NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

... Ek het dit teen die profete wat my woorde steel... wat leuenagtige drome profeteer, dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en grootpratery terwyl Ek hulle nie gestuur het nie... en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie...  – Jeremia 23

DIE AARDE BEHOORT AAN DIE HERE

Hannes Ollewagen

1 Kor. 10:23-33

Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan. (:26).

Hierdie waarheid word in vers 28 weereens beklemtoon. En dit is ook Dawid wat in verse 1 en 2 van Psalm 24 dieselfde getuienis lewer. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.

Ons is geneig om maklik van hierdie kernwaarheid te vergeet. En nog makliker gebeur dit in n mensgerigte wêreld waar die mens die hoofsaak geword het en God in sommige gevalle n bysaak; óf in sommige gevalle heeltemal in die agtergrond verdwyn het. Maar wat bedoel ek met laasgenoemde? Daar is dan nog baie kerke en mense praat gereeld oor Bybelse dinge. Dit mag waar wees maar het u opgelet waar die fokus lê? Is daar werklik n opregte en dringende soek na die wil van God? Of het die meeste godsdienste van ons tyd n oppervlakkige sprokiesverhaal godsdiens geword? Die god in my verhaal kan en sal alles op my bevel uitvoer ongeag hoe my verhouding met Hom lyk. Die god in my verhaal wat niks anders as n afgod is nie omdat dit my eie beeld van God is waarin ek glo, eerder as die God wat Homself deur sy Woord aan ons openbaar.

Hoe weinig hoor ons nog mense wat vra na die wil van God en wat selfs tot opoffering bereid sal wees om aan sy Woord gehoorsaam te wees? Leef ons soos mense wat erken dat die aarde en die volheid daarvan en ook almal wat daarin woon aan God behoort? Dit behoort mos n lewe te wees waarin ek deurgaans tot diens bereid is eerder as om te probeer optree as iemand wat aan God bevele kan uitdeel of eise kan stel. Dink maar aan God se optrede teenoor Job wat homself as regverdig beskou het en God se regverdigheid in twyfel getrek het. Hy wat dit duidelik aan Job gestel het dat Hy wat God is die aarde gegrond het en sy afmetinge bepaal het. Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. Wie het sy afmetinge bepaal? jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê? (Job 38:4-6).

God het Job daaraan herinner dat dit Hy is wat aan die see sy grens gestel het en dat selfs die groot watermassa aan Hom onderdanig is en gehoorsaam is aan sy bevele. Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het; en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word n grens gestel vir jou trotse golwe. (Job 38:11&12).En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het n groot stilte gekom. En n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is! (Markus 4:39&41).

Daar was van meet af aan een wese in hierdie skepping wat homself nie aan God se gesag wou onderwerp nie die satan. En Hy is gevolglik uit die hemel neergewerp. Sedertdien is hy daarop ingestel om dit wat God goed geskape het en wat aan Hom behoort - te vernietig. Hy probeer deurgaans om te verwoes, te vernietig en te plunder. Hy weet dat die aarde nooit aan hom sal behoort nie, maar tog weet hy dat hy n al groter wordende heerskappy hier op aarde voer. En hy sal aanhou met sy vernietigingswerk tot die finale dag van oordeel aanbreek. Dan sal hy wat satan is in die poel van vuur gewerp word. Daardie dag waarop God sal opstaan omdat die aarde en die volheid daarvan deur sy ongehoorsaamheid aan God só verdorwe geraak het dat Hy dit totaal en al met vuur en swawel sal vernietig.

Maar wat staan my en u te doen? Moet ons in sak en as gaan sit en swartgallig ons lot beklae in hierdie bedorwe wêreld? Moet ons leef soos mense wat geen hoop het nie en alreeds die stryd verloor het en handdoek ingooi? Allermins! Ons moet leef as die sout van die aarde soos mense met n vaste oortuiging dat die aarde en die volheid daarvan aan God behoort. En hiervan oortuig, moet ons probeer om in ons optrede dit wat die satan breek, te herstel. Dit wat die satan vernietig, moet ons heelmaak. Die leuens wat die satan verkondig moet ons met die waarheid weerlê. Die onmin, twis en haat wat die satan aanblaas moet ons tot bedaring bring sodat ons as vredemakers die naam van God se kinders waardig kan wees.

Ons moet al hierdie dinge doen sonder om die eer van mense te soek. Ons moet hierdie dinge doen sonder om na die dank, erkenning en guns van mense te verlang. Ons moet hierdie dinge doen met n hoop en reikhalsende verwagting op die wederkoms van ons Heer en Meester wat aan elke dienskneg van Hom n regverdige en getroue loon vir sy arbeid sal gee. En meer as n regverdige loon sal Hy ontvang wat getrou bevind mag word hy sal ook sy deel ontvang in die nuwe hemel en die nuwe aarde wat van God uit die hemel sal neerdaal. Daardie nuwe hemel en nuwe aarde wat ook aan Hom sal behoort en waarin sy heerskappy ewigdurend sal wees!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1024 gaste aanlyn