NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Wyse volksleier tree nie oorhaastig op nie, maar dink deeglik na alvorens hy reageer.  Hy veronagsaam ook nie voor die handliggende feite nie.  Wysheid is ‘n gawe van God. “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid.... en dit sal aan hom gegee word” (Jak.1:5)

DIE GETUIENIS VAN ONS WERKE

Hannes Ollewagen

Openbaring 3:14-22

“…Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:  Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie.  Was jy tog maar koud of warm!” – Openb. 14, 15.

Let daarop dat vers 14 nie die woorde of getuienis van Johannes is nie.  Die 'waaragtige Getuie ' is met ‘n hoofletter geskryf;  dus is dit God se eie getuiens!  In vers 15 getuig Hy dan dit wat ons weet – dat Hy alsiende en alwetend is.  Ten spyte van die feit dat dit ‘n gemeente is wat aangespreek word, wys Hy die aangesprokenes daarop dat hul werke nie by die geloof pas nie.  Hy wys die gemeente daarop dat hulle besig is met godsdiensbeoefening maar hulgesindheid nie reg is nie. Daarom is die werke wat daaruit spruit ook nie voor Hom reg nie.  Die boom dra nie vrugte wat by die bekering pas nie.

In vers 17 sien ons die waarskuwing wat vandag in soveel van ons mense se lewens te bespeur is.  Hulle ken en aanbid God in tye van swaarkry en nood, maar wanneer hulle finansiële voorspoed beleef, is die gesindheid nie veel anders as dié van die aangeklaagde in die gelese gedeelte nie.  Wanneer die vleeslike versorg is, is hulle van mening dat hul nie gebrek aan enigiets verder het nie.  Die teksgedeelte beskryf dit dan ook so mooi wanneer dit  daarop wys dat iemand wat net vir die vleeslike en aardse bestaan en weelde leef, beklaenswaardig is.   Jy is arm van siel, blind vir ware geluk en ewige saligheid. Die naaktheid dui daarop dat weelde nie vir jou waardigheid kan koop nie.  Jy is so arm, jy het NET geld.  Naaktheid dui gewoonlik op skande en mense wat oppervlakkig en weelderig lewe maak hulself dikwels skuldig aan gedrag wat die spot van die samelewing agter hul rug ontketen.

God wil nie hê dat enige van sy kinders die spot van die wêreld word nie.  Hy wil nie hê dat ons die ewige saligheid moet misloop t.w.v. die geluk wat die wêreldse begeerlikhede (geld, genot, sinlike vermaak) op die oog af kan bied nie.  Hierdie begeerlikhede ontneem mense menigmaal die goeie van die lewe, soos hul waardigheid, geluk saam met hul families, ‘n ware kennis van God wat vir jou vrede in jou lewe verskaf en ‘n onwrikbare standvastigheid en rigting in jou lewe bied.

Wanneer ‘n gelowige ‘n ware verhouding met God het, het hy die vrymoedigheid om met sy sondes, probleme, hartseer, behoeftes, drome en met sy hele lewe na Hom te gaan. Dan alleen sal die lewe vir hom sin maak.  Ons kan met al hierdie dinge na die HERE gaan en Hy sal ons leer wat daarvan nie goed vir ons is nie en wat wel vir ons bestem is.  Net soos ‘n aardse vader sy kind sal probeer weerhou van die dinge wat hom skade kan berokken soos dwelms, verkeerde maats, ensomeer, so wil ons hemelse Vader ons ook waarsku teen hierdie dinge wat óns skade kan berokken.  Net soos kinders dikwels nie die gevaar van verkeerde maats raaksien nie, so sien ons dikwels nie die verkeerde in ons bedekte afgode nie.

God wys ons nie tereg op ons foute en die verkeerde wat ons uit ons lewens moet uitroei omdat Hy ons geen geluk in die lewe gun nie.  Dit is juis omdat Hy ons waarlik liefhet dat Hy ons teen die kwade waarsku; die dinge wat die deur vir Satan sal oopmaak om ons aan te val en skade te berokken.  Dit is juis omdat Hy ons liefhet dat Hy ons tugtig.  (Vers 19).  Dit is omdat God wil sien dat ek ‘n gelukkige gesinslewe geniet – moontlik ook met kinders wat Hy aan my geskenk het -  dat Hy beveel dat niks, ook nie die televisie die plek van die huisaltaar in my huis moet beklee nie.  Dit is juis omdat God wil sien hoe trots ek op my kinders is dat Hy my beveel om hulle standvastig in die weë van God te onderrig en hulle te leer om beginselvas en gehoorsaam aan Hom te leef.  Net soos God ons wil sien wandel op die pad wat lei na die ewige lewe, so wil Hy hê dat ons aan die einde van ons lewens volkome sal uitsien om saam met Hom op die troon te sit sonder om te wil terugkyk en hunker na nog ‘n klein tydjie op aarde.

In vers 20 lees ons hoe God by die deur van ons harte staan en klop en vra om ingelaat te word om op die troon van ons harte te sit vanwaar Hy kan regeer.  Sou ons Hom inlaat sodat Hy ons lewens van hierdie troon af kan regeer en rig, of sou ons God se roepstem ignoreer?  Wanneer Hy in ons lewens heers, kan ons weet dat Hy ons ook die leiding sal gee om die daaglikse stryd teen sonde te voer en só in gehoorsaamheid aan Hom te probeer leef.  Ons kan die stryd teen sonde aanpak met die wete dat ons Leidsman reeds die stryd teen hierdie vyand gewen het. Hy dus weet in watter rigting om ons daartydens te lei.   Ons kan die stryd met soveel geloofsekerheid stry dat ons ook aan die einde van ons lewens as oorwinnaars uit die stryd sal tree en saam met Hom kan deel in die ewige vreugde en heerlikheid wat op ons wag.

Die keuse wat ek maak sal in my lewe weerspieël word.  My lewe sal getuig of ek die Hemelse Vader  glad nie ken nie, en of ek maar net vaagweg bewus is van Iemand wat die sonde die stryd kan aansê en oorwin, en of daardie Heerser ook in my lewe aan die werk is!  My werke sal getuig of ek koud, lou of warm is!  Wie ‘n lewe ontvang het en besef dat dit ‘n geskenk van sy Skepper is, moet uit dankbaarheid teenoor Hom tot eer van sy Naam leef.  Elkeen dan ook wat ‘n oor het, moet hoor wat die Gees aan hom sê.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3081 gaste aanlyn