NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As die HERE nie deur sy groot genade 'n klein oorblyfsel van ons volk beskik het nie, sou daar soos met Sodom en Gemorra van ons niks oorbly nie. Maar Hy hét, ten spyte van ons wederstrewigheid. Leef dan só, dat Hy nie daaroor spyt word nie!

HY ROEP SONDAARS TOT BEKERING!

Hannes Ollewagen

Markus 2:13-17

En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. (:17).

Dit was tot groot ontsteltenis van die skrifgeleerdes en Fariseërs dat Jesus saam met tollenaars en sondaars aan tafel gaan. Hulle moes seker gedink het dat as Hy wat God is geweet het wie en wat diegene was wat saam met Hom aan tafel was, sou Hy nie eers in hulle rigting wou kyk nie. Inderdaad het Hy geweet hoe vuil en besmet hulle lewens was, maar ewenwel het Hy geweet dat Hy hulle nie in daardie slegte toestand wil laat nie. Hy nooi hulle om na Hom te kom sodat hulle skoongewas kan word.

Ek dink dat talle gelowiges vandag steeds geneig is om hierdie houding van die skrifgeleerdes en Fariseërs aan te neem, nl. om met afsku en veragting na verlorenes te kyk. En dit asof ons nie elkeen iewers in die verlede in dieselfde toestand verkeer het nie. Dit is inderdaad n voorskrif in die Woord dat God se kinders hulself moet heilig hou. Ons moet ons dus van die wêreld en verkeerde mense afsonder en nie met hulle verkeerde lewenswandel gemeenskap hou nie. Maar dit beteken nie dat ons n geestelike meerderwaardige houding moet inneem nie. Inteendeel is ons veronderstel om met erbarming na verlorenes te kyk terwyl ons siel oor hul ellendige toestand treur. Dit terwyl ons bid en hoop dat hulle uit die sondemag verlos mag word.

Ons dink soms verkeerdelik dat iemand se lewe só sleg en vol ongeregtigheid is dat daar vir die persoon geen redding is nie. En wat n groot denkfout om die krag van Christus se soenbloed te onderskat! Dink maar aan die talle tollenaars, hoere en self moordenaars wat Hom ontmoet het en vergifnis kon ontvang. Hulle is skoongewas deur sy kosbare bloed en Hy was getrou om hulle hul oortredinge te vergewe nadat hulle dit na Hom gebring het en dit bely het. Dit is immers wat Hy beloof in 1 Joh. 1:8&9: AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

God verwag egter dat ons ons skuld sal erken en ook ons afhanklikheid van sy genade om ons te reinig. Soos wat dit nodig is dat ons ons ongeregtigheid moet ken en dit bely, is dit ewe belangrik om te glo dat wanneer God ons (en so ook ander mense) vergewe daardie vergifnis volkome is. Let op die woorde in 1 Joh. 1 dat Hy ons van alle ongeregtigheid reinig. Hy gaan ons nie soos n mens later weer daaraan herinner nie. Nee, so n skuldgevoel is van die Satan. Die offer wat Christus vir ons gebring het, was een wat vir ons volkome reiniging voor God bewerk om weer vir ons vrede met God teweeg te bring. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. (Jes. 53:5&6).

Ek en u moet onthou dat wanneer God vergewe het, het niemand die reg tot verdere aanklag nie. Ja, selfs nie eers die satan nie. Dit beteken dat u ander mense moet vergewe omdat u geen reg het om skuld teen iemand te hou wat deur God vergewe is nie. En so moet u ook verstaan om uself te kan vergewe vir foute wat u dalk in hierdie lewe gemaak het, want as God u vergewe het, het niemand die reg tot verdere aanklag nie ook nie uself of die Satan nie!

Daar is egter nie vergifnis sonder belydenis van sonde nie. Net soos wat n persoon wat baie siek is sy siekte en nood aan n geneesheer ontken bes moontlik weens sy siekte gaan sterf, sal sondaars wat hul sonde ontken ook as gevolg daarvan sterf. Maar vir hulle wat hul sondes erken en bely, is daar telkens n wondergenesing wat deur die groot Geneesheer bewerk word.

Opsoek na inligting?

  •  

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Is die boom wat die beste vrugte lewer.

Diskriminasie is onderskeiding tot beswil van alle volke.

Rassisme beteken rassekennis en kennis is wysheid.

Bewerk groei van 'n volk uit eie wortels, uit eie instellings, uit eie krag.

Strewe na 'n vreedsame verhouding met wedersydse respek vir mekaar se kultuurgoedere, tradisies, ideale.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1507 gaste aanlyn