NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om afskeid te neem is seker een van die moeilikste dinge wat die mens moet verwerk, en dit gebeur deurlopend in sy lewe. Daar is net een wyse waarop dit makliker word: aanvaar die pyn as 'n groeimiddel om tot die punt te kom waar dankbare herinneringe jou help om nie binne jouself te sterf nie.

DIEN ONS HOM GETROU?

Hannes Ollewagen

1 Samuel 12:1-25

“Vrees net die HERE en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.”(:24).

Een van die grootste ketterye wat in die “moderne samelewing” verkondig word, is myns insiens dat geloof in God ‘n uitdaging is wat jy moet regkry waarna jy kan aangaan met die res van jou lewe.  Die indruk word by mense geskep dat jy deur belydenis van jou geloof met lippetaal die saak van jou saligheid afhandel en jou verhouding met God hierdeur verseker.  Hierdie mistasting is geweldig gevaarlik en sal aanleiding gee dat jy gedurigdeur na die waarheid rondtas en mistas.

Die Waarheid is Jesus Christus alleen wat vir ons die Weg en die Waarheid en die Lewe is.  Hy is die Weg na ons ewige saligheid en dus moet ons na ware bekering die res van ons lewe op aarde met Hom en agter Hom aanstap.   Ons maak nie bloot kennis met Hom en stap dan maar die weg op aarde wat ons graag wil inslaan nie, want daar is geen ander weg na ewige saligheid hierna as juis deur Hom nie.  Alleen agter Hom aan sal ons die waarheid ken wat ons sal vrymaak.  Die waarheid van sy liefde vir ons wat Hy bewys het deur sy lewe as losprys vir ons te gee aan die kruishout.  Hy het dit gedoen sodat ons lewe en oorvloed kan hê.  Nie alleen het ons hierdeur die ewige lewe verkry nie, maar ook die lewe hier op aarde waar ons nie diensbaar aan die sonde hoef te wees nie.  Hy het ons vrygekoop daarvan, en met ‘n opregte geloof in Hom en liefde vir Hom sal ons getrou en opreg genoeg wees om nie die sonde in ons lewens te ontken om sodoende daarin te volhard nie.  Ons sal die verkeerde en sonde in ons lewens erken, besef dat sy kruisdood geen goedkoop losprys was nie en daarom dat ek as sy kind die verantwoordelikheid het om die sonde in my lewe met Hom te beveg en te oorwin.  Leer Christus ons nie self dat ons sy gebooie sal bewaar as ons Hom waarlik liefhet nie?

Wanneer ons Hom volg met ‘n vaste geloofsvertroue en omdat ons Hom liefhet, het ons ook die lewe gevind.  ‘n Lewe vry van die sondelas en –skuld hier op aarde.  Nie ‘n lewe as ‘n heilige wat nooit meer sonde doen nie, maar wél ‘n lewe as ‘n gelowige kind van Hom wat myself nie meer diensbaar stel aan die sonde nie.  Wanneer ek wél stuikel in menslike swakheid, bely ek my oortredinge voor Hom en vra om vergifnis van Hom met vrymoedigheid.  Ek sal net vrymoedigheid hê om my Verlosser om vergifnis te vra, indien ek waarlik in my hart onderneem om te probeer om nie weer sonde te doen nie.

Wat Hy van ons vra vir hierdie groot genade wat aan ons bewys is, die genade wat ons ontvang het om kinders van God genoem te mag word, is dat ons Hom in liefde en met eerbiedige vrees, getrou sal dien.  Hy vra dat ons Godsdiens nie ‘n bysaak in ons lewens sal wees nie, maar juis die hoofsaak .  Hy vra dat ons ons lewens sal inrig om Hom te behaag in alles wat ons doen om Hom getrou te dien!  Hy vra dat ons die volk voor sy Aangesig sal wees wat Hy ons gemaak het om te wees omdat dit Hom behaag het.  Hy verwag dat ons sy gebooie trou sal onderhou, want ons sal met die onderhouding daarvan besef dat Hy dit vir ons gegee het met die grootste liefde en dat ons bevoorreg is om gebooie te ontvang wat suiwerder is as silwer wat sewe maal in ‘n vuur gelouter is.

Sou ‘n dienskneg van God my en u vandag aanspreek soos wat Samuel God se volk in die gelese gedeelte aangespreek het en oproep om voor Hom te staan sodat daar gerig gehou kan word, hoe sal ons geestelike lewens daaruitsien?  Dien ek God waarlik in liefde en trou of dien ek Hom vir wat Hy vir my kan doen?  Daar is menige mense wat God dien omdat hulle tog bang is dat hulle finansiëel sal swaarkry as hulle Hom nie dien nie, maar dit is die enigste dryfveer.  Inden dit die geval in jou geestelike lewe is, moet jy jouself afvra of die god wat jy dien nie dalk beter bekend staan as Mammon nie?!  Menige mense dien God uit tradisie, gewoonte of selfs net omdat hulle bang is om sosiaal geïsoleerd te raak, sou hulle nie gereeld kerk toe gaan en ‘n godsdienstige voetjie voorsit nie.

God vra van ons opregte liefde en diensbaarheid aan Hom.  Ons moet Hom dien en liefhê met ons hele hart, ons hele siel en ons hele verstand.  Ons moet ons liefde vir Hom met dade bewys aan ons naaste.  Ons moet ons liefde vir Hom laat groei deur Hom te leer ken uit sy Woord en deur gereeld in gebed met Hom te praat, maar hoe lyk ons gebede?  Begin dit dalk met smekinge van hoe en waar Hy asseblief moet voorsien en seën en goed doen en beskerm en dies meer?  Hoeveel plek is daar in ons gebede uitsluitlik vir ons eie selfsugtige begeertes en hoeveel plek is daar in ons gebede vir ons naaste en vir God, sy volk en koninkryk?  Is ek besig om Hom te dien wanneer ek bid of is dit eerder ‘n tyd wat ek stil raak om Hom voor te skryf hoe Hy my kan dien?

Ons leef welliswaar nie in die maklikste van omstandighede in ons vaderland tussen ‘n verpletterde volk in ‘n vervalle land nie.  Ons moet egter onthou dat dit God behaag het om vir Hom ‘n volk hier aan die suidpunt van Afrika te maak en dat ons ook nie teen Hom moet sondig om op te hou om vir sy volk te bid en volksgenote te vermaan en te leer nie, al raak ons soms ook hoe moedeloos en teleurgesteld.  (:23).  Die tyd het haas aangebreek dat ons dringend selfondersoek instel oor die opregtheid en getrouheid waarmee ons God dien en opnuut begin om te bou, in diensbaarheid aan Hom, aan sy vervalle volk hier aan die suidpunt van Afrika.  Die sonde en ongeregtigheid van ons volk en ons menslike verdorwenheid het ons volk tot in sy fondasie laat breek, maar met Jesus Christus as Hoeksteen, kan ons opnuut begin bou op hierdie vaste Fondament wat vir ewig sal bly staan!

Laat ons daarna streef om getrou te wees in ons diens aan God, soos wat ons Meester en Leidsman vir ons die voorbeeld gestel het, want dan sal ons die Weg, die Waarheid en die Lewe ken!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _____________________

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

  •                                                                        ______________

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3096 gaste aanlyn