NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Christus verklaar self dat Satan finaal, skielik en onkeerbaar soos 'n weerligstraal uit die hemel gewerp is; dat Hy ons bewapen teen al Satan se liste; en dat Hy ons teen alle bedreiging van Satan, of dit nou van die natuur of van die geestewêreld sal kom, sal beskerm.

M O S E S... (8)

...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het

Dr JP Botha

Lees reeks by MOSES 

6. DIE EERSTE PAASFEES

Al die plae het uitgeloop op die aankondiging van die tiende plaag.  Moses het nie weer met die farao onderhandel nie, maar hom voor die feit gestel dat die uittog gaan plaasvind nadat die plaag voltrek is.

Die Here het vir Moses gesê:  “Hierdie maand sal van nou af die belangrikste maand wees en die nuwe jaar moet met hierdie maand begin.  (Dit is die lentemaand Nisau – Maart/April).  Elke gesin moet op die 10e van die maand ‘n lam in die hande kry.  Indien daar te min mense in die huisgesin is om ‘n lam op te eet, moet hulle dit met ‘n ander gesin deel.  Dit moet ‘n rammetjie wees uit die skape of bokke wat ‘n jaar oud is sonder enige gebrek.

“Op die 14e dag moet die rammetjie teen skemeraand geslag word.  Hulle moet van die rammetjie se bloed aan die bokant en sykante van die kosyn van die huis se voordeur smeer, waar hulle gaan eet.  Die vleis moet oor die vuur gebraai word en daardie selfde aand saam met suurdeeglose brood en kruie geëet word.  Die vleis moet gaar wees.  Dit mag nie gekook word nie.  Die hele lam moet met kop, pote en alles gebraai word. Hy moet teen die volgende oggend heeltemal opgeëet wees.  Wat daarvan oorbly – soos die bene -  moet die volgende oggend verbrand word.  Die volk moet die maaltyd vinnig, asof hulle haastig en reisvaardig is, eet.  Vir sewe dae, tot die 21e dag, moet hulle ongesuurde brode eet en in dié tyd moet alle suurdeeg uit die huise verwyder wees.”

Die bloed van die lam is simbool van hulle gespaarde lewens en is ‘n teken vir die Here dat Hy moet verbygaan en nie die huis moet tref nie.  Die kruie is beeld van die bittere verdrukking wat hulle in Egipte moes indergaan.  Die ingesuurde brode is beeld van die haas waarmee hulle uit Egipte moes vertrek.  Dit alles het die voorspel gevorm tot die 10e plaag.

Die viering van die Paasfees het later as ‘n herinnering gedien vir die volk dat die Here hulle op wonderbaarlike wyse gered het uit die slawetoestand in Egipte.  Op die vooraand van sy kruisiging stel Jesus die Nagmaal in voor die Paasfees.  Hy sê daarmee dat Hy die Een is wat gekom het om deur sy sterwe verlossing te bewerkstellig.

Die 10e plaag tref Egipte teen middernag. Dis die duisternis wat die lig van die songod uitdoof.  Alle eersgeborenes sterf.  Die dood van die een wat die geslag moet voortsit, maak die ramp des te groter. So tref die Here die aardse beliggaming van die songod, naamlik die farao direk.  Met die plae bewys die Here sy heerskappy oor die gode van Egipte en oefen hy strafgerigte uit oor al die lewensterreine en landbouseisoene van Egipte, om daarmee die bevryding van sy volk te bewerkstellig.

7. DIE UITTOG UIT EGIPTE

Teen hierdie God kon die farao nie standhou nie en die volk kry die opdrag om te trek.  Hulle eis silwer en goud van die Egiptenare.  Dit vergoed vir die verdrukking wat hulle gely het.  Hulle was 430 jaar in Egipte.  Baie van hulle was van gemengde bloed. Altesaam het sowat 600 000 manne, buiten die vroue en kinders, die land verlaat.

Dit is die aand voor die uittog.  Ek, Mirjam staan voor ons ou woning, waar ek soveel jare saam met my ouers gewoon het, waar my broer Aäron gebore is en later my boetie Moses wat ons in die riete gaan wegsteek het.  My hart is vol weemoed, want ek weet dis ons laaste nag in hierdie huis.  Moses hulle is in die huis besig om die gebraaide paaslam saam met ongesuurde brood te geniet.  Ek het vroeër reeds die bloed van die lam aan ons deurkosyn gesmeer.  Daar heers ‘n kil atmosfeer.

Toe hoor ek dit:  Eers vaagweg, maar toe al hoe duideliker, kom die jammerkrete van mense uit verskillende rigtings van die Egiptiese woonbuurt op die nagwind aangewaai.  Moses kom uit die huis en sê:  “Mirjam, God is besig om die 10e plaag aan die halsstarrige farao te voltrek.  Hoor hoe sterf die oudstes in die huisgesinne, ook die farao se oudste seun.  As dit lig word, gaan die volk se uittog uit Egipteland begin!”

Dit was so.  Met dagbreek het die uittog by Raämses begin.  Wat ‘n skouspel was dit nie!  Dit was wonderlik om te sien hoe elke Israeliet net één doel voor oë het en dit is om met sy laaste bietjie besittings op karretjies, waens, op rydiere soos donkies en te voet in een groot massa die uittog begin, terwyl die besitters van vee hul beeste en skape en bokke in een groot trop onder toesig van wagters laat aandryf het.  Hulle het vertrek soos ‘n leër wat op mars is.

Die optog het by Raämses begin.  Ons het stadig voortbeweeg tot by Sukkot.  Moses het Josef se oorskot saamgeneem om Israel se belofte destyds aan hom te vervul.  Ons is van Sukkot af weg en het by Etam aan die kant van die woestyn gekom.

Gedurende die dag het die Here vir ons die pad gewys met ‘n hoë wolkstapel wat voor ons uitgesweef het en snags het ‘n wolk waarin vuur was, ons pad verlig.  Ons kon dus dag en nag trek.

By Etam het die Here vir Moses gesê om die volk te laat omdraai en hulle laer te gaan opslaan voor Pilhagirot, tussen Migdal en die see, teenoor Baäl-Sefon.  Die Here het Israel dus nie kortpad deur die Filistynse gebied na Kanaän laat trek nie, maar met die woestynpad in die rigting van die Rietsee, want die Here het gesê, as die volk nou met oorlog moet te doen kry, gaan hulle van plan verander en omvlieg terug na Egipte toe.

DEUR DIE RIETSEE

Ons deurtog deur die Skelfsee (of Rietsee), het na alle waarskynlikheid oos van Gosen, by een van die mere noord van die Suezkanaal plaasgevind, miskien die Bittermeer of die Timsameer.

Nadat die volk getrek het, het die farao weer spyt gekry.  Hy het sy leërmag gemonster om die volk van die Here agterna te sit.  Hy het ons teen die Skelfsee vasgekeer,  wat groot paniek by die volk veroorsaak het.  Die farao was persoonlik daar met sy eie oorlogswa en perderuiters.  Sy hele leërmag was saam met hom, op al Egipte se 600 beste oorlogswaens, met ‘n bemannng van drie op elkeen.

Toe die volk bewus word van die groot gevaar waarin ons verkeer, het hulle baie bang geword en by die Here begn pleit.  Hulle het ook by Moses gaan kla:  “Was daar nie genoeg plek in Egipte om ons te begrawe nie, dat jy ons hiernatoe gebring het om in die woestyn te sterf?  Wat het jy met ons aangevang om ons uit Egipte te laat trek?  Het ons nie vir jou gesê om ons met rus te laat toe ons nog in Egipte slawe was nie?  Dit was beter om slawe van die Egiptenaars te wees, as om lyke in die woestyn te wees!”

Moses het hulle probeer bemoedig en hulle verseker dat die Here ons sou red.  Die Here sê toe vir Moses:  “Vir wat staan jy so benoud en roep na my?  Sê die mense moet begin beweeg.  Vat jou herderstok in jou hand en hou dit uit oor die water.  Daar sal ‘n pad deur die water kom waarlangs die Israeliete op droë grond kan trek.  Ek sal die Egiptenaars vasberade maak om agter die Israeliete aan te gaan.”

Toe ek dit hoor, was ek saam met die volk nog meer benoud, maar toe praat die Here weer met Moses en sê dat as Hy vandag klaar is met die farao, sy hele leër, sy waens en ruiters, sal Egipte weet dat Hy die Here is.

Toe het daar iets wonderliks gebeur:  God se boodskapper wat die optog gelei het, het toe agter ons gaan staan.  Die wolkkolom wat voor ons uit beweeg het, het ook agter ons ingeskuif.  Dit het gaan hang tussen die plek waar die Israeliete kamp opgeslaan het en waar die Egiptenare se kamp was.  Hier was dit donker, maar aan Israel se kant was dit lig.  Die vyand kon gedurende die nag nie nader aan ons bang Israeliete kom nie.

Moses het sy hand oor die see uitgestrek.  Die Here het ‘n sterk oostewind laat opsteek wat deur die nag só sterk gewaai het dat dit die water oopgekloof en die seebodem droog gemaak het.  Ons verbaasde Israeliete het op droë grond deur die see gegaan met die water soos twee hoë mure weerskante van ons.  Die Egiptenaars is gretig agter ons aan, met al die  farao se perde, sy oorlogswaens en hulle bemanning.

Nog gedurende die vroeë nagwaak het die Here vanuit die vuurkolom en die stapelwolk op hulle neergekyk en verwarring onder hulle laat ontstaan.  Hy het die wiele van hulle waens laat vasval, sodat hulle nie kon beweeg nie.  Moses het bevel gekry om sy hand weer oor die water uit te steek.  Dit het teruggevloei en die farao en die hele Egiptiese mag laat verdrink.  Ons het gesien hoe die lyke van die Egiptenaars op die strand uitspoel.  Ons volk se wankelende geloof in die Here en hulle vertroue in Moses, is deur hierdie daad wat God hulle van ondergang gered het, baie versterk.

MOSES SE LIED VAN BEVRYDING

Die geweldige gebeurtenis hoe die Here sy ou volkie in nood van ondergang en uitwissing gered het, het Moses  se gemoed met verwondering en aanbidding vervul.  Hy het in ‘n jubellied die geredde volk voorgegaan.  Hulle het gesing:  “Ek wil oor die Here sing, want Hy is geweldig groot.  Hy het perd en oorlogswa in die see gesmyt.”

MIRJAM SE LIED

Toe het ek, Mirjam, Moses en Aäron se suster, my roeping as vroulike profeet baie sterk gevoel.  Ek het ‘n tamboeryn gevat en al die vroue het agter my aan gedans, terwyl hulle op tamboeryne slaan.  Ek het vir hulle voorgesing:  “Sing vir die Here, want Hy is geweldig hoog.  Perd en ruiter het Hy in die see gegooi.”

Daarna het Moses die volk weggelei van die Rietsee af.  Ons het direk na die Surwoestyn getrek.  Ons het drie dae lank deur hierdie droë streek en hygend van dors by Mara beland, waar daar genoeg water by hierdie mooi fontein was, maar dit was só brak en bitter dat dit ondrinkbaar was.  Toe die dorstige volk se klagtes op Moses begin reën, het hy die Here oor die probleem geraadpleeg.  God het aan hom ‘n stuk hout gewys wat hy in die fonteinwater moes gooi.  Dit het dit soet en drinkbaar gemaak.

Die Here wou graag die klaende en moedelose volk ‘n bietjie troos en toets.  Hy het deur Moses vir hulle gesê:  “As julle goed luister na die Here julle God en doen wat vir Hom reg is, gehoorsaam is aan sy wette en reëls, dan sal Ek julle nie dieselfde dinge laat oorkom as die Egiptenaars nie.  Ek is die Here wat julle gesond sal hou.”

Van Mara af is hulle verder suidwaarts, tot hulle by Elim, ‘n pragtige oase aangekom het.  Hier was volop water en boomryke skadu teen die son!  Daar was twaalf sterk fonteine en sewentig groot palmbome, waar die volk gretig kamp opgeslaan het.

Die mikpunt van die Here met hierdie groot trek van ons Israeliete uit Egipte, naamlik om Kanaän te bereik, het met sy suidwaartse gang oënskynlik weg van Kanaän af beweeg, omdat die Here die volk nie op die korter Filistynse pad langs die Middellandse See  aan groot gevare wou blootstel nie.  Daarom het die pad deur veilige droë streke en woestyne gegaan.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2919 gaste aanlyn