NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is net een ding waarvoor ons bang moet wees: sonde. Die res is onbelangrik. "Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die HERE jou God, is by jou oral waar jy gaan". Jos 1:9

NET EEN WARE, ALMAGTIGE GOD

Hannes Ollewagen

2 Konings 19:1-37

”Maar Ek ken jou sit en jou uitgaan en jou ingaan en hoe jy teen My raas.  Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.” (:27 & 28)

In 2 Konings 17 lees ons hoe Israel (die tien stammeryk) deur die Assiriese ryk in ballingskap weggevoer is.  Die rede hiervoor is dat God hulle oorgegee het aan hierdie heidense onderwerping en vernedering omdat die volk Israel aanhoudend van God afvallig geraak en Hom getart het deur agter die heidense afgodery aan te loop.

 

‘n Gebeurtenis soos hierdie moes enige hooggeplaaste op hierdie oomblik tot diepe denke gerdryf het.  Die uitverkore volk van God word oorgegee aan heidense onderwerping?  Kon die heidene daarin slaag om God se volk te oorwin?  Waar is hierdie onoorwonne Leidsman van Israel dan in hierdie dae?  Wat nou as daar teen die geringe erfdeel van Juda opgeruk word in oorlog – waar sal God wees?

Dit was inderdaad ook wat gebeur het.  Koning Salmanéser van dieselfde Assiriese ryk wat Israel weggevoer het, het teen die erfdeel van Juda opgetrek.  Hierdie koning probeer oombliklik vir koning Hiskía intimideer deur hom daaraan te herinner dat die volk Israel alreeds in ballingskap weggevoer is deur sy magtige Assiriese ryk en dat net ‘n kwessie van tyd is voordat dieselfde met Juda gebeur.  Die Godvresende koning Hiskía van Juda besef dat hy teen ‘n baie gedugte teëstaander te staan kom en versuim nie om God om hulp te raadpleeg nie.  Hy ontbied sy dienaars na die profeet van daardie tyd en Jesaja antwoord koning Hiskía met ‘n baie duidelike en gerusstellende antwoord :  God sal hierdie verwaande heindense koning regsien.  Hierdie antwoord kon dalk vir Hiskía amper te gerusstellend wees, want wat moes hý doen?  Moes hy nie ook ‘n Gideonsbende van 300 man byeenroep nie?  Moes hy nie na ‘n Dawid gaan soek om hierdie Goliat te verslaan nie?  Hískia moes glo en wag op die verlossing wat God beloof het!  Daardie eenvoudige oplossing wat vir menig gelowiges so uiters moeilik is om te volg.  “Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.”  (Ex. 14:14).

Nadat Salmanéser moes wegtrek na ‘n oorlog teen Libna, stuur hy boodskappers na Hiskía net om hom daarop te wys dat hy sal terugkom om met hom af te reken sodra hy klaar is met sy huidige oorlog.  Hierdie optrede wil amper oorkom asof hierdie heidense koning wou sê dat Hiskía se God inderdaad sy planne omgekrap het deur onrus teen hom op ‘n ander plek te skep, maar dat hy dit gou sal uitklaar en sal terugkom vir die stryd teen Hiskía en sy God.

Dit is op hierdie punt waar Hiskía self die aangesig van God gaan opsoek.  Hiskía erken voor God dat hy as koning van Juda ook maar net ‘n dienskneg van God is en, soos alles op aarde, aan Hom onderworpe is.  Hiskía stort sy benoudheid voor God uit deur Hom te herinner aan die groot oorwinnings wat hierdie heidense koning behaal het en smeek God om hulp vir die oorwinning.  Deur monde van die profeet Jesaja antwoord God weereens vir koning Hiskía met die versekering dat Hy welbewus is van die verwaandheid van hierdie heidense heerser, maar ook dat Hy deeglik sien en hoor hoedat hierdie koning homself openlik teen God verhef en Hom uittart en derhalwe sal Hy Salamnéser beantwoord op sy lasterlike uitdagings!

Ons lees in verse 22-34 hoedat God dit pertinent stel dat hierdie heidense heerser toegelaat was om hierdie groot oorwinnings te behaal omdat God hom as instrument gebruik het vir sy doel.  God waarsku hom egter dat Hy hom sal neerwerp en ombring omdat hy homself durf verhef teen die Almagtige wie alleen God en Koning is oor die hele aarde!

Salmanéser is inderdaad kort-voor-lank terug om te kom oorlog voer teen Juda.  Dit is op hierdie punt waar ons lees van ‘n wonder wat die wonderwerk van die Gideonsbende van 300 oortref, die wonder wat die wonderwerk van Bloedrivier se 464 man teen ‘n getalle-oormag van ongeveer 15 000 oortref.  Dit is in vers 35 dat ons lees van die engel van die HERE (een) wat honderd-vyf-en-tagtigduisend man in een nag verslaan!

Salmanéser trek sonder versuim terug na Ninevé met sy moed in sy skoene.  Hierdie moedelose en verslane heidense koning gaan soek na antwoorde voor sy afgod, Nisrog, maar die enigste antwoord wat hy kry is die laaste antwoord van God wat hom deur die swaard van sy eie twee seuns die ewigheid instuur – die antwoord op sy verwaande uitdaging aan God Drie-enig.  Skielik het hierdie verwaande heidense koning se geraas doodstil geword.

In ‘n samelewing wat besmet is met humanisme is verwaandheid nie meer ‘n vreemde eienskap onder mense nie, veral nie onder invloedryke mense nie.  Dit is belangrik dat ons as kinders van God altyd, soos koning Hiskía, gesteld sal wees op die eer van God en dat ons strewe ook sal wees om sy eer met ons wese te beskerm.  Ons moet egter in gedagte hou dat daar soms van ons verwag word om, soos ‘n Dawid, teen ‘n Goliat op te tree tot eer van God.  Daar is egter ook tye dat ons, soos Hiskía, in stille geloofsgehoorsaamheid die saak aan Hom sal oorgee en sal terugstaan in afwagting op God se afrekening met die goddelose.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3111 gaste aanlyn