NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Christene het groot rede om altyd vol vreugde en blydskap te wees. Ons het sedert die uitstorting van die Heilige Gees die Here altyd by ons, en daarby kan ons met vreugde uitsien na die wederkoms van Christus. Dit is onvanpas vir jou as Christen om beswaard deur die lewe te gaan.

KEER TERUG NA HOM!

Hannes Ollewagen

Jeremia 3:6-25

“Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees.  Hier is ons, ons kom na U toe, want U is die HERE onse God.”(:22)

Aan die begin van die gelese gedeelte lees ons hoedat die ontroue Israel hoereer het en na al hierdie onreg word sy deur haar God gemaan om na Hom terug te keer.  Hierdie afskuwelikheid van Israel asook die barmhartigheid van God het homself afgespeel voor die oë van Juda, maar dit het haar nie verhoed om dieselfde en selfs nog erger as Israel te handel nie.

Ons volk is dalk nie vandag geografies verdeeld soos die twaalf stamme-ryk van Israel in daardie dae nie, maar dat daar ‘n geestelike verdeling in ons volk ontstaan het, is nie altemit nie.  Die afgelope paar dekades het dinge in ons vaderland drasties verander en mense is tot kruispaaie gebring waar hulle gedwing was om keuses uit te oefen wat ingerypende gevolge sou inhou.   Die staatkundige keuses en besluite in die kerke, skole en sosiale terreine het tot gevolg gehad dat ons vandag sit met ‘n volk wat so verdeeld en verward is omdat die een verkeerde besluit na die ander deur menig mense gemaak is en hulle in ‘n doolhof van onsekerheid en verwarring vasgevang het.

‘n Groot rede vir hierdie verwarring en verdeeldheid in mense se lewens is hoofsaaklik omdat daar te veel riglyne is waaraan besluite en keuses gemeet word.  Wanneer jy vandag die Celcius eenheid sou gebruik om temperatuur te meet en môre wil jy die temperatuur in Fahrenheit meet sonder om die nodige omskakelings te doen, sal jy baie verward raak wanneer jy die gegewens probeer verwerk.  Indien jy vandag jou lewe volgens God se standaard wil leef, maar wanneer dit vir jou gerieflik is, volgens die wêreld se standaard, sal jy sukkel om kop bo water te hou om beide kante tevrede te hou.  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ’n vriend van die wêreld wil wees, word ’n vyand van God.” (Jak. 4:4).

Hierdie smeltkroes waarin ons volk beland het, is vir niemand van ons lekker nie.  Hierdie foltering bring mee dat ons eienskappe van mense sien wat ons liefs nooit sou wou sien nie.  Hierdie suiwering en foltering bring mee dat ek moet kies of my verhouding met God of my verhouding met mense en die wêreld vir my die swaarste weeg.  Hierdie suiwering en foltering maak dat ons dalk soms toenemend eensaam voel as die laaste siele wat probeer doen wat geregtigheid nastreef terwyl al die ander om ons die genot van die wêreld najaag.  Dit laat soms vrae in ons gemoed ontstaan of die onreg dan altyd seëvier en die goddelose dan geen teëspoed beleef nie terwyl ons eintlik reeds weet wat die antwoorde op hierdie vrae is.  “…Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;  want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.” (Ps. 37:1&2).  Wat meer is, weet ek ook dat my verhouding met God nie beïnvloed moet word deur faktore soos ander se goddelose lewens nie, maar dat my verhouding met Hom op liefde vir Hom geskoei moet wees en derhalwe doen ek alles wat ek doen om Hom te behaag uit liefde vir Hom wat dan ook al bogenoemde vrae irrelevant sal maak.

Alhoewel hierdie smeltkroes nie lekker is nie en diep aan die hart van elkeen van ons raak, is dit tog nodig dat daar ‘n suiwering in ons volk sal plaasvind tussen diegene wie God met ‘n opregte hart wil dien en diegene wie Hom op hul voorwaardes wil dien.  Laasgenoemde is diegene wie Hom wil dien wanneer dit hulle pas wat dan ook afgodery is, want God laat Hom nie voorskryf nie.  Wanneer ek rondom my kyk, is ek van mening dat die tyd aangebreek het waarin ons harte voor God getoets gaan word om die omvang van die egtheid van ons Godsdiens aan die lig te bring.

Ek weet weliswaar nie wat in my broer se hart aangaan nie, maar ek gaan ook nie vir sy siel rekenskap gee nie.  Ek weet egter dat ek te alle tye die verantwoordelikheid het om daarna te streef om ‘n lewe van opregtheid te lei waarin Christus deur my lewe te voorskyn sal kom.  Laasgenoemde kan dalk net vir my broer wat swaarkry in sy gemoed die vernuwende versekering wees dat God werklik bestaan omdat my lewe op daardie oomblik van Hom getuig het.

As u dus vandag in ‘n tweestryd in u gemoed is wat u lewe betref wil ek u opnuut herinner daaraan dat daar slegs EEN REGTE KEUSE is.  Daar is vir ons slegs een ware God en Verlosser wie ons mag en moet dien.

Die ellende waarin volksgenote beland het wat die afgelope dekades gekies het om agter die wêreld aan te hoereer, is oraloor vir ons sigbaar net soos wat Israel se situasie vir Juda sigbaar was.  Die ellende van ons eietydse omstandighede word feitlik woordeliks beskryf in Jeremia 5:20-31:” Verkondig dit in die huis van Jakob, en laat dit hoor in Juda en sê:  Hoor dit tog, o dwase en verstandelose volk, wat oë het, maar nie sien nie; wat ore het, maar nie hoor nie!  Sou julle vir Mý nie bevrees wees nie, spreek die HERE, of voor my aangesig nie bewe nie, wat die sand gestel het as grens vir die see, ’n ewige beperking waaroor hy nie sal gaan nie? Al rol sy golwe, hulle is onmagtig; al bruis hulle, hulle sal daaroor nie gaan nie.  Maar hierdie volk het ’n oproerige en wederstrewige hart, hulle het afgewyk en weggegaan;  en hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog die HERE onse God vrees, wat reën gee, vroeë reëns en laat reëns op hulle tyd, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou.  Julle ongeregtighede het hierdie dinge afgeweer, en julle sondes het die goeie van julle teruggehou.  Want onder my volk word goddelose gevind; hulle loer soos voëlvangers buk, hulle het ’n val gestel, hulle vang mense.  Soos ’n hok vol voëls, so is hulle huise vol bedrog; daarom het hulle groot en ryk geword.  Hulle het vet, hulle het glad geword; selfs gaan hulle oor die maat van boosheid heen. Reg verskaf hulle nie, selfs die reg van die wees nie, dat hulle voorspoed kan hê; ook handhaaf hulle die reg van die behoeftiges nie.  Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?  ’n Ontsettende en afskuwelike ding het in die land gebeur:  die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?”

Hy, die Almagtige, die enigste Een wat ons lof en eer waardig is, spreek, maar ‘n volk hou hom doof en ons dink dat dit onverwyld sal voortduur?  Hy is die Een wat die see se grense vir hom stel en selfs die magtige oseaan oortree nie sy grense en bevel nie, maar die mensekinders ag sy bevele nie?  Hy kla aan, maar die valse profete sus die mense om voort te gaan op hul dwaalweë.  Hy kasty met die versengende hitte en droogte om die mense tot inkeer te dwing, maar die valse profete reken dat mense geen introspeksie hoef te doen nie. Hy stel egter self vir hierdie profete die uitdagende vraag in Jeremia : “…Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?” Sou hierdie valse profete die wolke beveel om reën te gee?  Sou hulle voedsel kan verskaf aan al die siele wat van hongersnood gaan kwyn?  Sou hulle enigste uitweg nie maar wees om uit roep tot die berge en die heuwels om hulle te oordek nie?

My wekroep tot elke ware gelowige volksgenoot is dus om in opregtheid terug te keer na God in diepe waarheid en ootmoed.  Stel uself nederig voor Hom in onderdanigheid aan sy wil vir u en vertrou Hom met u hele lewe en u sal lewe!  Volhard op u pad om Hom te volg, want daar is geen ander weg as as God se weg nie.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3382 gaste aanlyn