NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom hoor so baie mense maar verstaan niks van wat hulle hoor nie? Jesus verduidelik dit aan sy dissipels in Matthéüs 13 as Hy sê dit is omdat die hart van hierdie volk stomp geword het – hulle hart, ore en hulle oë het hulle toegesluit sodat Hy hulle nie dalk bekeer en hulle en hul land genees nie.

POPULêRE AFRIKAANSE MUSIEK ...

...KUNSTENAARS OF NARE KUNS?

Hannes Ollewagen

Ek was nogal altyd onder die indruk dat kuns verwys na iets wat bewonderingswaardig is.  Ek het van kindsbeen af kuns verstaan as iets wat deur ‘n persoon wat oor ‘n besondere gawe beskik, gelewer word.

‘n Mens leer egter dat die lewe as volwassene nie so eenvoudig is as wat dit uit ‘n kind se oogpunt is nie.  Ons leer ook namate ons ouer word dat ons smaak van ander mense se s'n kan verskil en dat ons ander mense se unieke eienskappe moet respekteer.  Wanneer ek nie kan vereenselwig met ‘n persoon se unieke idees en gewoontes nie is dit nie nodig om kwetsend teenoor die ander party te wees nie.  Dit staan my vry om stil te bly en om nie met so ‘n persoon te assosieer nie.

Ek het tot op hierdie stadium probeer om laasgenoemde uitgangspunt te huldig t.o.v. die populêre, in besonder Afrikaanse, musiek wat deesdae in omloop is.   Die feit dat ek in my motor voorafopgeneemde musiek luister wat vir my aanvaarbaar en aangenaam is en alle radiostasies vermy, het nie ‘n veel groter positiewe uitwerking gehad as net die gedeelte wat my sielevrede betref nie.  Ek het ook geleer dat wanneer ‘n mens swyg wanneer iets skeefloop wat betrekking het op jou eie, jy ‘n papbroek is.  Wanneer jy jouself uitlaat oor sake wat jou nie aangaan nie is jy bemoeisiek, maar wanneer dit jou wel aangaan, is stilbly nie altyd die regte ding om te doen nie.  Die grens tussen praat en swyg oor ‘n saak is soms baie fyn en om die perfekte balans daartussen vas te stel, sal ek voorwaar as ‘n kuns beskou.  “Antwoord ‘n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.  Antwoord ‘n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.”  (Spr. 26:4&5).

Wanneer ek myself in ‘n openbare gebied bevind waar diegene rondom my op ‘n barbaarse wyse optree, sal ek byvoorbeeld daardie terrein in stilte verlaat.  Wanneer ek egter besig is om by my sakeperseel my dagtaak te verrig en ontstig word deur barbaarse optrede van enigiemand sal ek nie die perseel verlaat nie.  Ek sal die persoon aanspreek oor sy onaanvaarbare gedrag.  Indien die persoon sy onaanvaarbare optrede staak en my ‘n verskoning aanbied, is die saak afgehandel en is hy welkom om die saak af te handel waarvoor hy na my perseel gekom het.  Sou ek egter kies om op eie bodem ter wille daarvan om niemand aanstoot te gee nie die perseel in stilte te verlaat, sal my personeel en kliënte wat ek agterlaat se veiligheid in gedrang wees en ek kan verseker wees van ‘n verwoeste handelsaak indien ek daaraan sou dink om na dieperseel terug te sluip.

Ek is ‘n Afrikanerkind gebore op die bodem van ons dierbare vaderland, Suid-Afrika.  Hierdie vaderland wat deur harde werk, geloof, gebede, opoffering, trane en oorloë opgebou is van woesteny tot ‘n eens vooruitstrewende land.  Ek het grootgeword en onderrig ontvang in die Woord van die Almagtige Drie-enige God van hemel en aarde Wie ek ook baie liefgekry het in my lewe.   Ek is oortuig van sy liefde vir my deur lewensgebeure en ook deur sy Woord – sy Woord wat aan my oorgelewer is in my eie, pragtige taal – Afrikaans.  As deel van die dankbaarheid van God se liefde aan my wou ek ook meer weet van alles rondom my geskiedenis aangesien ek besef het dat des te meer my kennis van my verlede vermeerder, des te meer het my liefde vir Hom gegroei aangesien Hy regdeur die geskiedenis betrokke was as die Bewerker van ons lot in soveel omstandighede.  Sy trou en goedertierenheid regdeur die geskiedenis is in woorde onbeskryflik – selfs in die mooiste taal ter wêreld.

Die verlede is ook so deur Hom beskik dat ons moedertaal, Afrikaans, as ‘n pragtige taal ontwikkel is tot ons volk se voordeel.  Dit bring my by die besprekingspunt van hierdie artikel.  Die kunstenaars wat deesdae hierdie pragtige volksbesit van ons, Afrikaans, gebruik om hul sakke vol te stop, maar in die proses soveel skade aanrig.  As jy Afrikaans wil gebruik vir jou eie ekonomiese voordeel, goed dan.  Is dit egter nodig om die taal in die proses te verwater en te vernietig deur terme soos “baby”, “cool”, “rock” om nie te praat van die walglike sedelose terme wat ingesleep word nie?

Is hierdie kunstenaars só kortsigtig dat hulle nie besef dat hulle hul bron van inkomste vernietig nie?  Dit is vergelykbaar met ‘n veeboer wat sy weiding afbrand omdat hy nie die nut van die gras kan insien nie.  Ons kan maklik reuse mynorganisasies kritiseer daarvoor dat hulle die omgewing vernietig waarin hulle jaag na hul rykdom.  Ons kan maklik politici kritiseer vir die hartseer wat hulle in samelewings veroorsaak deur hul kortsigtige en moedswillige optrede.  Ons kan maklik onderwysers en skole kritiseer vir “verkeerde” dinge wat ons kinders geleer word onder hulle toesig, maar die kunstenaars word deurgaans oor die hoof gesien.  Besef hierdie mense dat hulle ook aktief besig is om iets wat vir talle mense baie kosbaar is te vernietig?

Die feit dat ons taal so geskend word raak my diep, maar dit gru my nie soveel as die sedelose en suggestiewe lirieke van soveel populêre Afrikaanse liedjies nie.  Van ‘n sieklike wellus na ‘n meisie waarna ons moet luister tot tonele in gange en tussen lakens is alles dinge wat ons nie gespaar word wanneer hierdie sogenaamde kunsteNAARS hulle bedrywigheid beoefen nie.   Het hierdie mense nie eers die basiese goeie maniere in hul kinderopvoeding ontvang nie?  As jy dan geen greintjie selfrespek het nie probeer ten minste om jou gebrek daaraan te verberg en dit nie vir die wêreld ten toon te stel nie!  Hierdie mense mag dink dat hulle net eenmaal lewe, maar vir diegene wat oortuig is van ‘n beter lewe in die hiernamaals, is hierdie tipe van gedrag doodeenvoudig onaanvaarbaar.

Of openbare figure aldag besef watter groot invloed hulle op ander mense se lewens en sienswyse het, is ‘n saak wat ek dikwels bedink.  Ek wil dit egter uitdruklik en onomwonde aan Godvresende ouers stel dat u die verantwoordelikheid het om u kinders teen hierdie sieklike tipe “kuns” te waarsku en sover moontlik, te beskerm.  Dit is u verantwoordelikheid om aan u kind te verduidelik hoe onaanvaarbaar hierdie gedrag is wat deur hierdie “kunstenaars” se optrede as sosiaal-aanvaarbaar oorgedra word.  Dit sal ‘n verdere bydrae lewer indien u hierdie tipe “kuns” begin boikot, want as die Afrikaanse mark vir hierdie kunstenaar opdroog, sal hy hom noodwendig van ons moet afkeer wat ‘n bedekte seën vir ons volksbestaan sal wees.  Daar is meer as genoeg kunstenaars wat suiwer en mooi musiek en ander kuns lewer wat ook u ondersteuning baie meer opreg sal waardeer.

Dit is van belang dat hierdie kunstenaars ingedagte moet hou dat elke mens net vir ‘n bepaalde tyd met wangedrag sal wegkom.  Een of ander tyd word ‘n mens tot verantwoording geroep oor jou werke en as jy te lig bevind word wanneer jy geweeg word, word jy van jou posisie afgesit.  Wat diegene wat so roekeloos met hul talente omgaan die Ewige Rentmeester gaan antwoord wanneer hulle voor sy Regterstoel verskyn, is ‘n saak vir elkeen persoonlik.

Mag God Drie-enig, Wie se oë alles aanskou, regverdig oordeel in hierdie saak en handel as Stryder teen diegene wat Hom verag deur hul optrede om sodoende ons kinders en ons erfenis te beskerm teen verdere besmetting uit hierdie oorde.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3370 gaste aanlyn