NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Bybel skryf nie allerlei Boererate vir beproewing voor nie.   Dit skryf God voor.  Nie as ‘n  pynstiller nie, maar as Iemand wat ons in ons beproewing bystaan en help; Iemand wat omgee en ons deur die diep waters van die lewe lei.

M O S E S... (5)

...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het

Dr JP Botha

Lees reeks by MOSES

DIE TIEN PLAE

Die Here het vir Moses gesê:  “Let nou op wat Ek met die ongehoorsame farao gaan maak.  Hy sal gretig wees om hulle te laat gaan.  Hy sal selfs by hulle aandring om pad te gee uit sy land.”

Om die Israeliete en Moses se twyfel verder hok te slaan, het die Here aan Moses gesê: “Onthou Moses, Ek is die Here.  Ek het my aan Abraham, Isak en Jakob voorgestel as God die Almagtige.  Hulle het My nie geken as ‘die Here’ nie.  Ek het met hulle ‘n ooreenkoms gemaak om die land Kanaän, waar hulle vir ‘n tydjie oorgebly het, vir hulle te gee.  Jy kan verseker weet dat ek gehoor het hoe die mense kla  omdat hulle soos slawe vir die Egiptenaars werk.  Ek het onthou van my ooreenkoms met hulle.  Daarom moet jy vir die Israeliete gaan sê:  Ek is die Here.  Ek sal julle verlos van die slawewerk in Egipte.  Ek sal julle bevry met krag en met sterk vergeldingsdade.  Ek maak julle my eie volk.  Ek sal julle God wees.  Julle sal weet dat dit Ek, die Here julle God is wat julle van die slawewerk in Egipte bevry het.

  Ek sal julle onder eed na die land bring wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob beloof het.  Dit sal julle eie land wees.  Ek is die Here.”

Met hierdie treffende onderhoud het die Here vir Moses weer moed ingepraat.  Hy het vir hom gesê:  “Gaan praat weer met die koning van Egipte dat hy die Israeliete uit sy land moet laat weggaan.”  Moses het egter geantwoord:  “Maar Here, die Israeliete luister nie eers na my nie.  Hoe sal die farao dan na my luister?  Ek kan nie goed praat nie.”  Maar die Here het daarop aangedring dat hy en Aäron weer na die farao toe gaan en eis dat hy die Israeliete moet toestemming gee om sy land te verlaat.

Moses en Aäron was tuis in die huis waar hulle gebore is.  Moses was nou 80 jaar oud en Aäron 83.  Ek, hulle suster Mirjam, het hulle versorg.  Moses se vrou, Sippora en sy seuns, Gersom en Eliëser, het na Midian teruggegaan en sou by ‘n latere geleentheid weer by hom aansluit, wanneer ons met die volk deur die woestyn trek.

Ten spyte van die besware wat Moses nog steeds geopper het, het die Here vir hom en Aäron opdrag gegee om weer na die farao terug te gaan en te eis dat die volk moet trek.  Die Here het vir Moses gesê:  “Ek sal jou soos God laat wees teenoor die farao.  Jy moet alles vir Aäron sê en hy moet eis dat die Israeliete uit Egipte trek.  Ek sal die stamme deur groot vergeldingsdade uit Egipte uitlei.  Dan sal die farao en die Egiptenare weet hoe magtig Ek is en dat Ek die Here is.”

Toe Moses hulle by die farao kom, het hy verwag dat hulle vir hom moet bewys dat God hulle gestuur het.  Moses het Aäron beveel om sy herderstok op die grond te gooi.  Dit het in ‘n slang verander.  Die farao het sy wyse manne nadergeroep.  Hulle het met hulle kunsies presies dieselfde gedoen.  Toe hierdie “slimmes” hul kieries neergooi, het dit ook in slange verander, maar Aäron se slang het hulle slange ingesluk!  Alhoewel die farao hom daaroor verbaas het, het hy hardkoppig gebly, soos die Here voorspel het.

DIE EERSTE PLAAG:  RAMP MET BLOED

Die Here sê toe vir Moses:  “Farao bly nog steeds eiesinnig en hy weier steeds om die volk te laat gaan.  Môre-oggend as hy afgaan rivier toe, moet jy met hom gaan praat.  Gaan staan langs die rivier en wag vir hom daar.  Neem jou herderstok wat in ‘n slang verander het met jou saam en as hy opdaag, sê jy vir hom:  Die Here, die God van die Hebreërs het my hier na jou toe gestuur om weer vir jou te sê jy moet my volk toelaat om na die woestyn te gaan, sodat hulle daar vir Hom kan offer.  Maar omdat jy weier, gaan  Hy nou iets doen waaraan jy sal weet dat Hy die Here is.”

Die farao sien toe dat Moses na die rivier toe loop en met sy herderstaf op die water slaan.  Hy sien tot sy verbasing dat daar ‘n verskriklike ding gebeur.  Die helder water van die Nyl begin in donkerrooi bloed verander!  Jy kan dit nie drink of vir enigiets meer gebruik nie.   Die visse daarin vrek en alles begin sleg ruik.  Die Egiptenare grawe putte langs die rivier-oewer om drinkwater te kry.

Onderwyl dit allles besig is om te gebeur, praat die Here met Moses:  “Sê vir Aäron hy moet sy kierie uitsteek in die rigting na al die plekke in Egipte waar daar water is, sodat dit ook in bloed kan verander.”

Die hele Egipteland was net die ene stinkende bloed.

Die betekens van hierdie eerste plaag is dat die Here ook oor die Nyl regeer, wat deur Egipteland aanbid is.  Die rivier is in verband gebring met die Vrugbaarheidsgod Osiris.  Die lewegewende rivier word nou ‘n straf, deurdat die bloed ‘n beeld van ondergang en dood word.

TWEEDE PLAAG:  PADDAS, PADDAS, PADDAS!

Toe die farao na ‘n bloederige week niks gedoen het nie, stuur die Here weer vir Moses na hom met hierdie boodskap:  “Hoor wat die Here sê:  Laat my volk trek, sodat hulle my kan gaan aanbid.  As jy weier om dit te doen, moet jy nou mooi hoor:  Ek sal hordes paddas oor jou hele land laat kom.

Paddas is in Egipte beskou as ‘n verskynsel van lewenskrag en lewensvernuwing en vrugbaarheid.  Maar nou sou hulle groot getalle ‘n verskrikking word.  Aäron moes toe sy herderstaf uitsteek na al die riviere, kanale en moerasse in Egipte.  Die paddas het toe gekom.  Die towenaars kon egter ook paddas maak.  Maar ‘n mens kan jou skaars voorstel hoe leef jy met paddas op jou eettafel, paddas in jou bed, paddas wat onder jou klere op jou lyf kriewel, en so aan.

Die farao het gesoebat:  “Vra tog die Here om die paddas van my en my volk weg te vat.  Ek sal die volk laat gaan om vir die Here offers te bring.”   Moses het dit gedoen en die paddas in die huise en op die strate en in die veld het almal gevrek.  Hulle is op hope bymekaargemaak en ‘n doodsreuk het oor die land gehang.  Maar toe die farao sien die krisis is verby, raak hy weer eiesinnig en weier om na Moses en Aäron te luister.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2975 gaste aanlyn