NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'n Mens se kruis hier op aarde is nie 'n las nie, dis 'n skat aan jou gegee sodat jy daaruit kan leer en groei – moet dit dus nie sleep nie, dra dit!

VOLHARD IN DIE GELOOF!

Hannes Ollewagen

Hebreërs 12:1-29

Die samelewing van ons tyd is so belas met die dinge van die wêreld wat geen heil inhou nie, maar steeds sleep mense hierdie laste saam.  Die las van die gejaag na geld, die las om mense te probeer behaag, die las om deur my vriende aanvaar te word, daardie dinge wat eintlik ‘n las vir my word, omdat ek nie meer myself kan wees nie, want ek moet my eie karakter en beginsels prysgee om daardie las te kan saamdra.  Nou wonder ons waarom daar soveel hartseer en ongelukkigheid in die wêreld is?

In vers 1 van die gelese gedeelte word ons opnuut uitgenooi om die las en sonde wat ons so maklik omring af te lê om sodoende die wedloop van die lewe met volharding te voltooi.   Ons moet die wedloop van ons lewe m.a.w. aflê as ‘n wedloop/lewe vir Christus met ons oog gevestig op ons Leidsman en nie op die aarde en verganklike dinge wat ons so maklik omring en verlei nie.  Ons moet onthou dat ons op aarde geplaas is om God te dien – ons is atlete in sy wedloop en daarom moet dit vir ons gaan om sy eer en om Hom diensbaar te wees.  Hy is die Leidsman en Voleinder van die geloof en ons moet Hom gedurig in ons wedloop op aarde navolg.  Onthou, Hy het die wedloop alreeds voltooi en sit aan die regterhand van God – Hy ken die weg daarheen die beste en daarom kan ons Hom ten volle vertrou om ons op die regte pad te lei.  Hy is immers die enigste weg na ewige saligheid.

Dikwels verdwaal ons hier op aarde gedurende ons wedloop en voordat ons onsself kan kry, is ons omring deur die sonde tot so ‘n mate dat ons nie eers meer rondom ons kan sien dat ons op ‘n dwaalweg verkeer nie.  Dit is dan wanneer onse Vader ons soms tugtig om ons terug te lei na Hom.  Hy straf ons nie omdat Hy ons haat en wil sien seerkry nie, maar allermins wil Hy hê dat ons vir ewig verlore moet gaan en daarom sal Hy ons straf wanneer dit nodig is.  Soos wat enige goeie vader sy kind sal tugtig om van hom ‘n gebalanseerde en standvastige volwassene te probeer maak om hom sodoende teen onnodige hartseer as grootmens te spaar.  Die tugtiging van die Here lyk gewoonlik midde die omstandighede nie asof Hy vir ons omgee nie en soms wil ons in ons harte vra hoe Hy dan kan toelaat dat só ‘n vernietigende pyn of hartseer my tref?  As Hy my regtig liefhet, sal Hy dit mos nie toelaat nie?  Ons ken ten dele, maar Hy is die Volmaakte wat alles weet – ook wat goed is vir my en nodig is in my lewe om my fiks te kry/hou vir die wedloop van my lewe waarmee ek besig is.  Hy weet hoe ver die afstand is wat ek nog sal moet aflê, Hy weet hoe sterk en gedug die teëstanders sal wees, Hy weet hoe die toeskouers my sal aanmoedig of sal uitjou, maar bo dit alles weet Hy hoe lieflik die prys is wat ek sal ontvang wanneer ek die wedloop met volharding voltooi het en weet Hy ook dat Hy te alle koste wil verhoed dat ek langs die pad uit die wedloop val en daardie groot beloning misloop. . .

Langs hierdie baan waarop ons die wedloop van die lewe loop is daar soveel hindernisse, soveel versoekings.   Soms wil ek opgee omdat ek moeg is, maar soms wil ek die verkeerde afdraaipaadjie kies, bloot omdat dit in die omstandighede soveel makliker en selfs beter lyk.  Dit is presies wat Esau gedoen het.  Net om in sy onmiddellike behoeftes te voorsien, het hy selfs die kosbaarheid van sy eersgeboortereg verag.  (Vers 16).  Is daar nie baie gelowiges wat ook die genade van Christus verag deur doelbewus na die sonde te haas en daarin te volhard net om hulle onmiddellike sondige begeertes te stil nie?  Dit lyk dan asof die goddelose mense altyd gelukkig is en geen sorge het nie, dus is dit vir my nadelig om God te dien, want ek wil ook gelukkig wees.  Mag ek dan nie ook net ‘n bietjie gelukkig wees nie?  Wel, as jy nie alreeds gevul is met blydskap oor die feit dat jy die ewige lewe as geskenk van Hom ontvang het deur God se genade alleen nie, sal min dinge jou waarlik gelukkig kan maak.

Dit is nie verbasend om te sien hoe dinge elke dag meer onseker raak nie, aangesien die samelewing van ons tyd al verder wegdwaal van God.  Hoe verder van Hom af, hoe onsekerder die omgewing.  Een ding waarvan elke mens op hierdie aarde seker kan wees, is natuurlik die dood wat op elkeen van ons wag.  Dit is daarom belangrik dat ons in ons wedloop hier op aarde sal werk om ons geloof in God onwankelbaar te maak waarmee ons ‘n onwankelbare koninkryk sal beêrwe!  Die wenke om te arbei aan hierdie onwankelbare geloof is as volg – dien God welbehaaglik met eerbied en vrees en hou jou oë deurgaans gevestig op die Leidsman en Voleinder van ons geloof, Jesus Christus!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 738 gaste aanlyn