VERWOERDMAAND

DIE SABBATSRUS

Hannes Ollewagen

Hebreërs 4:1-13

Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; (:4).

Die skrywer van hierdie hoofstuk raak die letterlike Sabbatsrus aan, maar spreek ook in dieselfde gedeelte oor die Sabbatsrus se geestelike betekenis. Daardie sielerus wat elke ware gelowige uiteindelik in Christus vind.

Terwyl sommige die fisiese onderhouding van die Sabbat sal wil beklemtoon, is daar ook diegene wat net op die geestelike hiervan wil fokus. En tog is n gesonde balans tussen beide die fisiese sowel as die geestelike hiervan nodig om die volheid daarvan te ervaar. n Lui-lekker rusdag by die huis sonder enige geestelike voedsel en oordenking op daardie dag sal vir jou geloofslewe net so min beteken as wanneer jy n dag wel in die gees onderhou, maar uiteindelik is jy so besig met inkopies of ander take dat daar vir jou gees eintlik geen rus is nie.

Die tydperk waarin ons leef word aan gebrek aan respek gekenmerk. Mense het min respek vir mekaar, min selfrespek en ewe min respek vir God. Indien ons respek vir God gehad het, sou ons ook dit wat Hy geskape het en dit wat Hy self geheilig het, met respek behandel het. Ons lees in Exodus 20:11 hoedat God self op die Sabbat gerus het. Ons lees ook dat Hy hierdie dag geseën en geheilig het. Hoe besonders en kosbaar moet dit nie vir Hom wees om dit te seën en te heilig nie? Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Ten spyte daarvan dat die belangrikheid van hierdie dag in die Woord van God duidelik uitgedruk word, heg die hedendaagse mens nie meer veel waarde hieraan nie. Dit bring ons noodwendig by die vraag oor hoe belangrik God dan werklik in ons lewens is? Waarom doen u die moeite om in die kerk te gaan sit, na die wet te luister en te hoor hoedat God hierdie dag geseën en geheilig het en verwag dat ons dit moet onderhou. En dit net om na die erediens na die naaste supermark te ry om inkopies te gaan doen?  Dink ons daaraan dat ons dit wat God geheilig het deur ons optrede skend en ontheilig?

Hoeveel van ons onderhou nog waarlik die Sabbatdag in liggaam en gees en gedenk dit as n dag wat deur God geseën en geheilig is? Dit is nie n dag wat bedoel is om net gou by die kerk n draai te gooi en van die res van die dag n plesierigheid te maak nie. Dit is n dag wat bedoel is om aan God gewy te word. n Dag waarin ons vir Hom geheilig moet wees, afgesonder moet wees van ons wêreldse sake. n Dag waarin ons in liggaam en gees moet rus, maar ook gedurig onsself tot Hom moet wend. Dit is die perfekte dag waarop ek moet stil raak en myself die vraag afvra oor hoe my lewe die afgelope week voor God se Aangesig gelyk het? En dit is boonop die perfekte tyd om die week wat vir my voorlê met God uit te klaar en na sy wil te vra in die besluite wat ek moet neem, en dies meer. Dit is die perfekte dag om seker te maak dat my lewe nog op koers is na die ewige rus wat op diegene wag wat God waarlik liefhet en as hul God aanbid en eer.

Jesaja 56 getuig ewe kragtig oor die kosbaarheid van die onderhouding van die sabbat in die oë van God. Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie. (:2). En dan is die onderrigting in hierdie verband uit Jesaja 58 onder die opskrif Valse en ware godsdiens”‘n ware kleinood. As jy jou voet terughou van die sabbat om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbatn verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek. (:13&14).

Kom ons laat staan ons verskonings oor waarom ons dit wat die Here geheilig het met so min respek hanteer. Ons behoort veel eerder aan Hom en die wêreld rondom ons te toon dat ons genoeg agting vir ons God het om dit wat Hy geskape het met eerbied te hanteer en dit te koester.

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1554 gaste aanlyn