NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Meestal roem ons op onsself wanneer ons groot hoogtes bereik het. Eintlik weet ons dat die Here daardie talente en vermoëns aan ons geskenk het maar ons dink nie veel daaraan nie en word graag voor ander mense vereer. God sê in Exodus 28 aan Moses om met die kunsvaardige mense te reël om vir Aäron heilige klere te maak waarin hy die Priesteramp sal beklee; en dan maak God dit duidelik wie daardie kunsvaardige mense is: ...wat Ék met die gees van wysheid vervul het..." Laat ons deurentyd die eer aan God gee vir al ons prestasies, dit kom Hom toe.

BRIEWE AAN CHARLES (12)

Gerhard Viviers

Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard

My beste Springbokspan

Beste Charles,

Jy het nooit aan ons tydverdryfspeletjies deelgeneem nie. Dit was so anders as die aande wat ons die ene konsentrasie saam met jou om die brugtafel gesit het. Daar is in my kamer bymekaar gekom vir die speletjies. Altyd so ’n stuk of vyf van ons wat ’n wye verskeidenheid onderwerpe en mense bespreek het of Springbokspanne gekies het.

'n Baie gewilde onderwerp was om te praat oor mense wat jou keelvol maak en waarom. Die deelnemers het elkeen ’n spreekbeurt gekry en jy sal jou verbaas watter name hier genoem is. Ongelukkig sal dit laster wees om dit te herhaal, al kan daar bewys word dat negentig persent plus van wat daar beweer is, die waarheid was.

Dit was lekker om die swakste Springbokspan van alle tye te kies. Die eenstemmigheid wat bereik is, was nogal ’n openbaring. Oor dié saak wil ek nie uitpraat nie want die meeste spelers leef nog. Ek wil liewer graag my beste Springbokspan kies. Ek beperk my keuse tot manne wat in wedstryde gespeel het wat ek uitgesaai het. In sommige posisies wil ek graag twee name noem.

Ek het, soos ek gesê het, in 1954 met rugby-uitsendings begin. Daar was groot heelagters wat ek in aksie gesien het voor my dae as radiokommentator. In 1949 was daar die beroemde Bob Scott van Nieu- Seeland wat hier getoer het saam met die span van Fred Allen. Hy was in aksie in die eerste toetswedstryd wat ek ooit gesien het. Dit was op Ellispark op die 13de Augustus van daardie jaar. Ek het baie oor die man gelees. Dit was die dag toe die beroemde Hannes Brewis, die Springbokke se losskakel, hom so ore aangesit het. Toe Brewis die bal kry, het hy gemaak of hy gaan skepskop. Die All Blacks het net 'n breukdeel van ’n sekonde gehuiwer in hul verdediging en dit het aan Hansie die geleentheid gegee om deur te glip, verby die grypende arms van Bob Scott vir een van die roemrykste drieë in ons rugbygeskiedenis. Die wedstryd het plaasgevind ’n paar dae nadat al my tande getrek was. Met die seer papbek het ek bly skree en juig totdat die gelag van die toeskouers om my dit beëindig het.

Die Springbokheelagter daardie dag was Jack van der Schyff. Hy was van my tuisstad Kimberley en het in sy eerste toets gespeel. Ek het die man baie vir Griekwaland-Wes in aksie gesien. Daar was niemand wat 'n bal so ver soos hy kon skop nie. Dit is ironies dat ’n mislukte skop hom van die toetstoneel laat verdwyn het. Dit was die vyfde toets waarin hy gespeel het. Dit was ook op Ellispark, op 6 Augustus 1955 teen die Britse Leeus van Robin Thompson. Ek was weer ’n toeskouer, die keer met tande en al en daar was baie geleentheid om te juig. My held, wat toe vir Wes-Transvaal gespeel het, het die dag skitterend pale toe geskop. Vleuel Theunis Briers het teen die einde van die wedstryd 'n mooi drie gedruk. Die Leeus het met 'n enkele puntjie voorgeloop, 23-22. Jack se vervyfskop het nie moeilik gelyk nie. Hy kon nie vir die wenpunt sorg nie, maar het vir die argiewe 'n foto nagelaat waarvan 90 000 mense ooggetuie was. Nog nooit is eensame teleurstelling so duidelik uitgebeeld nie. Jack van der Schyff, met geboë hoof en skouers wat hang, het vertel dat die bal hoog links verbygetrek het en die einde van een van die opwindendste toetswedstryde wat ooit in Suid-Afrika gespeel is, beteken het.

Ek was besig om span te kies. My eerste rugbytoetsuitsending was op Saterdag 15 Julie 1967 in Durban. Henry Oswald “H.Q.” de Villiers het die dag sy toetsdebuut gemaak. Hy is die heelagter wat ek kies. Onthou jy die man se opwindende onvoorspelbaarheid? Sy vermoë om verdediging in aanval te omskep sal my altyd bybly. So ook sy posisionele spel. Ek dink vir die hele Suid-Afrika was dit een van die grootste hartseerstories dat hy op vyf-en- twintigjarige ouderdom as gevolg van ernstige beserings die spel vaarwel moes toeroep. Ek het die voorreg gehad om al veertien toetse waarin hy gespeel het, uit te saai. Hy is deur en deur ’n gentleman en is in 1970 deur net so 'n ware heer opgevolg, naamlik Ian McCallum. Ek sou graag die wedstryde waarin die huidige Springbokheelagter, André Joubert, so skitterend vertoon, wou uitsaai. Dan sou ek hom ook in my span gekies het.

My nommereenvleuel is Jan Pieter “Jannie” Engelbrecht. Hy was uit en uit ’n Dok Craven-man. Dok het hom na sy eerste Intervarsity vir Stellenbosch uit die derde span na die eerste oorgeplaas. Hy het agt drieë in 33 toetse gedruk in die dekade waarin hy toetsrugby gespeel het. Dit was vanaf 1960 in die enigste toets teen Skotland tot die tweede toets in die reeks teen Australie in 1969. In ’n boek waarin hy hulde bring aan die legendes van Springbokrugby skryf wyle Dok Craven onder andere: “Fast and powerful. He is one of the best wings ever to have played for South Africa. That’s why he has scored more tries in the Springbok jersey than any other player - fourty lour in all matches in the Green and Gold.”

Provinsiale en internasionale slotte wat saam met hom gespeel het, was dit eens dat niemand ’n bal so perfek in ’n lynstaan kon ingooi nie. Behalwe vir daardie skitterdrie van hom wat jy en ek in 1968 op Colombes Stadion in Parys, Frankryk oor die radio beskryf het, het ek op Loftus Versfeld in Pretoria gesien hoe Jannie met ’n af sleutelbeen, met die gebruik van slegs een arm, twee drieë teen Noord-Transvaal druk.

Die ander nommereenvleuel wat ek kies, is Sydney Harold “Syd” Nomis. Hy het in 25 agtereenvolgende toetswedstryde tussen die jare 1967 en 1972 gespeel. Ek het die voorreg gehad om al hierdie wedstryde uit te saai. Twee saam met jou in Frankryk in 1968. Syd het ses toetsdrieë gedruk. Onthou jy die skouspelagtige kruip-val-drie wat hy in die byna-skemerte in die tweede toets teen Frankryk gedruk het? Ek het die drie aan Mannetjies Roux toegeken en jy, wat 'n bietjie stadiger as ek in jou kommentaar was, het agterna gepraat. Ek het die saak dadelik reggestel sonder 'n lang verskoning vir my fout. Dit is iets wat ek van jou geleer het daardie dag op Eilispark met jou verwarring van Jannie Barnard en Tinkie Johannsen.

In die sportwêreld het ek baie Joodse vriende gemaak, waarvan Syd die grootste vriend geword het. In 1970 in die eerste toets teen Brian Lochore se All Blacks het hy gesorg vir daardie opwindende onderskepping van die bal. Alles het so vinnig gebeur dat ek sy drie net kon beskryf met die uitroep: “Siddie! Siddie! Siddie!!!!!” Hy het daardeur aan my ’n hoogtepunt in my loopbaan as radiokommentator verskaf wat vandag nog vars in die geheue van luisteraars van daardie jare is. Daarna het Siddie my ’n klompie kere aan vriende voorgestel as “the man who made me famous”. Dit was eintlik net andersom gewees, maar die woorde van hom was nogtans die grootste kompliment wat ek ooit van 'n speler ontvang het.

Ek moet vier senters noem. Francois du Toit, “Mannetjies” Roux, John Leslie Gainsford en Daniël Mattheus “Danie" Gerber. Vier van die ware grotes en bestes wat Suid-Afrika ooit verteenwoordig het. Net jammer dat ek nie die geleentheid gehad het om meer toetse waarin hulle gespeel het, uit te saai nie.

Van die 27 toetse waarin Mannetjies Roux gespeel het, het ek dertien uitgesaai. Dit was nie alleen ’n voorreg nie, dit het ook groot genot en plesier verskaf. Van hom het beroemde spelers soos Piet Visagie, Gert Muller en Joggie Jansen gesë dat as jy saam met hom speel, jy kon weet dat hy vir jou ook sal dink en raad gee. Jy moes net luister en kon verseker wees van perfekte tydsberekening, of dit nou vir ’n skop, ’n aangee, ’n laagvat of die druk van ’n drie was. As radiokommentator kon ek altyd daarop staatmaak dat hy vir die opwindende oomblikke sal sorg wat ’n suksesvolle uitsending moontlik maak.

Tog moet ek jou vertel van 'n nie so suksesvolle uitsending waarby hy betrokke was. Ek moet liewer sê een van die moeilikste uitsendings wat ek ooit moes doen. Dit was op 26 September 1970 op die De Beers Stadion in Kimberley. Ek het my ou tuisdorp in 1962 verlaat, maar Griekwas was nog steeds my gunstelingspan. Mannetjies was die kaptein en die span het baie ander goeie vriende soos onder andere Piet Visagie en Joggie Viljoen ingesluit. Hulle het teen die magtige Blou Bulle van Noord-Transvaal in die eindronde om die Curriebeker gespeel. My probleem was dat daar in die span van Noord-Transvaal ook boesemvriende van my was soos Mof Myburgh, Frik du Preez en Piet Uys, die kaptein. In my hart wou ek graag hê dat Griekwas die Curriebeker moes wen, maar ek durf nie dat dit enigsins in my uitsending deurskemer nie. Dit was baie moeilik en het gemaak dat ek nie reg laat geskied het aan die spannende wedstryd nie. Veral nie aan 'n manjifieke skop van flank Peet Smith van oor die vyftig tree wind in wat aan  Griekwas ’n oorwinning van 11-9 besorg het nie. My groot vriend en held, Frik du Preez, het 'n drie gedruk wat Noord-Transvaal vir die eerste keer in die wedstryd laat voorloop het met 9 punte teenoor 8. Ek het dit beskryf sonder die gewone opwinding in my stem. My hele poging om kastig neutraal te bly was 'n reuseflop.

Ek moet jou vertel van my besoek aan die twee spanne se onderskeie kleedkamers na die wedstryd. In die kleedkamer van Noord-Transvaal het ek 'n kop onderstebo klomp gevind. Frik het net verleë geglimlag toe ek handskud met die cliché “hard luck”. Mof het met lyftaal beduie dat hy jammer dat “ons” span verloor het. Piet Uys as kaptein was bitter. Sy woorde: 'Nee, die vroutjies en meisies is mos deur Noord-Transvaal gesponsor en het saamgekom. Want wie is die ou spannetjie van Griekwas dan nou so danig?”

In Griekwas se kleedkamer is ek deur Mannetjies Roux omhels en ons het eers uit pure blydskap 'n stukkie gehuil voordat ons behoorlik feesgevier het.

Ek het die groot, sterk, frisgeboude John Gainsford nie goed geken nie en net drie toetswedstryde waarin hy gespeel het, uitgesaai. Dit was die eerste drie toetse teen die Franse van 1967. Dit was aan die einde van sy internasionale loopbaan en aan die begin van my loopbaan van rugbytoetsuitsendings. Wat ek gesien het en wat ek gelees het oor sy skitterende rekord is genoeg om hom in 'n span van bestes in te sluit. Hy het in die 33 toetse waarin hy tussen 1960 en 1967 gespeel het, 8 drieë gedruk.

Die merkwaardige rekord van drieë vir die Springbokke in internasionale rugby behoort aan Danie Gerber. In 'n periode van twaalf jaar vanaf 1980 het hy in 24 toetse nie minder nie as negentien drieë gedruk. Hy is op sy dag bestempel as die beste senter in wêreldrugby. Ek dink as jy hom in aksie gesien het sou jy, soos ek, hiermee saamgestem het. Ek het al baie gewonder hoe ’n Springbokagterlyn in die ganse wêreld besing sou gewees het as die briljante speler saam met ’n Mannetjies Roux of John Gainsford in die middelveld was met Syd en Jannie as die vleuels. Voeg dan sommer hierby die beste skakelpaar wat ek kies uit manne wat ek van agter die mikrofoon in aksie gesien het.

My skakelpaar is Dawid Jacobus “Dawie” de Villiers en die man wat in ’n rekordgetal van sewentien keer, waarvan elf keer agtereenvolgend, sy losskakel was - Petrus Jacobus “Piet” Visagie. Die twee het elk in 25 toetswedstryde gespeel. Dawie was in 22 wedstryde die kaptein van Suid-Afrika. Hy het ’n ernstige knie-operasie oorkom en sy toetsloopbaan in 1962 begin toe hy in die plek van Piet Uys gekies is in die tweede en derde toets teen die Britse Leeus. Die keuse het veral in Noord-Transvaal baie onmin veroorsaak. Piet, wat in die saai was, was hulle man.

Ek het al die toetswedstryde waarin die twee saamgespeel het, uitgesaai. Piet Visagie het sy debuut in 1967 teen die Franse gemaak. Hy is in so 'n mate deur die pers afgekraak dat dit so byna die einde van sy loopbaan beteken het. Hy het toe die kritiek op sy ergste was - omdat hy bo wyle Jannie Barnard verkies is - aan my ’n brief geskryf oor die hele situasie. Hy het onder meer gesê dat die kritiek vir hom een te veel is. Hy het gevoel dat hy nie homself gekies het nie en liewer wou ophou speel. Ek voel trots daarop dat ek my deeltjie kon bydra om hom van plan te laat verander. Hy en Jannie Barnard het groot vriende geword. Piet het meer as sy kant gebring en nie minder nie as 130 punte, waaronder ses drieë, in toetswedstryde aangeteken. Vir my persoonlik was dit ’n hartseer dag toe ek moes beskryf hoe hy sy knie ernstig beseer het in ’n wedstryd op die Suidwes Stadion in Windhoek en dit die einde van sy roemryke loopbaan beteken het. Ek noem hulle as skakelpaar, maar as ek net ’n losskakel moet kies, sal dit die rugbygenie Naas Botha wees. Die man wat in 28 toetse 312 punte aangeteken het, sal na my mening nie weer sy gelyke op die wêreld se rugbyvelde kry nie. Dis jammer dat ek in my tyd nie meer wedstryde van hom gesien en uitgesaai het nie.

Nou kom ek by my keuse van voorspelers. Ek wil weer herhaal dat ek net uit spelers kies wat gespeel het in wedstryde wat ek uitgesaai het. Ek het voordat ek agter die rugbymikrofoon ingeskuif het, baie grotes in aksie gesien maar laat hulle heeltemal buite rekening.

Die twee stutte wat ek kies is Johannes Lodewikus “Mof” Myburgh (loskop) en Johannes Frederick Klopper “Hannes” Marais (vaskop). Van Mof het ek al baie gepraat. Hannes Marais het in die 35 toetswedstryde wat hy gespeel het, sestien keer saam met Mof in die voorry gesak. Dit was 'n rekord waarvan ek veertien toetse gesien en beskryf het. Die latere nasionale keurder was in elf toetswedstryde kaptein van Suid-Afrika. Hy was ook onder andere kaptein van die onoorwonne span van 1971 na Australië. Ek het die voorreg gehad om by drie geleenthede saam met hom oorsee te reis. Dit was in 1969/70 na die Britse Eilande, in 1971 na Australië en in dieselfde jaar na Engeland toe hy een van vyf Springbokke was wat genooi is om in die feeswedstryde van “The Rugby Football Union Centenary 1871-1971” te speel. Die ander was Dawie de Villiers, Frik du Preez, Joggie Jansen en Ian McCallum. Daar was die kapteins uit die vier rugbygrotes, naamlik Australië, Nieu-Seeland, Frankryk en Suid-Afrika, saam met groot spelers van daardie tyd en ook twee onbekende spelers uit Fidji. Dit was George Barley (losskakel) en Jona Ngoro (stut). Die twee was die grootste ondersteuners van Springbokrugby wat ek ooit teegekom het. Veral Ngoro het in sy heldeverering van Frik du Preez soms nogal 'n las van homself gemaak.

Hannes Marais was ’n joviale platjie wat op 'n mooi manier stout was. Ek onthou hoe hy aan die brugtafel sy maat op die hoogte gehou het deur grappenderwys te praat van “klippe kou” vir ruitens of diamante en “trek tande” vir troewe. Gelukkig het ernstige spelers soos jy, Tommy Bedford en Gawie Carelse nooit saam met hom brug gespeel nie en Piet Visagie het dit openlik probeer vermy. Tydens die wedstryde van die RFU in Engeland in 1971 is ons deur die bekende Franse spelers wat jy ook in 1968 ontmoet het, tot vier keer per dag met die hand gegroet terwyl hulle iets soos “sawa" (ca va? - “hoe gaan dit?”) sê. Hannes het elke keer bladgesteek en geantwoord: “Ja, poephol.” Die Franse wou later weet wat dit beteken en hy het die tolk gevra om hulle eerlik te sê. Hulle het toe eers die groetery geniet. Tydens die toer het die Lord Mayor van Londen sy gesogte dinee aangebied. Elk van die gaste word dan luidkeels by die deur aangekondig. Jy verstrek jou naam aan die aankondiger met sy lang manelpak en hy doen die nodige. Ek het gehoor dat die Franse spelers reeds in die saal was toe Hannes sy naam gee. Die man by die deur het hom glo versoek om dit te herhaal. Die Franse het gelê soos hulle lag toe die aankondiging deur die saal weergalm: “Ladies and Gentlemen, I give you Mister Pooh-pole Marais!!!”

In Australië moes sy span vanweë die betogings en boikotte met ligte vliegtuie reis. By 'n klein plekkie waar daar stilgehou is vir brandstof het die plaaslike pers, fotograaf en feitlik al die inwoners opgedaag. Daar is 'n foto geneem van die langste man in die span langs die kortste. Die fotograaf wou die name weet. Hannes het John Williams "Goliath Koekemoer Williams” en Dirkie de Vos “Porky Kortgat” genoem en die fotograaf met die spelling gehelp. Ek meen dit was in Canberra waar daar ’n onthaal gegee is vir die span en ek vir die eerste keer die foto en onderskrif gesien het. Die koerant van die ou dorpie is aan my deur 'n regte verkrampte staatsamptenaar van die Suid-Afrikaanse Ambassade gewys. Kan jy glo hy het my kwalik geneem omdat ek gelag het vir die ding wat hy 'n “liederlike skande” genoem het. Hannes was ’n groot speler en gewilde kaptein.

Die haker wat ek kies, is sonder twyfel die taaiste mannetjie wat ooit die groen en goud oor die kop getrek het. Jacobus Frederick Beatrix “Piston” van Wyk het tussen 1970 en 1976 in vyftien toetswedstryde gespeel. Dit is veral die All Blacks van 1970 en 1976 en die Franse van 1971 wat die vurige speler nooit sal vergeet nie. Piston was ernstig van geaardheid, maar hoe rowwer die spel was, hoe meer het hy dit geniet en geblom. In Kaapstad in die tweede toets teen die All Blacks is hy met bebloede gesig van die veld af. Lank nadat hy ophou speel het, het ek hom gevra wat aanleiding tot die voorval gegee het. Sy antwoord was met 'n stoute laggie: “Man, ek het daarvoor gesoek. Ek was nogal gekonfyt in die kuns om opponente se voorry te ontwrig. Die een slot, Alan Sutherland, se skoen het later begin lekker smaak soos hy my in die gesig geskop het.” Hy het van 'n uitdaging van watter aard ook al gehou en sy staal getoon. Tydens die laaste oefening voor die laaste toets van 1971 het Frik, wat in sy laaste wedstryd vir Suid-Afrika sou speel, met die tong in die kies vir Piston gesê: “Ná die wedstryd gaan ek en jy die oorwinning met wyn vier. Ons gaan so gehap raak dat hulle my aan jou sal moet voorstel.” Pissie was nie ’n man wat van die goeters onder die prop gebruik gemaak het nie. By die onthaal het hy ’n klompie kere aan Frik gesê: "Toe pappie, kom ons skink.” Uiteindelik aan my: “Toe Gerhard, wanneer stel jy vir Frikkie aan my voor?” Ek moet sê Charles, jy sou nogal van die rooiwyn gehou het wat op die onthaal beskikbaar was.

Een van die waardevolste geskenke in my rugbyversameling is nr. 63 uit die beperkte oplaag van 1000 eksemplare van Dok se boek, Legends of Springbok Rugby 1889-1989. Die inskripsie voor in die boek lees: "Aan Gerhard Viviers, liefdegroete, Rose en Piston van Wyk, 11 Januarie 1991.” ’n Geskenk aan my ná my keeloperasie.

Ek hoef seker nie vir jou te sê wie my eerste keuse as slot is nie. Frederik Christoffel Hendrik "Frik” du Preez, wat in ’n rekord getal van 38 toetse gespeel het; hy wat oral in rugbylande van die wêreld erken word as ’n ware rugbylegende. Ek het al so baie in vervoering geraak oor die wonderspeler en sy vertoning in die groen en goud van Suid-Afrika en die blou van Noord- Transvaal dat ek wil volstaan met enkele woorde van wyle Dok Craven: “Frik du Preez is a once-in-life-time - phenomenon.”

As sy slotmaat om die nommer 4 op sy trui te dra kies ek ’n seun van Christiana in die ou Wes-Transvaal. Hy het sy latere opleiding aan die Universiteit van Potchefstroom ontvang waar hy ook later professor geword het. In 28 toetswedstryde wat hy tussen 1955 en 1962 gespeel het, was hy nege keer kaptein. Na sy aftrede het hy ’n suksesvolle afrigter geword. Hy was nasionale keurder en ook sameroeper van die keurkomitee. Tydens my eerste rugby-uitsending in 1954 in Kimberley was hy in die span van Wes-Transvaal. Ek was net betrokke by die laaste toets waarin hy gespeel het. Ek het die opsomming vir wyle Awie Labuschagne gedoen in die vierde en laaste toets teen die Britse Leeus van 1962. Dit was my eerste verskyning agter 'n radiomikrofoon tydens ’n toetswedstryd. Hy het die dag ook ’n drie gedruk. In die wedstryd onthou ek ook die twee drieë van Mannetjies Roux en die een van John Gainsford. Ek onthou ook Frik du Preez se lopie van oor die vyftig tree voordat hy na Hugo van Zyl laat loop het vir die laaste drie. Ek het later jare ver paaie saam met hom gery toe hy afrigter was en het groot waardering gekry vir dit wat die groot speler in die groot spel teruggeploeg het en nog steeds doen. Hy is tans Junior Ondervoorsitter van die Suid- Afrikaanse Rugbyvoetbal-unie, SARVU. Dit is nou die nuwe naam vir die ou Rugbyraad. Die man waarvan ek praat is natuurlik Johannes Theodorus “Johan” Claassen.

Ek het geen probleem om ’n lostrio te kies nie. Eintlik kies die drie manne hulself. Die twee flanke is die heel maklikste om te noem. Jan Hendrik Ellis en Pieter Johannes Frederik “Piet" Greyling. Hulle het in 24 toetswedstryde saamgespeel. ’n Wonderlike rekord. Die eerste naam van ’n agsteman wat ek kan noem, is dié van Thomas Pleydell “Tommy” Bedford, wat in twaalf toetse die lostrio voltooi het. Daar is egter nog ’n naam wat ek wil noem en dit is dié van Morne du Plessis.

Die man wat aan my die grootste plesier in my uitsendings verskaf het, is Jan Ellis, wat 'n rekordgetal van 38 keer oor 'n periode van elf jaar vir Suid- Afrika gespeel het en 7 toetsdrieë gedruk het. Dit is ook 'n rekord vir ’n flank. Ek het net vier van sy toetse nie uitgesaai nie. Dit is die vier wat hy in 1965 in Nieu-Seeland gespeel het toe ek en jy saam met die krieketspan van Peter van der Merwe in Engeland was.

Wanneer Jan gespeel het en ek agter die mikrofoon was, het ek geweet dat ek sy naam male sonder tal sal noem. Hy was altyd by die aksie en opwinding en ek glo hy is een van die heel grootstes wat Springbokrugby opgelewer het.

Die man was byna vir groot rugby verlore. Noord-Transvaal het die geleentheid gehad om te kon sê dat hy uit die geledere van die Blou Bulle ’n Springbok geword het, maar hulle het die kans deur hulle vingers laat glip. In 1963 was hy in Pretoria en was die beste losvoorspeler in die kontrei, maar is nie gekies nie. Hy het sy goed gepak en verkas na sy broer se plaas naby Gobabis. Dit is daar waar hy vroeër op hoërskool was. Hy het besluit dat hy nooit weer sal rugby speel nie. Hy wou glad nie in die dorp kom nie, maar na vier maande het hy een Saterdag geen keuse gehad nie. 'n Belangrike onderdeel vir sy broer se Hanomac-trekker was dringend nodig en hy moes teen wil en dank dorp toe ry om dit te kry. By die koöperasie het ene Labuschagne hom gesoebat en hom oorgehaal om met geleende klere daardie middag vir Gobabis te speel. Hy het uiteindelik vir Suidwes-Afrika uitgedraf en uit hulle geledere in 1965 Springbok geword en sy buiging in die vier toetse van daardie jaar gemaak. Om uit so ’n klein rugbyprovinsie as Springbok gekies te word is net die heel bestes beskore. Hy het amper nie verder vir Suid- Afrika gespeel nie, want in 1967, met die koms van die Franse, was hy vanweë ’n besering nie na die proewe genooi nie. Die man was ’n dissipel van fiksheid. Hy het herstel. Die keurders wou hom tog sien speel en hy is deur Collegians Klub van Durban genooi om in ’n voorwedstryd by die proewe te speel. Sy vertoning was briljant en hy is vir die Springbokke gekies. Ek onthou hoe Frik eenkeer die volgende vertel het: “As jy jou vrek sukkel om ’n bal in 'n losgemaal in die hande te kry en jy sien twee groot sproethande verskyn, moet jy weet jy het die bal.”

Dit is waar ek hom ontmoet het en waar hy en Piet Greyling, wat sy buiging in die groen en goud gemaak het, se vennootskap begin het. Jan het elf jaar lank die Springboktrui met onderskeiding en trots gedra. Ons het op ver paaie deur Frankryk, Engeland, Skotland, lerland, Wallis en Australië goeie vriende geword en is dit vandag nog sonder om mekaar se drumpels deur te trap. In die Britse Eilande het hy amper weer ophou speel. Hy het las van 'n  skouerbesering gehad en miskien was dinge ook nie so lekker tussen hom en afrigter Avril Malan nie. Dit is al stukkie rugbypolitiek waarvan ek jou gaan vertel sonder om in detail op die saak in te gaan. Hy het laas op die 6de Desember gespeel. Dit was die eerste toets wat teen Skotland verloor is. Op Saterdag 3 Januarie het hy, Frik du Preez en ek oor die aangeleentheid gepraat en ons het hom oorreed om aan Avril te sê dat sy skouer reg is, iets wat hy al vroeër kon gedoen het. Hy het getwyfel of hy gekies sou word vir die laaste wedstryd voor die derde toets op Landsdowne Road teen lerland. Ek het hom vir ’n bottel whisky gewed dat hy wel die Dinsdag op Coventry sou speel. Hoewel hy 'n man was wat glad nie ’n drankie gedrink het nie, het hy die weddenskap aanvaar.

Ek het dit my werk gemaak om die Sondag alleen by Avril aan die ontbyttafel te sit. Dit maak nie saak wat daar gesê is nie, maar Jan is gekies vir die wedstryd op Dinsdag 6 Januarie. Hy het ’n briljante vertoning met 'n drie afgerond en is vir die derde toets gekies. Ek onthou hoe hy die oggend met ons vertrek na lerland aan my ’n bottel duur whisky oorhandig het sonder om ’n woord te së. Ek kan boekdele oor die man gesels, maar sal hiermee volstaan.

Nou kom ek by die beste jagter van die losbal en rotsvaste verdediger wat ek vir die Springbokke sien speel het. Piet Greyling het in 25 toetse vir Suid- Afrika uitgedraf. Dit was weer eens vir my ’n voorreg om vyf drieë wat hy in die proses gedruk het, te kon beskryf. Die vriendelike mens was een keer kaptein van die Springbokke in ’n toets. Ongelukkig was dit een van die swakste toetse. Dit was in 1972 teen die Engelse span van John Pullen en Suid-Afrika het verloor. Ek en hy het aan die einde van die toer deur die Britse Eilande in 1969/70 in die pragtige ou dorpie Cheltenham gaan inkopies doen. Hier het hy aan my gesê dat hy wens hy kon rugby speel soos ’n Jan Ellis. Hy weet dat hulle spelpatroon verskil, maar hy het nog nie Jan se gelyke gesien nie.

Tommy Bedford het as agsteman uithalerspel vir Suid-Afrika gelewer. Ek het sestien van die soms eienaardige mens se toetswedstryde uitgesaai. Ons was goeie vriende. Hy het in die Britse Eilande elke week ’n brief van sy ma uit die Vrystaat gekry waarin sy altyd ’n paragraaf vir my geskryf het. Ek het die tannie nooit ontmoet nie. Hy was 'n klompie kere my brugmaat en ek was ’n aand saam met hom by ’n uitvoering deur die bekende Tom Jones. Hy het die aand die liedjie The green, green grass of home gesing. Ek het die ou liedjie sommer my temaliedjie gemaak en Maryna versoek om dit eendag as ek ingespit word, saggies op die orrel in die kerk te laat speel.

Tommy het my eenkeer in ’n lelike verleentheid gehad met sy reguit manier van ’n ding sê. Hy moes tydens ’n uitsending van proefwedstryde in Durban sy mening gee oor watter spelers die toetsspan gaan haal. Rustyd het aangebreek en Tommy haak so ewe af met: “Die beste speler in die eerste helfte was Thys Lourens, maar hulle sal hom nie kies nie want hy is nie ’n  lid van die Broederbond nie.”

Dit sal geen probleem wees om Morné du Plessis wat in 22 toetse vir Suid-Afrika gespeel het en vyftien keer die Springbokkaptein was, as agtsteman te kies nie. Ek het al die toetse waarin hy gespeel het, uitgesaai en het niemand beter in die posisie gesien nie. Ek onthou toe hy vir die eerste toets in Australië in 1971 gekies is en sy buiging vir Suid-Afrika gemaak het. Frik du Preez het aan my gevra of ek die langnek-, skraal mannetjie van die WP ken. Die Saterdagaand na die toets was Frik se veelseggende woorde aan my: “Kyk, jy moet Morné nie onderskat nie. Ek sê jou, pappie, hy kan dit vat en dit gee. Ek sal nie verbaas wees as hy Springbokkaptein word nie.” Frik was nie ’n man wat maklik komplimente uitgedeel het nie. Dit was een van twee kere wat hy dit in my teenwoordigheid gedoen het. Die ander keer was toe Dawie de Villiers ná die toer in 1970 in my kamer, waar Frik en Mof teenwoordig was, kom groet het voor sy vertrek na Holland. Hy het ’n bier saam met ons gedrink en toe hy na die groet wegstap, was Frik se woorde: “Daar loop een van die grootste bleddie ‘witmense’ wat ek ooit ontmoet het.” Charles, na al die gepraat wil ek graag my span vir jou saamvat soos dit vandag genommer word.

15.      H.O. de Villiers
14.      Jannie Engelbrecht
13.      Danie Gerber of John Gainsford
12.      Mannetjies Roux
11.      Syd Nomis
10.      Naas Botha of Piet Visagie
9.        Dawie de Villiers
8.        Morné du Plessis of Tommy Bedford
7.        Piet Greyling
6.        Jan Ellis
5.        Frik du Preez
4.        Johan Claassen
3.        Hannes Marais
2.        Piston van Wyk
1.        Mof Myburgh

Kaptein: Morné du Plessis of Dawie de Villiers.

Ek sou die span vandag graag in die anderste soort rugby in aksie wou sien. Of wat sê jy?

Groete,

Gerhard.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1923 gaste aanlyn