NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die doek wat op Christus se hoof in die graf was, het na sy opstanding eenkant opgevou gelê. In die Bybelse tyd het ’n welgestelde man sy servet opgevou as teken dat hy die tafel net vir ’n tydjie verlaat en weer sou terugkeer.   Wat Jesus met die opgevoude gesigsdoek gesê het was dat Hy net vir ’n tydjie weg sou wees, maar weer sal kom. Is jy gereed vir sy Wederkoms?

GEBED VIR SY VOLK

Hannes Ollewagen

Nehemía 1:1-11

Nog ‘n jaar spoed ten einde en wanneer ons terugkyk na die moord en doodslag, korrupsie, verval van ons land en die toenemende sedeloosheid onder ons eie volksgenote, is dit seker natuurlik dat die gevoel van moedeloosheid ‘n mens oorval.  Om doodeerlik te wees was die gedagte om die land te verlaat selfs vir ‘n behoudende volksgenoot met ‘n diepgewortelde liefde vir ons volk nie uitgesluit nie.  Dit voel asof ons soos Nehemía kan sit en ween, want sal hierdie afvallige volk dan nooit tot sy God terugkeer nie?

Hierdie gedagte en gevoel is egter iets wat elkeen wat ons God en sy volk waarlik liefhet, baie hard moet beveg.  Hierdie gevoel neem by ons plaas wanneer ons dink dat daar genoeg mag in onsself gesetel is om die omstandighede van ons volk te verander; m.a.w. dat ‘n mens ons hopelose situasie self sal kan omkeer, wat nie die geval is nie.   Ons moet egter onthou dat God nie ons vernietiging soek nie, maar ons bekering en terugkeer tot Hom met ‘n opregte hart, ‘n suiwer hart, ‘n gebroke en verslae hart, ‘n hart van ootmoed!

Daar is toenemend volksgenote wat besef dat ons enigste heil by ons getroue God te vinde is.  Ons sal nie ons eie situasie kan red nie, want ons toestand is te ellendig en ons het baie diep weggesink in ons ongeregtighede - nie een van ons, hoe vroom ookal, staan onskuldig voor Hom nie!  Selfs ons kerke is besig om een na die ander die pad byster te raak en mense het so ver van God af weggedwaal dat hul van “godsdienstigheid” ‘n afgodery gemaak het.  Selfs wanneer die kerke dwaalleer en heimlike kettery verkondig sal mense steeds nie uit die kerk uit wegbeweeg nie, want die kerk is dan die weg tot die ewige saligheid!  Ons kerke was eens die baken in ons volkslewe wat vir ons die weg na God gewys het met opregte leraars en herders oor hul kuddes.  Laasgenoemde is egter uitgesif deur goddelose en bose bedrywigehde binne-in die kerk wat nie sal skroom om die waarheid te onderdruk om hul eie motiewe te bevorder nie.

Wanneer ‘n kerk ‘n beginselstandpunt vir etlike dekades huldig en dit dan verander omdat die polities-korrekte mening verander het, moet ‘n mens jouself die vraag DRINGEND afvra of jou kerk ‘n rigtingwyser na God is of ‘n volgeling van die wêreld.  Laasgenoemde kan God nie behaag nie, want ‘n mens (lees kerk) kan nie die wêreld behaag sonder om daaraan gelykvormig te word nie.  Wanneer ‘n leraar voorgeskryf word wat om te preek, moet jy jouself die vraag DRINGEND afvra of jou leraar jou in die gehoor moet streel en of hy vir jou die weg na God moet aandui en die boodskap van Hom aan jou moet lewer?  Indien jy nie WIL HOOR wat God se boodskap vir jou is nie, waarom dan skynheilig gaan om te luister daarna?  Met watter gesindheid is jy dan in die kerk?

Ek probeer geensins vandag mense uit die kerke uit preek nie, maar ek wil daadwerklik die wekroep aan elke kind van God rig wat Hom waarlik liefhet:  Toets die kerk waaraan jy behoort of dit ‘n rigtingwyser na die onveranderlike God is wat sy boodskap bring, of ‘n volgeling van die wêreld?  Wanneer u kerk die gebooie en verordeninge van God verlaat het om die wêreld ter wille te wees, het dit daadwerklik tyd geword dat u u eie verantwoordelikheid opneem om na God te gaan soek, sou dit dan selfs buite kerkverband wees.  Moet egter nie met ‘n gemaksugtige gesindheid uit die kerk wegbeweeg net om Sondae maar eerder rustig by die huis te verkeer of selfs inkopies te gaan doen of op watter ander dergelike wyse die Sabbatdag deur te bring nie, want daar gaan u God ook moeilik vind.  Die Sabbat is vir ons gegee om te rus en om ons in God te verlustig.

Die tyd het haas aangebreek dat ons as ‘n volk ons daadwerklik tot God moet bekeer!  Wanneer my kerk my op ‘n dwaalweg lei, moet ek daarvan losbreek en terugkeer na my God!  Dit is ironies hoe die kerke leeg geloop het vandat hulle alles in die stryd werp om die wêreld ter wille te wees.  Geloof is nie ‘n gewildheidskompetisie – dit is die sieraad van ons volk wat ten alle koste bewaar en verdedig moet word. Sou dit aangeval word vanuit die onverwagse oorde waaruit dit deesdae kom, durf ons nie terugdeins omdat ons onverhoeds betrap word nie.

Ons volk word uitgemoor teen bykans 3 500 siele per jaar en ons kerke swyg daaroor.  Aborsies word gewettig en ons kerke swyg daaroor.  Verkragtings is aan die orde van die dag en kerke swyg daaroor.  Bykans een miljoen blankes sit in ellende gedompel in plakkerskampe en ons kerke swyg daaroor.  Ons dra eerder die kospakkies en Bybels verby hierdie volkgenote wat in ellende gedompel is tot aan die boonste punt van Afrika om daar vreemdes te gaan opsoek en te versorg.  Ons kerke hou eerder aan jammer-sê oor kamtige onregte van die verlede sodat daar nie ‘n woord oorbly oor die onreg wat daagliks seëvier nie.  In plaas daarvan dat die Evangelie verdedig word, word die een na die ander kompromie daaromtrent aangegaan!   Met sulke verwarde rigtingwysers in ons samelewing, is dit geen wonder dat ons volk verstrooid geraak het oor die aarde heen nie.

Mag God ons self verlos op sy bestemde tyd – van leraars wat dwaalleer en afvalligheid onder ons volk verkondig.  Mag dit plek maak vir diensknegte van Hom wat die waarheid aan sy volk sal verkondig om hul sodoende na Hom terug te lei waar hul heil sal vind.

Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees;…”

Nie omdat ons dit verdien nie, maar omdat Hy ‘n grote en gedugte God is wat die goedertierenheid hou vir diegene wat Hom waarlik liefhet en sy gebooie hou; daarom bid ons dat Hy ook vir ons een Nehemía in ons volk sal verwek wie se gebed Hy sal aanneem om die sondes van ons volk voor Hom te bely, want as ons vir ons kerke wag om dit te doen, gaan ons baie lank wag. . .

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3077 gaste aanlyn