vlug na Port Elizabeth gehaal. Gedagtig aan Bruwer se liberale houding en sy verbintenis met die IMF, was dit baie moontlik dat die CIA die kans sou aangryp om sy dienste te verkry.

Van den Bergh het oor Rosenthal se reisplan gedink. In die spioenasiewêreld het 'n mens altyd by sekere grondreëls gehou – 'n agent het nooit reguit na sy ware bestemming gevlieg wanneer hy in 'n vreemde land aankom nie. Enigeen wat die pragtige Suid-Afrika besoek vir 'n inligtingstoer sou die toer in Pretoria of die skone Kaaptad begin het. Rosenthal, wat as 'n ANC-simpatiseerder gereis het, het die winderige stad Port Elizabeth gekies. Dalk het die dringendheid van haar besoek haar die goue reëls laat verbreek. Maar dit was geen verskoning nie, en die gesoute Van den Bergh was diep teleurgesteld.

Hy was darem heel ingenome met die volgende nuus wat hy ontvang het: die Mechanic was dadelik beskikbaar alhoewel sy fooi verdubbel het sedert hy tien jaar gelede 'n soortgelyke diens naby Terrace-baai in die destydse Suidwes gelewer het...

Die polisie in Port Elizabeth het opdrag gekry om uiters versigtig te wees. Hul teenstander sou goed opgelei wees in spioenasie en teenspioenasie. Hulle moes dus liewer op Bruwer as op die CIA-agent konsentreer. Die volgende paar dae het goeie resultate gelewer. Die twee het afsonderlike, maar enerse reisreëlings getref. Op 13 Maart 1967 is Audrey Rosenthal gevolg terwyl sy haar weg gebaan het na Court Chambers, 'n gebou in die voorstad Noordeinde. Soos altyd het sy haar ligbruin aktetas gedra. Sy het die gebou saam met Jimmy Matyu, 'n welbekende aktivis, verlaat. Hulle het geloop asof die strate van die stad aan hulle behoort, tot irritasie van die konserwatiewe wit agente. Later die middag het sy 'n huurmotor na die lughawe gehaal. Die twee polisisemanne wat Bruwer van sy huis af gevolg het, het hulle kollegas by die lughawe raakgeloop.

Op die laaiblad was daar niks buitengewoons aan die tegnikus wat na die geparkeerde Vickers Viscount-vliegtuig gestap het nie. Hy het die onderstel van die Rietbok professioneel ondersoek. Die vliegtuig sou onderweg na Johannesburg in Oos-Londen land. Die 'tegnikus' het rustig en selfversekerd sy werk gedoen. Hy was net klaar toe die passasiers aan boord begin stap. Net toe die son oor die see begin sak, het die Rietbok opgestyg, met twintig passasiers, twee van hulle, 'n man en 'n vrou wat ver van mekaar af gesit het, en vyf bemanningslede aan boord. In die vertreksaal en selfs aan boord van die vliegtuig het die twee oogkontak vermy. Niemand sou kon raai hul gesamentlike eindbestemming was die kantoor van PW Botha in Pretoria nie.

Die Rietbok was eens die persoonlike vliegtuig van Fidel Castro, die Kubaanse leier. Deur die jare het die Russiese aanjaer-brandstof die turbine-lemme gevreet en hulle is nooit vervang ná die Suid-Afrikaanse Lugdiens die vliegtuig gekoop het nie. Dit was 'n nuttige feit wat gebruik kon word in een van die baie teorieë wat Van den Bergh uitgedink het. In die spioenasiewêreld was sulke geloofwaardighede noodsaaklik, en hierdie een het perfek in Van den Bergh se plan gepas.

Dit was 'n stormagtige nag en die see by Kaysersbaai naby Oos-Londen was rof. Twee inwoners van die dooierige vakansiestad het 'n ontploffing oor die see gehoor. Hulle het net betyds opgekyk om te sien hoe 'n vliegtuig in die see neerstort. Die volgende oggend het die radio die nuus van die Rietbok se tragiese einde die wêreld ingestuur. Dit is nie verwag dat daar oorlewendes sou wees nie. Onder die name van die slagoffers was dié van huweliksmaats, enkellopendes, 'n professor, en 'n toeris uit Amerika – 'n doodgewone groep mense wat dit ongelukkig getref het.

In die daaropvolgende dae is die twee ooggetuies, Phyllis Rowland en Ethel Hammond, oorval met oproepe om hul weergawe van die gebeure te gee. Die vloot het 'n mynveër gestuur om die wrak te soek. Soos altyd was daar baie bespiegelinge in die pers. Een gerug was dat die polisie na 'n geheimsinnige bruin aktetas van een van die passasiers gesoek het. Die feit dat die polisie die publiek van die strand weggehou het, het tot die intrige bygedra en samesweringsteorieë aangehelp. Donald Card, die legendariese Oos-Londense veiligheidspolisieman en goeie vriend van Donald Woods, het veral sy eie teorie gehad.

'n Vryskutjoernalis met mooi kurwes, het op die SAS Johannesburg die Oos-Londense hawe binnegevaar. Sy het maklik 'n bron van inligting gekry: 'n duiker het met smaak vertel hoe die wrak van die Rietbok gevind is. 'n Buite-maatskappy het die seebodem vir die vloot gefynkam en videomateriaal wat na die skip teruggesein is, het gewys waar die Rietbok op die bodem lê. Dit was voor en agter struktureel beskadig en albei die vlerke was afgeskeur, waarskynlik weens die impak van die ongeluk. Die meeste van die passasiers was nog in hul sitplekke vasgegespe.

"Alles wat ek jou nou vertel het, is geklassifiseerde inligting," het die duiker gou bygevoeg.

"Wil jy sê niks hiervan is bekend gemaak nie?"

"Ons is opdrag gegee om nie 'n woord te rep nie," het die duiker gesê, maar net daar het sy hoop op 'n aangename aandjie saam met 'n beeldskone vrou soos mis voor die son verdwyn, want sy het haar notaboek gegryp, geen gras onder haar voete laat groei nie en die storie verkoop. Die duiker is verplaas en verbied om ooit weer 'n woord oor die Rietbok te praat.

Gerugte het die rondte gedoen dat 'n senior ANC-lid aan boord was. Later is gesê die enigste prominente persoon op die vliegtuig was die waarnemende voorsitter van die Broederbond, 'n professor aan die UPE. Die owerhede het nadruklik ontken dat die wrak gevind is. Mettertyd het die samesweringsteorieë vervaag.

'n Verslaggewer het vasgestel dat ofskoon die SAL net gesinne van slagoffers vergoed wanneer nalatigheid aan die kant van die lugdiens bewys is, die redery in die geval van die Rietbok 'n uitsondering gemaak het. Maande later het 'n senior direkteur teensinnig aan dieselfde verslaggewer toegegee dat die Rietbok-leêr geheimsinnig uit die kantore van die SAL verdwyn het.

Twee onverwagte besoekers het by Van den Bergh se kantoor opgedaag. Mnr en mev Rosenthal, 'n Amerikaanse egpaar is gevra om te sit. Dit was duidelik dat die twee deur 'n paar moeilike dae is.

"Ons sal dadelik tot die punt kom. Ons dogter, Audrey, was aan boord van die Rietbok. Sy het vir die CIA gewerk," het mnr Rosenthal gesê.

"Die CIA is nie juis behulpsaam nie, haar besoek was glo geklassifiseer en hulle wil geen besonderhede gee nie. U moes tog geweet het sy was in die land."

Van den Bergh het na die gebroke ouers gekyk sonder die geringste emosie. Hy het absoluut geen simpatie met die CIA gehad nie.

Van den Bergh was gereed met sy antwoord:
"Buitelandse agentskappe lig ons nie in wanneer hulle mense vir sake in en uit ons land sluip nie. Dit is jammer dat u my nie vroeër kom besoek het nie," met sy hand op die deurhandvatsel.

"Sou dit verskil gemaak het?" het mev Rosenthal gevra?

"Dit sal ons nooit weet nie. Ek het nog baie belangrike werk op my lessenaar," sê Van den Bergh terwyl hy die deur vir die egpaar oopmaak.

Daardie aand skryf Van den Bergh sy gebruiklike inskrywing in sy dagboek:
13 Maart 1967   Johannes Bruwer   RI   Lugramp
Audrey Rosenthal  RI   Lugramp

BRON: DIE LANG GENERAAL deur Alan D Elsdon.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2878 gaste aanlyn